3 minute read

n Vader-En-Seun-Reis Na Bybelse Manwees

’N VADER-EN’N VADER-ENSEUN-REIS: SEUN-REIS: SEUN-REIS:

na Bybelse Manwees

Die stryd rondom man wees en manlikheid is nie ’n vinnige naelloop nie, maar eerder ’n a oswedloop. Om hierdie wedloop te wen, moet ons die a osstokkie suksesvol aan die volgende geslag oorhandig.

Wat de nieer jou manlikheid?

’n Vaderlose samelewing in ’n krisis gedompel

Outentieke en Bybelse manwees is toenemend ’n skaarsheid in die wêreld van vandag en dit het ’n vernietigende uitwerking op die samelewing. Gemeenskappe is vandag in ’n krisis gedompel weens die gebrek aan vaders wat ’n ware nalatenskap aan hulle seuns oordra. Die meeste seuns van vandag weet nie wat ware manlikheid is en wat manwees behels nie en daarom moet die samelewing die kastaiings uit die vuur krap.

Mans moet hulle Godgeskape rol opneem

Geloofwaardige, ware manlikheid ontbreek deesdae al te dikwels by mans en die gevolge is vernietigend vir ons samelewing. Dit is hoog tyd dat mans die rol opneem waarvoor hulle geskape is – om sterk, manlik en goed te wees – en dit móét aan ons seuns, die volgende geslag, oorgedra word! Daar is baie de nisies van manlikheid en wat dit beteken om ’n man te wees. Elke kultuur de nieer manlikheid deur rites. Sommige rites is op krag gegrond, ander fokus op moed, party op seksuele vermoë en ander lê weer die klem daarop om rites te voltooi wat seuns as manne inlyf. Maar volgens Ed Cole word die ware de nisie van wat dit beteken om ’n man te wees, in die enigste ware voorbeeld, Jesus, saamgevat. Daarom is manlikheid en om soos Christus te wees, sinoniem.

Maak seker jy oorhandig die a osstok van geloof

Jy hoef nie die vinnigste te wees nie, maar jy moet wel die aflosstokkie van geloof aan die volgende geslag oorhandig. Jy hoef nie die beste te wees nie, maar jy moet seker maak dat jy die oorhandiging aan jou seun suksesvol voltooi. Jou lig hoef nie die helderste te skyn nie, maar jy moet die fakkel van geloof aan die volgende geslag oordra. Jesus is die vuur, die rolmodel van wat dit beteken om ’n ware man te wees. Hy is die bron van karakter wat jy aan jou seun wil oordra. Ons het almal ons blindekolle, ons almal het ons foute, geen pa is volmaak nie; maar solank ons net geloof het en dit oordra, slaag ons in ons taak!

“Die ware de nisie van wat dit beteken om ’n man te wees, word in die enigste ware voorbeeld, Jesus, saamgevat. Daarom is manlikheid en om soos Christus te wees, sinoniem.” – Ed Cole

Harte vir altyd verander

Ons besef dat daar baie vaderlose seuns is, asook moedige ma’s wat hulle bes probeer om God se beginsels in jongmans vas te lê wat soms opstandig is. Soms is die rebellie slegs ’n manier om die leemte van ’n afwesige pa te probeer vul. Om hierdie jongmanne ’n hupstoot in die regte rigting te gee, om hulle met nuwe idees uit te daag en God se Woord toe te pas, sal hulle harte vir altyd verander. “… julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” – Johannes 8:32

Die bedoeling met die artikels in hierdie reeks is om pa’s, oupas, enkelmammas en jeugpastore te help om ’n godvresende karakter in jongmans aan te wakker deur middel van verhouding. As jy saam met jou seun deur al die temas werk, sal jy resultate sien. Die temas wat in toekomstige artikels behandel sal word, is: die de nisie van manwees; moed; volwassenheid; leierskap; toewyding; krag; kernwaardes; erekode; die hart van ’n man; seksuele integriteit; karakter; besluitneming en ’n vader se seën. 

Kursusmateriaal geredigeer uit die boek, Men of Honour, deur Tony Rory, die leier van Men of Honour.

RAINER BOSHOFF is betrokke by die Men of Honour Mentorskapprogram Wes-Kaap. Kontak hom gerus by rainer@iwealth.co.za of besoek honorministries.org

This article is from: