preek deur paul daniel
FLAGS
Jesus
het vir my gesterf D
ie hele Evangelie kan opgesom word in vyf woorde: Jesus het vir my gesterf. Hierdie woorde is tot in alle ewigheid die grootste waarheid. Dit is tragies dat soveel Christene egter nie meer die volheid van die stelling besef of waardeer nie. Te veel mense het so familiêr met God se waarheid geraak dat die krag en die uitwerking daarvan in hulle lewens verlore gaan.
Nie meer in voeling met die Evangelie nie Ek is van mening dat baie Christene deesdae die Evangelie so dikwels hoor en niks daarmee doen nie dat hulle verhard geword het; immuun teen Christenskap. Hulle is nie meer in voeling met die Evangelie nie. Die duiwel se beste truuk is om jou met ’n klein dosis Christenskap in te ent om jou van die ware Jakob af weg te hou. Hy ent jou in en laat jou dink dat jy goed op pad is en Hemel toe sal gaan, terwyl jy eintlik glad nie met ware Christenskap besig is nie. Kom ons kyk na Matteus 27.
“… en omtrent die negende uur het Jesus met ’n groot stem geroep en gesê: ‘Eli, Eli, lama sabagtáni?’ Dit is: ‘My God, my God, waarom het U My verlaat?’ En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: ‘Hy roep Elía.’ Toe hardloop daar dadelik een van hulle en neem ’n spons en maak dit vol asyn, en sit dit op ’n riet en laat Hom drink. Maar die
ander sê: ‘Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom te verlos.’ Daarop het Jesus weer met ’n groot stem geroep en die gees gegee.” – Matteus 27:46-50 Wat het Hy gesê toe Hy Sy gees oorgegee het? “Vader, in u hande gee Ek my gees oor!” en Sy gees het Sy liggaam verlaat.
“En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword …” – Matteus 27:51-54 Die geharde hoofman oor honderd het toe in vrees uitgeroep: “Waarlik, Hy was die Seun van God.” ’n Romeinse hoofman wat erken het dat Jesus die Seun van God is, was die eerste heiden wat gered is. Kom ons kyk nou na Johannes 19:28
“Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was – sodat die Skrif vervul sou word – het Jesus gesê: ‘Ek het dors!’ En daar het ’n kan vol asyn gestaan; en hulle het ’n spons met asyn gevul en op ’n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring. En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: ‘Dit is volbring!’ En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.” – Johannes 19:28-30 *Die Griekse woord tetelestai beteken “dit is volbring”. Agt stellings aan die Kruis Jesus het agt keer gepraat terwyl Hy aan die Kruis gehang het. Hy het hierdie stellings vir ons – vir my en jou – gemaak. Jesus se eerste xx JUIG! TYDSKRIF 36 JUIG! TYDSKRIF
»