Gratis JUIG! April 2021 Digitale Uitgawe

Page 68

REEKS DEUR RAINER BOSHOFF

FLAGS

’N VADER-ENSEUN-REIS: na Bybelse Manwees

D

ie stryd rondom man wees en manlikheid is nie ’n vinnige naelloop nie, maar eerder ’n afloswedloop. Om hierdie wedloop te wen, moet ons die aflosstokkie suksesvol aan die volgende geslag oorhandig.

’n Vaderlose samelewing in ’n krisis gedompel Outentieke en Bybelse manwees is toenemend ’n skaarsheid in die wêreld van vandag en dit het ’n vernietigende uitwerking op die samelewing. Gemeenskappe is vandag in ’n krisis gedompel weens die gebrek aan vaders wat ’n ware nalatenskap aan hulle seuns oordra. Die meeste seuns van vandag weet nie wat ware manlikheid is en wat manwees behels nie en daarom moet die samelewing die kastaiings uit die vuur krap.

Mans moet hulle Godgeskape rol opneem Geloofwaardige, ware manlikheid ontbreek deesdae al te dikwels by mans en die gevolge is vernietigend vir ons samelewing. Dit is hoog tyd dat mans die rol opneem waarvoor hulle geskape is – om sterk, manlik en goed te wees – en dit móét aan ons seuns, die volgende geslag, oorgedra word! xx JUIG! TYDSKRIF 66 JUIG! TYDSKRIF

Wat definieer jou manlikheid? Daar is baie definisies van manlikheid en wat dit beteken om ’n man te wees. Elke kultuur definieer manlikheid deur rites. Sommige rites is op krag gegrond, ander fokus op moed, party op seksuele vermoë en ander lê weer die klem daarop om rites te voltooi wat seuns as manne inlyf. Maar volgens Ed Cole word die ware definisie van wat dit beteken om ’n man te wees, in die enigste ware voorbeeld, Jesus, saamgevat. Daarom is manlikheid en om soos Christus te wees, sinoniem.

Maak seker jy oorhandig die aflosstok van geloof Jy hoef nie die vinnigste te wees nie, maar jy moet wel die aflosstokkie van geloof aan die volgende geslag oorhandig. Jy hoef nie die beste te wees nie, maar jy moet seker maak dat jy die oorhandiging aan jou seun suksesvol voltooi. Jou lig hoef nie die helderste te skyn nie, maar jy moet die fakkel van geloof aan die volgende geslag oordra. Jesus is die vuur, die rolmodel van wat dit beteken om ’n ware man te wees. Hy is die bron van karakter wat jy aan jou seun wil oordra. Ons het almal ons blindekolle, ons almal het ons foute, geen pa is volmaak nie; maar solank ons net geloof het en dit oordra, slaag ons in ons taak!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook

Articles inside

Die Krag Van Verkoopspesialiste

4min
pages 80-84

Hoe Kan Ons Vroue-Entrepreneurskap In SA Laat Groei?

1min
page 79

Kredietkaartskuld, Jy Is Nie Alleen Nie

2min
page 78

Waarom ’n Vaderlose Seun Mentor?

3min
pages 70-71

n Vader-En-Seun-Reis Na Bybelse Manwees

3min
pages 68-69

Christenskap In Die Werkplek

5min
pages 76-77

Poue, Voëls Van Anderse Vere

1min
pages 66-67

Peter Vandenberg Vier 40 Jaar In CfaN

2min
pages 64-65

Golwe Van Herlewing Op Die Strand – CfaN

6min
pages 62-63

Ondanks Die Pandemie Vul Christelike Uitsendings Kirgisië – FEBA

5min
pages 60-61

Olga, ’n Ware Verhaal Van ’n Ma Se Geheime Hartseer

18min
pages 28-33

Karakters Van Die Bybel – Barabbas

6min
pages 48-49

Waarom Het Die Dissipels Nie Vir Jesus Herken Nie?

3min
page 46

Jesus Het Vir My Gesterf

9min
pages 38-41

Wat Het Gebeur Op Die Pad Na Emmaus?

3min
page 47

Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange

3min
page 27

Empatie: Lucille May

4min
pages 24-25

Woorde Van Wysheid

3min
page 26

Van Verdeeldheid Tot Eenheid: Suksesverhaal In Senekal

7min
pages 14-17

Leer Kinders Hoe Om Groepsdruk Te Hanteer

8min
pages 8-9

n Boer Se Getuienis Van Vergifnis

3min
pages 18-19

Die Openbarings In Openbaring: Elza Meyer

5min
pages 20-21

Van Armoede Tot Voorsiening, Patela En Mfundo Se Getuienis – W4AL

5min
page 13

Redakteursbrief

5min
pages 4-5
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.