Hartklop juniejulie2016

Page 1

uit jou gemaksone in jou hartsone in!

Junie/Julie 2016  Uitgawe 109


Redaksie

Is dit regtig moontlik om almal saam in harmonie voor Een God te lewe?

Wat ‘n vraag om te vra in ‘n somtyds koue wêreld, en dan nog in die winter ook! As ek vir een oomblik my eie persoonlike opinie mag lig, sal my antwoord as volg lyk:

Ja, dit is verseker moontlik - indien die Een Gees in ons almal leef, sal ons in volle harmonie met mekaar kan leef. Ek wil een stappie verder gaan en verklaar dat elkeen wat die Een Gees in hom of haar huisves, ‘n gelukkige en vergenoegde lidmaat van sy Een Kerk sal wees wat met sy onvoorwaardelike liefde en omgee in die geloofsfamilie en gemeenskap sal dien tot Hy ons kom haal. In hierdie uitgawe sluit ons die 3de fase van die Wedstrydplan na Lewensverandering, nl. “Saam met die Geloofsfamilie,” af. Ek hoop werklik dat jy in hierdie eerste 5 maande van 2016 jou unieke plekkie in die kerksondermure-familie ontdek het. Ons vertel weer van ‘n klomp mense wat reeds hulle identiteit in Jesus gevind het en wat vir Hom en sy mense lewe. As jy nog hulp nodig het om jouself in hierdie familie te vind, nooi ek jou uit om ons te skakel by 012 663 2003. Ons sal jou graag ontmoet en jou wil help om iewers in die familie in te skakel. Sien uit om jou te ontmoet! Lekker lees tot Augustusmaand wanneer die jaar spoed begin kry met die einde van 2016 in sig…

Groete Francois

Inhoud

Fokus

Dagboek

01

Fokus: SaamLeef voor 1 God

02

Wedstrydplan na Lewensverandering

08

Run & Walk 4 Bibles

03

Word deel van 'n 'Gee Reg' voedselkoeponstelsel

09

Bediening van die Doop

19

'n Geloofsfamilie wat GEE

09

Bybelskool

Algemeen

10

Shares: Single&Parenting/DivorceCare/GriefShare

04

Gemeentefees 2016

11

SingleSonderMure

24

WEN WEN WEN

12

Kalender: Junie 2016

13

Kalender: Julie 2016

14

Kalender: Aug 2016

14

Next Steps

*

Agterblad (binne): Preekrooster - Junie 2016

Kinders & Tieners 06

Lewende Stene Launch

15

Gebedsopleiding

07

Belydenisaflegging

15

Huweliksvoorbereiding

22

Kinders vat vyf

16

4x4 Dag by Leeuwenkloof

23

EE3 - Master Blender 2016

17

Talente en Geestelike Gawes Vakansieprogram

Redakteur: Francois Schoombee  012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom  012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter   Taalversorging en proeflees: Hennie Jooste en Belinda Nel Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg.


Fokus

SaamLeef voor 1 God Ons kyk in hierdie uitgawe van ons tydskrif terug op die afgelope 6 maande onder die tema: SaamLeef voor EEN God.

Fanie Venter

As deel van ons Wedstrydplan na Lewensverandering het ons die afgelope maande gefokus op die geloofsvorming wat God laat gebeur wanneer ek in verhouding met my Geloofsfamilie leef. Op 31 Januarie het ons afgeskop met ʼn 7 weke lange Feesreeks oor die geloofsfamilie. Die feeste waardeur ons gereis het, was: Geloofsfees, Aanvaarfees, Dienfees, Boufees, Aanspoorfees en Visiefees. Ons het wonderlike stories gehoor en vertel van verhoudings wat gevorm, beleef en verdiep is na afloop van hierdie reeks. Die volgende hoogtepunt was Paasnaweek waar die geloofsfamilie deur die Nagmaal hulle eenheid met Christus en mekaar gevier het. Persoonlik sal ek nooit die hoendervleis oomblikke vergeet nie, toe die woorde ‘Jesus het opgestaan’ begroet is met ʼn gejuig en dawerende applous. Op 8 April is ons volgende reeks ‘God is not dead’ afgeskop met die aangrypende fliek met dieselfde naam. Tydens hierdie reeks is ons versterk in ons geloofsoortuigings, is ons getroos en geweldig uitgedaag ten opsigte van ons roeping teenoor mense wat nie ons lewensveranderende geloof deel nie. Ons is regtig bevoorreg vir kerksondermure se verhouding met die begaafde besoekende predikers wat hulle spesialis belangstellings met soveel oortuiging met ons gedeel het. Ons is opnuut oortuig dat ʼn mens nie jou verstand hoef af te skakel om te glo in ʼn lewende God wat liefdevol in ons lewens betrokke is nie. Toe breek Meimaand aan; kerksondermure neem deel aan ʼn inisiatief met die naam “Een God, een kerk en een stad”. Op al die Sondae van Mei het ʼn groot aantal verskillende gemeentes en denominasies sigbaar uitdrukking gegee aan ons eenheid in Christus deur die hele maand lank dieselfde temas te preek. Sover ons weet is dit die eerste keer ooit dat soveel kerke in ons stad aan só ʼn inisiatief deelneem. As gemeente is ons regtig bevoorreg om deel te kon wees van hierdie grensverskuiwende inisiatief. Ons beplan ook om die momentum wat deur hierdie inisiatief geskep is, verder te benut in ons pogings om die eenheid waarvoor Jesus gesterf het, te bewaar. Ons harte is vol dankbaarheid wanneer ons terugkyk op ʼn geloofsvormende en lewensveranderende tydperk. God is so goed! Hy seën sy geloofsfamilie met verhoudings, gawes en kreatiwiteit, sodat ons oë al hoe oper word vir Hom as die EEN lewende, liefdevolle en volmaakte Vader van sy familie.  k www.kerksondermure.org         Hartklop l  Junie/Julie 2016

01


WEDSTRYDPLAN NA LEWENSVERANDERING Carl du Preez

Na een en ʼn halwe jaar se saamreis met ons Wedstrydplan na Lewensverandering maak ons gereed vir die 4de gedeelte: AS DEEL VAN DIE GEMEENSKAP. Ons het reeds intensief deur 3 kontekste gereis; PERSOONLIKE VERHOUDING MET GOD (eerste 6 maande van verlede jaar), IN MY HUIS (laaste 6 maande van verlede jaar), SAAM MET DIE GELOOFSFAMILIE (eerste 6 maande van hierdie jaar) en dan vir die laaste 6 maande van hierdie jaar AS DEEL VAN DIE GEMEENSKAP. Dit is wonderlik om te hoor hoe ons swart boekies oral in huise en selfs op ander plekke in die land gebruik word. Maak julself gereed vir die volgende boekie se reeks wat 14 Augustus gaan begin genaamd die LEEF JESUS – REEKS, wat handel oor verhale uit Handelinge! Hou jou e-posse en die bemarkingsmateriaal dop.  k 02        Hartklop l  Junie/Julie 2016     www.kerksondermure.org


‘Gee Reg’

Persoonlike Sorg

Word deel van 'n    voedselkoeponstelsel... MEAL VOUCHER

Nou kan jy bedelaars/ haweloses op Centurion se strate help...

MEAL VOUCHER

Carl du Preez

n i ig

l a FEEDING PROGRAM

This meal voucher entitles the holder to one free meal at any one of the drop-off points as indicated on the back of tis voucher.

Hierdie maaltyd geskenkbewys maak die houer geregtig op ‘n gratis ete by een van die afset-punte, soos aangedui op die rugkant van hierdie strokie.

r O

Lokhu voucher sidlo ilungelo umnikazi ukuba nesidlo free kwelinye amaphuzu. yokuthengisa, njengoba kuboniswe ngemuva yalesi ukushelela. Lijo tsena voucher entitles ea tsoereng e mong ho e mahala lijo leha e le efe e mong oa. lerotholi-theoha lintlha tse joalokaha ho bontsitsoe ka morao ena voucher. ONLY ORIGINAL VOUCHERS WILL BE ACCEPTED. www.facebook.com/Moeggesukkel

www.moeggesukkel.co.za

FEEDING PROGRAM

www.facebook.com/Moeggesukkel

Soos van julle reeds weet vat ons hande met verskeie gemeentes, Moeggesukkel en Helpende Hand om die gemeenskap bewus te maak om “Reg te gee”.

MEAL VOUCHER

l 4VOUCHER a n i g i r O INSTRUCTIONS

www.moeggesukkel.co.za

3. Bewus te raak van maniere om reg te gee sodat hierdie   mense werklik gehelp kan word.

Wat nou gemaak? Deur anderkant toe te kyk, oogkontak te vermy, kleingeld so vinnig as moontlik te oorhandig of kortaf te sê: “Nee ek kan nie help nie!” kan tog nie die antwoord wees nie?

Hoe werk die voedselkoeponstelsel hier in Centurion: •  Die koepon voedingsprogram is in vier tale; •  Handig hierdie koepon aan enige persoon in Centurion en    hulle kan 'n gratis ete ontvang, enige dag van Maandag tot    Vrydag, by die verskeie afsetpunte; •  Indien die koepon nie deur die ontvanger opgeëis word nie,    sal daar nogsteeds 'n gratis ete aan 'n hawelose persoon ge    gee word, wat beteken dat enige surplus wel 'n honger per   soon sal bereik. Elke koepon = gratis ete; •  As deel van die koste van elke koepon, word R2,50 daarvan    vir die akkommodasie van hawelose mense geallokeer; •  Wanneer die ontvanger die gratis ete afhaal, word sy/haar in   ligting op 'n databasis geplaas sodat ons die persoon se hui   dige omstandighede en verdere uitdagings kan bepaal; en •  Ons handig ook klere en komberse uit indien daar 'n behoef   te daarvoor is.

Ons as kerksondermure het besluit om ons gemeentelede aan te moedig om:

Jy kan ʼn voedselkoeponpakkie van 10 koepons by die kerkkantoor aankoop.

Ons het ʼn Christelike opdrag om na ons medemens om te sien en mense te help wat swaarkry – sonder om te vra hoekom hulle in só ʼn situasie is. Jesus was net lief vir mense, het tyd gemaak vir hulle en hulle gehelp. Juis híerdie opdrag wat die Bybel ons gee, word nou uitgebuit deur slinkse en manipulerende patrone wat goeie intensies misbruik om swak, en selfs gevaarlike praktyke, in stand hou. Verskeie navorsing wys daarop dat meeste bedelaars/haweloses langs die paaie aan dwelms verslaaf is. Slegs ʼn klein gedeelte van hulle bedelgeld gaan vir kos en verblyf en amper alles vir die aankoop van dwelms.

1.  Nooit geld te gee aan bedelaars/haweloses langs die pad nie. 2.  Voedselkoeponpakkies aan te koop en in jou motor te hou.

Word deel van die gemeenskap wat bedelaars/haweloses langs die pad wil help deur iets in die hand te gee... Prys die Here!  k

www.kerksondermure.org         Hartklop l  Junie/Julie 2016

03


Tiesie de Coning Vir die afgelope vier jaar word nie net die aanloop tot die Midstream kerksondermure gemeentefees gevier nie, maar ook die dag van die feestelikheid, deurspek met God se voorsiening, getroue sorg en heerlike genade. Die feeskomitee kan werklik met vreugde getuig van God se teenwoordigheid in en deur sy kinders. Om een oomblik nog vir die gemeente vir skenkings te vra en die volgende moment reeds te beleef hoe die Here in ons behoeftes voorsien - dubbel betaal en bygedra – kan mos net aan ons goeie Vader toegeskryf word. Met een van ons vergaderings word ʼn aantekening gemaak dat daar nog 3 sakkies aartappels en blatjang benodig word – net om oomblikke later, na afloop van die vergadering, te ontdek dat iemand dit ten tye van die vergadering, toe die behoefte uitgespreek is, reeds in die lokaal langsaan afgelewer het. Ons het hierdie jaar weereens beleef hoe God voorsien, selfs voordat ons nog vra, en wil graag erkenning gee aan elkeen wat gehoorsaam was aan die Bybelse opdrag om met blydskap ruimhartig te gee. Daar is soveel van hierdie stories wat ons sal aanhou vertel, omdat dit kleur aan ons gemeentefees gee waar ons uitsluitlike doel en grootste behoefte is dat God deur mense se saamwees verheerlik sal word.

wende indruk in die lewens van ander gemaak het, sodat die liefde van Jesus ook in hulle lewens die deurslag sal gee. Wat die fees net nog meer spesiaal gemaak het, was dat ons ook waarlik kerksondermure vanuit Midstream kon wees en met ons broers en susters van NG Olifantsfontein gemeente kon handevat – ʼn bobaas-pannekoekspan! Ons stukkie “gee” was ook onder meer om vir PEN, Raad vir Bejaardes en Olievenhoutbosch Christian School die geleentheid te bied om fondsinsameling vir hul onderskeie projekte te doen, sodat God se koninkryk ook hierdeur uitgebou kan word. Die gemeentefees kom juis hierdeur tot sy reg én elkeen wat in die proses uitreik, word ook daardeur skatryk. Ons beker loop oor en ons wil graag ons dank betuig aan ieder en elk wat op een of ander wyse ʼn bydrae gelewer het. ʼn Spesiale woord van dank aan ons Midstream personeel wat nie skroom om moue op te rol en veters vas te maak nie: Dirk, Vera, Hezel, Abel, Harry en Bettie. Ons koester ons Vader se onuitspreeklike sorg en liefde en ervaar steeds die vervulling wat die reël van so ʼn dag meebring. Mag dit vir altyd ʼn fees in die harte van die geloofsfamilie wees – ʼn dienende geloofsfamilie wat met passie en blydskap die koninkryk van God oral uitleef!  k

Dit was dan ook net louter vreugde om hierdie jaar te kon beleef hoe ʼn groot aantal besoekers, wat (nog) nie deel van die kerksondermure-familie is nie, deur die fees byeen getrek word. Ons innige gebed is dat die hartlikheid in gelowiges se harte ʼn bly-

04        Hartklop  l  Junie/Julie 2016     www.kerksondermure.org


www.kerksondermure.org         Hartklop  l  Junie/Julie 2016              05


Tieners

Teodor v.d. Spuy If you don’t know where you are going, any road will do. Dit mag partykeer die groot probleem wees met baie van die dinge wat ons in die kerk aanpak. Ons is opgewonde om af te skop met ʼn nuwe projek, maar ons is nie altyd seker waarheen ons op pad is nie. Dáárom moes ons seker gaan maak het oor wat die Here se droom is met tieners in kerksondermure. Hier is wat ons weet oor kerksondermure se tienerbediening: 1. Ons het ʼn tiener vir net 4 kosbare jare, waarvan ons die tyd   optimaal moet benut. 2. Ons kompeteer met baie ander instansies vir baie kosbare tyd. 3. Ons het geen begeerte om tieners net "besig te hou" nie. 4. Ons glo dat hierdie 4 vormingsjare ʼn geleentheid skep om   lewenslange verandering mee te bring. Met dit in ons agterkoppe het die kreatiewe span by die tieners opgekom met die konsep van “Lewende Stene”. As ons sê dat ons ʼn kerk sonder mure is, verstaan ons dat ons kerk in die wêreld moet wees. Dit vra van ons om lewende stene te wees. Stene wat God se koninkryk bring in ons skole, huisgesinne, ons gemeenskappe, asook in ons vriendekringe. Tieners in kerksondermure word nie voorberei om ééndag reg te wees om ʼn verskil te maak nie, maar ons werk eerder met die veronderstelling dat God hulle reeds nóú wil oprig tot agente van verandering. Jesaja 58:12 het ons gehelp om ons roeping vas te maak in hierdie

verband: “Jou kinders sal die puinhope van jou stede herbou. Dan sal hulle jou noem: die een wat stukkende mure en stede opbou.” Tieners in kerksondermure is dus genooi om deel te word van ons bouspan terwyl ons fokus op die drie oorhoofse temas van REPAIR, RESTORE en RAISE. REPAIR: Ons wil ʼn bediening wees wat met deernis werk met gebroke tieners. RESTORE: Ons wil tieners oplei om sistematies dit wat nie reg is nie in die samelewing, te verander. Soos in die hemel, so ook op die aarde. RAISE: Ons glo opgerigte en uitgestuurde tieners sal hulself dupliseer en ander oprig. Ons pleidooi na die gemeente is om ons verantwoordelik te hou vir dit wat ons glo waarvoor ons geroep is hier in Centurion. Ons is opgewonde en optimisties. Ons skole in die omgewing, ons ouers en ons tieners is bereidwillig en gereed vir ʼn nuwe seisoen. Daarom nooi ons weereens met ʼn groot verwagting alle tieners uit na Lewende Stene in Midstream en Hippolaan. Jy is ʼn lewende steen, geroep om dit wat stukkend is heel te maak; jy is gestuur om God se koninkryk ʼn werklikheid te maak en jy is opgerig om ander op te rig.  k

06        Hartklop l  Junie/Julie 2016     www.kerksondermure.org


Tieners Teodor v.d. Spuy

Belydenisaflegging

In die fliek “The Lion King” het ons geleer van die Circle of Life. ʼn Ekosisteem waar die sirkel uiteindelik voltooi word, net om weer plaas te vind en sodoende die behoud van die natuur te verseker. Die behoud van die kerk soos wat ons dit vandag ken is ook afhanklik van sulke prosesse en wanneer ons tieners dan belydenis aflê, dan weet ons dat die kerk heel moontlik vir nóg ʼn generasie gaan oorleef. Oor die laaste 2 maande het kerksondermure die voorreg gehad om meer as 120 nuwe belydende lidmate in die gemeente te verwelkom. Belydenisjaar is ʼn intensiewe en verreikende jaar. Dis die kerk se laaste geleentheid om ons belangrikste geloofsoortuigings vas te lê by die tieners. Daarom is daar ʼn groot klem op klasbywoning en deelname, aangesien die leierskap ʼn groot verantwoordelikheid het om die tieners regtig doeltreffend gereed te maak om lidmate van die kerk te word. Ure se voorbereiding vir al die belydenisklas se moeilike vrae word ingesit en ons is opreg dankbaar daarvoor. Ons is altyd ook baie dankbaar vir elke ouer wat hulle doopbeloftes ernstig opgeneem het en hulle kinders gereeld en getrou by die kerk se strukture laat inskakel het. Ons besef dat hierdie tieners by belydenisaflegging regtig voorberei is deur soveel verskillende mense van die ouderdom van 2 jaar af. Vir elkeen van daardie rolspelers wil ons

opreg dankie sê. Julle harde werk het uiteindelik vrugte afgewerp en gaan vir altyd hierdie tieners se lewens help rig en lei. Vir 2016 het ons nog een geleentheid oor by Hippolaan waar tieners belydenis gaan kan aflê. Ons sien baie uit en ons glo dat hulle aktiewe en betrokke lidmate by ons kerk gaan word en uiteindelik ook hul eie kinders doop en grootmaak in die wil van die Here. Só is die voorbestaan van die kerk verseker. Ons moedig ook alle jonger tieners en hulle ouers aan om nóú al voor te berei vir die belydenisjaar. Dis inderdaad ʼn spanpoging en verkorte middagslapies is aan die einde van die dag, om seker te maak die tieners is betyds by die klas en aktief betrokke. Die kampe, uitreike en kontaksessies beloof om lewensveranderend te wees!  k

03

01

Doop Geboorte

05

Graad 1

02

Van nou af...

Bekering Belydenis

04

04

www.kerksondermure.org         Hartklop l  Junie/Julie 2016

07


08        Hartklop l  Junie/Julie 2016     www.kerksondermure.org


Dagboek

www.kerksondermure.org         Hartklop l  Junie/Julie 2016

09


Dagboek

10        Hartklop l  Junie/Julie 2016     www.kerksondermure.org


Dagboek

www.kerksondermure.org         Hartklop l  Junie/Julie 2016

11


12        Hartklop l  Junie/Julie 2016     www.kerksondermure.org 09:00 Bybelstudie HL 19:00 Musiekspan oefening

08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan

09:00 Snr Bybelstudie MS 19:00 Veritas HL

18:00 Diepkant 18:30 Next Steps HL & MS

09:30 Snr Bybelstudie HL 09:00 Maatskaplike Werkers Forum HL 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS

Voetspore Binnelandse Projekte uitstalling Hippolaan 09:00 Bybelstudie HL 19:00 Musiekspan oefening

08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL Voetspore Buitelandse Projekte uitstalling Hippolaan

07:00 Gebed@Hippolaan

09:00 Snr Bybelstudie MS 19:00 Veritas HL

18:30 Next Steps HL & MS

09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS

Jeugdag

Skool vakansiedag 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS

07:00 Gebed@Hippolaan

09:00 Snr Bybelstudie MS 19:00 Veritas HL

18:30 Next Steps HL & MS

Doop registrasie sluit

09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS

09:00 Bybelstudie HL 18:30 Doopreëlings HL 19:00 Musiekspan oefening

Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste

Vakansieprogram HL

Vakansieprogram HL

Vakansieprogram HL 09:00 Voetspore gebed @ projek: Filadelfia Ark 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS

Vakansieprogram HL

Sondag       26 Maandag       27 Dinsdag      28 Woensdag     29 Donderdag     30

Vadersdag Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste

07:00 Gebed@Hippolaan Run & Walk 4 Bibles

Tienereredienste: Hippolaan: 17:00 Belydenisklas, 17:30 Tienerdiens, 18:30 Kleingroepe Midstream: 16:30 Belydenisklas, 17:30 Tienerdiens, 18:30 Kleingroepe

Hippolaan: 08:00 & 10:00 Midstream: 08:00 & 10:00; 16:30 (Gr. 7’s)

Kindereredienste:

Hippolaan: 08:00, 10:00 & 18:30 Midstream: 08:00, 10:00 & 17:30 (tienerdiens)

Sondae eredienstye - tensy anders aangedui:

Skole sluit 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 18:30 SingleSonderMure

Sondag       19 Maandag       20 Dinsdag      21 Woensdag     22 Donderdag     23 Vrydag        24 Saterdag       25

Gr.7 EE III Uitreik Midstream

Sondag       12 Maandag       13 Dinsdag      14 Woensdag     15 Donderdag     16 Vrydag        17 Saterdag      18

08:00 & 10:00 Doop Midstream 12:00 Doop Hippolaan

Sondag       05 Maandag       06 Dinsdag      07 Woensdag     08 Donderdag     09 Vrydag        10 Saterdag       11

Junie 2016 09:00 Seniors@MS 09:30 Oppiekoppie Snr’s HL 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS 19:00 Kuria byeenkoms HL

Woensdag     01 Donderdag     02 Vrydag        03 Saterdag      04


www.kerksondermure.org         Hartklop l  Junie/Julie 2016

13

08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS

07:00 Gebed@Hippolaan

Vakansieprogram MS

Vakansieprogram MS 19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS

Vakansieprogram MS

08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS

07:00 Gebed@Hippolaan

Maandag       11 Dinsdag      12 Woensdag     13 Donderdag     14 Vrydag        15 Saterdag      16

19:00 WIP HL 19:00 Manne Kursus MS

Maandag       04 Dinsdag      05 Woensdag     06 Donderdag     07 Vrydag        08 Saterdag       09

07:00 Gebed@Hippolaan

KB Hartklopfees HL 09:00 Voetspore gebed @ projek: Huis Davidtz

KB Hartklopfees MS

Sondag

Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste

24

Midstream Skole open 18:00 Diepkant 18:30 Gebedsopleiding HL 18:30 Huweliksvoorbereiding HL

09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 WIP HL

18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekspan oefening

09:00 Bybelstudie HL

08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 SingleSonderMure Potjiekos Kompetisie

09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL

18:00 Diepkant 18:30 Gebedsopleiding MS 18:30 Huweliksvoorbereiding HL

Doop registrasie sluit

09:30 Snr Bybelstudie HL 18:00 Gemeenteraad 19:00 WIP HL

09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 18:30 Doopreëlings HL 19:00 Musiekspan oefening

08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL

07:00 Gebed@Hippolaan

/31 Maandag       25 Dinsdag      26 Woensdag     27 Donderdag     28 Vrydag        29 Saterdag      30

Skole open 09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL

Sondag       17 Maandag       18 Dinsdag      19 Woensdag     20 Donderdag     21 Vrydag        22 Saterdag      23

Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste

Sondag      10

08:00 & 10:00 Doop Midstream 12:00 Doop Hippolaan Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste

Sondag      03

Julie 2016 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS

Vrydag        01 Saterdag       02


Dagboek Maandag       01 Dinsdag      02 Woensdag     03 Donderdag     04 Vrydag        05 Saterdag      06 09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL

18:00 Diepkant 18:30 Huweliksvoorbereiding HL

09:00 Seniors@MS 09:30 Oppiekoppie Snr’s HL 19:00 WIP HL

09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekspan oefening

08:00 Beroepsforum HL 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS

07:00 Gebed@Hippolaan

Sondag       07 Maandag       08 Dinsdag      09 Woensdag     10 Donderdag     11 Vrydag        12 Saterdag      13 08:00 & 10:00 Doop Midstream 12:00 Doop Hippolaan Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste

Skool vakansiedag 09:00 Snr Bybelstudie MS

Nasionale vrouedag

09:30 Snr Bybelstudie HL 09:00 Maatskaplike Werkers Forum HL 19:00 WIP HL

09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening

08:00 Beroepsforum HL 08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Manne-ontbyt

Sondag       14 Maandag       15 Dinsdag      16 Woensdag     17 Donderdag     18 Vrydag        19 Saterdag      20 Preekreeks: Tema 1

09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS 19:00 Veritas HL

18:00 Diepkant 18:30 Bemagtigingsgeleentheid HL & MS 18:30 Voetspore Ekspo

09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 Bybelskool HL 19:00 WIP HL

08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening

08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan

Sondag       21 Maandag       22 Dinsdag      23 Woensdag     24 Donderdag     25 Vrydag        26 Saterdag      27 Preekreeks: Tema 2

09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS 19:00 Veritas HL

18:00 Diepkant

09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 Bybelskool HL 19:00 WIP HL

Doop registrasie sluit

Sondag       28 Maandag       29 Dinsdag      30 Woensdag     31 Preekreeks: Tema 3 Nagmaal 17:30 Bybelkuier Midstream Geen Kinderdienste Geen Tienerdienste

09:00 Snr Bybelstudie MS 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS 19:00 Veritas HL

18:00 Diepkant

09:00 Voetspore gebed @ projek: Gestremdes Olieven 09:30 Snr Bybelstudie HL 19:00 Bybelskool HL 19:00 WIP HL

08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekspan oefening

08:00 Personeel gebedsgeleentheid HL & MS 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL 18:30 SingleSonderMure Fliekaand

07:00 Gebed@Hippolaan

Augustus

2016

14        Hartklop l  Junie/Julie 2016     www.kerksondermure.org


Dagboek

www.kerksondermure.org         Hartklop l  Junie/Julie 2016              15


Dagboek

16        Hartklop l  Junie/Julie 2016     www.kerksondermure.org


www.kerksondermure.org         Hartklop l  Junie/Julie 2016

17


18        Hartklop l  Junie/Julie 2016     www.kerksondermure.org


Kinders

'n Geloofsfamilie wat

Tiesie de Coning

GEE

‘n Geloofsfamilie wat saamleef voor een God en met blydskap GEE, is sekerlik een van die mooiste, dog ook bekendste gesigte in die kinderkerk! Kinders gee inderdaad sonder voorbehoud. So is die Familie Makietie, ons feesreeks van die eerste kwartaal, afgesluit met ‘n GEE-fees ofte wel ‘n visiefees. Dit is voorafgegaan deur ‘n geloofsfees met ‘n nuwe verbintenis teenoor God, ons Vader; ‘n drukkiefees waar honderde drukkies uitgedeel is; ‘n dienfees waarin ons net weer besef het hoe lekker dit is om die Here te dien; ‘n boufees, met die opdrag om soos die wyse man te gaan bou; en ‘n “cheer”fees waar ons geleer het om mekaar aan te spoor, sodat ons almal gereed sal wees wanneer Jesus weer kom. Die GEE-fees was die hoogtepunt en is ingelei deur ‘n seuntjie wat bereid was om 2 vissies en 5 broodjies vir Jesus te gee. Om die koninkryk te laat kom, moet ons bereid wees om te gee. Hoe dan anders – God het dan alles, die Beste en sy Enigste Seun, vir ons gegee! Kinders het onder meer tydens die kinderdiens ‘n geleentheid gehad om vir Jesus op ‘n briefie te skryf wat hulle bereid is om te gee. Die briefies is dan in die letters: GEE op die vloer uitgepak waarna een van die kleingroepleiers ‘n gebed gedoen het en elkeen se stukkie “gee” voor die Vader kom lê het.

Sê vir my maatjie jy is bly hy is my maatjie

Van ons maats in die Midstream Gr. 1-3 groep het so gegee… (oorspronklike skryftaal van kinders word weergegee):

Ek i lif hom

Liefte en hart Liefte en gee Mamma (getekende hart en blom) Tekening en woorde

I "getekende hart" U Mumma Pappa Blomme en balonne geteken Vir mamma blommetjie gee Nie boetie seermaak nie Getekende hart en blomme Vir nefies sê jy is lief vir hulle Mamma pappa liefte (en harte geteken) Mamma Pappa Jesus (en harte geteken) Jeses (en tekening) Mamma en pappa (en harte geteken) Omgee vir iemand, drukkie gee Woorde en blomme geteken Ek gee my girlvrend Ek wil geld gee by die kerk en met kos deel my hart gee Harte en ouers geteken Ek wil grag vir iemand help wat seer is en dekomerd is geld hier gee by die kerk en met maats speel wat nie 'n maatjie het nie Ek gaan My Maatjie help as sy hyl en neks maatjie het nie Geld liefde klere Ek gaan vir armes wat hulp nodig het help Vir iemand langs die pad kos gee Ek sal sam nooi arm mense brood of geld gee

www.kerksondermure.org         Hartklop l  Junie/Julie 2016

19


Kinders

20        Hartklop l  Junie/Julie 2016     www.kerksondermure.org


Kinders

www.kerksondermure.org         Hartklop l  Junie/Julie 2016

21


Kinders Tiesie de Coning

KINDERS VAT VYF! Kinders se saamleefreis voor een God het vanuit die Familie Makietie feesreeks oorgespoel in ‘n Vat Vyf-feesreeks vir die tweede kwartaal. Dié reeks is ‘n kinderweergawe van die “One Church” inisiatief waaraan kerksondermure saam met soveel ander gemeentes gedurende Mei en Junie in ons land deelneem. Dit skop af met die één fees waar God se plan vir die kerk duidelik uitgespel word: eenheid! Paulus se lewe is vir eens en altyd verander op ‘n eensame pad tussen Damaskus en Jerusalem toe hy dié Een ontmoet het waaroor alles gaan – die enigste Een wat ware eenheid kan bring. Gelowiges se leuse is: Een vir almal en almal vir Een. Dié Een maak ons koninkryksbouers - nie brekers nie. Peuters en kleuters roep Bob, the Builder asook Tommie Som-Tjommie en Sally Tel-Pêllie se hulp in – hierna verbind kinders hulle tot die een fees – in die kerk tot eer van God! Die “take two”-fees fokus op die roeping van die eerste dissipels – sowaar ʼn “takes 2 times 2” geleentheid. Dié verhaal uit die 2de boek van die 2de deel van die Bybel vertel hoe dié 2 pare broers op Jesus se roepstem gereageer het sowaar wat die idioom sê: “It takes 2 to tango". Kinders word uitgedaag om ‘n 180 grade draai te maak – weg van die sonde en weg van die kwaad. Om Jesus te volg, “takes 2”: 2 ogies om sy werk te sien, 2 handjies om die Heer te dien, 2 oortjies om sy Woord op te vang, 2 lippies wat Hom loof met sang en 2 voetjies om sy pad te betree – ‘n heerlike avontuur waar jy ‘n “platter for 2”-oorwinningsfeesmaal saam met Jesus hou. Die 3-in-1-fees is ʼn fees der feeste waar die geloofsfamilie feesvier, omdat God volledig vir ons sorg. Hy sorg as God Drie-Enig vir ons. Om dit beter te verstaan, word die beeld van ‘n appel gebruik. Die skil wat die appel teen insekte beskerm, die “vleis” wat ons so kan geniet en die binneste gedeelte met die sade, waarin

die lewe is, vorm alles deel van die appel. Ons leer dat God sy arms om die kerk wil sit om ons te beskerm: God, ons Vader, om ons. Jesus het ʼn Mens geword – net soos ons. Jesus is die Bruidegom en die kerk is sy Bruid. God, die Heilige Gees, woon in ons hartjies. Hy maak ons hartjies nuut en help ons om ons liggies te laat skyn – soos die sterretjies in die middel van ʼn appel. Die geloofsfamilie 4 fees oor Jesus se vier-punt-plan vir die kerk. Dié plan is op die koördinate (N 1 28 19-20) gebaseer. Kinders ontrafel die koördinate en lees die Skrifgedeelte in ‘n poging om die 4 werkwoorde daarin te identifiseer. Dan word elkeen van die werkwoorde onder die vergrootglas geplaas. “Gaan” word in terme van bergklim vertolk; “doop” bring ons by die vraag of Jesus net 2000 jaar gelede uit die graf opgestaan het en of Hy ook in ons harte opgestaan het; “leer” laat ons oor die metodiek van leer dink soos wat ons dit in die skool toepas; en “onthou” bring die heerlike belofte van God se teenwoordigheid vir 365 dae van die jaar! Ons stel hierdie plan van aksie in werking wanneer ons groen “Go!”-skoene maak. Vir ons peuter en kleutermaatjies word die voorbeeld van ʼn verkeerslig gebruik om saam met Tommie Som-Tjommie en Sally TelPêllie fees te 4! Die Vat vyf-fees neem kinders op ‘n ontdekkingsreis waar hulle self uit leidrade die kenmerke van die eerste geloofsfamilie moet ontdek. Dit alles kos 5 minute se speurwerk om die eerste kerk se spore in die 5de boek van die Nuwe Testament op te spoor. Wat dit ‘n bietjie makliker maak, is dat dit 5 “g”woorde is. Die 5de “g”-woord maak dit toe sommer ‘n dubbele Vat 5-fees, want hierdie kenmerk van die kerk bevat sommer 5 bonus kenmerke. Ons leer ook by Livingstone en ontdek die bome in ‘n digte woud se geheim. Dis sowaar nou tyd vir moue oprol en veters vasmaak. God wil kinders gebruik om sy kerk, een kerk tot eer van dié Een, weer mooi te maak.  k

22        Hartklop l  Junie/Julie 2016     www.kerksondermure.org


Kinders

EE3 - Master Blender 2016

Die graad 7 EE3 groepleiers het met die idee vorendag gekom om die kinders meer betrokke te kry asook ‘n platform te skep waar almal mekaar beter kan leer ken en so verhoudings te versterk wat hul op ‘n ander wyse voorberei vir hoërskool. Eers was daar net die idee van ‘n koffiekroeg. Jongmense vandag wil meer uit die lewe put en daarvandaan is besluit dat ‘n kompetisie meer belangstelling sal lok. Dus het die titel “Master Blender” ontstaan vir die kind wat die beste kan “blend”. Kinders dink maklik dat Jesus ‘n ‘Fun spoiler' is, daarom het ons besluit om ‘n koffie kuier geleentheid te skep waar speletjies ‘n groot deel daarvan uitmaak. ‘n Gesonde positiewe deelnemende gesindheid word aangemoedig. Gevolglik het die “Minute to Win It” spel die platform geword. Die eerste “Minute to Win It” het afgeskop in die eerste kwartaal met reuse sukses en belangstelling. Die eerste kwartaal se “Minute to Win It” het uit 6 verskillende speletjies bestaan waar kinders ook ‘n blaadjie ontvang het om kerngedagtes by hul vas te lê wat gekoppel was aan elke speletjie. Ons eerste “Master Blender” wenner is Marco Karsten. Op Vrydagaand 6 Mei 2016 het ons die tweede “Minute to Win It” It spele gehad, die 4 speletjies was aangevul met ‘n gelukkige trekking vir pryse en elke kind kon op die wyse iets wen. Die tweede kwartaal “Master Blender” wenner is Michelle Bester. Ons poog om ‘n totaal van 4 uitdunne te hou deur die 4 finaliste te laat kompeteer vir die amptelike “EE3 Master Blender 2016”-titel. Die finale “Minute to Win It” wenner sal in die 4de kwartaal bepaal word Aangesien die graad 7’s reeds in die middel van die 2de kwartaal hul EE3 kursus mondelings aflê, hoop ons om met die volgende twee kwartale se ‘Miniute to Win It’ spele meer fokus op geloofsgesprekke onder mekaar te vestig. Die kinders se belange is ons 1ste prioriteit en ons eer God vir die voorreg om te kan sien hoe groot sy handewerk is! Ook al die lof aan God vir Sy genade en die geleentheid tot soveel verryking in die lewe van elke kleingroepleier. God se belongings vir ‘n opregte hart maak die lewe soveel mooier! Groete Graad 7 Groepleiers. www.kerksondermure.org        Hartklop l  Junie/Julie 2016

23


WEN WEN WEN Gedurende Junie en Julie kan jy een van Retief Burger se nuutste CD’s “Nou en vir Altyd” wen as jy op ons mobile app registreer: Dit is baie eenvoudig: •   Maak die app oop en kyk heel bo by kerksondermure.    Kies op die “i“ wat bo-oor die “re” van kerksondermure geplaas is. •  Nou sal jy 3 opsies kry: Information, Settings en Login. Kies op Register en voltooi die kort registrasie   vorm met jou naam, van, e-posadres en sel nommer. Kies dan vir jou ʼn persoonlike “password” •  Nou is jou app weergawe geregistreer en jou e-pos plaas jou in lyn om een van Retief Burger se CD’s   te wen. (As jy reeds op die app geregistreer is, kwalifiseer jy outomaties vir die kompetisie.)

Skandeer hierdie QR-kode en laai die app af!

24        Hartklop  l  Junie/Julie 2016     www.kerksondermure.org


Preekrooster PREEKROOSTER  Junie 2016 5 Junie

12 Junie

19 Junie

26 Junie

Hippolaan     Doop

08:00 Fanie Venter

Annelize de Wet

Stephan Joubert

Colin Smith

Fanie Venter

Annelize de Wet

Stephan Joubert

Colin Smith

Louis Brittz

Louis Brittz

Colin Smith

Annelize de Wet

10:00

18:30

Midstream     Doop

08:00

Teodor van der Spuy

Fanie Venter

Teodor van der Spuy

Christo Woite

Teodor van der Spuy

Fanie Venter

Teodor van der Spuy

Christo Woite

Geen

Geen

10:00

17:30 Teodor van der Spuy Tinarie van der Merwe

* Neem asb. kennis dat die preekrooster kan verander.

Gratis CD’s met kerksondermure se preke Elke Sondag stel kerksondermure die vorige week se preke op CD beskikbaar by albei die kerkkantore. Ons versprei tans 250 CD’s elke Sondag. Dankie dat jy ook op só manier help om die boodskap van die Evangelie verder die wêreld in te stuur. Neem gerus die vrymoedigheid om addisionele behoeftes te registreer by die kerkkantore soos en wanneer nodig. *Preke is ook beskikbaar via die webwerf.

Webwerf: www.kerksondermure.org e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure   Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure kerksondermure app: Google Play Store & Apple iStore: kerksondermure

Finansiële bydraes: elektroniese betalings kan gemaak word aan: kerksondermure, ABSA Centurion, rek no: 289 058 0095, takkode: 630 445, verwysing: naam en waarvoor

Na-ure predikant op roep: 083 489 0180

Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003/Midstream - 012 940 9480

Adres: Gemeentesentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Midstream: Mountain Quraystraat 23, Midstream Estate Posbus 7545, Centurion, 0046


SnapScan

Ook nou ‘n addisionele betaal metode by kerksondermure.

Hierdie betaal metode is baie veilig, eenvoudig en vinnig. Volg die volgende 3 stappe: •  Laai die SnapScan App af op die Google Play Store/Apple I-Store. •  Laai jou kredietkaart, tjekkaart of debietkaart op die App, en kies jou eie geheime kode om    betalings mee te doen. •  Nou is jy gereed om betalings te doen by enige besighede of restaurante wat hierdie betaal    metode akkommodeer. •  Maak nou jou App oop, druk die “SCAN” knoppie aan die onderkant van die App, skandeer     die QR kode op hierdie advertensie. •  Nou sien jy kerksondermure se naam op jou skerm, tik nou die bedrag in wat jy wil betaal, kies     die toepaslike verwysing op die “drop down menu” en druk dan betaal, sit nou jou geheime    kode in en druk volgende. Dit is so maklik en eenvoudig soos dit. •  Jy sal voortaan die kerksondermure QR kode op die agterblad van ons tydskrif kry, by die kerk    kantore op die ontvangstoonbank, op die webwerf se voorblad (regs onder by die kerksonder    mure se bankbesonderhede), op die App onder Connect, op funksies se advertensies en ook op     'n plakkertjie of boekmerkie wat elke lidmaat sal ontvang. •  Dit is baie belangrik om altyd te kyk, ná jy die QR kode geskandeer het, dat die regte begun    stigde betaal word. Die begunstigde se naam sal onder op jou foon se skerm vertoon. Geniet hierdie nuwe tegnologie waar geld en beursies nie meer rondgedra of verloor hoef te word nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.