In hierdie Paasuitgawe het ons heerlike opbouende en positiewe artikels. Lees oor die eenheid en nuwe begin in Senekal met die Senekal- en Matwabeng-gemeenskappe wat hande gevat het en self iets aan die stand van sake in hulle dorp begin doen het. Lees ook gerus Stephan Nieuwoudt, wat ’n plaas net buite Senekal gehad het, se kragtige getuienis oor vergifnis.
In aansluiting met die tema van vergifnis sluit ons ook die verhaal van Olga in. Iemand wat in 1952 haar tweeling as ongehude moeder moes laat aanneem. Die roerende getuienis is ’n verhaal van geheime hartseer en skuldgevoelens wat deur die Here se liefde en genade in blydskap en versoening omskep word wanneer Olga en haar twee dogters weer herenig word.
Het jy al gewonder hoekom die dissipels en die Emmausgangers nie vir Jesus herken het ná Sy opstanding nie. Lees gerus ons artikels oor die leë graf vir die antwoorde op hierdie vrae. Ons vier vandeesmaand Paasfees en die wonderlike oorwinning wat Jesus vir ons aan die Kruis behaal het. Lees gerus