Graad 6 Handleiding Lewensvaardighede

Page 25

1

G06 ~ Lewensvaardighede

As jy eers weet wat jou belangstellings en vermoëns is, kan jy dit gebruik om jou potensiaal te ontwikkel. Jy kan jou belangstellings en vermoëns gebruik om algemene vaardighede te

ontwikkel, soos om in ’n span te werk of jou woordeskat te verbeter. Jy kan dit ook gebruik

om te besluit watter skoolvakke jy op hoërskool moet neem en watter beroepe jou sal pas.

As jy goed skaak speel, kan jy heel moontlik lank konsentreer en vooruit beplan. As jy jou skaakvermoëns ontwikkel, kan jy dalk ’n kampioenskaakspeler word, of jy kan jou

vermoëns gebruik om ’n snydokter te word wat lang operasies doen wat konsentrasie verg.

As jy in masjiene of rekenaars belangstel en goed doen in wiskunde en wetenskap, kan jy dalk ’n ingenieur word. As jy mal daaroor is om stories te skryf of te vertel, en jou vriende

dit geniet om na jou stories te luister, het jy dalk die potensiaal om ’n skrywer of akteur te

word. As jy goed kan teken, kan jy dalk ’n kunstenaar, of ’n ontwerper of ’n argitek word.

Jy kan ook oorweeg om dinge te identifiseer waarin jy nie so goed is nie, en oorweeg of jy jou vaardigheid daarin kan verbeter. As jy nie van spansport hou of goed daarin is nie, kan

jy dalk swem of dans om fiks en sterk te word. As jy skaam is, kan jy dalk in ’n koor sing of by ’n dramaklas aansluit om jou te help om meer selfvertroue voor mense te kry.

Les 3 Groepsdruk 3.1

Voorbeelde van groepsdruk in verskillende situasies: skool en gemeenskap

Dit is vir alle tieners belangrik om in te pas. ’n Groep maats dra gewoonlik dieselfde tipe klere

of luister na dieselfde musiek. Dit is hoe hulle met mekaar identifiseer en is deel van die groep

se dinamika. Groep- en portuurinvloed raak ons almal op een of ander wyse, ongeag van jou

ouderdom of jou geslag. Dit is ongelukkig so dat nie alle invloed ten goede op ons inwerk nie.

Druk van die groep laat mense soms hulle gedrag verander, al voel hulle ongemaklik daarmee. Maats stel soms eise aan jou wat jy weet is nie reg nie, maar jy gee daaraan toe omdat jy nie

“uit” wil wees nie.

© Optimi

25


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.