18 minute read
Olga, ’n Ware Verhaal Van ’n Ma Se Geheime Hartseer
FLAGSGETUIENIS DEUR DIANE KNOTT Olga’n Ware verhaal van ’n ma se geheime hartseer wat in blydskap verander is
Advertisement
Ons het onlangs ’n boekbekendstelling bygewoon en was so aangeraak deur die verhaal van Olga wat in 1952 haar tweelingdogtertjies moes laat aanneem. Dit is ’n verhaal van genade en versoening soos vertel deur Diane Knott, een van Olga se ander dogters.
My naam is Diane en ek is die tweede oudste dogter in ’n gesin van vyf. Ons het in ’n middelklasgesin grootgeword, getrou, ons eie kinders gehad en is betrokke by ons plaaslike kerke. ’n Doodgewone familie … of so het ek gedink.
Op ’n Sondag in 1995 het my ouers vir ’n kuiertjie ingeloer. Ná ons gegroet het, het Mamma ’n verskoning uitgedink om alleen met my te praat. Ek het haar nog nooit so senuweeagtig gesien nie. Toe ons op die bed sit, vroetel sy in haar handsak en haal twee briewe uit. Met ’n bewerige stem uister sy: “Ek het tweelingdogtertjies gehad voordat ek met jou pa getroud is. Ek het hulle laat aanneem en nou het hulle my opgespoor en vir my geskryf.” Sy het swart-en-wit-foto’s van twee pragtige babadogtertjies in my skoot laat val.
Agter toe deu
Streng Christelike huis
My ma het Jesus as 14-jarige meisie aangeneem. Hulle gesin was deel van ’n streng kerkgroep wat nie na die radio geluister of koerant gelees het nie; selfs om na rolprente te gaan kyk, was taboe. Olga het as 17-jarige skoolverlater ’n administratiewe werk gekry.
glimlag op haar lippe voordat sy die briewe en foto’s haastig weggebêre het. Ek het haar omhels en ge uister hoe bly ek was en dat ek nie kon wag om hulle te ontmoet nie. “Ek het jou pa nog nie van hierdie briewe vertel nie,” het sy ge uister, “moet asseblief nie ’n woord sê nie!” Ek wou bars van vreugde oor hierdie nuus en het terselfdertyd gewonder hoe dit ons familie gaan beïnvloed. Verraad en skuldgevoelens
Meta en Anna Theron Toe sy 21 was, het sy by ’n pluimbalklub aangesluit waar ’n meisie vir haar ’n afspraak met ’n aantreklik en sjarmante jongman gereël het. Hulle het begin uitgaan. Olga was baie verlief op hom en het haar selfs ’n toekoms saam met hom voorgestel. Ná ’n paar maande het sy egter uitgevind dat hy skelm met ander meisies uitgaan. Sy het verraai gevoel en die verhouding beëindig. Sy was skaam dat sy so goedgelowig was en toegelaat het dat hy haar met sy intieme toenadering verlei het. Sy het baie skuldig gevoel en des te meer toe sy ontdek dat sy swanger is. Sy het nie net haarself in die steek gelaat nie, maar ook gevoel dat sy God teleurgestel het. Die skuldgevoelens sou haar jare lank nog teister.
Tehu vir gehude moeders
Olga was doodbang en het niemand vertel nie. Toe sy haar groeiende buik nie meer kon wegsteek nie, het sy haar ma in groeiende buik nie meer kon wegsteek nie, het sy haar ma in haar vertroue geneem. Hulle het saam besluit dat niemand hiervan hoef te weet nie. Olga sou na ’n tehuis vir ongehude hiervan hoef te weet nie. Olga sou na ’n tehuis vir ongehude moeders gaan en die baba laat aanneem. Hulle het Magdalena moeders gaan en die baba laat aanneem. Hulle het Magdalena Huis gekies, ’n bediening van die NG Kerk. Sy het bedank en vir Huis gekies, ’n bediening van die NG Kerk. Sy het bedank en vir haar gesin gesê dat sy op ’n niggie se plaas gaan vakansie hou. haar gesin gesê dat sy op ’n niggie se plaas gaan vakansie hou.
Die tweeling is gebore
Olga is tydens een van haar gereelde afsprake by die nabygeleë Mowbray Kraamhospitaal in kennis gestel dat sy ’n tweeling verwag. Op 29 Januarie 1952 is die twee babadogtertjies vyftien minute uit mekaar gebore. Olga het hulle Avril Gail en Beverley Anne genoem.
Pynlike hartseer
Aangesien Olga nie die babadogtertjies wou skei nie, het die aannemingsproses langer geneem as wat verwag is. Haar innige liefde vir haar pragtige dogtertjies was in skerp teenstelling met die diepe hartseer dat haar tyd saam met hulle beperk was.
S , k derl e vr !
Chris en Alida Theron met Meta en Anna
Kinderlose egpaar
In Stellenbosch wou ’n kinderlose egpaar, Chris en Alida Theron, ’n baba aanneem. Chris was ’n hoogleraar aan die Universiteit van Stellenbosch. Drie jaar tevore het die oujongkêrel (48) die mooi, donkerharige Alida (36) opgemerk. Sy moes as ’n jong vrou ’n histerektomie ondergaan en kon nie kinders hê nie. Maar toe Chris haar vra om te trou, het hy haar verseker dat dit hom nie pla nie en dat hulle kinders kan aanneem.
Die jong Henderson- gesin, Diane, Olga, Jenny, Denis en (voor) Derek en Lesley. (Rodney was nog nie gebore nie)
Kilometers ver, in die skadu van Tafelberg, het Olga en haar babas vir ’n ondersoek na die hospitaal gegaan. Haar dokter was verbaas dat die babas nog nie aangeneem is nie. Hy het haar vertel van ’n Christenegpaar wat hy ken wat graag kinders wou aanneem.
Die dokter het Alida gebel: “Wil jy en Chris tweelingdogtertjies aanneem?” Die aand het Alida vir Chris by die voordeur ingewag. “Wat sou jy sê as ons twee babadogtertjies kon aanneem?” Chris het na sy vrou gekyk; haar oë het geskitter. “Ek sou sê dat God ons ’n dubbele seën gee,” het hy geantwoord.
’n Laaste groet
Olga het gebid terwyl sy haar babas vir oulaas aantrek: “O, Here, laat my babas asseblief gelukkig en geliefd wees!” Met bewende hande het sy gesukkel om die armpie in die gebreide moutjie van die truitjie te steek wat sy vir hierdie spesiale dag gebrei het. Sy het na die pragtige, volmaakte gesiggies, die neusies en die mooi gevormde lippies gekyk om elke detail te onthou. Sy het die trane weggesluk en elke baba op die sagte wangetjie gesoen en ”totsiens” ge uister. Sy het in haar sak gevoel-voel na die notatjie wat sy vir die nuwe mamma geskryf het. Met die trane wat stroom, het sy die brie e in die maatskaplike werker se hand gedruk en uit die kamer gevlug.
’n Notatjie van liefde
Toe hulle uiteindelik tuis kom, het Alida Olga se notatjie tussen die ander dokumente opgemerk. Daarop is aangeteken hoeveel keer die moeder hulle gevoed het en wanneer sy hulle vitamienstropies vir hulle gegee het. Dit het weer eens Olga se sorg vir haar babas onthul. Alida het die Here gevra om die jong meisie te vertroos.
Chris en Alida het die eersgebore dogtertjie Maria Petronella genoem en haar die bynaam Meta gegee. Die ander dogtertjie is Anna Sophia genoem. Hulle is met liefde in die gesin verwelkom. Olga het Denis Henderson ontmoet en met hom getrou. Hy was onbewus van die tweeling. Olga het haarself oortuig dat haar verlede haar eie saak was. Die egpaar het vyf kinders gehad, maar Olga het nooit ophou wonder oor die tweeling se mylpale nie. Sy het altyd belangstelling getoon in kinders wat dieselfde ouderdom as die tweeling was. Niemand het opgemerk dat Olga elke 29 Januarie in ’n weemoedige bui was nie.
Nu g
Skuld ’n konstante metgesel
Olga het gevoel dat dit onmoontlik is om haar geheim te deel, veral toe hulle gesin baie betrokke geraak het by die plaaslike Metodistekerk. Haar skuldgevoelens het die vreugdevolle, vervulde verhouding wat sy vroeër met die Here gehad het, onmoontlik gemaak. Skuldgevoelens was haar konstante metgesel.
M a A a
Van rdri t r
Intussen het Meta en Anna in De Laan aan die oewer van die Eersterivier grootgeword. Toe hulle vier jaar oud was, het Alida haar dogters geroep om in die sitkamer by haar te kom sit. “Daar is iets wat ek julle moet vertel. Babas groei in hulle mamma se maag. Julle het nie in my maag gegroei nie. Julle het in ’n ander mamma se maag gegroei, maar julle het in my hart gegroei.” Alida het haar dogters vertel dat die kleertjies wat hulle aangehad het op die dag toe hulle aan haar gegee is, deur hul geboortemamma gemaak is en dat dit duidelik was dat sy hulle oneindig liefgehad het. Die twee het grootgeword met die wete dat hulle baie spesiaal was omdat hulle God se geskenk aan ’n paartjie was sodat hulle ’n gesin kon word. Meta en Anna het geweet dat daar êrens ’n ander mamma was en het met liefde en bewondering aan hierdie besonderse vrou gedink.
Die tweeling het grootgeword, hul studies aan die Universiteit Stellenbosch voltooi, getrou en hul eie gesinne begin.
Die Theron- gesin
In 1979 het Jenny, Olga en Dennis se oudste dogter, en haar man, Cassie, hul eersteling gehad. Hulle het haar Olga genoem. Hulle vreugde is verpletter deur die nuus dat hul pasgebore baba ’n ernstige hartprobleem het. Vreemdelinge het vir die baba Olga gebid, maar Olga, haar ouma en naamgenoot, kon nie bid nie. Die “aanklaer van die broeders” het gesê: “Jou sonde het nou oor jou nakomelinge gekom.” Olga kon nie langer haar geheim wegsteek nie.
Die geheim is uit
“Mamma het by my en Cassie kom kuier om te bely dat sy nie vir die genesing van ons baba kon bid nie weens ’n diep, donker geheim,” sê Jenny. “Sy het ons vertel van die babas wat sy laat aanneem het. Cassie het haar sterk aangeraai om Denis te vertel.” Olga se senuwees was op; hoe breek jy die een wat jy liefhet se hart met ’n pynlike waarheid wat jy gehoop het nooit sal uitkom nie? Terug by die huis het sy stamelend haar verhaal vertel. Denis was diep geskok. Hy het haar beveel om nooit weer daaroor te praat nie en hom heeltemal van haar onttrek. Hy was bang dat hul ideale gesin deur hierdie onthulling uitmekaargeruk sou word.
Vergifnis en verdriet
Die res van die gesin het van niks geweet nie, maar Olga het dikwels in haar kussing gehuil. Te midde van die hartseer kon sy egter weer nader aan die Here kom. Nadat sy die kleed van geheimhouding afgegooi het, kon sy vergifnis en vrede ervaar. Sy kon vir klein Olga bid, maar ongelukkig het haar naamgenoot op ses weke gesterf.
Dit was ’n uiters moeilike tyd vir Denis. Hulle het nie net hul kleindogter verloor nie, maar mekaar ook. Dit het gelyk asof die openbaring van sy vrou se verborge geheim hulle huwelik sou kelder. Dit het maande geneem om die kloof tussen hulle te genees.
Anna, Olga en Meta My dogters wil my kontak
Vroeg een oggend in 1995 het Olga ’n oproep ontvang. “Mevrou Henderson, ek is ’n maatskaplike werker in Bloemfontein. Jy het in 1952 ’n dogter gehad. Sy het my gevra om jou op te spoor, want sy wil jou laat weet dat dit goed gaan met haar.” Dit was Meta wat vir Olga opgespoor het met behulp van die maatskaplike werker. Olga het die handstuk styf vasgeklem. Dit was die oomblik waarna sy gesmag het, maar ook gevrees het. Sodra sy alleen was, het Olga vir Jenny gebel: “My dogters het my opgespoor!”
Toe Jenny vir Cassie die goeie nuus vertel, het hy aangebied om die bemiddelaar te wees. Olga het die maatskaplike werker se telefoonnommer vir hom gegee en hulle het gereël dat alle kommunikasie tussen die tweeling en hul biologiese moeder deur hom hanteer sou word. Die maatskaplike werker het voorgestel dat die dogters aan Olga skryf. Cassie sou toesien dat hul biologiese moeder dit ontvang.
Meta en Anna het elkeen ’n brief vir hulle ma geskryf. Meta het onder meer geskryf: “Ek en my suster Anna het nog altyd gewens dat ons ons onbekende ma kon laat weet hoe gelukkig ons is en hoe goed dit met ons gaan. Ons het ouers gehad wat elke aand saam met ons gebid het. Ons kon nie vir groter liefde, veiligheid en aanvaarding gevra het nie.”
Meta het aan haar man, Bernard, voorgestel dat hulle ds. Cassie Carstens moet vind. Bernard het hom opgespoor en gebel. Dit was nie lank voordat Cassie vir Jenny geroep het nie. Bernard het homself voorgestel en gevra of sy met haar suster wil praat.
“Dit was asof ek met ’n bekende vriendin gepraat het. Ons het land en sand gesels,” het Jenny gesê. ’n Maand later het Olga haar eie brief aan die tweeling geskryf: “Ek was baie bly om julle briewe te ontvang … In my gebede het ek altyd gebid dat julle geliefd en gelukkig sou wees … Bowenal het ek gebid dat julle die Here Jesus sou aanneem soos ek en al my ander kinders gedoen het. Nou kan ek Hom dank dat Hy my gebede verhoor het …”
Meta en Anna het hulle ma se brief oor en oor gelees. Ná die liefdevolle, vriendelike brief wou hulle graag hulle ma ontmoet.
Tyd om die nuus te verwerk
Olga het geweet dat die tyd nou aangebreek het om die res van die gesin van haar dogters te vertel. Almal was opgewonde en wou hul susters graag ontmoet. Dit was vir Olga moeilik om die onderwerp weer met Denis aan te roer. Nadat sy hom van die briewe vertel het, het sy hom gerusgestel dat niks verander het nie en dat die kinders die situasie aanvaar. Denis was baie stil en Olga het hom tyd gegee om die nuus te verwerk.
’n ‘Afspraak’ deur God bewerk
Deur ’n “afspraak” wat God bewerk het, het Cassie by ’n konferensie in Bloemfontein met ’n man gesels wat hom vertel het van ’n vriend se vrou (Meta) wat pas haar biologiese moeder opgespoor het. Cassie se ore het gespits toe hy die name hoor – dit was een en dieselfde moeder! Cassie het die man se vriend, Bernard, gebel en gereël om hom en Meta te besoek. Anna was toevallig ook daar en het by haar suster gekuier! Jenny het ’n kaartjie bespreek om na Bloemfontein te vlieg en by hulle aan te sluit. Sy het al die gesinsfoto’s in haar tas gepak. Met haar aankoms in Bloemfontein het Meta en Anna op haar gewag. “Ek het so geskrik; my twee susters het voor my gestaan, maar ek het in my ma vasgekyk!”
Meta en Anna se twee mammas, Olga en Alida
‘ Maak plek j hart
Olga se hoop dat Denis tevrede sou wees omdat hulle kinders almal gelukkig was, is verydel. Hy was steeds ongelukkig daaroor. “Jy kan sekerlik verstaan dat ek nie so opgewonde is nie,” het hy ongemaklik gesê. Hy was bekommerd dat die gesinsdinamika sou verander en was diep ongelukkig.
Op ’n dag bel Jenny haar ma om uit te vind hoe dit gaan. Toe Olga sê dat Denis nog baie buierig was, het Jenny gevra om met hom te praat. “Pappa, Mamma het genoeg gely. Dit gaan nie meer oor jou nie! Dit gaan oor haar! Dit is tyd dat sy haar dogters ontmoet. Die enigste ding wat jy nou moet doen, is om vir hulle plek te maak in jou hart.” Jenny het presies geweet wat skort. Hy moes net weet waar om hierdie dogters te plaas … en dit is presies wat hy gedoen het. Hy het ruimte in sy hart vir hulle gemaak. Daardie dag het die stemming in die huis verander.
Die duiwel verloor sy houvas
Olga was vry van die skuldgevoelens en was vol vreugde. Met haar man wat aanvaar het dat haar dogters deel van hul gesin sou wees, het Olga nou hul briewe aan hom voorgelees en hul foto’s vir hom gewys. Die paartjie was besig om mekaar weer te vind. God het ’n pragtige tapisserie geweef. Die pragtige tapisserie
Die tyd het aangebreek vir Olga om uiteindelik met haar dogters herenig te word. Jenny het gereël dat Meta en Anna saam met hul mans Kaap toe sou kom om hul ma en die res van die familie te ontmoet. “Ons het gemengde gevoelens gehad,” sê Meta. “My enigste bekommernis was oor mnr. Henderson. Ons het geweet dat hy ons aanvaar het, maar vir hom sou dit die oomblik wees om dít wat hom die seerste gemaak het, in die oë te kyk. Ons was geweldig bekommerd dat hy seergemaak of hartseer sou wees.”
Ontmoeting van harte
Hulle sou by ’n plaaslike restaurant ontmoet. “Ek sal nooit vergeet toe ons by die deur instap nie,” sê Anna. “Mnr. Henderson het na ons toe gekom … Al wat ons gesien het, was sy liefde en sy oop arms. Hy was so vol liefde. Hierdie liefde kan net moontlik wees as jy ’n Christen is en die liefde van God werklik ken.”
“Tot vandag toe,” sê Meta, “sal ek nooit die oomblik vergeet toe ek Mamma ontmoet het nie. Dit was onbeskry ike vreugde. Ek het ’n intense begeerte gehad om aan haar te raak. Ek wou altyd so graag eendag na die vrou kyk wat aan my geboorte geskenk het en sê: ‘Ek was in jou maag.’ So iets klein. Ek het soveel vreugde ervaar om uiteindelik aan haar te kon raak.”
AGTER: Rodney en Derek. VOOR: Jenny, Olga, Diane en Lesley
’n G w@ ה elg aak
Nou moes al haar kinders mekaar ontmoet. Ons het almal in Cassie en Jenny se sitkamer gesit. Die kamer was vol vreugde en afwagting. Op die ko etafel was ’n wynglas met rooi druiwesap en ’n bietjie brood op ’n bord. Cassie het ons almal verwelkom en bedank en God geprys dat Hy hierdie wonderlike dag vir ons bewerkstellig het. Hy het Denis, Olga, Meta en Anna gevra om uit die wynglas te drink en verduidelik dat die wyn hul vergifnis van mekaar, versoening en herstel simboliseer. Toe is die glas aangegee en het almal in dankbaarheid saam nagmaal gebruik. Cassie het die brood gebreek en dankie gesê vir Jesus se liggaam wat vir ons gebreek is. Ons familie was ook vroeër gebroke, maar nie meer nie. Die brood is in die kamer aangestuur en ons het almal vir die eerste keer as ’n verenigde gesin saam die eerste keer as ’n verenigde gesin saam brood gebreek. brood gebreek.
Olga en Denis saam met hulle kinders en kleinkinders xx JUIG! TYDSKRIF 30 JUIG! TYDSKRIF Mamma Alida
Maar daar was een belangrike persoon met wie die nuus nog nie gedeel is nie. Meta en Anna was huiwerig om Alida te vertel omdat hulle haar nie wou seermaak nie. “Mamma … ons het ons biologiese moeder gevind.” Alida se mond het e ens gebewe. Toe neem sy albei Meta se hande in hare en sê kalm: “Laat ons die Here dank dat ek hierdie oomblik met julle kan deel.” Nadat sy gebid het, het Alida vir Meta gevra om haar Bybel te gaan haal. “En kry Olga op die telefoon! Ek het aantekeninge wat ek agter in my Bybel bewaar het sodat ek dit eendag met haar kan deel as ek haar ontmoet!” Die twee het lank gesels. Uiteindelik kon Alida haar dank betuig aan die vrou wat soveel vreugde en vervulling in haar lewe gebring het. Uiteindelik kon Olga met die vrou praat wat haar twee dogters grootgemaak het.
Olga st ie
Elke keer wanneer Olga se verhaal vertel word, is ons verstom oor die impak wat dit het. Die verhaal van hoe God verdriet, trane en geheimhouding in vreugde kan verander. Haar dilemma, as ’n jong meisie in die 1950’s, verskil nie veel van dié wat soveel vroue vandag ervaar nie. Ek bid dat sulke jong vroue en hul babas “geliefd en gelukkig” sal wees – net soos Olga gebid sal wees – net soos Olga gebid het. Mag hierdie verhaal het. Mag hierdie verhaal jou inspireer om ook genesing, vergifnis en genesing, vergifnis en versoening in jou gesin versoening in jou gesin te vind.
DIANE KNOTT is die outeur va die die boek, Olga. Bestel dit Bestel dit direk by applesofgoldministries@ applesofgoldministries@ gmail.com teen R250.
FLAGS
HOE GAAN JOU MOVIE EINDIG?
… MÔRE IS DALK TE LAAT … VIR ’N LEWE VAN MEANING
Indien jy vandag aan iemand dink met een van dié drie opskrifte in jou gedagtes, lees verder!
Daar is soveel jongmense in ons gemeenskappe wat nie die Here ken nie, wat nie ’n Bybel het nie of wat selfs nog nooit van Jesus gehoor het nie. DOELWIT:
Plaas die boek, WEES ’n WENNER! Jou race na geluk en meaning, teen Jeugdag
(16 Junie) in 20 000
jongmense en kinders in minderbevoorregte gemeenskappe se hande. ONS HET JÓÚ NODIG! Met ‘n donasie van R50 of meer
plaas ons ‘n boek in die hande van die jeug.
Direkte inbetaling: ABSA Bank Rek no: 47 01 88 502 Verwysing: WENNER
OF SnapScan
Die Christelike Lektuurfonds is ’n nie-winsgewende organisasie (020-595_NPO). Artikel 18A- serti kate kan vir belastingdoeleindes aangevra word.