Gratis JUIG! April 2021 Digitale Uitgawe

Page 46

FLAGS

Jesus

Waarom

het die dissipels nie vir

herken nie?

D

ie Bybel vertel ons nie spesifiek waarom Jesus se volgelinge Hom nie altyd ná Sy opstanding herken het nie. Daarom is die volgende menings blote bespiegeling. Met dit in gedagte is daar egter ’n paar dinge wat daartoe kon bydra dat die dissipels Jesus nie dadelik herken het toe Hy vir die eerste keer ná Sy opstanding aan hulle verskyn het nie.

Hulle het nie na Hom gesoek nie Hoewel Jesus voorspel het dat Hy op die derde dag weer gaan opstaan, het die dissipels dit nie heeltemal verstaan nie (Mark 9:32) omdat hulle heel duidelik nie verwag het dat Hy opgewek sou word nie en dus nie op die uitkyk was vir Hom nie. Dit kan verklaar hoekom hulle so verbaas en geskok was om Hom te sien.

Maria Magdalena het Jesus nie herken nie Een van die gevalle waar Jesus nie herken is nie, was toe Maria

Magdalena Sy graf vroeg die oggend besoek het (Joh 20:15). In plaas daarvan om Jesus te herken, het sy gedink Hy is die tuinier. Dit is belangrik om te onthou dat ons nie weet hoe ver Maria van Jesus af was toe sy Hom nie herken het nie. Moontlik was sy doodeenvoudig net te ver van Hom af om Hom te herken totdat Hy met haar gepraat het. Ons moet ook in ag neem dat dit baie vroeg in die oggend was. Die lig was nog nie baie helder nie en dit kon dit ook vir haar moeiliker gemaak het om Hom duidelik te sien. As ons dit koppel aan die feit dat sy nie verwag het om Hom lewend te sien nie, is dit maklik om te verstaan waarom sy Hom nie op ’n afstand dadelik herken het totdat Hy met haar gepraat het nie.

Die dissipels het Hom nie herken nie ’n Tweede geval waar Jesus nie dadelik herken is nie, was toe die dissipels Hom nie herken het toe hulle visgevang het nie (Joh 21:4). Dit kan ook verband hou met die afstand wat hulle van Jesus af was.

’n Ontmoeting op pad na Emmaus ’n Derde geval is die twee dissipels wat op pad na Emmaus was en Jesus nie herken het totdat Hy tydens die maaltyd die brood gebreek het nie (Luk 24:13-35). Hoe is dit moontlik dat hierdie twee dissipels saam met Jesus geloop, gepraat en geëet het sonder om Hom te herken? In hierdie geval blyk dit dat hulle bonatuurlik verhinder is om Jesus te herken. Jesus het miskien ’n ander voorkoms aangeneem om te verhoed dat Hy herken word. Waarom sou Jesus dit gedoen het? Die Bybel verskaf nie die antwoord nie. Miskien het Jesus Sy identiteit “verberg” sodat die twee dissipels die dinge wat Jesus gesê het, werklik sou oordink, eerder as om die lering blindelings te aanvaar, soos hulle waarskynlik sou doen as hulle geweet het dat dit Jesus is wat saam met hulle stap.

Wat ons beslis van seker is Wat ons beslis van seker is, is dat dit Jesus self was wat aan hulle verskyn het weens al die getuienisse van diegene wat die opgestane Christus gesien het. Daarbenewens was daar die getuienis van die merkwaardige verandering wat in die dissipels se lewens plaasgevind het. Onmiddellik voor en ná die kruisiging het die 11 apostels in vrees weggekruip, maar nadat hulle aansienlike tyd saam met die opgestane Christus deurgebring het, het hulle vreeslose evangeliste geword wat die Evangelie met vrymoedigheid verkondig het, ongeag hoe sterk die teenkanting was. Hulle het almal ook uiteindelik hul lewens ter wille van die Evangelie opgeoffer. Slegs die getuienis van die opgestane Jesus Christus kan so ’n ingrypende verandering verklaar.  xx JUIG! TYDSKRIF 44 JUG! TYDSKRIF


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook

Articles inside

Die Krag Van Verkoopspesialiste

4min
pages 80-84

Hoe Kan Ons Vroue-Entrepreneurskap In SA Laat Groei?

1min
page 79

Kredietkaartskuld, Jy Is Nie Alleen Nie

2min
page 78

Waarom ’n Vaderlose Seun Mentor?

3min
pages 70-71

n Vader-En-Seun-Reis Na Bybelse Manwees

3min
pages 68-69

Christenskap In Die Werkplek

5min
pages 76-77

Poue, Voëls Van Anderse Vere

1min
pages 66-67

Peter Vandenberg Vier 40 Jaar In CfaN

2min
pages 64-65

Golwe Van Herlewing Op Die Strand – CfaN

6min
pages 62-63

Ondanks Die Pandemie Vul Christelike Uitsendings Kirgisië – FEBA

5min
pages 60-61

Olga, ’n Ware Verhaal Van ’n Ma Se Geheime Hartseer

18min
pages 28-33

Karakters Van Die Bybel – Barabbas

6min
pages 48-49

Waarom Het Die Dissipels Nie Vir Jesus Herken Nie?

3min
page 46

Jesus Het Vir My Gesterf

9min
pages 38-41

Wat Het Gebeur Op Die Pad Na Emmaus?

3min
page 47

Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange

3min
page 27

Empatie: Lucille May

4min
pages 24-25

Woorde Van Wysheid

3min
page 26

Van Verdeeldheid Tot Eenheid: Suksesverhaal In Senekal

7min
pages 14-17

Leer Kinders Hoe Om Groepsdruk Te Hanteer

8min
pages 8-9

n Boer Se Getuienis Van Vergifnis

3min
pages 18-19

Die Openbarings In Openbaring: Elza Meyer

5min
pages 20-21

Van Armoede Tot Voorsiening, Patela En Mfundo Se Getuienis – W4AL

5min
page 13

Redakteursbrief

5min
pages 4-5
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.