5 minute read
Redakteursbrief
JUIG! Tydskrif wil God verheerlik deur te onderrig, in te lig, ’n Bybelse wêreldbeskouing te bevorder en op elke terrein van die lewe aan die heerskappy van Jesus Christus gestalte te gee.
Fokus op die ewigheid
Advertisement
“Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” – 2 Korintiërs 4:18
Een van my beste vriende en mentors is onlangs oorlede. Sedert die dag dat hy oorlede is, het ek aan en af oor ons vriendskap gepeins. Ek het die aand toe ek die hartseer nuus hoor, wakker gelê. Bykans elke ervaring wat ons die afgelope 25 jaar gedeel het, het in my gedagtes gemaal. Ek dink dit was die Here se manier om my te help om dit te verwerk en nie hartseer te wees nie, maar om eerder sy lewe en alles wat hy vir die Koninkryk van God gedoen het, te vier. Hy het my geleer om te evangeliseer en Christus deel te maak van alles in my lewe. Hy het my geleer om op die ewigheid te fokus. Ons uiteindelike doel moet wees om ons beloning van die Here te ontvang en Sy bevestigende woorde aan ons te hoor. Ons moet ernstig besin oor wat ons elke dag doen en onsself altyd afvra: “Het dít ewigheidswaarde?” As dit nie die geval is nie, moet ons vra of ons hoegenaamd tyd, nansies of moeite daaraan moet bestee.
Vertrou altyd op die Here se leiding
Dit het my herinner aan ’n voorval toe ek eendag te doen gekry het met ’n aankoper van ’n groot supermarkkettingwinkel wat JUIG! Tydskrif nie meer op sy rakke wou hê nie! Hy het verskeie redes gegee: dat hy meer lekkers op die rakke wil plaas omdat dit vinniger verkoop, tot om die ruimte op die rakke aan ’n gewilde sekulêre tydskrif toe te ken wat meer ruimte benodig het. Hy het erken dat hy ’n ateïs is en voel dat die res van die wêreld ook met hom saamstem en dat ’n mens nie “godsdiens” in ’n supermark moet verkoop nie. Natuurlik was ek baie moedeloos ná daardie vergadering, want ons tydskrifte sou nie kon bestaan as ons nie afsetpunte vind om ons publikasie te verkoop nie. Daardie aand het ek gebid en gevoel dat die Here my lei om vir die aankoper te sê dat daar uit al die duisende produkte wat hulle in hul winkels verkoop, slegs een is wat ewigheidswaarde het. Net een wat op die oordeelsdag iets van waarde sou wees. En nou is dit die einste publikasie wat hy wil verwyder. Hoe sou hy eendag voor die Here daarvoor verantwoording kon doen? Dit was ’n kragtige openbaring en ek was senuweeagtig om hierdie waarheid in my e-pos aan die aankoper oor te dra. Ek het dit egter gedoen omdat ek gevoel het dat ek niks het om te verloor nie en ook seker was dat die Here wou hê ek moet dit vir hom sê. Ek dank die Here dat die aankoper geluister het; ons tydskrif is vandag nog op hulle rakke sodat ons getroue lesers dit steeds kan geniet.
Mag dit jou aanmoedig!
Ek het een ding hieruit geleer: Die Here gee nie so ’n kragtige openbaring (oor ewigheidswaarde) aan iemand wat ’n openbare platform het, sonder dat daardie boodskap ook verder uitgedra moet word nie. Ek vertrou dat hierdie openbaring ook ’n invloed sal hê op alles wat jy elke dag doen.
Waardes
Seënwense
Eienaar en hoofredaktrise
• Streef na uitnemendheid en integriteit in alles • Verskaf altyd interessante, akkurate en eerlike artikels • Respekteer alle Christen-denominasies • Streef daarna om die Liggaam van Christus te verenig • Evalueer alles in die lig van die Skrif • Moedig lesers aan om die Bybel-mandaat van sout en lig wees in die xx JUIG! TYDSKRIFgemeenskap te vervul • Moedig lesersdeelname aan • Motiveer lesers tot aksie • Fokus op oplossings • Aanvaar persoonlike verantwoordelikheid
UITGEWER & REDAKTRISE Erin Georgiou DIREKTEUR Gawie de Lange REDAKSIONELE BESTUURDER Lourieke Haller ONTWERPER André Cooper INTEKENAARS subs@joymag.co.za ADVERTENSIES info@joymag.co.za *Ons behou die reg voor om advertensies wat teenstrydig is met ons besigheidswaardes te verwerp. DRUKKERS CTP VERSPREIDING ON THE DOT
Paul Daniel Suksesverhaal In Senekal
36
MEDEWERKERS
Jesus Het Vir My Gesterf
12
Olga, ’n Ma Se Geheime Hartseer
16
26
Poue, Voëls Van Anderse Vere
VOORBLADARTIKEL
36 Jesus Het Vir My Gesterf NUUS
70-72 Nuus ARTIKELS
06 Leer Kinders Hoe Om Groepsdruk Te Hanteer 12 Van Verdeeldheid Tot Eenheid: Suksesverhaal In Senekal 24 Woorde Van Wysheid 40 Waarom Is Die Leë Graf So Belangrik? 44 Waarom Het Die Dissipels Nie Vir Jesus Herken Nie? 45 Wat Het Gebeur Op Die Pad Na Emmaus? 62 Peter Vandenberg Vier 40 Jaar In CfaN 64 Poue, Voëls Van Anderse Vere 68 Waarom ’n Vaderlose Seun Mentor? 74 Christenskap In Die Werkplek 76 Kredietkaartskuld, Jy Is Nie Alleen Nie 77 Hoe Kan Ons Vroue-Entrepreneurskap In SA Laat Groei? 78 Die Krag Van Verkoopspesialiste REEKSE
Rainer Bosho Elza Meyer
David Malherbe Stephan Joubert JUIG! Tydskrif onderskryf nie noodwendig die menings van ons medewerkers of adverteerders nie
46 Karakters Van Die Bybel – Barabbas 50 Leer Vir God Ken 66 ’n Vader-En-Seun-Reis Na Bybelse Manwees SENDING EN GETUIENISSE
11 Van Armoede Tot Voorsiening, Patela En Mfundo Se Getuienis – W4AL 16 ’n Boer Se Getuienis Van Vergifnis 26 Olga, ’n Ware Verhaal Van ’n Ma Se Geheime Hartseer … 32 Liefde Vir Die Verstoteling 56 Wanneer Geloof Tragedie Oorkom – Geopende Deure 58 Ondanks Die Pandemie Vul Christelike Uitsendings Kirgisië – FEBA 60 Golwe Van Herlewing Op Die Strand – CfaN RUBRIEKE
18 Die Openbarings In Openbaring: Elza Meyer 22 Empatie: Lucille May 25 Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange 48 Net Christus Alleen, Of Christus Plus: Stephan Joubert 54 Lewe Vanuit Oortuiging In Onseker Tye: Phillip Pretorius GEREELD
02 Redakteursbrief 04 Woef-Wyshede 04 Briewe 08 Soek Die Woord 09 Bybelvasvra 10 Blokraai 20 Vra Jou Vrae: Val Waldeck
Posbus 2990, Somerset-Wes, 7129 Tel 021 852 4061 | Faks 021 852 5781 info@juig.co.za | www.juig.co.za JUIG! JUIG! TYDSKRIF xx Ware Lewe Ware Mense Ware Christenskap