8 minute read

Leer Kinders Hoe Om Groepsdruk Te Hanteer

FLAGS Leer kinders hoe om groepsdruk te hanteer

—deur Herman de Kock

Advertisement

Groepsdruk intimideer elke kind. Dikwels sê ’n kind: “Maar almal in die skool dink so” of “Almal doen dit!” of “Wat gaan hulle “Almal doen dit!” of “Wat gaan hulle van my dink, hulle judge ’n mens baie van my dink, hulle vinnig” of “Julle verstaan nie hoe dit is vinnig” of “Julle verstaan nie hoe dit is nie!” Laasgenoemde verskaf ’n goeie nie!” Laasgenoemde verskaf ’n goeie aanknopingspunt. Gee as ouer toe aanknopingspunt. Gee as ouer toe dat jy nie die volle prentjie het of dat jy nie die volle prentjie het of werklik kan verstaan nie. Dit gee jou die geleentheid om ’n kragtige voorbeeld van groepsdruk uit 1 Samuel 17 oor Dawid se geskiedenis te gebruik. Die hele leër van Israel skram weg van Goliat. Maar Dawid swem stroomop. Dan is daar die twee voorbeelde waar Dawid deur sy eie manne onder druk geplaas word om die kans te gebruik en vir Saul dood te maak (vergelyk 1 Sam 24 en 26). Al twee kere laat Dawid se manskappe hom dink dat dit God se “wil” is. Dink net ’n bietjie aan die druk wat Dawid ervaar het. Soos sy manskappe vrees Dawid vir hul lewens; in die wildernis blootgestel aan Saul en sy soldate wat daarop uit is om hulle dood te maak. Dit moes vreesaanjaend gewees het toe hulle hoor wat Doëg, Saul se dienaar, aan die priesters van Nob gedoen het (1 Sam 22). Wat moes Dawid se manskappe gedink het toe Dawid in weerwil van hulle raad tog Saul se lewe gespaar het! Ek is seker die druk wat Dawid ervaar het, is ’n goeie vergelyking vir die “druk” wat tieners ervaar, wat soms ook met “goeie” bedoelings en redes gepaardgaan. Wat is egter die verskil? In elke groepsdruksituasie is daar ’n keuse: Gaan jy jou steur aan wat mense dink of wat God dink? Dawid het elke keer op God se mening gefokus. Daarom was hy ’n man na God se hart. 

HERMAN DE KOCK is ’n deeltydse is ’n deeltydse vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom.

Kontak Geloofstroom gerus via e-pos info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae. xx JUIG! TYDSKRIF www.geloofstroom.org

riewe aan die Redaktrise

Amir Tsarfati is innoverend

Jackie de Lange het haar uitstekend van haar taak gekwyt in haar onderhoud met Amir Tsarfati in julle Februarie-uitgawe. Dankie dat julle dit gepubliseer het. Ek het die voorreg gehad om kortliks met hom te gesels en ’n kopie van my boek wat die vervangingsteologie weerlê, Spiritual Anti-Semitism, vir hom te gee toe hy laas in Suid-Afrika was. Omdat so baie kerke wêreldwyd deur die inperkings beperk word, moet die Evangelie op innoverende maniere verkondig word en Amir is op die voorpunt hiervan. God gebruik hom op ’n wonderlike manier. Die feit dat sy teologie altyd suiwer is, veral sy eskatologie, maak my opgewonde oor sy video’s. Niemand verrig die taak, om sondaars tot bekering te roep en om gelowiges voor te berei vir die wegraping, beter as hy nie.

John Haupt

Dank die Here vir al Sy seëninge

Ek het onlangs die volgende berig gesien. ’n 93-jarige man in Italië was in die hospitaal met COVID-19. Hy het herstel en het met sy ontslag die rekening vir die ventilator ontvang. Die ou man het begin huil. Die dokter het vir hom gesê hy moenie oor die rekening huil nie, maar toe die ou man verduidelik hoekom hy huil, was dit al die dokters se beurt om ’n traan weg te pink. “Ek huil nie oor die geld wat ek moet betaal nie,” het hy verduidelik. “Ek huil omdat ek God se lug 93 jaar lank inasem en nog nooit ’n sent daarvoor hoef te betaal het nie. Maar om die ventilator vir net een dag te gebruik, het my €5 000 gekos. Ek het besef hoeveel ek aan God verskuldig is. Ek het Hom nog nooit voorheen daarvoor bedank nie.” Laat dít insink.

Phoebe Millar

Waardering vir Pioniers van ons geloof

Hiermee wil ek net my hoogste waardering betuig vir elkeen wat betrokke was by die navorsing en skryf van Pioniers van ons geloof. Dit is werklik ’n genot om dit te lees. Dat daar deeglike navorsing gedoen is, is vir seker. Veral die afdeling oor die eerste sendelinge na Suid-Afrika was vir my ’n openbaring om te lees.

Piet du Toit (Je reysbaai)

Liefdadigheid

Hoe lank kla ons al oor hierdie halaal-halfmaan op alles wat ons koop, maar tevergeefs. Die Moslems slaan munt uit alles wat ons koop. Dit stel hulle in staat om Gift of the Giv ers te onderhou. Die meeste Christene is van mening dat daar ten minste iets goed met die geld gedoen word. Hoe weet ons of ’n persentasie nie aan ander organisasies geskenk word nie? Dink net aan die gratis advertensie wat hulle gedurig kry. Enige ramp en Gift of the Givers is op die nuus. Ek is seker daar is baie mense wat ook goeie dade doen, want ons hoor so af en toe daarvan, organisasies soos Solidariteit en AfriForum. Die probleem is dat daar nie ’n televisienuusspan is wat by elke geleentheid daar is om die wêreld

te vertel hoe wonderlik hierdie organisasies is nie. Hoe kry ons die kruis of ’n Christelike teken op elke produk? Ons kan nie net aanvaar dat daar niks aan te doen is nie. Daar moet tog mense wees wat saamstem en dink dis tyd dat ons iets hieromtrent doen! Drienie Tiessen

Bereik die ongekerkte jeug

Om die ongekerkte jeug van vandag te bereik, het baie uitdagend geword weens die omstandighede wêreldwyd. Om skole te besoek, is moeiliker en jeugleiers en -werkers moet hulle benadering aanpas om die ongereddes te bereik. Dissipelskap, mentorskap en pastorale versorging is meer as ooit te vore uiters belangrik. Ons moet daarop fokus om ’n verhouding met elkeen individueel te bou, ongeag of hulle gered of ongered is, kerk toe gaan of nie. Natuurlik word die jeug aangetrek deur pret, humor en plekke waar hulle tyd saam met hulle vriende kan deurbring. Ons moet ’n manier kry om dit by ons jeugdienste/-byeenkomste in te sluit. Aktiwiteite moet van so ’n aard wees dat die jeug hulle vriende (ongekerkte jeug) sal wil uitnooi. Dit is belangrik om gedurende die erediens genoeg tyd toe te ken om te fokus op die krag van samesyn en om sterk verhoudinge met elke individu te bou. Ons moet ’n veilige omgewing

ISRAEL-TOERE

Ons bied ook SA Tuinroete- toere

skep waar hulle ’n vertrouensverhouding met hulle leier kan bou. As ons as leiers nie in die jeug belê en verhoudinge met hulle bou nie, sal niks en niemand hulle verantwoordbaar hou en verantwoordelik maak vir hulle besluite en dade nie. Die jeug van vandag moet bemagtig word – geestelik en psigies. Gebroke gesinne, verwerping en teleurstelling het hulle identiteit laat verbrokkel en veroorsaak dat hulle leuens glo oor wie hulle is. Hulle het ’n veilige omgewing nodig en bowenal, konsekwentheid. Ons moet hulle oor die krag van God leer, maar hulle ook toelaat om Sy liefde te ervaar en die openbaring van wie hulle is en aan Wie hulle behoort. Hulle moet bemagtig word om the weet dat hulle geroep is om met gesag en krag te lewe en dat hulle groot dinge vir die Koninkryk van God kan vermag, ongeag hulle ouderdom – aktivering en toepassing. Hierdie omgewing moet ruimte vir hulle skep om oor God te leer, om te groei en insette te ontvang wat hulle ’n sterk grondslag bied sodat hulle geslag ’n nuwe kultuur in die wêreld kan skep. Een ontmoeting met God kan hulle verander, maar dissipelskap en mentorskap sal hulle toegewyd en aan die brand en vir die Here hou. Divan Fourie (jong leraar van Pretoria)

Baie dankie vir jou goeie bydrae. Ons sal graag van nog jeugleiers/-predikante wil hoor.

Die Bybel in ’n neutedop is wonderlik!

Ek geniet julle Nuwe Testament Bybel in ’n Neutedop vreeslik. Die uitleg is so mooi en ’n mens leer so baie oor die Bybel en die karakters van die Bybel. Baie dankie! Fibromyalgia warrior (ware naam nie bekend nie)

As enigiemand belangstel om hulle eie eksemplaar van Die Bybel in ’n Neutedop (Engels of Afrikaans) aan te skaf, hulle is tans landwyd by Checkers-winkels te koop teen slegs R99! Besoek bibleinanutshell.co.za vir meer inligting.

FLAGSKinderwyshede:

ADAM EN EVA

Jannie het by die Sondagskool geleer hoe God alles geskep het, ook die mens. Hy was veral geïnteresseerd toe hy hoor hoe Eva uit een van Adam se ribbes geskape is. Later die week kry sy ma hom waar hy olik op sy bed lê en vra hom wat fout is. “Ek het pyn in my sy. Ek dink ek gaan ’n vrou kry,” was die slim mannetjie se antwoord.

BROEDERLIKE LIEFDE

’n Dominee se vrou het pannekoek vir haar twee seuntjies gebak. Die twee het begin stry oor wie die eerste pannekoek gaan kry. Hulle ma het die kans gebruik vir ’n morele lessie. “As Jesus hier gesit het, sou Hy sekerlik gesê het: ‘Laat My boetie die eerste pannekoek kry. Ek kan wag.’” Die oudste seuntjie het na sy boetie gedraai en baie wys gesê: “Jy kan Jesus wees.”

HOE KOM ’N MENS IN DIE HEMEL?

’n Sondagskoolonderwyseres het die kinders in haar klassie getoets om te sien of hulle verstaan hoe ’n mens in die Hemel kan kom. “As ek my huis en my motor verkoop en al die geld vir die kerk gee, sal dit my in die Hemel kry?” “Nee!” het die kinders geantwoord. “As ek die kerk elke dag skoonmaak, die gras sny en die kerk se tuin netjies hou, sal dit my in die Hemel kry?”Weer eens was die antwoord: “Nee!” Hulle snap dit! Sy was so trots op haar klassie. “Nou hoe kan ek dan in die Hemel kom?” ’n Seuntjie roep uit: “Jy moet dood wees!”

KLEUTERKUNS

’n Kleuterskoolonderwyseres stap deur die klas terwyl die kleuters teken. Sy vra ’n meisietjie wat ywerig besig is, wat sy teken. “Ek teken die Here.” “Maar niemand weet hoe die Here lyk nie.” Sonder om op te kyk, antwoord die meisie: “Nou sal hulle weet.”

LOURIEKE HALLER is die is die redaksionele bestuurder van redaksionele bestuurder van JUIG! Tydskrif. Om van diens JUIG! Tydskrif. Om van diens te wees vir Jesus en Sy liefde te wees vir Jesus en Sy liefde uit te leef, is haar motto.

This article is from: