Gratis JUIG! April 2021 Digitale Uitgawe

Page 8

FLAGS

Leer kinders hoe om groepsdruk te hanteer —deur Herman de Kock

G

roepsdruk intimideer elke kind. Dikwels sê ’n kind: “Maar almal in die skool dink so” of “Almal doen dit!” of “Wat gaan hulle van my dink, hulle judge ’n mens baie vinnig” of “Julle verstaan nie hoe dit is nie!” Laasgenoemde verskaf ’n goeie aanknopingspunt. Gee as ouer toe dat jy nie die volle prentjie het of werklik kan verstaan nie. Dit gee jou die geleentheid om ’n kragtige voorbeeld van groepsdruk uit 1 Samuel 17 oor Dawid se geskiedenis te gebruik. Die hele leër van Israel skram weg van Goliat. Maar Dawid swem stroomop. Dan is daar die twee voorbeelde waar Dawid deur sy eie manne onder druk geplaas word om die kans te gebruik en vir Saul dood te maak (vergelyk 1 Sam 24 en 26). Al twee kere laat Dawid se manskappe hom dink dat dit God se “wil” is. Dink net ’n bietjie aan die druk wat Dawid ervaar het. Soos sy manskappe vrees Dawid vir hul lewens; in die wildernis blootgestel aan Saul en sy soldate wat daarop uit is om hulle dood te maak. Dit moes vreesaanjaend gewees het toe hulle hoor wat Doëg, Saul se dienaar, aan die priesters van Nob gedoen het (1 Sam 22). Wat moes Dawid se manskappe gedink het toe Dawid in weerwil van hulle raad tog Saul se lewe gespaar het! Ek is seker die druk wat Dawid ervaar het, is ’n goeie vergelyking vir die “druk” wat tieners ervaar, wat soms ook met “goeie” bedoelings en redes gepaardgaan. Wat is egter die verskil? In elke groepsdruksituasie is daar ’n keuse: Gaan jy jou steur aan wat mense dink of wat God dink? Dawid het elke keer op God se mening gefokus. Daarom was hy ’n man na God se hart. 

HERMAN DE KOCK is ’n deeltydse vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak Geloofstroom gerus via e-pos info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae. xx JUIG! TYDSKRIF www.geloofstroom.org

riewe aan die Redaktrise Amir Tsarfati is innoverend Jackie de Lange het haar uitstekend van haar taak gekwyt in haar onderhoud met Amir Tsarfati in julle Februarie-uitgawe. Dankie dat julle dit gepubliseer het. Ek het die voorreg gehad om kortliks met hom te gesels en ’n kopie van my boek wat die vervangingsteologie weerlê, Spiritual Anti-Semitism, vir hom te gee toe hy laas in Suid-Afrika was. Omdat so baie kerke wêreldwyd deur die inperkings beperk word, moet die Evangelie op innoverende maniere verkondig word en Amir is op die voorpunt hiervan. God gebruik hom op ’n wonderlike manier. Die feit dat sy teologie altyd suiwer is, veral sy eskatologie, maak my opgewonde oor sy video’s. Niemand verrig die taak, om sondaars tot bekering te roep en om gelowiges voor te berei vir die wegraping, beter as hy nie. John Haupt

Dank die Here vir al Sy seëninge Ek het onlangs die volgende berig gesien. ’n 93-jarige man in Italië was in die hospitaal met COVID-19. Hy het herstel en het met sy ontslag die rekening vir die ventilator ontvang. Die ou man het begin huil. Die dokter het vir hom gesê hy moenie oor die rekening huil nie, maar toe die ou man verduidelik hoekom hy huil, was dit al die dokters se beurt om ’n traan weg te pink. “Ek huil nie oor die geld wat ek moet betaal nie,” het hy verduidelik. “Ek huil omdat ek God se lug 93 jaar lank inasem en nog nooit ’n sent daarvoor hoef te betaal het nie. Maar om die ventilator vir net een dag te gebruik, het my €5 000 gekos. Ek het besef hoeveel ek aan God verskuldig is. Ek het Hom nog nooit voorheen daarvoor bedank nie.” Laat dít insink. Phoebe Millar

Waardering vir Pioniers van ons geloof Hiermee wil ek net my hoogste waardering betuig vir elkeen wat betrokke was by die navorsing en skryf van Pioniers van ons geloof. Dit is werklik ’n genot om dit te lees. Dat daar deeglike navorsing gedoen is, is vir seker. Veral die afdeling oor die eerste sendelinge na Suid-Afrika was vir my ’n openbaring om te lees. Piet du Toit (Jeffreysbaai)

Liefdadigheid Hoe lank kla ons al oor hierdie halaal-halfmaan op alles wat ons koop, maar tevergeefs. Die Moslems slaan munt uit alles wat ons koop. Dit stel hulle in staat om Gift of the Givers te onderhou. Die meeste Christene is van mening dat daar ten minste iets goed met die geld gedoen word. Hoe weet ons of ’n persentasie nie aan ander organisasies geskenk word nie? Dink net aan die gratis advertensie wat hulle gedurig kry. Enige ramp en Gift of the Givers is op die nuus. Ek is seker daar is baie mense wat ook goeie dade doen, want ons hoor so af en toe daarvan, organisasies soos Solidariteit en AfriForum. Die probleem is dat daar nie ’n televisienuusspan is wat by elke geleentheid daar is om die wêreld


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook

Articles inside

Die Krag Van Verkoopspesialiste

4min
pages 80-84

Hoe Kan Ons Vroue-Entrepreneurskap In SA Laat Groei?

1min
page 79

Kredietkaartskuld, Jy Is Nie Alleen Nie

2min
page 78

Waarom ’n Vaderlose Seun Mentor?

3min
pages 70-71

n Vader-En-Seun-Reis Na Bybelse Manwees

3min
pages 68-69

Christenskap In Die Werkplek

5min
pages 76-77

Poue, Voëls Van Anderse Vere

1min
pages 66-67

Peter Vandenberg Vier 40 Jaar In CfaN

2min
pages 64-65

Golwe Van Herlewing Op Die Strand – CfaN

6min
pages 62-63

Ondanks Die Pandemie Vul Christelike Uitsendings Kirgisië – FEBA

5min
pages 60-61

Olga, ’n Ware Verhaal Van ’n Ma Se Geheime Hartseer

18min
pages 28-33

Karakters Van Die Bybel – Barabbas

6min
pages 48-49

Waarom Het Die Dissipels Nie Vir Jesus Herken Nie?

3min
page 46

Jesus Het Vir My Gesterf

9min
pages 38-41

Wat Het Gebeur Op Die Pad Na Emmaus?

3min
page 47

Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange

3min
page 27

Empatie: Lucille May

4min
pages 24-25

Woorde Van Wysheid

3min
page 26

Van Verdeeldheid Tot Eenheid: Suksesverhaal In Senekal

7min
pages 14-17

Leer Kinders Hoe Om Groepsdruk Te Hanteer

8min
pages 8-9

n Boer Se Getuienis Van Vergifnis

3min
pages 18-19

Die Openbarings In Openbaring: Elza Meyer

5min
pages 20-21

Van Armoede Tot Voorsiening, Patela En Mfundo Se Getuienis – W4AL

5min
page 13

Redakteursbrief

5min
pages 4-5
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.