Gr 7-Lewensoriëntering-Handleiding

Page 1

Í2’È-A-LIO-SG01ÈÎ 1

8

0

7

-

A

-

L

I

O

-

S

G

0

1

LEWENSORIËNTERING HANDLEIDING Graad 7


Lewensoriëntering Handleiding

1807-A-LIO-SG01

Í2’È-A-LIO-SG01ÈÎ

Graad 7

Aangepas vir KABV

LM van der Walt


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 5 JAARPLAN ......................................................................................................................... 5 EENHEID 1 Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk ..................... 7 Les 1: Konsep: Selfbeeld (2 ure) ......................................................................................... 8 AKTIWITEIT 1 ..................................................................................................... 13 Les 2: Veranderinge by seuns en meisies: puberteit en geslagsbewustheid (geslagsdenkbeeld) (3 ure) ................................................................................... 14 AKTIWITEIT 2 ..................................................................................................... 17 Les 3: Groepsdruk: die invloed van groepsdruk (3 ure) ..................................................... 18 AKTIWITEIT 3 ..................................................................................................... 22 Les 4: Die belangrikheid van lees en studeer: Lees vir genot en lees met begrip (1 uur) .. 22 AKTIWITEIT 4 ..................................................................................................... 24 Les 5: Studiemetodes en vaardighede om geheue te verbeter (1 uur) .............................. 26 AKTIWITEIT 5 ..................................................................................................... 29 OOPBOEKTOETS 1 .......................................................................................... 41 EENHEID 2 Grondwetlike regte en verantwoordelikhede en die wêreld van werk ..... 32 Les 6: Menseregte (1 uur).................................................................................................. 33 AKTIWITEIT 6 ..................................................................................................... 38 Les 7: Regverdige spel in sportaktiwiteite (1 uur) .............................................................. 39 AKTIWITEIT 7 ..................................................................................................... 40 Les 8: Hantering van mishandeling in verskillende kontekste (3 ure) ................................ 41 AKTIWITEIT 8 ..................................................................................................... 44 Les 9: Loopbaanvelde (3 ure) ............................................................................................ 45 AKTIWITEIT 9 ..................................................................................................... 48 OOPBOEKTOETS 2 .......................................................................................... 67 EENHEID 3 Gesondheids-, sosiale en omgewingsverantwoordelikheid en die wêreld van werk ........................................................................................................ 50 Les 10: Dwelmmisbruik (4 ure) .......................................................................................... 51 AKTIWITEIT 10 ................................................................................................... 57 Les 11: Konsep: Omgewingsgesondheid (3 ure) ............................................................... 58 AKTIWITEIT 11 ................................................................................................... 65 Les 12: Die wêreld van werk: Die simulasie van loopbaanverwante aktiwiteite (3 ure) ................................................................................................... 66 AKTIWITEIT 12 ................................................................................................... 70 OOPBOEKTOETS 3 .......................................................................................... 95 EENHEID 4 Selfontwikkeling in die samelewing en grondwetlike regte en verantwoordelikhede .................................................................................... 72

1

© Optimi


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Les 13: Persoonlike dieet en voeding (2 ure)..................................................................... 73 AKTIWITEIT 13 ................................................................................................... 80 Les 14: Algemene siektes (3 ure) .................................................................................... 110 AKTIWITEIT 14 ................................................................................................... 89 Les 15: Die verskillende religieë in Suid-Afrika (2 ure) ...................................................... 90 AKTIWITEIT 15 ................................................................................................... 97 OOPBOEKTOETS 4 ........................................................................................ 133 EENHEID 5 Liggaamsopvoeding: Prakties .................................................................... 99 KWARTAAL 1 .................................................................................................................... 99 AKTIWITEIT 1 ................................................................................................... 109 KWARTAAL 2 .................................................................................................................. 109 AKTIWITEIT 2 ................................................................................................... 120 KWARTAAL 3 .................................................................................................................. 121 AKTIWITEIT 3 ................................................................................................... 126 KWARTAAL 4 .................................................................................................................. 127 AKTIWITEIT 4 ................................................................................................... 126 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS ................................................................................ 132

© Optimi

2


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

LESELEMENTE LEERDOELWITTE Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

DEFINIEER Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik

3

© Optimi


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

AKTIWITEIT Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word.

STUDEER/HERSIENING Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

© Optimi

4


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

VOORWOORD Die handleiding is opgestel om aan die KABV-vereistes te voldoen. Elke les het ’n tydstoedeling sodat jy daarvolgens kan beplan. Die tydstoedeling vir Lewensoriëntering is twee ure per week. Die Liggaamsopvoedingsafdeling is agter in die handleiding geplaas. Daar moet ten minste twee ure per week aan liggaamsopvoeding spandeer word. Elke les is verdeel in duidelike onderafdelings. Daar is aktiwiteite en oefeninge wat jy moet voltooi, wat jou vir die eksamens en toetse voorberei en dit gee jou ’n idee of jy die werk onder die knie het. Die formele assessering kan in die portefeuljeboek gevind word. Hieronder is ’n kort opsomming van die assessering. KWARTAAL 1 Taak 1 Skriftelike taak LOT

KWARTAAL 2 Taak 2 Junie-eksamen LOT

KWARTAAL 3 Taak 3 Projek LOT

5

KWARTAAL 4 Taak 4 Novembereksamen LOT

© Optimi


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

JAARPLAN KWARTAAL 1 2 1

2

3

4

DATUM BEGIN

LES

3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15

1 2 1 3

Konsep: Selfbeeld Veranderinge by seuns en meisies: Puberteit Groepsdruk Belangrikheid van lees en studeer Vaardighede om geheue te ontwikkel Menseregte Regverdige spel Hantering van mishandeling Loopbaanvelde Dwelmmisbruik Omgewingsgesondheid Simulasie van loopbaanverwante aktiwiteite Persoonlike dieet Algemene siektes Verskillende religieë LIGGAAMSOPVOEDING (EENHEID 5) Deelname aan fiksheidprogram: Veiligheidskwessies Deelname aan fiksheidsprogram: Deelname en uitvoer van bewegings Deelname aan fiksheidsprogram

4 2 3

4

© Optimi

Deelname en uitvoering van bewegings 5, 6, 7 Speel ’n samelewings- of inheemse invalspeletjie en veiligheidkwessies 8, 9 Voer bewegings uit met rotasie, balans, elevasie en ritme. 10 Deelname en uitvoering van bewegings 11, 12 Buitelugontspanning en veiligheidskwessies

6

DATUM VOLTOOI


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

EENHEID 1 Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk LEERDOELWITTE

        

Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: Identifiseer en besin oor positiewe persoonlike eienskappe: verhouding met self, familie, vriende. Identifiseer persoonlike belangstellings, vermoëns en potensiaal. Strategieë kan ontwikkel en toepas om jou selfbeeld te bevorder deur positiewe optrede en selfrespek. Strategieë kan ontwikkel en toepas om ander se selfbeeld te bevorder deur positiewe optrede en respek te toon aan ander en respek te toon vir diversiteit. Die fisiese en emosionele veranderinge tydens puberteit te verstaan en hoe dit verhoudings beïnvloed. Begrip en respek vir ander se liggaamsveranderinge en emosies. Waardering en aanvaarding van self en ander. Groepsdruk verstaan en hoe dit ’n individu kan beïnvloed. Die belangrikheid besef van lees en studeer.

Dit is belangrik dat jy die lewensvaardighede wat jy aanleer gebruik om jou potensiaal te gebruik en ontwikkel. Dit stel jou in staat om doeltreffend te reageer op die uitdagings wat die wêreld vir jou stel. Adolessensie word gekenmerk deur emosionele en liggaamlike verandering. Dit is belangrik dat jy aan ’n positiewe selfbeeld bou. Die eenheid stel jou in staat om nog verdere lewensvaardighede te ontwikkel. Dit help jou ook om ’n emosionele intelligensie te ontwikkel wat jou sal bemagtig om uitdagings te kan hanteer. Hierdie eenheid vul die werk van die vorige graad aan met nuwe kennis. BELANGRIKE TERMINOLOGIE In elke eenheid gaan jy dalk met nuwe terme te doen kry. By elke les is daar ’n DEFINIEER-blokkie. Alle nuwe terme wat by elke les betrekking het, sal daar omskryf word. Elke les is só saamgestel dat jy rustig daardeur kan werk en dan is daar vrae aan die einde van die les. Die vrae toets jou begrip van die werk. Daar is ook by sommige lesse vrae wat jou insig toets en toepassingsvrae om jou te help om die vereiste uitkomste te bemeester. Daar is ’n tydsaanduiding by elke les. Dit is die aanbevole tydsduur wat jy het om die les deur te werk en jou vrae te voltooi.

7

© Optimi


1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1.1

Les 1: Konsep: Selfbeeld (2 ure)

1.1.1

Wat is my persoonlike positiewe eienskappe en hoe beïnvloed dit my verhouding met myself, my familie en my vriende?

Persoonlikheid is volgens die HAT: “alles wat aan iemand ’n eie en unieke karakter gee.” Die HAT beskryf karakter as “al die eienskappe wat ’n persoon anders maak as ’n ander persoon.” Jou persoonlike eienskappe is die eienskappe wat eie aan jou is en jou van ander mense onderskei. Dit is die eienskappe wat jou JOU maak. Die persoon wie jy is. Jou positiewe persoonlike eienskappe is dit wat mense na jou toe aantrek. Dit is bv. jou vriendelikheid, geduld en hulpvaardigheid. Jou persoonlike eienskappe beïnvloed eerstens die verhouding wat jy met jouself het. Dit sal jou selfbeeld ten nouste beïnvloed en vorm. As jy ’n positiewe persoonlikheid het en jy voel goed oor jouself sal dit ’n positiewe uitwerking hê op jou selfbeeld en die verhouding wat jy met jouself het. Jy sal jou foute en tekortkominge kan aanvaar en op ’n positiewe wyse kan hanteer en verwerk. Jou verhouding met jou familie en vriende word ook beïnvloed deur jou positiewe persoonlike eienskappe. As jou vriende en familie jou as positief ervaar sal hul ook ’n positiewe houding teenoor jou hê. Jou positiwiteit kan ook bydrae daartoe dat jy hul postitief beïnvloed en hul selfbeeld kan verbeter. Hoe jy jouself sien, reflekteer na ander mense en hul reageer daarop. DEFINIEER

Selfbeeld: Dit is die prentjie wat jy van jouself sien. Persoonlike eienskappe: Dit is daardie eienskappe van jou persoonlikheid wat jou onderskei van ander mense. Dit is hoe jy is. Potensiaal: Dit is waartoe jy in staat is. Dit wat jy kan bereik en jou potensiaal lê in wat jy van jouself glo. Selfrespek: Dit is wanneer jy jouself belangrik genoeg ag dat jy nie jouself in ’n situasie sal plaas wat jou sal verkleineer of jou waardigheid, eer of integriteit sal aantas nie. Diversiteit: Dit beteken verskillende, bv. verskillende kulture. 1.1.2

Persoonlike belangstellings, vermoëns en potensiaal

Persoonlike belangstellings is die dinge waarin jy belangstel, bv. jou stokperdjie. Dit kan enige iets wees wat jou belangstelling prikkel. Dit is iets wat jy graag wil doen en wat jou gelukkig maak as jy dit doen.

© Optimi

8


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Vermoëns het ons in graad 6 behandel. Dit is alles waarmee of waarin jy goed is. Dit is belangrik om te weet hoe om jou belangstellings en vermoëns te kombineer om eendag jou volle potensiaal te bereik. Dit kan jou ook help om in die toekoms die regte beroepskeuse te maak. As ons na ’n persoon se vermoëns en potensiaal kyk, is daar ten minste ses soorte mense. 1.

’n Persoon wat daarvan hou om te lees en te skryf noem ons ’n oorredende persoon. Die oorredende persoon het die volgende eienskappe:  Hulle wil te alle tye in beheer wees.  Hulle hou meer daarvan om te praat as om te luister.  Hulle kan hul eie onderneming bedryf en stel veral belang in verkope.  Hulle kan hul eie idees goed oordra na ander persone en is baie oortuigend.

2.

Die intellektuele tipe persoon is baie goed met probleemoplossing. Hulle beskik oor die volgende eienskappe:  Hulle stel belang in wiskunde en wetenskap.  Hulle hou daarvan om oplossings vir probleme te vind en kan ingewikkelde probleme oplos.  Hulle is goeie data ontleders en is leergierig.

3.

Die praktiese persoon hou van praktiese werk en sal eerder met tasbare voorwerpe werk as met idees. Hul eienskappe sluit die volgende in:  Hulle werk gewoonlik in die buitelug en kan goed herstel.  Hulle het baie goeie koördinasie en kan gereedskap produktief gebruik.  Hulle is gewoonlik baie avontuurlustig.

4.

Die kunstige persoon val onder die kreatiewe tipe. Hul is gewoonlik persone wat:  Nuwe dinge kan skep.  Dink oorspronklik en ontwikkel nuwe idees.  Hulle druk hulself uit op enige kreatiewe wyse – deur musiek, skryf, teken of ander kunsvorme.  Hulle hou daarvan om selfstandig te werk.

5.

Spontane mense is baie sosiaal en werk graag met mense. Hul het die volgende eienskappe:  Hulle is nie skaam om hulself verbaal uit te druk nie.  Hulle kom maklik met ander mense oor die weg en maak gou nuwe vriende.  Hulle is gewoonlik goeie redenaars en sprekers.

9

© Optimi


1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

6.

Mense wat graag met syfers werk is aanpasbare mense. Hul eienskappe sluit in:  Hulle is roetine vaste persone.  Hulle hou daarvan om presies te weet wat van hul verwag word in situasies.  Hulle is baie perfeksionisties.  Hulle hou van aspekte wat met finansies verband hou.

As jy bogenoemde tipe mense bestudeer, sal jy jouself kan herken by een of selfs meer. Jou potensiaal word dus bereik as jy jou belangstellings en vermoëns kombineer op ’n positiewe wyse. KERNINHOUD Jy sal onthou uit die vorige grade dat die woord “selfbeeld” beteken dat dit die prentjie is wat jy van jouself het. Daar is baie dinge wat jou selfbeeld kan beïnvloed:  Jou voorkoms – hoe jy lyk.  Jou akademiese prestasie.  Die liefde en ondersteuning van jou vriende en familie.  Jou prestasie op sportgebied.  Die klere wat jy dra en die musiek wat jy luister. Dit is gesond en voordelig om ’n positiewe selfbeeld te hê. Dit is egter normaal dat ’n persoon nie altyd goed voel oor homself nie. Daar is baie strategieë wat ons kan toepas om ons eie selfbeeld en ook die van ander te verbeter. Dit is egter belangrik om eers meer van jouself uit te vind, sodat jy die regte strategieë kan ontwikkel. 1.1.3

Strategieë om jou selfbeeld te bevorder deur positiewe optrede: selfrespek

Ons almal het op ’n tydstip ’n probleem met ons selfbeeld. Dit gebeur selde dat iemand heeltemal tevrede is met hom- of haarself. Dus maak ons baie keer staat op ons familie en vriende om ons selfbeeld te verbeter en op te bou. Dis belangrik om die weet hoe jy regtig oor jouself voel en hoe jy jouself sien, voordat jy verbeterings kan aanbring. Beantwoord die onderstaande vrae vir jouself en identifiseer sodoende die areas waar jou selfbeeld swak is. 1. Hoe voel jy oor jou voorkoms? Hoe lyk jy vir jouself? 2. Hoe voel jy oor die vriende wat jy het? Het hul ’n positiewe of negatiewe invloed op jou selfbeeld? 3. Voel jy beter oor jouself as jy aan aktiwiteite deelneem wat jy geniet, bv. fietsry? 4. Hou jy daarvan om skool te gaan en hou jy van die akademiese werk wat jy doen? 5. Laat die klere wat jy dra jou beter voel oor jouself?

© Optimi

10


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Sodra jy die spesifieke areas geïdentifiseer het, kan jy nou gaan kyk na strategieë om dit te verbeter. Dit is belangrik dat jy te alle tye jouself respekteer. Selfrespek is een van die sleutelaspekte van ’n gesonde selfbeeld. Jy mag jouself nooit verkleineer nie. Jy moet leer om jou tekortkominge te aanvaar en op ’n positiewe wyse daaraan te werk en dit sodoende te verbeter of verander. Sodra jou selfbeeld verbeter, sal jy ook meer selfrespek hê. Voorbeelde van strategieë om jou selfbeeld te verbeter: Liggaam Eet gesonde kos Oefen gereeld Vermy slegte gewoontes, bv. rook Ontspan gereeld Vriende Kies vriende wat dieselfde waardes en norme het Omring jou met vriende met positiewe houdings Vermy persone wat jou manipuleer om verkeerde keuses te maak Kies vriende met dieselfde belangstellings Aktiwiteite Doen aktiwiteite wat opbouend is Doen aktiwiteite wat vir jou lekker is en jou goed laat voel oor jouself Doen aktiwiteite wat jou algemene gesondheid bevorder Vermy enige aktiwiteit wat ’n negatiewe uitwerking op jou het Skool/akademie Gee te alle tye jou beste Gebruik jou talente tot die beste van jou vermoë. Stel vir jouself realistiese doelwitte, sodat jy nie moedeloos raak nie Kleredrag/musiek Kies jou klere so dat jy te alle tye jou selfrespek behou. Behou jou uniekheid deur die keuse van jou klere Dra dit wat vir jou gemaklik laat voel Kies jou musiek sodat dit jou positief beïnvloed 1.1.4

Strategieë om ander se selfbeeld te bevorder deur positiewe optrede: respek vir ander en respek vir diversiteit

Respek vir ’n ander persoon dra daartoe by dat daardie persoon se selfbeeld positief beïnvloed word. Wat is respek? Dit is wanneer jy ’n ander persoon, ongeag sy kultuur, ras, godsdiens of geslag op so manier behandel dat daardie persoon nie minderwaardig voel nie. Jy neem dus daardie persoon se persoonlikheid en belangstellings in ag. Watter positiewe optredes kan ’n persoon se selfbeeld positief beïnvloed? 1. Ondersteun die persoon te alle tye al stem jy nie altyd saam nie. 2. Respekteer en aanvaar die persoon vir wie hy of sy is. 3. Respekteer die persoon se opinie en verskil met die persoon op ’n respekvolle wyse.

11

© Optimi


1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

4. 5.

Gesonde konflikhantering in konfliksituasies. Luister aandagtig na ander persoon se opinie.

Watter negatiewe optredes beïnvloed ’n persoon se selfbeeld? 1. Jy kritiseer die persoon se opinie en persoonlikheid. 2. Jy boelie ’n persoon en kraak hom of haar af. 3. Jy dink jy is altyd reg en gee die ander persoon nie die geleentheid om hul kant van die saak te stel nie. 4. Jy diskrimineer teen die persoon op grond van hul kultuur, taal, godsdiens of ras. Een van die aspekte wat baie belangrik in ons daaglikse lewens is, is konflik. Almal van ons kom daarmee in aanraking. Die wyse waarop ons konflik hanteer kan ons en die ander persoon positief of negatief beïnvloed. Wanneer ontstaan konflik? Dit is wanneer mense verskillend dink oor ’n saak en verskillende idees en opinies het. Daar is hoofsaaklik drie maniere waarop ons konflik hanteer.

1. 2. 3.

4.

5.

Bemiddeling (Positief) Persone stel elkeen sy of haar saak. Persone skree nie op mekaar nie. Elke persoon luister aandagtig na ander persoon en gee erkenning aan hul opinie. Persone respekteer mekaar se gevoelens, kultuur en tradisies. Die konflik word op gesonde wyse opgelos.

1.

2.

3.

4.

Ontkenning (Negatief) Die persoon word kwaad maar praat nie daaroor nie. Die ander persoon is soms nie eens bewus van die konflik nie. Die ander persoon verstaan nie die rede vir die konflik nie. Die konflik word nie opgelos nie.

Sien jy jou eie konflikhantering hierin?

© Optimi

12

1. 2. 3.

4.

Konfrontasie (Negatief) Respekteer nie mekaar se opinies nie. Val mekaar verbaal of fisies aan. Het nie respek vir ander kultuur, tradisies en persoonlikhede nie. Daar word tot geen vergelyk gekom nie en die konflik word nie opgelos nie.


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

1

Eenheid

VIR DIE NUUSKIERIGES Wanneer word die tekort aan respek vir ’n persoon boelie? Gaan doen navorsing oor die onderwerp. Gebruik die media, bv. tydskrifte, koerante, die internet en TV. Beantwoord dan die volgende vrae in jou skrif. Dit is slegs om jou kennis aangaande die onderwerp te verbreed. 1. Wat is ’n boelie? 2. Hoekom word iemand ’n boelie? 3. Hoe hanteer jy ’n boelie? AKTIWITEIT 1

1. Begripsvrae Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek. Die vrae toets slegs jou begrip ten opsigte van die lesinhoud en dien as voorbereiding van jou toets aan die einde van die kwartaal. 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5

Wat sal jy beskryf as ’n persoon se selfbeeld? Wat sal jy sê is ’n persoon se potensiaal? Noem drie dinge wat jou selfbeeld positief kan beïnvloed? Noem vyf strategieë wat jy kan toepas om jou selfbeeld te verbeter? Hoe kan jy ’n maat help wat sukkel om ’n gesonde selfbeeld te handhaaf en dalk niks van hom- of haarself hou nie? Noem drie strategieë wat jy kan toepas.

(2) (2) (3) (5)

(3) [15]

2. Insigvrae Die volgende vraag toets jou insig ten opsigte van die lesmateriaal. Lees die volgende denkbeeldige scenario en beantwoord die vrae wat daarop volg: Jy wil graag saam met jou maats gaan swem. Jou ma vra jou egter om die gras te sny. Jy is baie kwaad en ongelukkig. Jy voel dis onregverdig en dat jou ma nie jou opinie in ag neem nie. 2.1 2.2

Beskryf kortliks hoe al drie die konflikstyle in die bogenoemde situasie toegepas kan word? (6) Hoe sou jy die situasie hanteer het? Hoekom dink jy sal jy dit so hanteer? (4) [10] [25]

13

© Optimi


1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1.2

Les 2: Veranderinge by seuns en meisies: puberteit en geslagsbewustheid (geslagsdenkbeeld) (3 ure)

1.2.1

Fisiese en emosionele veranderinge

Adolessensie word gekenmerk deur emosionele en fisiese verandering. Hierdie veranderinge speel ’n belangrike rol in die vorming van jou selfbeeld en selfkennis. Seksualiteit is die wyse waarop ons onsself as seuns en meisies sien. Dit is nie dieselfde as seks nie. Seksualiteit gaan oor die volgende aspekte: 1. Hoe ons onsself sien en hoe ons oor ons liggame voel en dink. Dit sluit aan by Les 1 wat ons gesê het hoe belangrik selfrespek is. Jy kan net jou eie liggaam respekteer as jy dit in ’n positiewe lig sien. Jy het dalk sproete of groot ore en hou nie daarvan nie. Dit is belangrik om verby hierdie dinge te kyk en al jou positiewe eienskappe raak te sien, bv. jou mooi oë. Jy sal ook dan ander mense makliker respekteer as jy selfrespek en selfliefde het. 2. Puberteit veroorsaak dat ons anders begin dink oor die teenoorgestelde geslag. Ons kry seksuele gevoelens en gedagtes en raak maklik verlief. 3. Die bewuswording van ons seksualiteit beïnvloed hoe ons optree en reageer en het selfs ’n invloed op jou kleredrag en keuse van musiek! 4. Seksualiteit gaan ook oor ons waardes en norme ten opsigte van liefde en die bestaande vriendskappe wat ons het. 5. Dit bepaal ook tot wie ons aangetrokke is. Puberteit bring dus al hierdie veranderinge mee en maak ons intens bewus van die verskillende geslagte. Daar is verskeie faktore wat jou seksualiteit kan beïnvloed. 1.

Jou ouers/gesin Dit vorm die basis van jou seksualiteit. Dit is hier wat jy leer watter rol speel elke geslag in die gesin en samelewing. Jou ouers vorm jou waardes en norms ten opsigte van jou seksualiteit.

2.

Jou vriende en portuurgroep Jou vriende het nie te alle tye dieselfde siening oor seks as jy en jou ouers nie en dit kan soms lei tot konflik in jou eie waardestelsel. Dit kan jou verward en deurmekaar laat voel.

3.

Jou kultuur en rassegroep Sekere kulture en rasse het voorskrifte ten opsigte van seksualiteit en die verskillende geslagte se optrede in verband hiermee. Die voorskrifte kan jou opinie oor seksualiteit in ’n groot mate beïnvloed. In sekere kulture mag seuns en meisies glad nie alleen gelaat word nie. Hulle word selfs geskei tydens sosiale funksies.

© Optimi

14


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

4.

Eenheid

1

Jou geloof of godsdiens Jou geloof stel aan jou sekere vereistes en dit kan ook voorskrifte gee ten opsigte van jou seksualiteit. Die Christelike geloof is bv. gekant teen enige seksuele verhouding voor die huwelik. DEFINIEER 5. 1.

Seksualiteit: Die manier waarop ons onsself as seuns en meisies sien. Puberteit: Dit is die tydperk vanaf so 13 jaar wanneer die pituïtêre klier in ’n kind se liggaam geprikkel word en dit veroorsaak fisiese en emosionele veranderinge. Homoseksueel: Dit is mense wat seksueel aangetrokke is tot die dieselfde geslag. Heteroseksueel: Dit is mense wat seksueel aangetrokke is tot die teenoorgestelde geslag. 1.2.2

Begrip vir die veranderinge en hoe dit verhoudings beïnvloed

Die fisiese en emosionele veranderinge wat in jou liggaam plaasvind is nie net beperk tot jou nie. Dit gebeur ook met jou maats en daarom moet jy begrip hê vir hulle ook. Dit is nie net jy wat soms baie goed voel en dan weer ewe skielik hartseer en omgekrap voel nie. Jou vriende of vriendinne gaan ook daardeur. Julle moet begrip en deernis met mekaar hê. Jy kan dus nou insien hoe al die veranderinge jou verhouding met jou vriende kan verander of beïnvloed. Enige twee persone hanteer puberteit verskillend. Dit kan gebeur dat jy van jou vriende verloor en soms nuwe vriende kry. Die veranderinge in jou liggaam en gevoelens verander ook die verhouding wat jy met jouself het. Jy gaan dalk nie altyd verstaan hoekom jy in sekere situasies op sekere maniere reageer en optree nie. Jy moet baie geduld met jouself hê en verstaan dat hierdie veranderinge intree om jou by volwassenheid te bring. As jy jou eie seksualiteit verstaan en bewus is van die veranderende emosies binne jou, sal jy ook jou ouers se optrede verstaan. Dit kan bydrae tot ’n positiewe en opbouende verhouding waarin jou ouers jou ook sal respekteer. KERNINHOUD Die kerninhoud van die les gaan oor die proses van puberteit en hoe dit bydra tot ’n geslagsidentiteit. Hoekom is dit belangrik om te leer van puberteit en seksualiteit? Dit is belangrik om te leer van seksualiteit sodat jy jouself en jou maats om jou kan 15

© Optimi


1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

verstaan. Dit gee jou selfvertroue as jy weet wat met jou liggaam gebeur en dit help jou om jou gevoelens beter te verstaan. Jy weet dan dat jy nie alleen deur dit gaan nie. Dit help jou om liefdevolle en positiewe verhoudings te bou met die mense naaste aan jou. As jy jou eie seksualiteit verstaan is dit makliker om vir jouself waardes en norms daar te stel en jouself te respekteer. Jy hoef nie altyd saam te stem met jou maats se opinie ten opsigte van seks nie. Jy moet ook gemaklik voel om “nee” te sê vir enigiets wat nie binne jou waardesisteem val nie. Dit maak jou bewus van die probleem van seksuele misbruik en kan jy situasies herken waarin jy nie gemaklik voel nie. Ons leer om te aanvaar dat daar mense is wat ander seksuele waardes en neigings as ons het. Die wyse waarop jy dus begrip toon aan alle persone om jou, hetsy jou vriende of familie sal julle verhouding direk beïnvloed. As jy jou vriende positief ondersteun sal jul ’n sterk verhouding bou. Waak daarteen om elke slegte bui te gebruik om ander mense seer te maak. 1.2.3

Respek vir eie en ander se liggaamsveranderinge en emosies en waardering en aanvaarding van self en ander

Tydens puberteit ontwikkel seksuele gevoelens by elkeen van ons. Dit is ’n normale proses. Seksualiteit moet egter verantwoordelik hanteer word en dit moet ons aanleer. Dit is dus ook normaal dat nie almal dieselfde tipe seksualiteit sal hê nie. Persone se seksualiteit word deur verskeie faktore beïnvloed, soos in 1.2.1 bespreek is. Baie jong mense wat nie goeie rolmodelle in hul lewens het nie, kry soms inligting op verkeerde plekke. Dit kan advertensies, TV of vriende wees. Hierdie bronne dra nie altyd die korrekte boodskap oor ten opsigte van seksualiteit nie. Die norm van seksualiteit is dat ’n persoon aangetrokke is tot die teenoorgestelde geslag, met ander woorde heteroseksueel. Daar is egter mense wat seksueel aangetrokke voel tot dieselfde geslag en ons noem hul homoseksueel. In vandag se samelewing kom dit baie meer voor as voorheen. Al stem ons nie saam in alle gevalle nie, is dit belangrik om ander mense se “andersheid” te respekteer. Ons moet eerstens onsself waardeer en aanvaar. Daarna moet ons ook besef dat mense soms anders as ons sal wees en daarom ook hul waardeer en aanvaar vir die persoon wat hul is.

© Optimi

16


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

VIR DIE NUUSKIERIGES Maak artikels uit tydskrifte of koerante en advertensies bymekaar. Bestudeer dit en kyk in hoeveel gevalle word seksualiteit gebruik om iets te bemark en te verkoop. Maak ’n lys in jou werkboek van die metodes wat gebruik word, bv. die soort kleredrag of die bewoording. Beantwoord dan die volgende vrae daaroor: 1. Stem jy saam met die boodskap wat oorgedra word? 2. Dink jy dit word op ’n positiewe of negatiewe wyse oorgedra? 3. As jy die grafiese kunstenaar van die advertensie was, hoe sou jy te werk gegaan het om die produk te adverteer? 4. Dink jy dit is opbouend van adverteerders om jongmense se seksualiteit uit te buit in die media? AKTIWITEIT 2 Ons het in les 2 gepraat oor hoe daar sekere faktore is wat jou seksualiteit beïnvloed. Kyk na die onderstaande punte en bespreek by elkeen kortliks jou eie opinie van hoe dit jou seksualiteit beïnvloed. 1. 2. 3. 4. 5.

Jou vriende en gesin Die media Jou kultuur en die gemeenskap waarin jy leef Die mense wat betrokke is by jou akademiese opvoeding Jou geloof

Die totale opdrag tel 15 punte. Gee dus by elke onderwerp drie geldige redes hoekom jy sê dat dit jou beïnvloed. [15]

17

© Optimi


1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1.3

Les 3: Groepsdruk: die invloed van groepsdruk (3 ure)

1.3.1

Hoe groepsdruk ’n persoon kan beïnvloed: dwelmgebruik, misdaad, ongesonde seksuele gedrag, afknouery en rebelse gedrag

Wikipedia definieer groepdruk as wanneer een sosiale groep druk uitoefen op ’n bepaalde persoon om hul gedrag te verander sodat dit ooreenstem met die groter groep. Dit kan positief of negatief wees. Ons gaan egter na die negatiewe aspekte van groepsdruk kyk. Jou vriendekring is die belangrikste persone, naas jou ouers, tydens jou tienderjare. Dit is hulle wat die meeste tyd saam met jou spandeer en jou gedrag beïnvloed. Vriende kan ook baie druk op jou plaas om dinge te doen wat jy nie altyd mee saam stem nie. Jy wil egter nie uit voel nie en doen dan dalk hierdie dinge om hul tevrede te stel. As jy nie ’n goeie verhouding met jou ouers het nie of daar is geen volwasse rolmodel in jou lewe nie, kan jy dalk baie makliker onder groepsdruk knak. Groepsdruk kan ’n individu as volg beïnvloed: 1.

Dwelmgebruik Huisgenoot het in 2012 ’n peiling onder jongmense tussen die ouderdomme van 12 en 16 jaar oud gedoen. Daarvolgens het 12% al dagga gerook, waarvan 58% van hul dit ten minste een keer per maand rook. Drie persent van die respondente het al tik gebruik. Daar was selfs wat al ecstacy, kokaïen, CAT en hallusinogene sampioene gebruik het. Sommiges het ook al petrol en gom gesnuif. Die meeste tieners dink dat hul dit net een keer sal doen. Jou liggaam pas egter vinnig by die effek van die middel aan. Jou liggaam ontwikkel ’n behoefte na hierdie middel. Daar ontstaan twee soorte afhanklikheid by die persoon:

© Optimi

1.

Sielkundige afhanklikheid Die persoon het ’n sterk drang na die middel en raak obsessief daaroor. Hy of sy ervaar angstigheid en raak baie geïrriteerd.

2.

Fisiese afhanklikheid Dit sluit al die faktore van sielkundige afhanklikheid in, maar die persoon ervaar ook fisiese onttrekkingsimptome, bv. bewing, koors en spierkrampe. Dwelmgebruik wat omsit in dwelmmisbruik vernietig die jeug se lewens en toekoms en dit kan selfs tot die dood lei.

18


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

2.

Eenheid

1

Misdaad Dwelmgebruik onder jongmense lei in baie gevalle tot misdaad. Hul het geld nodig om dwelms te koop en sal enige iets doen of steel om hul behoeftes te bevredig. Die drang na ’n dwelmmiddel raak so oorweldigend dat dit alle logiese redenasie oortref. Tieners raak ook in baie gevalle by misdaad betrokke onder groepsdruk. In baie gevalle moet jy ’n misdaad pleeg om te wys dat jy een van die groep is. Dit is veral ’n groot probleem op die Kaapse Vlakte onder die jeug daar. Daar is al bespiegel dat baie jongmense kies om deel te wees van ’n bende uit vrees. Hulle voel veilig in die bende se beskerming en sal enige iets doen om deel daarvan te wees.

3.

Ongesonde seksuele gedrag Huisgenoot se peiling in 2012 het aangedui dat van die respondente tussen 12 en 16 jaar oud al ’n derde van hulle seksuele omgang gehad het. 65% van die kinders was maar 13 jaar oud toe hul dit vir die eerste keer gedoen het. Dit gebeur in baie gevalle op partytjies waar jou vriende jou aanmoedig om dit te doen. Dit kan ook gebeur dat jou meisie of kêrel druk op jou plaas, en dit kan ook as ’n tipe groepsdruk gesien word.

4.

Afknouery en rebelse gedrag Groepsdruk lei dikwels daartoe dat ander persone wat anders is as die groep afgeknou en geboelie word. Die persoon se selfbeeld word afgeknou en hy of sy word minderwaardig behandel. Kinders toon rebelse gedrag teenoor hul gesagspersone soos bv. ouers en onderwysers. Jy kan dalk voel jy is baie “cool” en “groot” as jy so optree en jou groep bewonder jou vir jou rebelsheid. Jy toon geen respek vir ander mense nie. DEFINIEER

Groepsdruk: Die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Dwelm: Dit is enige chemiese, natuurlike of mensgemaakte middel wat tydens inname ’n verandering meebring in die wyse waarop die persoon voel en optree. Dwelmgebruik: Dit is wanneer jy dwelms gebruik, maar dit nie oor ’n lang termyn doen nie. Dwelmmisbruik: Dit is wanneer jy dwelms oor ’n lang tydperk gebruik en afhanklik daarvan raak.

19

© Optimi


1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1.3.2

Gepaste reaksies op druk: selfversekerheid/selfgelding en vaardighede om probleme te hanteer

Om deel van ’n groep te wees gee aan jou ’n sekere identiteit. Dit laat jou belangrik voel. Die groep kan jou ook baie selfversekerd en selfgeldend laat voel. Jy kan dit positief of negatief toepas in jou verhouding met ander mense. As jy te selfversekerd en selfgeldend voorkom en jou standpunte en opinies wil afdwing op ander persone kan dit meebring dat jy negatief ervaar word. Dit kan veral gebeur in jou verhouding met jou ouers of onderwysers. Jy kan dalk gedurig in die moeilikheid wees, omdat die gesagspersone nie saamstem met jou gedrag nie. Dit kan vir jou probleme skep as jy beide jou groep en jou gesagstrukture wil tevrede stel. Dit is belangrik om vir jouself om probleem-oplossings vaardighede aan te leer. Dit is belangrik om positief te bly met die oplos van probleme. Bestudeer die onderstaande probleemoplossingsmetode: 1. Wat is die probleem? Identifiseer die probleem. 2. Wat wil jy bereik deur hierdie probleem op te los? 3. Raadpleeg ander mense vir hulle idees om die probleem op te los – versamel dus inligting oor die probleem. Ken jy iemand wat al ’n soortgelyke probleem gehad het? 4. Dink oor al die moontlike oplossings en lys al die verskillende opsies. 5. Gaan weeg die voor- en nadele van elke opsie teenmekaar op. 6. Evalueer al jou opsies en kies die beste moontlike een. 7. Kyk of jou opsie die gewenste uitwerking het op die probleem. Onthou dit kan gebeur dat jou oplossing nie die gewenste uitwerking het nie. Jy moet dit op ’n gereelde basis hersien en aanpassings maak. Verwys ook terug na les 1 waar ons konflikhantering behandel het. KERNINHOUD In hierdie les gaan dit hoofsaaklik oor groepsdruk of sosiale druk en hoe dit ’n individu kan beïnvloed. Ons kyk na die negatiewe gevolge wat dit op ’n persoon kan hê, asook hoe die persoon hom- of haarself kan help om probleme op te los. Dit is belangrik dat die individu weet waar hy of sy kan aanklop om hulp. Die les maak die leerder bewus van die gevare van groepsdruk en wanneer dit negatiewe gevolge kan hê. Dit berei die leerder voor om slegte situasies te kan identifiseer en ingeligte besluite te neem.

© Optimi

20


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Dit sluit ook aan by les 1 waar ons gekyk het na konflikhantering. ’n Probleem is ’n soort konflik en daarom loop die twee temas hand aan hand. 1.3.3

Waar kan ek hulp kry?

Jou ouers is eerstens die beste plek om hulp te soek. As jy voel dat jy verkeerde dinge gedoen het as gevolg van groepsdruk sal jou ouers jou kan bystaan. Jy kan met ’n ouer broer of suster gaan praat of enige ander ouer persoon wat dalk al in dieselfde situasie was. Jy kan ook met jou predikant, pastoor of jeugleier gaan praat. Ernstiger probleme soos dwelm- of drankverslawing het meer professionele hulp nodig en dan is dit nodig om by rehabilitasiesentrums aan te klop. Besoek gerus www.rehab-centre.co.za. Daar sal jy baie inligting kan kry. VIR DIE NUUSKIERIGES Doen navorsing oor die volgende dwelms. Dit is middels wat die meeste misbruik word. Jy kan die Internet, tydskrifte en die biblioteek gebruik vir jou navorsing. Skryf kortliks wat elkeen is en hoe dit die mens beïnvloed wat dit gebruik. 1. 2. 3. 4. 5. 6.

Dagga (marijuana) Alkohol Tik Mandrax Kokaïen Heroïen

Hierdie opdrag tel nie punte nie. Dit is net om jou belangstelling te prikkel en jou bewus te maak van die gevare van dwelms. In die fasiliteerdersgids is ’n inligtingstuk wat jou kan help.

21

© Optimi


1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

AKTIWITEIT 3

Lees die volgende denkbeeldige scenario en beantwoord die vrae. Jy word uitgenooi na jou beste vriend of vriendin se partytjie. Julle is al vriende van kleuterskooldae. Jy voel dus gerus daaroor om te gaan en jou ouers is ook tevrede. Toe jy egter by die partytjie kom is dit net vreemde mense wat jy nie ken nie en wat heelwat ouer as julle is. Jou maat se ouers is ook nie tuis nie en jy verneem dat hul nie weet van die aktiwiteite nie. Daar is sterk drank beskikbaar en daar word ook goed gerook wat vir jou snaaks ruik. Jou maat tree baie eienaardig op. Jy voel baie ongemaklik en sê dat jy huis toe wil gaan. Jou maat raak ongeskik met jou en sê hy gaan die hele skool vertel dat jy ’n lafaard is. Al die mense om jul lag jou ook uit. 1.

As jy kyk na bogenoemde situasie dink jy dat dit ’n vorm van groepsdruk is?

2.

Verwys na 1.3.2 in die les en stel vir jou ’n probleemoplossingstabel op. Volg al die stappe van probleemoplossing en gee ’n duidelike aanduiding van die oplossing wat jy kies. (Een punt vir elke stap (7) en een punt vir jou beskrywing daarvan) (14) [15]

1.4

Les 4: Die belangrikheid van lees en studeer: Lees vir genot en lees met begrip (1 uur)

1.4.1

Die belangrikheid van lees en studeer

(1)

In 2007 het die Universiteit van Pretoria ’n studie gedoen. Hul het die leesvaardighede van 215 000 graad 4-leerlinge regoor die wêreld getoets. Die Suid-Afrikaanse leerlinge het die swakste gevaar. Die slotsom was dat 80% van die kinders nie voldoen het aan die laagste internasionale leesgeletterheidsmaatstaf nie. Dit is ’n skokkende prentjie van ons deursnee leerling in ons skole. Lees is baie belangrik. Jy kan nie optimaal studeer as jou leesvaardighede nie op standaard is nie. Swak leerderprestasie kan in baie gevalle toegeskryf word aan swak leesvaardighede. Jy gebruik jou studievaardighede elke keer as jy akademiese werk doen. Selfs as jy huiswerk doen en ook as jy vir ’n toets leer. Hoe beter jou studiemetodes is, hoe makliker leer jy.

© Optimi

22


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Daar is sewe soorte intelligensie: 1. Taalkundig 2. Logies of wiskundig 3. Musikaal 4. Visueel of ruimtelik 5. Liggaamlik of kinesteties 6. Interpersoonlik 7. Intrapersoonlik Jy moet egter jou brein “aanskakel” om dit te gebruik. Jou brein se linker- en regterkant word in die middel verbind deur die corpus callosum. Jou potensiaal word bepaal deur die wyse hoe die twee dele saamwerk. As die twee dele in harmonie saamwerk kan die 90% van jou leervermoë stimuleer. Die studiemetodes wat egter tradisioneel gebruik word stimuleer slegs die kognitiewe vlak van jou brein. Die kognitiewe of denkende vlak van jou brein bevat slegs 10% van jou leervermoë. Dit is dus tot jou eie voordeel om metodes te ontwikkel om albei dele van die brein te aktiveer en ontwikkel. Dit sal ook daartoe bydrae dat jy sal leer om te lees met begrip. As jy nie lees met begrip nie, kan jy nie die inligting onthou nie. Die volgende stappe kan jou help met begripslees: 1. Lees die gedeelte hardop en plaas jou vinger onder elke woord terwyl jy dit lees. 2. Maak die leesstuk toe en dink na oor dit wat jy gelees het. Vra jouself vrae oor die inhoud. Kan jy dit onthou? 3. Lees die gedeelte weer. Verstaan jy wat jy lees? As jy met stap 3 verstaan wat jy lees en jy onthou die sleutelkonsepte van die leesstuk, beteken dit dat jy met begrip gelees het. Ons gaan in les 5 kyk na metodes om jou begrip en geheue te verbeter. DEFINIEER

Kinesteties: Liggaamsbeweging, die vermoë om jouself te koördineer en voorwerpe te beheer. Interpersoonlik: Die vermoë om saam met ander mense te werk en hul te verstaan. Intrapersoonlik: Dit is selfkennis, om jouself te verstaan en jou gedagtes en gevoelens te begryp. Corpus callosum: ’n Breë senuweeweefselband wat die linker- en regterbrein verbind.

23

© Optimi


1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

KERNINHOUD Daar is ’n groot verskil tussen lees vir genot en lees met begrip. As jy ’n storieboek of tydskrif lees, lees jy dit met jou korttermyngeheue. Dit is nie vir jou van kardinale belang om die feite te onthou nie. As jy egter moet studeer of jy doen navorsingswerk vir ’n skooltaak dan is lees met begrip belangrik. Jy moet kan onthou wat jy lees om sodoende jou verworwe kennis te gaan weergee op ’n produktiewe wyse. Die stappe van lees met begrip soos genoem in les 4 kan jou help om die vaardigheid aan te leer en in te oefen. Jy leer slegs iets aan as jy dit gereeld herhaal. Lees is belangrik om jou kognitiewe vlakke te stimuleer en sal jou vermoë om optimaal te studeer verbeter. VIR DIE NUUSKIERIGES Doen navorsing en kyk of jy ’n prentjie van die menslike brein kan kry met byskrifte. Skryf in jou werkboek die name van elke gedeelte van die brein neer, asook wat elke deel se taak is. AKTIWITEIT 4 Lees die storie geneem uit Die mooiste Afrikaanse sprokies deur Pieter W. Grobbelaar en Sean Verster. Lees die gedeelte met begrip en beantwoord dan die vrae wat daarop volg sonder om weer na die gedeelte te kyk. ALKANT SELFKANT Jakkals kom een oggend vroeg by Krap se huis water drink. “Môre, Jakkals,” sê Krap. “Dis ’n lekker oggend, nè?” “Baie lekker,” antwoord Jakkals, wat die nag oorgenoeg te ete gehad het. “Ek voel sommer lus om rond te spring en te hardloop.” “Nou kom ons hardloop dan,” sê Krap. “Jy?” vra Jakkals. “Jy kan mos nie ’n halwe tree by my bly nie.” “Ons sal sien!” sê Krap. “Kom dan,” sê Jakkals, en hy lê oop langs die waterlopie af. Maar hy kom nie agter dat Krap met sy groot knypers stilletjies aan sy stert vasgegryp het nie. Toe Jakkals voel hy het nou ver genoeg gehardloop, roep hy oor sy skouer: “En toe Krap, waar’s jy?” “Hier!” antwoord Krap reg agter hom. © Optimi

24


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

1

Eenheid

“Maar hoe kom jy hier?” vra Jakkals verbaas. “Ek het gehardloop,” antwoord Krap. “Hardloop ’n bietjie dat ek sien,” sê Jakkals. Krap draf skuins-skuins weg en kom weer skuins-skuins terug soos krappe maar loop. “O,” se Jakkals, “dis ook g’n wonder jy het by my gebly nie. Jy hardloop sommer alkante toe, waar ons ander diere net vorentoe kan hardloop.” Begripsvrae 1. Noem die twee diere waaroor die storie gaan? 2. Watter tipe resies stel Jakkals voor? 3. Hoe het Krap vir Jakkals om die bos gelei? 4. Wat was Jakkals se reaksie toe hy sien dat hy nie vir Krap gewen het nie? 5. Wat het hy toe vir Krap gevra om te doen? 6. Wat het Krap toe gedoen? 7. Wat was Jakkals se gevolgtrekking?

(2) (1) (1) (2) (1) (1) (2) [10]

Hierdie vrae is selfassessering. Dit beteken jy kan jou eie vrae merk en punte toeken. Gebruik die leesstuk asook die memorandum in die fasiliteerdersgids saam met jou fasiliteerder. Nadat jy die vrae gemerk het en aan jouself punte toegeken het, gebruik die onderstaande kriteria om jou vermoë om met begrip te lees, te meet. As jy voel dat dit nog nie op standaard is nie, gebruik die gegewe metode in les 4 om jou te help om dit te verbeter. Punte uit 10: 8 – 10: Uitstekende begrip 5 – 7: Goeie begrip (aanvaarbaar) 3 – 4: Swak begrip 1 – 2: Uiters swak begrip (ondergemiddeld) Onthou: moenie moed verloor nie! Hou net aan oefen.

25

© Optimi


1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1.5

Les 5: Studiemetodes en vaardighede om geheue te verbeter (1 uur)

1.5.1

Studiemetodes

Jou persoonlikheid gaan jou metode van studeer bepaal. Elke persoon se brein werk op ’n ander manier. Die deel van jou brein waarmee jy dink bepaal jou breindominansie. Dit klink dalk nou vir jou na ’n baie groot woord, maar dit is baie maklik om te bepaal. Mense met linkerbrein-dominansie het die volgende eienskappe: 1. Hulle is logies en fokus op detail. 2. Hulle hou daarvan om ’n vaste roetine te volg. 3. Hulle verkies om ’n probleem in dele op te breek en hanteer elke deel dan opeenvolgend. 4. Verkies meervoudige keusevrae in ’n vraestel. 5. Hulle is baie taakgeoriënteerd. 6. Hulle is ingestel op tyd en hou daarvan om vir hul doelwitte te stel en ’n tydsbeperking daaraan te koppel. 7. Hulle maak primêr op taal staat in hul denke en geheue. 8. Hulle beheer hul gevoelens. 9. Reageer optimaal op luister en sien. 10. Hul hou van definitiewe grense: wat is reg en verkeerd? Persone met regterbrein-dominansie het die volgende eienskappe: 1. Hul fokus op die geheel. 2. Hul hou daarvan om nuwe dinge te probeer en het nie ’n vaste roetine nie. 3. Hul los ’n probleem op deur na die geheelbeeld te kyk en dan hul intuïsie en gevoel te gebruik. 4. Verkies vrae in ’n vraestel waar hul eie mening kan gee. 5. Hul is baie mensgeoriënteerd. Is baie sosiaal. 6. Hul volg hul eie tydskedule. 7. Hul maak primêr staat op prente in hul denke en geheue. 8. Hul is baie spontaan met hul gevoelens. 9. Reageer die beste op beweging en aksie. 10. Hul is baie veranderbaar en aanpasbaar. Dit kan so wees dat jy eienskappe van beide bogenoemde toon. Daarom kan niemand jou voorskryf met ’n bepaalde studiemetode nie. Jy moet dit vir jouself uitwerk. Dit is beter om al die metodes te probeer en dan te kyk watter een werk die beste vir jou. Ons gaan kortliks na twee soorte opsommings kyk. 1.

© Optimi

Die eerste metode het baie name: die kopkaart, die spinnekop en die breinkaart. Leerders wat meer regterbrein-dominant is, vind veral baat by die metode. 26


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Hoe maak jy ’n breinkaart?  Lees eerstens jou werkstuk deur.  Neem ’n skoon bladsy (A4 of groter) en skryf die hoofopskrif in die middel van die bladsy. Jy kan dit ook koppel aan ’n prentjie en dit in die middel teken.  Skryf nou al die ander belangrike feite (of teken dit) in vertakkings om jou hoofpunt.  Jy kan nou aanhou vertakkings byvoeg om minder belangrike feite ook uit te lig.  Dit help om verskillende kleure te gebruik. Harsingsbalk Harsingskors Die brein Harsingstam Kleinharsings Hierdie is net ’n voorbeeld – jy kan nou by elke vertakking verdere vertakkings insit om dit verder te verduidelik. 2.

Die tweede metode noem ons ’n vloeidiagram of ’n puntgewyse opsomming. Persone wat meer linkerbrein-dominant is verkies hierdie metode. Hulle is meer logiese mense en dit maak vir hul meer sin. Doen dit as volg:  Lees jou werk deur. Kry ’n goeie prentjie in jou kop waaroor die werk gaan.  Lees dit weer deur en kyk wat is elke paragraaf se kernfeit.  Som die kern van die paragraaf in jou eie sin op.  Doen dit met die hele werkstuk.  Gaan jou opsomming nou deur en maak seker dat dit vir jou sin maak. ’n Voorbeeld van ’n puntgewyse opsomming is as volg: “Die kleinharsings is ’n geplooide lob wat onder die serebrum lê. Dit beheer en koördineer die spiere vir fyn motoriese bewegings, bv. loop.” Opsomming van die leesstuk: Kleinharsings: Geplooide lob Onder serebrum Beheer, koördineer Fyn motories bv. loop

Jy kan nou albei metodes probeer en die beste metode vir jouself kies.

27

© Optimi


1

Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

DEFINIEER

Studiemetodes: Dit is die metode wat jy gebruik om feite te memoriseer, sodat jy dit korrek kan weergee. Geheue: dit is die deel in jou brein wat jou help om dinge te onthou. Breindominansie: Dit is die deel van jou brein wat jou aksies en denke beheer. Visualisering: Dit is wanneer jy ’n begrip vorm met behulp van ’n prentjie. Assosiasie: Om dit wat jy moet onthou te koppel aan iets wat jou daaraan sal herinner en jou sodoende help om dit makliker te onthou. 1.5.2

Vaardighede om geheue te ontwikkel

Die mens is gebore met ’n onbepaalde leervermoë. Ons voorvaders het nie so baie goed gehad om te onthou soos ons vandag nie. Hul moes net die oorsprong van hul voedsel, water en gevare bepaal. Ons breine is dus so ontwikkel om dinge in helder beelde te onthou. As jy dus geneig is om dinge te vergeet, probeer om dit te koppel aan ’n beeld van iets. Stres kan ook jou geheue beïnvloed. As jy onder baie druk en stres verkeer, sal jou geheue daaronder lei. Gesonde eetgewoontes kan ook bydrae tot goeie geheue. Die volgende kosse is noodsaaklik vir ’n gesonde brein:  Gesonde vette, bv. eiers, sade, neute en olieryke vis, bv. salm.  Vars vrugte en groente  Proteïen bv. hoender  Vermy suiker en kafeïne  Neem goeie vitamienaanvullings  Daar is verskeie praktiese goed wat jy kan doen om jou geheue te verbeter.  Geheuespeletjies o Kaartspeletjies, bv. met flitskaarte. o Pak ’n patroon met bv. boublokkies. Maak die patroon nou deurmekaar en probeer dit weer presies dieselfde pak. o Skaak is een van die beste geheuespeletjies. 

© Optimi

Geheuehulpmiddels o Visualisering – voor jy iets doen visualiseer hoe jy dit gaan doen. Jy sal dit nou makliker onthou. o Assosiasie – koppel ’n woord of ’n storie aan iets wat jy moet onthou. o Oefen jou luistervaardighede. Kyk bv. die nuusberig op die tv en laat iemand jou vrae daaroor vra. Let daarna op om met aandag te luister.

28


Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering

o

o

Eenheid

1

Bepaal of jy makliker leer deur te luister of as jy iets sien? As jy beter leer deur te luister kan jy vir jouself die werk hardop sê. Visuele leerders kan vir hulself prentjies skep van die werk. Laastens is dit net belangrik om jou geheue te oefen. As jy iets geleer het probeer dit dadelik vir iemand oorvertel. Sodoende word dit vasgelê in jou geheue. KERNINHOUD Dit is belangrik om vir jouself ’n bepaalde studiemetode te identifiseer. Dit sal daartoe bydrae dat jy optimaal studeer.

Jou geheue is baie belangrik om te kan studeer. Gebruik die metodes genoem in 1.5.2 om jou geheue te verbeter. AKTIWITEIT 5 Die aktiwiteit doen ons net vir die lekker daarvan. Daar is geen verkeerde antwoorde nie. Dit gaan jou wys hoe werk assosiasie en ook jou kreatiwiteit stimuleer. Kom ons maak jou brein “wakker”. Die volgende is net ’n voorbeeld van hoe die opdrag voltooi moet word.

Vakansie by die see Jy moet nou by elkeen van die volgende prentjies vir my sê waarmee jy dit assosieer.

29

© Optimi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.