9 minute read
Jesus Het Vir My Gesterf
Jesus
het vir my gesterf
Advertisement
Die hele Evangelie kan opgesom word in vyf woorde: Jesus het vir my gesterf. Hierdie woorde is tot in alle ewigheid die grootste waarheid. Dit is tragies dat soveel Christene egter nie meer die volheid van die stelling besef of waardeer nie. Te veel mense het so familiêr met God se waarheid geraak dat die krag en die uitwerking daarvan in hulle lewens verlore gaan.
Nie meer in voeling met die Evangelie nie
Ek is van mening dat baie Christene deesdae die Evangelie so dikwels hoor en niks daarmee doen nie dat hulle verhard geword het; immuun teen Christenskap. Hulle is nie meer in voeling met die Evangelie nie. Die duiwel se beste truuk is om jou met ’n klein dosis Christenskap in te ent om jou van die ware Jakob af weg te hou. Hy ent jou in en laat jou dink dat jy goed op pad is en Hemel toe sal gaan, terwyl jy eintlik glad nie met ware Christenskap besig is nie. Kom ons kyk na Matteus 27.
“… en omtrent die negende uur het Jesus met ’n groot stem geroep en gesê: ‘Eli, Eli, lama sabagtáni?’ Dit is: ‘My God, my God, waarom het U My verlaat?’ En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: ‘Hy roep Elía.’ Toe hardloop daar dadelik een van hulle en neem ’n spons en maak dit vol asyn, en sit dit op ’n riet en laat Hom drink. Maar die ander sê: ‘Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom te verlos.’ Daarop het Jesus weer met ’n groot stem geroep en die gees gegee.” – Matteus 27:46-50
Wat het Hy gesê toe Hy Sy gees oorgegee het? “Vader, in u hande gee Ek my gees oor!” en Sy gees het Sy liggaam verlaat.
“En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword …” – Matteus 27:51-54
Die geharde hoofman oor honderd het toe in vrees uitgeroep: “Waarlik, Hy was die Seun van God.” ’n Romeinse hoofman wat erken het dat Jesus die Seun van God is, was die eerste heiden wat gered is. Kom ons kyk nou na Johannes 19:28
“Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was – sodat die Skrif vervul sou word – het Jesus gesê: ‘Ek het dors!’ En daar het ’n kan vol asyn gestaan; en hulle het ’n spons met asyn gevul en op ’n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring. En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: ‘Dit is volbring!’ En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.” – Johannes 19:28-30
*Die Griekse woord tetelestai beteken “dit is volbring”.
Agt stellings aan die Kruis
Hierdie beeldhouwerke is deel van ’n versameling Christelike kunswerke wat die leringe en wonderwerke van Jesus Christus uitbeeld. Hulle is deur die beeldhouer, Angela Johnson, vir die Thanksgiving Point Gardens-uitstalling, “The Light of the World” geskep. Besoek lightoftheworldgarden.com
Jesus
het vir my gesterf
woorde was toe hulle besig was om Sy hande en voete vas te spyker. As hulle geweet het dat hulle besig was om die Seun van God te kruisig, sou die mensdom se verlossing nie moontlik gewees het nie, maar hulle het nie geweet wat hulle doen nie. Daarom het Jesus uitgeroep en gesê: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie” – die eerste stelling aan die Kruis.
Jesus is om nege-uur die oggend aan die Kruis vasgespyker en om twaalfuur die middag is die hele wêreld drie ure lank in duisternis gehul. Jesus het drie stellings gemaak terwyl dit lig was, een stelling terwyl daar duisternis geheers het en nog ’n stelling toe dit weer lig geword het.
Voor die duisternis toegesak het, het Jesus gesê:
“Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Hy het vir die dief gesê: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” Hy het vir Sy moeder gesê: “Vrou, dáár is u seun!” en vir Johannes het Hy gesê: “Dáár is jou moeder!” Toe dit weer lig word, het Jesus gesê:
“Ek het dors!” “Dit is volbring.” Die laaste ding wat Hy gesê het, was: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor!”
Maak hierdie stellings op jou eie lewe van toepassing
Omdat Jesus gesê het dat Hy vergewe, kan Hy vir jou ook sê: “Ek sal jou in die paradys sien.” Hy laat ons nie alleen agter nie. Hy sê: “Ek is by jou”. En omdat Hy uitgeroep het: “My God, waarom het U My verlaat?” hoef jy nie deur God verlaat te word nie. Hy het gesê: “Ek het dors,” sodat dié wat honger en dors na geregtigheid, bevredig sal word. Hy het gesê: “Dit is volbring,” omdat Hy die werk voltooi het. Hy het gesê: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor!” sodat wanneer jy sterf, jy ook jou gees in God se hande kan oorgee en Hemel toe kan gaan om by Hom te wees.
Alles aan die Kruis was ter wille van ons
Toe dit donker word, het Jesus uitgeroep:
“My God, my God, waarom het U My verlaat?” Alles wat Jesus aan die Kruis gedoen het, het Hy vir jou gedoen. Hy het vir jou gesterf. Dit is volbring. Hy het “Tetelestai!” uitgeroep – hierdie woord is vol betekenis. Die Bybel sê dat Hy wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak is. Volgens die Skrif het Jesus ons almal se ongeregtigheid op Hom gelê toe Hy aan die Kruis gehang het. Jesus het aan die Kruis die volheid Alles wat Jesus aan die Kruis gedoen het, het van ons almal se sonde op Homself geneem. Terwyl Hy met al hierdie sonde op Hom Hy vir jou gedoen. Hy daar gehang het, het die hele het vir jou gesterf. wêreld verduister en wat daar plaasgevind het, was tussen die Vader en die Seun, toe Jesus die sonde van die heiliges op Hom geneem het. Hy het vir ons sonde geword. God die Vader het Sy Seun getref met die dood en Jesus het in ons plek gesterf. Hy het die toorn van God vir jou en my gedra; Hy het die vereiste, vir reg om te geskied, volbring en die prys van ons sonde betaal sodat ’n regverdige God sonde kan vergewe.
Die Skrif sê dat terwyl Jesus aan die Kruis gehang het, die Here ons almal se ongeregtigheid op Hom gelê het. Jesus het aan die Kruis die volheid van ons almal se sonde op Homself geneem.
(ter vervulling van profesie). Dink aan die ryk man en Abraham. Toe die ryk man na Abraham uitgeroep het om sy dors te les, het Abraham geantwoord dat hy nie na hom toe kon gaan nie omdat daar ’n groot kloof tussen hulle was (Luk 16:26). Aan die Kruis het die sterwende Jesus in ons plek God se toorn in die gesig gestaar en uitgeroep Hy is dors. Die soldate het vir hom asyn gebring. Die laaste ding wat Jesus gedrink het, was asyn – wat die bitter gal van die lewe verteenwoordig. Hy neem al die bitterheid van die lewe wat ons ooit sal ervaar, op Hom.
Jesus het alles volbring
Christus is ons Verlosser en het ons sonde gedra. Toe Hy sterf, het Hy gesê dit is volbring, die prys is betaal – tetelestai. Al die sondes en ellende van die mensdom is op Christus geplaas en Hy het as soenoffer daarvoor gesterf – die Skrif is vervul. Al die simboliek van die Ou Testament is vervul. Al die verwagtinge van die profete het tot vervulling gekom. Daar is aan elke jota en titteltjie van die Wet voldoen. Die tempel, die Wet en die sabbatte is almal verwesenlik en die voorafskadu van die toekomstige dinge is bewaarheid. Die priesterskap en offers, die groot hoëpriester, die groot soenoffer is nou afgehandel. Die regverdige oordeel van God is bevredig en alles is volbring. Daar is met die angel van die dood afgereken. Die saad van die vrou het die slang se hoof vergruis. Die Pasga-lam, die Lam van God is geslag. Die owerste van hierdie wêreld is oorwin. Jesus het die werk op Golgota voltooi en toe Hy sterf, uitgeroep: “Dit is volbring!”
Jesus het hierdie woorde twee keer gesê
Dié woorde is twee keer in die Bybel gesê. Die eerste keer was toe Jesus dit op die Kruis uitroep en die tweede keer toe Hy dit van God se troon af verklaar. Die eerste keer toe Hy dit uitgeroep het, het die aarde oopgeskeur. Jesus het self vroeër gesê: “ … die klippe [sal] uitroep” (Luk 19:40). Die aarde het geskud en rotse het geskeur, die grafte het
God het ons genooi om Sy kinders te word
oopgegaan, die ontslape heiliges en die ewigheid saam het uit die dood met Hom te geniet. opgestaan en met Christus se opstanding het hulle Hom Hemel toe gevolg. Terwyl Hy opgevaar het, het hulle uitgeroep: “Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!” – Psalm 24:7. En in vers 8 roep die engele terug: “Wie is tog die Erekoning? Die Here, sterk en geweldig, die Here geweldig in die stryd. Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!” Die ganse Hemel het die Koning in die teenwoordigheid van God opgehef en Hy het aan die regterhand van die Vader Sy plek op die troon van alle mag en gesag ingeneem en Sy bloed op die genadetroon geplaas.
Ontvang Christus in jou hart
Die kern van die Evangelie is: “Jesus het vir my gesterf.” God het ons almal se sonde vergewe. Enige man of vrou wat buite Christus sterf, sal in hulle sonde sterwe en die gevolge daarvan vir ewig in die hiernamaals dra. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, het Hy die reg gegee om kinders van God te word, Hom as ons Koning te dien en die ewigheid saam met Hom te geniet.
PAUL DANIEL is die senior pastoor by Gateway CFC in Kaapstad.
Verlossingsgebed
God, ons Hemelse Vader, ek kom na U toe in die Naam van Jesus. Ek erken dat ek ’n sondaar is. Ek is jammer oor my sondes en ek vra U om my te vergewe. Ek glo dat U enigste Seun, Jesus Christus, Sy kosbare Bloed aan die Kruis gestort het. Ek bely nou dat Jesus die Here van my lewe is. Ek glo met my hele hart dat God Jesus uit die dood opgewek het. Ek neem Jesus Christus nou aan as my Here en Verlosser en gee my lewe aan Hom oor. Dankie, Jesus, vir U onbeperkte genade wat my van my sonde verlos het; daarom bid ek, Here Jesus, dat U my lewe so sal verander dat ek U Naam sal verheerlik en U vereer en nie myself nie. Dankie, Here Jesus, dat U vir my gesterf het en my die Ewige Lewe skenk. Amen