7 minute read
Van Verdeeldheid Tot Eenheid: Suksesverhaal In Senekal
Suksesverhaal in Senekal
VAN VERDEELDHEID TOT EENHEID
Advertisement
Verlede jaar is die land geruk deur die gebeure in Senekal ná die moord op die jong boer, Brendin Horner. Haat en rassisme is aangeblaas en almal het asem opgehou en gehoop dat die kruitvat nie ontplof en daar ’n burgeroorlog uitbreek nie.
Frans Cronje saam met pastoor John Mathuhle “Civil war will not start in Senekal,” het pastoor John Mathuhle egter verklaar en toe ’n gebedsbyeenkoms op die dorp gereël. “Almal haat nie, almal leef nie volgens die ons-enhulle-skeidslyn nie. Daar is dié wat weet dat ons stryd nie eerstens teen vlees en bloed is nie, maar teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld,” het hy gesê. Hy het gereël dat die Christene van die dorp – swart en wit, oud en jonk – op die dorpsveld se pawiljoen byeenkom en vir Senekal en die land intree. Die beeld van mense van alle rasse wat saam bid, het ’n vlam van hoop laat op ikker en salf aan oop, seer wonde gesmeer.
Die voorspelde bloedbad is afgeweer en nou, ses maande later, lyk dinge inderdaad geestelik en sies heelwat anders as die ontstellende beelde wat op televisie en voorblaaie vertoon is. In plaas van oorlog is daar vrede gemaak. Die mense van die dorp het hande gevat en die Senekal Matwabeng Community Forum (SMCF) gestig om die dorp te herbou. Daar word gepraat van ’n “servolution – a serving revolution”. Die hele gemeenskap werk saam om skoon te maak en te herstel. Vrywilligers gebruik hulle eie gereedskap en van die boere stel hulle trekkers en vragmotors beskikbaar.
Praktiese nasiebou
South Africa Day, ’n organisasie met baie ervaring in gemeenskapstransformasie, is genader om die stigting van hierdie forum te help fasiliteer. “South Africa Day gaan oor nasiebou en fokus daarop om daardie hoop in tasbare aksie te verander,” sê Barend la Grange, die hoof- operasionele beampte van die organisasie. “Ons doel is om almal te inspireer om aan die opbou van die land deel te neem. Dit is presies wat tans in Senekal Matwabeng gebeur. Dit is so bemoedigend om te sien wat reeds deur die mense van hierdie pragtige Vrystaatse dorpie gedoen is. Die verskillende gemeenskappe, die besigheidsektore, die boere, organisasies, kerke en plaaslike regering – al die rolspelers het hande gevat.”
’n Voorbeeld van die praktiese resultate van die samewerking. Dié resultate van die samewerking. Dié oorgroeide parkie is skoongemaak oorgroeide parkie is skoongemaak en opgeknap vir die dorp se kinders en opgeknap vir die dorp se kinders
’n Model vir dorpe in Suid-Afrika
Die SMCF het ’n memorandum van verstandhouding met die plaaslike regering ge naliseer waarvolgens die SMCF die munisipaliteit 14 dae kennis moet gee van enige beoogde projekte en moet aansoek doen vir hulp of toestemming. Sou die munisipaliteit nie binne die 14 dae reageer nie, kan die gemeenskap met die projek voortgaan. “Senekal Matwabeng kan die model wees vir al die dorpe en stede in SuidAfrika,” sê Barend. (Ander dorpe het die SMCF genader vir hulp, insluitende Kroonstad, Bethelehem, Reitz, Lindley, Marquard, Ficksburg, Rosendal en nou ook Bloemfontein waar die Cheetahs- rugbyspan onlangs gehelp het om die strate op te ruim en gras te sny.)
Prof. Giel Bekker, van die Universiteit van Pretoria, sê die SMCF is ’n inisiatief met drie fases. Die eerste fase behels die skoonmaak en herstel van infrastruktuur – watertoevoer, sanitasie en paaie– in samewerking met die plaaslike munisipaliteit. Die tweede fase is die herlewing van die bestaande besighede en om toerisme te ontgin. Laastens sal nuwe besighede gevestig word om werksgeleenthede te skep vir mense van die stede wat in kleiner landelike dorpies wil kom woon.
’n Rolprentbedryf vir die Vrystaat se platteland
Frans Cronje, die eienaar van Global Creative Studios en bekende rolprentmaker, regisseur en skrywer, is van plan om ’n ktiewe televisiereeks te vervaardig wat in Senekal afspeel. Die verhaal skakel in
Vrywilligers is hard aan die werk om hulle dorp op te knap en weer ’n verwelkomende tuiste vir sy inwoners te maak. Die projek het ook ten doel om beleggers te lok en werkloosheid so te bekamp
met die gebeure rondom die betogings en versoening in Senekal. Dit is juis toe Frans met belanghebbendes in die dorp vergader het dat hy van die SMGF uitgevind en besluit het om nie net die rolprent of reeks daar te ver lm nie, maar self in die dorp betrokke te raak. “Op grond van wat ek hier gesien het, het ek nou semipermanent hierheen getrek. Ek wil ’n rolprentbedryf hier vestig sodat ons wêreldklas reekse en rolprente in Senekal kan vervaardig en die plaaslike mense kan oplei. Die eerste stap is om nansiering vir die projekte te kry en dan begin die opleiding,” sê hy. Ook hy voorspel dat Senekal binnekort ’n model vir baie ander klein dorpies sal wees. “Ek nooi alle korporatiewe maatskappye landwyd om hier te kom belê. Hier is soveel momentum en energie.”
Gebed wat oorgaan tot dade
“Dit is wonderlik dat dit juis in Senekal begin het, waar al die moeilikheid verlede jaar was. Dit het met gebed begin, maar onthou, gebed sonder aksie beteken niks nie.” – Frans Cronje
VOOR
Pastoor John Mathuhle: “Daar is spanne wat die stoptekens op die pad oorverf, slaggate regmaak en die tuine van die dorp skoonmaak. Ek sê altyd ’n dorp sien net so goed daaruit as die mense wat dit bou. Daarom raak ons betrokke, want ons weet die dorp sal homself nie bou nie – dit is mense in die dorp wat dit bou.”
Celia van den Heever (inwoner en vrywillige tuinier): “… Ek is baie lief vir tuinmaak en het net besluit ek wou graag ons dorp help mooimaak.”
Re loe Motai (eienaar van ’n bestuurskool): “Ons het besluit om dit op onsself te neem om ons dorp te verander en dit mooi te laat lyk soos ons graag wil hê dit moet lyk.”
Hlongwane Mnguni (inwoner): “Ons doen dit omdat dit blyk dat die munisipaliteit nie alles, orals kan doen nie. Daarom doen ons, die mense van die gemeenskap, hierdie werk ten goede van die hele gemeenskap. Wimpie Haupt eisch (besigheidseienaar): “Wat Senekal gedoen het, is bitter nodig vir die toekoms. Senekal is deur ’n moeilik tyd verlede jaar en dit was tyd dat ons ons dorp weer optel en hande vat met die Setsoto Munisipaliteit … saam kan ons hierdie ding laat werk.”
Mike Odendaal (inwoner): “Ek is lankal keelvol dat ons in Suid-Afrika altyd net soek na probleme en vinger wys en niks meer self kan doen nie. Nie net in Senekal nie, waar jy ook al is. ’n Mens moet hand in eie boesem steek. Wat wil ons nalaat?”
Pastoor David Mgemezulu: Ons werk saam, wit en swart, en wil ’n voorbeeld vir die res van die land wees. Ons is almal dieselfde en ons is een. Voor die Here is daar nie wit en swart nie. Ons is hier om Senekal skoon te maak.”
John Kotzé (besigheidseienaar): “Vandag was die begin van iets wat ek op my ouderdom nie verwag het ooit kan gebeur in Senekal nie.”
VOOR
SENEKAL/MATWABENG COMMUNITY FORUM
se webtuiste is www.smcf.info Kontak hulle gerus vir meer inligting by change@smcf.info Belangstellendes wat in Frans Cronje se projek wil belê of betrokke raak, kan hom by frans@globalcreative lms.com kontak.
Skandeer hierdie QR-ko de om na video’s van die vordering op Senekal te kyk.