1 minute read
Poue, Voëls Van Anderse Vere
POUE Voe"ls van anderse vere
Het jy geweet dat die pouhennetjie eintlik aangelok word deur die beweging van ’n poumannetjie se stertvere wat geskud word? Daar is voorheen gedink dat die hennetjies aangelok word deur die grootte van die mannetjie se uitgewaaierde stertvere of die aantal kleurvolle oë daarop – maar dit is nie die geval nie!
Advertisement
Wanneer die pou sy stert vibreer, lyk dit asof daardie “oë” die hen wat hy die hof wil maak, kan hipnotiseer met die “veranderende reënboogkleurige agtergrond” wat om elke oog skitter. Wat met die oë gebeur wanneer die stert vibreer, is indrukwekkend – nie hulle beweging as sodanig nie, maar juis hul oënskynlike onbeweeglikheid. Weerhakies aan die vere in die agtergrond, selfs dié naby aan die oë, laat baie meer laterale beweging van die vere toe as dié van die oë self.
Die geheim lê in die vere se weerhakies
Volgens navorsers sal dit vanuit die hen se perspektief “lyk asof die oë feitlik nie beweeg nie” in vergelyking met die pragtige, veranderende glans van die res van die stert. Geen wonder dat sy betower word nie!
Hierdie oë bly relatief onbeweeglik in vergelyking met die agtergrondvere omdat die oë swaarder is, met weerhakies wat baie dig verweef is. Die veertjies van die oë klou dus aan mekaar vas as ’n eenheid wat traag is om te beweeg terwyl die losser weerhakies van die agtergrondvere die veertjies toelaat om onafhanklik van mekaar te kan beweeg.
Die pou se vere weerlê die evolusieteorie
In ’n poging om die logiese gevolgtrekking van “intelligente ontwerp” te vermy, kan hedendaagse evolusioniste poog om hierdie ontdekking te gebruik ter stawing van Darwin se teorie van seksuele seleksie – dat die pou se stert ontwikkel het om ’n maat te lok (iets wat egter gereeld deur evolusioniste onderling betwis word). Maar die basiese probleem bly onopgelos; so ’n lastige stert sou ’n groot hindernis gewees het om van roofdiere te kan ontsnap.
Sou dit nie meer sinvol wees om te besef dat hierdie ontdekking van die bewegende vere die evolusieverhaal juis uitdaag nie? (Vir dié wat natuurlik nie heeltemal daardeur “gehipnotiseer” word nie.)
ANDY MCINTOSH is ’n wetenskaplike in aërodinamika, ontbranding en termodinamika.
ROBERT ZINS is beskikbaar vir CMI-aanbiedings. Besoek creation.com of skakel: 021 979 0107, e-pos: sa@creation.info