Polsslag Oktober

Page 1

Eredienstye 2017 Hippolaan: 08:00, 10:00 & Glow@18:30 Midstream: 08:00, 10:00 & Glow@17:30 Kinderdienste: 08:00 & 10:00 (Hippolaan & Midstream) Tieners@HL: 17:00 Testimonium, 17:30 Tienerdiens, 18:30 Kleingroepe Tieners@MS: 16:30 Testimonium, Glow@17:30, 18:30 Kleingroepe Word deel van ʼn andersoortige aanddiensbelewenis waar almal welkom is!

Ontmoet ons ontvangs en fasiliteite personeel Adri Pitzer

Polsslag

Terrein & Geboue: Hippolaan

Jacques van Schalkwyk Terrein & Geboue: Hippolaan

Glow@17:30 Midstream: Tydens langnaweke en Midstream skoolvakansies sal daar geen Glow-eredienste wees nie.

Kontak ons Hippolaan - 012 663 2003/Midstream - 012 940 9480 www.kerksondermure.org • e-pos: info@ksm.co.za  Facebook: kerksondermure • Twitter: @kerksondermure1  Instagram: kerksondermure • kerksondermure app: Google Play Store & Apple iStore: kerksondermure

Dirk Laubscher

Terrein & Geboue: Midstream

Elizabeth Sekgota

Ontvangs & Fasiliteite: Hippolaan

Na-uurse predikant op roep: 083 489 0180 Kantoorure: Maandae: 09:00 - 16:00 Dinsdae - Vrydae: 08:00 - 16:00

Hoe kan ek bydra? Vir jou maandelikse bydrae per debietorder, elektroniese bydrae of SnapScan aan: kerksondermure, Absa Centurion, rek no: 289 058 0095, takkode: 630 445, verwysing: naam en waarvoor. Vir addisionele bydraes hierdie maand, fokus ons op nood by gesinne.

Vera Schoombee

Ontvangs & Fasiliteite: Midstream

Jolandi Rudman

Ontvangs & Administrasie: Hippolaan

Oktober 2017


Voltooi & word deel Naam: Kontak: E-pos: Merk waar van toepassing: Wil jy meer weet van kerksondermure? Wil jy 'n lidmaat word? Wil jy weeklikse inligting ontvang? Wil jy by 'n selfamilie aansluit? Wil jy betrokke raak by 'n bediening? Het jy berading nodig/wil jy iemand verwys?

Het jy voorbidding nodig? Wil jy jou persoonlike inligting opdateer? “Update” die kerksondermure app op jou foon en kry toegang tot al die nuutse inligting van jou geloofsfamilie.

Om na uit te sien Dankbaarheidsmaand Oktober 2017

Vanjaar is die 500 jarige viering van die Reformasie: As deel van ons dankbaarheidsmaand gaan ons fokus op die vyf waarhede waarop die Reformasie gebou was. Ons gaan elkeen van hierdie waarhede se teenwoordigheid in ons lewens vier: • Ons vier die Skrif - 1 Oktober • Ons vier Jesus Christus - 8 Oktober • Ons vier God se Genade - 15 Oktober • Ons vier Geloof – 22 Oktober • Ons vier God – 29 Oktober

Tyd vir dankfees naweek! Vrydag kuier ons almal by die

Gemeentefees by Hippolaan Vrydag 27 Oktober: 16:00 - 20:00 Opwindende vermaak deur: Rooted Band en Ainos Alle etes teen slegs R20 elk Kerrie & rys, boereworsrolle, beef prego’s, vetkoek & maalvleis, potjiekos, pannekoek 3 vir R10, lekkergoed-en koektafel, lekker basaarpoeding, spiraal-aartappels, biltong en droëwors, slush puppies, koeldranke, koffie en tee. Etekaartjies beskikbaar by twee verkoopspunte. Groot verskeidenheid opwindende kindervermaak word gratis aangebied vir die verloop van die fees.

Sondag 29 Oktober is daar spesiale

Dankfees Dienste

by Hippolaan en Midstream, 08:00, 10:00 & aanddienste. Daar sal by die dienste geleentheid wees vir ʼn spesiale 10de maand dankoffer. Ons vertrou om R600 000 in te samel. Bring jou dankoffer saam erediens toe of gebruik enige ander normale betaalmetode gedurende dié maand met die verwysing: 10de Maand.

Groepe

11 Oktober: Uitstappie na Sammy Marks Museum. Bus vertrek 09:00 vanaf kerksondermure Midstream en behoort ±14:30 terug te wees. R100 per persoon - sluit vervoer, toegang en ligte verversings in. Vir meer inligting/besprekings kontak Vera voor/op 2 Oktober by 012 940 9480/ mskantoor@ksm.co.za

Die kalender vir Oktober in kinderbediening lyk as volg: 15 Oktober - slegs kinderkerk by Hippolaan. Geen kinderkerk       by Midstream a.g.v. skoolvakansie. 22 Oktober - Kinder-Danfees by Hippolaan en       Midstream. 29 Oktober - Geen kinderkerk a.g.v. Dankfees. 15 Oktober ontvang ons die immergewilde Sonja Herholdt en Tjokker by Hippolaan kinderbediening. 22 Oktober tydens die Kinder-Dankbaarheidsfees tree Sonja Herholdt en Tjokker by Midstream kinderbediening op en Centurion Christelike Laerskool kom voer Sprokie-Spreuke by Hippolaan kinderbediening op.

Gebedsbediening

Gebedsgeleentheid - Hippolaan Saterdae om 07:00 Alle gebedsversoeke: gebed@ksm.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.