3 minute read
Waarom Het Die Dissipels Nie Vir Jesus Herken Nie?
Jesus Waarom het die dissipels nie vir herken nie?
Die Bybel vertel ons nie spesi ek waarom Jesus se volgelinge Hom nie altyd ná Sy opstanding herken het nie. Daarom is die volgende menings blote bespiegeling. Met dit in gedagte is daar egter ’n paar dinge wat daartoe kon bydra dat die dissipels Jesus nie dadelik herken het toe Hy vir die eerste keer ná Sy opstanding aan hulle verskyn het nie.
Advertisement
Hulle het nie na Hom gesoek nie
Hoewel Jesus voorspel het dat Hy op die derde dag weer gaan opstaan, het die dissipels dit nie heeltemal verstaan nie (Mark 9:32) omdat hulle heel duidelik nie verwag het dat Hy opgewek sou word nie en dus nie op die uitkyk was vir Hom nie. Dit kan verklaar hoekom hulle so verbaas en geskok was om Hom te sien.
Maria Magdalena het Jesus nie herken nie
Een van die gevalle waar Jesus nie herken is nie, was toe Maria Magdalena Sy graf vroeg die oggend besoek het (Joh 20:15). In plaas daarvan om Jesus te herken, het sy gedink Hy is die tuinier. Dit is belangrik om te onthou dat ons nie weet hoe ver Maria van Jesus af was toe sy Hom nie herken het nie. Moontlik was sy doodeenvoudig net te ver van Hom af om Hom te herken totdat Hy met haar gepraat het. Ons moet ook in ag neem dat dit baie vroeg in die oggend was. Die lig was nog nie baie helder nie en dit kon dit ook vir haar moeiliker gemaak het om Hom duidelik te sien. As ons dit koppel aan die feit dat sy nie verwag het om Hom lewend te sien nie, is dit maklik om te verstaan waarom sy Hom nie op ’n afstand dadelik herken het totdat Hy met haar gepraat het nie.
Die dissipels het Hom nie herken nie
’n Tweede geval waar Jesus nie dadelik herken is nie, was toe die dissipels Hom nie herken het toe hulle visgevang het nie (Joh 21:4). Dit kan ook verband hou met die afstand wat hulle van Jesus af was.
’n Ontmoeting op pad na Emmaus
’n Derde geval is die twee dissipels wat op pad na Emmaus was en Jesus nie herken het totdat Hy tydens die maaltyd die brood gebreek het nie (Luk 24:13-35). Hoe is dit moontlik dat hierdie twee dissipels saam met Jesus geloop, gepraat en geëet het sonder om Hom te herken?
In hierdie geval blyk dit dat hulle bonatuurlik verhinder is om Jesus te herken. Jesus het miskien ’n ander voorkoms aangeneem om te verhoed dat Hy herken word. Waarom sou Jesus dit gedoen het? Die Bybel verskaf nie die antwoord nie. Miskien het Jesus Sy identiteit “verberg” sodat die twee dissipels die dinge wat Jesus gesê het, werklik sou oordink, eerder as om die lering blindelings te aanvaar, soos hulle waarskynlik sou doen as hulle geweet het dat dit Jesus is wat saam met hulle stap.
Wat ons beslis van seker is
Wat ons beslis van seker is, is dat dit Jesus self was wat aan hulle verskyn het weens al die getuienisse van diegene wat die opgestane Christus gesien het. Daarbenewens was daar die getuienis van die merkwaardige verandering wat in die dissipels se lewens plaasgevind het. Onmiddellik voor en ná die kruisiging het die 11 apostels in vrees weggekruip, maar nadat hulle aansienlike tyd saam met die opgestane Christus deurgebring het, het hulle vreeslose evangeliste geword wat die Evangelie met vrymoedigheid verkondig het, ongeag hoe sterk die teenkanting was. Hulle het almal ook uiteindelik hul lewens ter wille van die Evangelie opgeo er. Slegs die getuienis van die opgestane Jesus Christus kan so ’n ingrypende verandering verklaar.