3 minute read
n Boer Se Getuienis Van Vergifnis
VERGIFNIS
Die volgende getuienis is ’n uittreksel uit Stephan Nieuwoudt se boek, ’n Boer uit die Oos-Vrystaat: My reis, ons storie. Hy het kragtig by ’n Mighty Men-konferensie tot bekering gekom op ’n tydstip toe sy plaas, sy huwelik en sy nansies besig was om uitmekaar te val.
Advertisement
JUIG! staan in verwondering oor hoe die Heilige Gees dinge bewerk, want al het Stephan se getuienis en die Senekalartikel op bladsy 12 uit afsonderlike oorde by ons uitgekom, is daar ’n noue en persoonlike verband tussen die twee artikels. Die moord op die jong voorman, Brendin Horner, het op De Rots plaasgevind – die plaas wat Stephan toe onlangs aan sy buurman verkoop het. Vir die Nieuwoudt-gesin en vir baie ander mense het daardie plaas ’n plek van baie seer geword, maar soos die Senekal-artikel bewys, het die voorval op die ou einde tot genesing en herstel in en deur Jesus gelei! “Ek hoop en bid dat ons getuienis en ons boek ’n instrument sal wees in daardie genesings- en herstelproses. Al die eer aan Jesus,” sê Stephan. STEPHAN SE VERHAAL VAN VERGIFNIS
Dit was altyd vir my so lekker om mielies te plant. Ek het die grond elke keer so goed as moontlik bewerk, die mielies met verwagting geplant en dit geniet wanneer hulle groen in die Iande gestaan het. Andri het altyd gesê dit lyk soos Peppermint Crisp.
’n Onverwagse terugslag
Eendag, tydens hulle tweeblaarstadium (twee duim hoog), het ’n ligte vliegtuig my buurman se koring vir hom bespuit. Op en af, al teen die lyndraad langs. Die laaste fase van die koring se groei is presies in dieselfde tyd as wanneer ons mielies begin opkom. Die gif het op ons mielies beland. Nie lank daarna nie kon ek sien dat die mielies aan die bokant van die land gevrek het. Omtrent ’n derde van die land se mielies was daarmee heen. Ek het moordgedagtes gehad vir dit wat my buurman aan my gedoen het. Ek het geweet die gif wat daardie winderige dag gespuit is, het my mielies laat vrek.
Verdere skade
Hulle het organofosfaat gespuit en dit het ook my diere aangetas. Ses-en-vyftig van my ooie het geaborteer, my bul het so agteruitgegaan dat ek hom moes doodskiet en ’n klomp koeie kon nie meer kalf nie. My ma se hoenders het gevrek en ander het heeltemal opgehou eiers lê. Toe ek my buurman bel, was sy verweer dat hy die gifmaatskappy baie geld betaal, ek moet met hulle praat. Die maatskappy het gesê dit is nie hulle gif wat die oorsaak van al my skade was nie.
Onvergifnis vat pos
Ek was toe pas gered en die aggressie en onvergewensgesindheid in my lewe was nog nie uitgesorteer nie. Ek wou my buurman, die gifmaatskappy en die spuitvliegdiens vergeld vir die skade wat hulle my berokken het. Intussen was die Heilige Gees besig om in my te werk om van hierdie onvergewensgesindheid en aggressie ontslae te raak. Ek moes hulle vergewe, maar my hele wese het daarteen geskop. Ek het gevoel my buurman en die hele gifspan moet pa staan vir die skade wat hulle my aangedoen het, maar hulle het nie.
Innerlike stryd
Dit was naderhand tyd om die mielies te sko el. Ek het baie daarvan gehou om self my Iande te bewerk. Elke keer wanneer ek
BO: Stephan saam met sy twee dogters, Marissa (links) en Melandie (regs) REGS: Vreugde in die mielies