BESIGHEID FLAGS
DEUR LEGION OF LIONS
VRAAG-ENANTWOORDSESSIE MET MARK HEWETT
DIE KRAG VAN VERKOOPSPESIALISTE In die sakerubriek van hierdie uitgawe het ons Mark Hewett gevra om vrae oor verkope te antwoord.
VERKOPE EN KAPITALISERING OP NUWEKLIËNTVOORUITSIGTE (LEAD CONVERSIONS) Wat is ’n belangrike oorweging vir ’n maatskappy se groeistrategie buiten die onderneming se handelsmerk? Ek leer studente en entrepreneurs dat, wat bemarking betref, verkope stroomaf van handelsmerke lê. Dit spreek vanself dat verkope ’n dominante rol speel in xx JUIG! TYDSKRIF 78 JUIG! TYDSKRIF
enige onderneming se sukses. Verkoopslui is ’n noodsaaklike skakel tussen ’n kliënt en die produk of diens. As jou onderneming reeds ’n sterk handelsmerk het, is dit bemarking wat gesorg het dat jou toekomstige klante bewus is van jou produk/diens en vertroue daarin het. Dit maak die verkoopslui se werk baie makliker om die transaksie te beklink, want die kliënt verstaan reeds hoe die produk of diens in hulle behoeftes sal voorsien. As jou onderneming en handelsnaam egter nog nie gevestig is nie, het verkoopspersoneel twee belangrike rolle om te vervul: om die handelsmerk en die produk professioneel bekend te stel, asook om die transaksie te beklink deur
die aanbod onweerstaanbaar te maak en besware doeltreffend te hanteer. Hoe beter die verkoopspersoneel bestuur en opgelei word – in die produk of diens, die stel van doelwitte, tydsbestuur, prosesse, die posisionering van die aanbod, die bou van geloofwaardigheid, die vermoë om vertroue by ’n kliënt in te boesem en naverkoopdiens – hoe beter sal die verkope van die onderneming wees. Suksesvolle ondernemings begryp dat hulle kundige, praktiese opleiding aan verkoopslui moet bied. Besigheidseienaars dink dikwels dat hulle weet hoe om te verkoop, bloot omdat hulle die produk of diens beter verstaan as enigiemand anders. Dikwels is die stigters en uitvoerende hoofde