4 minute read
Die Krag Van Verkoopspesialiste
VRAAG-ENANTWOORDSESSIE MET MARK HEWETT DIE KRAG VAN VERKOOPSPESIALISTE
In die sakerubriek van hierdie uitgawe het ons Mark Hewett gevra om vrae oor verkope te antwoord.
Advertisement
VERKOPE EN KAPITALISERING OP NUWEKLIËNTVOORUITSIGTE (LEAD CONVERSIONS)
Wat is ’n belangrike oorweging vir ’n maatskappy se groeistrategie buiten die onderneming se handelsmerk? Ek leer studente en entrepreneurs dat, wat bemarking betref, verkope stroomaf van handelsmerke lê. Dit spreek vanself dat verkope ’n dominante rol speel in xx JUIG! TYDSKRIF 78 JUIG! TYDSKRIF enige onderneming se sukses. Verkoopslui is ’n noodsaaklike skakel tussen ’n kliënt en die produk of diens. As jou onderneming reeds ’n sterk handelsmerk het, is dit bemarking wat gesorg het dat jou toekomstige klante bewus is van jou produk/diens en vertroue daarin het. Dit maak die verkoopslui se werk baie makliker om die transaksie te beklink, want die kliënt verstaan reeds hoe die produk of diens in hulle behoeftes sal voorsien.
As jou onderneming en handelsnaam egter nog nie gevestig is nie, het verkoopspersoneel twee belangrike rolle om te vervul: om die handelsmerk en die produk professioneel bekend te stel, asook om die transaksie te beklink deur die aanbod onweerstaanbaar te maak en besware doeltre end te hanteer. Hoe beter die verkoopspersoneel bestuur en opgelei word – in die produk of diens, die stel van doelwitte, tydsbestuur, prosesse, die posisionering van die aanbod, die bou van geloofwaardigheid, die vermoë om vertroue by ’n kliënt in te boesem en naverkoopdiens – hoe beter sal die verkope van die onderneming wees.
Suksesvolle ondernemings begryp dat hulle kundige, praktiese opleiding aan verkoopslui moet bied. Besigheidseienaars dink dikwels dat hulle weet hoe om te verkoop, bloot omdat hulle die produk of diens beter verstaan as enigiemand anders. Dikwels is die stigters en uitvoerende hoofde
juis nie kundig in die kuns van verkope nie en veroorsaak baie frustrasie wat die einde van ’n andersins uitstekende produk- of diens tot gevolg kan hê.
GROEI VAN JOU ONDERNEMING
Hoe word verkope aan ’n groter strategie gekoppel? Verkope moet deel vorm van ’n groter, algehele groeistrategie, insluitend die kliënte se ervaring, want verkope bou lojaliteit en vertroue by kliënte, wat daarom jou besigheid by derde partye sal aanbeveel. Die krag van sulke verwysings moet doelbewus deur verkoopspanne gebruik word om die verkope eksponensieel te verhoog. Kliënteverwysings het ’n groot impak, veral in die digitale wêreld met die groot reikwydte van sosiale en aanlyn media.
BEHOUD VAN KLIËNTE
Wat is die volgende stap vir verkoopspanne nadat hulle ’n transaksie beklink het?
Jou handelsmerk se reputasie is dikwels onderhewig aan die interpersoonlike kontak tussen personeel en kliënte. Moet dus nooit die kragtige invloed van persoonlike kontak onderskat nie. Langtermyn- kliënteverhoudings tussen verkoopslui en hulle kliënte lei tot herhalende verkope en mense wat ander van jou produk of diens vertel (steeds die grootste kapitalisering op nuwekliëntvooruitsigte). ’n Belangrike funksie van ’n doeltreffende verkoopstelsel is naverkoopdiens wat tot positiewe terugvoer en die retensie van kliënte lei. Enige klagtes kan spoedig en professioneel opgelos word. Dit is baie meer kostedoeltre end om bestaande kliënte te behou as om nuwes te werf. Ongelukkige kliënte sal oor die algemeen nie kla nie, maar bloot net ophou om van jou dienste of produk gebruik te maak. Die gevolg is dat jy ook die kans verloor dat hulle jou by ander partye sal aanbeveel.
Die voortgesette sukses van ’n organisasie is afhanklik van die verkoopsprestasie. Die potensiaal in ’n verkoopspan moet verwesenlik word om die uitwerking wat verkope op inkomste, die reputasie van jou handelsmerk en uiteindelik op groei van ondernemings het, ten volle te benut.
Quantum Growth Consulting het meer as 21 jaar van hoëprestasie-verkoopservaring in die opleiding van korporatiewe en klein- tot middelslagondernemings. Veral m.b.t. opleiding in intelligente metodes, strukture, strategieë, stelsels en spanbestuur van ondernemings.
Kontak gerus die ervare kundiges by Quantum Growth Consulting (strategiese verkoopspesialiste) vir ’n GRATIS 45 minute konsultasie om jou verkope te verhoog by info@quantumgrowth.co.za. MARK PETER HEWETT het homself gevestig as ’n bekwame internasionale entrepreneur, waagkapitalis, besigheidsmentor en skrywer (saam met Paul Kerton, hoofstigtersredakteur van Men’s Health South Africa).
Mark is deur verskeie wêreldwye ondernemings werksaam in die tegnologiebedryf asook in die bemarkings-, media-, energie-, sakeontwikkelings-, vaste eiendoms-, events- en internasionale verspreidingsbedrywe betrokke . Hy het oor die afgelope tien jaar in die advertensie- en bemarkingsmedia belê. Dit sluit in digitale media, kleinhandel- en mobiele media vir veral die korporatiewe, drank- en farmaseutiese bedrywe. Hy is ook die stigter van Suid-Afrika se grootste multimiljoendollar- digitale medianetwerk in onafhanklike besit.
Hy is passievol oor mentorskap vir sake-eienaars en studente en het deur sy opleidingsprogramme vir internskaps kandidate gegradueerde bemarkings- en BCom-studente van Europa afgerig.
Mark fokus nou daarop om in sy rol as die groep-HUB van Legion of Lions ™ International bande met topentrepreneurs te smee, handelsmerke uit te bou en internasionale ondernemings te vestig. Legion of Lions is ’n supermaatskappy vir spesialisdienste, in samewerking met ’n Nederlandse koöperasie – saamgestel uit bekroonde diensagentskappe, talent en maatskappye wat uniek geposisioneer is as Suid-Afrika se voorste Brand Commercializing Movement.Commercializing Movement.