Hartklop mei junie 2015

Page 1

uit jou gemaksone in jou hartsone in!

Mei/Junie 2015  Uitgawe 103


Inhoud

Fokus 01

Redaksie - Die waarde van Waardes

02

Waardes vir die Wedstryd

03

Waardes in die Woord

04

Die Waarde van Gebed

05

Pinkster: ‘n Volkleurfees

20

Ons is bedraad om ander te help en by te staan

23

Volwasse Belydenis

28

Waardes vir Tieners

30

Ons wil ons bestaansdoel bereik - deur ons bydraes reg aan te wend

Algemeen 24 25 26 27 29

Dink daaraan en glo... Paasfeesuitreik na kleuterskole Vakansieprogram kerksondermure “app” Javaluja?

‘n Swaarkry-storie word herskryf in ‘n hoop-storie

Verhoudingsgroepe 22

16

Kalender - Mei

17

Kalender - Junie

18 18 19 31

Kalender - Julie Chinese kultuuraand kerksondermure Gemeentefees Run & Walk for Bibles

Agterblad:

Preekrooster: Mei en Junie

My Voetspore 06

Veritas: team member, Tarjan

07

Experience Mission

10

Die jong Chinese Nikodemus

11

Huis Gideon PleeghuisOntmoet die nuwe huisouers

12

Ek kon sien die kind is bang

13

Stories 21

Dagboek

Verhoudingsgroepe: In pas met Jesus

13

Olievenhoutbosch se Bejaardesorgprojek bring hoop en blydskap Ten spyte van haar swaarkry, jubel tannie Annie in die Here

14

Kinders met kanker

14

Israel uitreik

15

Ek het jou op jou naam geroep, jy is myne...

Redakteur: Francois Schoombee  012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom  012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter   Taalversorging: Hennie Jooste Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg. Webwerf: www.kerksondermure.org  e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure   Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure kerksondermure app: Google Play Store & Apple iStore: kerksondermure Na-ure predikant op roep: 083 489 0180 Finansiële bydraes: elektroniese betalings kan gemaak word aan: kerksondermure, ABSA Centurion, rek no: 289 058 0095, takkode: 630 445, verwysing: naam en waarvoor Adres: Gemeentesentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Midstream: Mountain Quraystraat 23, Midstream Estate Posbus 7545, Centurion, 0046 Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003  •  Midstream - 012 940 9480


Redaksie

Die Waarde van Waardes…      Waardes het geen betekenis of waarde sonder die mense wat dit aanneem en uitleef nie

Daar is waardes opgeneem in die openbare morele kode van ’n land. Hierdie waardes, of nasionale openbare morele kode, het ten doel om die land en sy mense te rig tot ‘n soort konsensus oor optrede wat aanvaarbaar is vir die mense van die betrokke land.

waarvoor organisasie voor bestaan en dan die lééf gedeelte wat karakter en identiteit gee aan 'n organisasie. Dit is die gedeelte wat jy nié kan manipuleer nie; woorde kan jy manipuleer, maar optrede en gedrag spreek en vertel die storie van 'n hegte, gelukkige familie of 'n groep individue.

Die kernwaardes opgeneem in die openbare morele kode van SA is: gelykheid, billikheid en regverdigheid, demokrasie, menseregte, nie-seksisme, verdraagsaamheid, veeltaligheid, toerekenbaarheid en verantwoordelikheid, sosiale eer en geregtigheid, nasieskap, die welsyn van almal, eerbied vir die self en vir andere, vir die tradisie, die Grondwet en die nasionale simbole.

Dit is selfs belangrik vir elke kind om, ten spyte van die veranderende samelewing, ’n persoonlike waardesisteem te ontwikkel. Tieners kan slegs ’n waardesisteem suksesvol ontwikkel indien hulle ander individue as unieke persone met onafhanklike sienings leer ken en ervaar. Tieners se gedurige nadenke is oor en in bemoeienis met hulle innerlike wêreld en daarom is die kristallisering van persoonlike waardes belangrik vir hulle geestelike ontwikkeling.

Hoekom is dit belangrik dat ons 'n waardesisteem sal hê waarvolgens ons ons lewens moet inrig? 'n Waardesisteem is nodig, omdat ons as Christene deur die samelewing so maklik beïnvloed word deur al die verskillende media om met minder integriteit te lewe. Die media stel jou deurgaans bloot aan die verkeerde en die oppervlakkige, sodat dit jou deurweek met 'n soort vervlakking wat baie meer as reg aanvaar en jou werklike waardes vervaag. Die waardes wat in enige groep funksioneer, bepaal die gedrag en kultuur van die groep. Dit is een van 'n organisasie se moeilikste take om seker te maak dat die gewenste waardes in sy midde gevorm, aangeneem en gelééf word. Dit is egter baie belangrik om jou organisasie weer en weer en weer aan die waardes te herinner en dit vir hulle voor te leef! 'n Waardesisteem is een van die moeilikste sisteme om te verander. 'n Visie en missie kan maklik aangepas of verander word, maar waardes is baie meer permanent en die slim mense sê dit kan tot 7 jaar neem om deeglik te vestig of te verander. Daarom is dit baie belangrik om waardes nie ligtelik op te neem nie. Dit is langtermyn en moet baie wel deurdag wees - onthou dit bepaal gedragspatrone waarmee jy tevrede moet wees en wat voordelig moet wees vir jou organisasie, jou familie en selfs die volgende generasies se welstand en groei. Dit vorm 'n gewenste kultuur en karakter waarmee jy gemaklik moet wees om te identifiseer. Waardes op 'n plakkaat of op al ons elektroniese mediums het geen waarde tensy dit geleef word nie. Waardes het twee gedeeltes, nl. die geskrewe woorde wat betekenis gee aan dit

’n Beleid van waardeverheldering word sedert 1996 in die SuidAfrikaanse onderwysstelsel gevolg omdat die Departement van Onderwys die waarde van gevestigde waardes in jong mense se lewens oor 'n lang tydperk waargeneem het en die voordeel daarvan vir die onderwys omgewing wou toe-eien. Ek dink dit is duidelik dat waardes 'n baie belangrike plek in ons lewens het en dat dit deur die wêreld erken en aanvaar word. Hoeveel te meer sal die plek vir goeie geestelike waardes in ons lewens dan wees? kerksondermure het die kern van Christen wees, die basis van Jesus se karakter verwoord in ons waardesisteem. As ons dus daarin kan slaag om die waardes in ons lewens te vestig en dit elke dag te leef sal ons Jesus se karakter leef oral waar ons gaan. Ons poog in hierdie uitgawe om jou meer van hierdie waardes te vertel en dit vir jou te illustreer deur stories en getuienisse uit mense se lewens wat reeds hierdie waardes leef. My gebed is dat jy erns sal maak met hierdie waardes in jou persoonlike verhouding met God, jou gesin en jou vriendekring, sodat sy karakter oral sigbaar sal wees in mense wat Hom elke dag leef. Amen. Lekker lees tot Juliemaand!

www.kerksondermure.org

Francois

Hartklop  l Mei/Junie 2015     01


Fokus

Waardes vir die Wedstryd Fanie Venter

Verhoudings

Vervulling

Verskeidenheid

Vernuwing Volgelinge Sedert die begin van 2015 is die kerksondermure geloofsfamilie besig met ‘n Wedstrydplan na lewensverandering. Elkeen wat in hierdie tyd geluister het na die spanpraatjies (preke), bemagtigings geleenthede of wat deelgeneem het aan die weeklikse oefenprogram, sou ‘n uiters belangrike vertrekpunt raakgehoor het – die wedstryd word op die veld gespeel en nie in die kleedkamer nie. Die lewe, as volgeling van Jesus, is die wedstryd. Ek het die afgelope tyd by verskillende sportbyeenkomste gesien dat die byeenkoms geopen word deur die voorlees van ‘n credo. Deur die lees van hierdie credo word die waardes vir waardige deelname aan die sportsoort uitgespel en verbind die deelnemers hulle daartoe om met hierdie waardes as maatstaf deel te neem. kerksondermure is ‘n geloofsfamilie en daarom is ons verbind tot ‘n unieke waardestelsel waarvolgens ons deelneem aan die wedstryd van die lewe. As geloofsfamilie leef ons in en ter wille van die koninkryk van God. In God se koninkryk geld radikaal ander waardes as dié waarmee ons elke dag gekonfronteer word in die samelewing. Eugene Peterson se vertaling van Romeine 6 help ons om te verstaan dat ons, deur Jesus, in die koninkryk met ander waardes leef: “So what do we do? Keep on sinning so God can keep on forgiving? I should hope not! If we’ve left the country where sin is sovereign, how can we still live in our old house there? Or didn’t you realize we packed up and left there for good? That is what happened in baptism. When we went under the water,

02    Hartklop l  Mei/Junie

we left the old country of sin behind; when we came up out of the water, we entered into the new country of grace—a new life in a new land!” In ‘n volgende fase van ons Wedstrydplan gaan ons van 10 Mei tot 6 Junie aandag gee aan die inoefening en uitleef van kerksondermure se waardes. Die waardes is: Verhoudings: Ons bestaan vir verhoudings met God, gelowiges en die wêreld. Vervulling: Ons leef oorgegee aan en in die krag van die Heilige Gees wat egte lewensverandering bewerk. Verskeidenheid: Ons verwelkom die feit dat nie almal dieselfde is, dink, voel en doen nie. Ons verwelkom dus verskeidenheid en poog om eietyds te wees. Vernuwing: Ons wil deel in God se passie om sy wêreld te bring na vernuwing (heelheid). Volgelinge: Ons help mekaar om radikaal gehoorsame volgelinge van Jesus te wees. Jy is waarskynlik bewus van en selfs goed bekend met hierdie waardes, daarom gaan ons nou fokus op die inoefening en uitleef van hierdie waardes. ‘n Beweging van woorde op papier na ‘n waardegedrewe leefstyl as burgers van God se koninkryk.  k

2015

www.kerksondermure.org


Merkwaardighede uit die Woord

Adrio König

Waardes in die Woord Twee soorte waardes ‘n Mens kan maklik twee soorte waardes onderskei: Algemene samelewingswaardes en spesifieke Christelike waardes.

Algemene samelewingswaardes In die tien gebooie het ons ‘n aantal algemene waardes: Jy mag nie steel nie, moord pleeg nie, vals getuienis gee nie, onsedelik wees nie en jy moet jou ouers eer. Dis nie spesifiek Bybelse waardes nie. Omtrent elke gemeenskap in die hele wêreld erken en bevorder hierdie waardes. En dis ook verstaanbaar. Enige gemeenskap kry seer as mense moor, steel, lieg, onrein leef en gesag (ouers) verwerp. En goeie opvoeding lewer ‘n geweldige bydrae om hierdie waardes te vestig en te bevorder. Geloof in die Here Jesus is ook nie regtig nodig om volgens hierdie waardes te leef nie, al sal dit natuurlik ‘n mens se motivering baie versterk. Die staat kan ook ‘n groot rol speel om hierdie waardes te beskerm. Die meeste hiervan kan deur wette afgedwing word. Iemand kan vervolg word vir moord, diefstal, bedrog. Spesifiek Christelike waardes Maar daar is ook ‘n ander reeks waardes. Hulle lê op heeltemal ‘n ander vlak. Hulle kan nie deur wetgewing afgedwing en beheer word nie. Maar hulle is deel van die adel van die Christendom. Ons kry hulle veral in die lewe van Jesus en in die briewe van Paulus.

Jesus het nie sy eie eer gesoek nie, maar die eer van God (Joh 8: 49, 50, 54). Jesus het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien (Mark 10:45). Jesus het sy bediening hoofsaaklik aan armes en verwaarloosdes gewy. Jesus het liewer vergeef as om aan te kla (Joh 8:1-11; Luk 7:36-50). Jesus het sy eie kruis opgeneem en Hy verwag van ons om ons kruis op te neem (Mark 8:34). Hiermee het Jesus se liefde die grondslag van alle waardes gemaak (Mat 22:37-40). En liefde beteken om vir ander op te offer. Paulus skryf ons moet nie aan onsself dink nie, maar aan ons naaste (Rom 15:2). Paulus skryf ons moet nie ons eie voordeel soek nie, maar ander s’n (1 Kor 10:24, 33). Paulus skryf ons moet ander hoër ag as onsself (Fil 2:3). Gaan sit iewers eenkant en toets jou lewe. Moenie besluit om jou lewe te verbeter nie. Vra die Heilige Gees om oor te neem. Hy sal hierdie vrug in jou lewe dra (Gal 5:22-23).  k

Dienswerkers Motiveringspraatjie My gesindheid: Laat God jullle verander deur julle denke te vernuwe. (Romeine 12:2) Deur Dr. Ernrich F. Basson

Neuroplastisiteit: Kan die manier waarop jou brein nuwe breinsenuwee-paaie skep, jou gesindheid beinvloed? Kan jy jou brein leer om nuwe breinsenuwee-paaie te skep? Kom vind uit op 28 Julie 2015 om 18:30 kerksondermure Hippolaan www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     03


Gebed Die vraag is nie hoeveel waarde gebed het en of 'n mens kan bekostig om daarsonder klaar te kom nie. Die bedoeling is ook nie dat min gebed min waarde het en dat baie gebed baie waarde het nie. Dit gaan oor die noodsaaklikheid van gebed. Gebed is die water waarin die vissie swem. Gebed is die leefruimte en atmosfeer waarin Christo Woite jou verhouding met God leef en bestaan. Gebed is die barometer om te bepaal hoe goed dit met jou verhouding met die Here gaan. Gebed het verskeie funksies in jou verhouding met die Here. Jy kan uitdrukking gee aan die opdrag om God lief te hê met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en al jou krag. Gebed bied jou die geleentheid om sy Naam groot te maak en sy Koningskap te erken in jou eie lewe. Deur jou gebede onderneem jy ook om jou te onderwerp aan sy wil. Dis die belangrikste deel van ons dankbaarheid. So leer ons belydenisskrifte ons. Deur ons gebede kan ons op 'n suiwer manier uitdrukking gee aan ons dankbaarheid vir ons verlossing. Gebed bied jou die geleentheid om aan die Here jou lof en dank te kommunikeer met die sekerheid dat die Heilige Gees vir jou intree om jou dank reg oor te dra, al is jou woorde ontoereikend.

Gebed speel 'n groot rol in ons aanbidding. Deur gebed kan ons God heelhartig aanbid. As ons onsself afsonder en stil word voor die Here kan ons in sy direkte teenwoordigheid tyd deurbring en op Hom fokus. Jy kan só tyd maak om na God te luister. Ook om te wag op Hom en te wag op die antwoorde wat jy soek. So gee jy die Here geleentheid om met jou besig te wees. Deur gebed kan ons ons behoeftes aan die Here bekend maak. Hy weet egter reeds voor ons vra wat ons geestelike en materiële behoeftes is. Ons bely eintlik net ons afhanklikheid. Deur ons gebede vind ons vergifnis en hou ons ons verhouding met die Here in stand. Hy gee ons telkens 'n tweede kans as ons berouvol bid. Herstel van verhoudings vind plaas en Hy was opnuut ons sondes weg wat skeiding tussen Hom en ons maak. Dit is ook deur ons gebede dat ons God se beskerming afbid; dat Hy ons moet bewaar teen versoekings en die Bose. Dat Hy die goeie werk wat Hy in ons begin het enduit moet volvoer dat ons behoue in sy koninkryk sal aankom. Gebed is nie 'n luukse waaraan ons vrywillig deelneem wanneer ons daarna voel nie. Dis lewensnoodsaaklik in ons verhouding met die Drie-enige God. Sonder gebed kan ons verhouding met God nie begin, voortgaan of volle wasdom bereik nie. Dít is die waarde van gebed.  k

Die Waarde van Gebed

04    Hartklop  l  Mei/Junie

2015

www.kerksondermure.org


Pinkster-

'n Volkleurfees

Colin Smith

Die hoogtepunt van die sonde is waarskynlik op sy beste te sien in Gen.11. Ná die bou van die toring van Babel is die ganse mensdom verdeel. Hulle verstaan mekaar nie meer nie, hulle word van mekaar, en van gemeenskap met mekaar, verwyder. Die ramp van die sonde is verwydering van God en van mekaar. Pinksterdag is die volledige herstel van die verwydering wat sonde teweeggebring het. Die mense verteenwoordig al die etniese groepe van die antieke wêreld. Elkeen hoor die boodskap van verlossing in sy eie taal. Dieselfde boodskap, maar in verskeidenheid. Pinksterfees is daarom `n Volkleurfees. Ons sien die hoop van die evangelie in al sy dimensies, ons hoor die hoop van die evangelie oor taalgrense heen en in ons verskeidenheid word iets sigbaar van die volkleur van genade. Pinkster herinner ons aan die skoonheid van verskeidenheid en die groot genade wat deur Jesus teweeggebring is en deur die gestuurde Heilige Gees nou in ons lewens teenwoordig is. Mag ons in hierdie Pinkstertyd opnuut die verskeidenheid van God se kinders waardeer en in eenheid God se lof besing.  k

Sien datums agter by preekrooster

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Mei/Junie 2015     05


My Voetspore Colin Smith (083 263 9211)     012 663 2003 x 258 Jolandi Rudman (net tot 13:00)      012 663 2003 x 254 Anne-Marié Cronjé (082 866 5336)   012 663 2003 x 253

csmith@ksm.co.za jrudman@ksm.co.za amcronje@ksm.co.za

Meet the Veritas team

We will be featuring all our Veritas team members during this year. Meet Tarjan Chhatria . Greetings in Jesus’ name!

I, Tarjan Chhatria, am from Balangir, a small town in Orissa. I was born to Christian parents on 5 May 1984. After completion of my B.Th. in 2010 I became part of Veritas College India in August 2011. Since then I have been living in Delhi and facilitating Veritas Modules and equipping people throughout northern India. In 2010, I was serving God as a teacher in a Bible School, but I was not satisfied because I was confined and did not have enough ministry opportunities. However, after I joined Veritas College India I have been able to travel extensively and minister to more people than I ever could before. Moreover, the Veritas modules are designed in such a way that the participants and I enjoy it a lot when I teach. They are challenging for life change. Over the years, they have challenged me to evaluate my spiritual life and encouraged me to live close to God. I am more equipped                             Biblically and my teaching skills have grown. God has opened ministry opportunities in different states in northern India like Madhya Pradesh, Uttar Pradesh, and Chhattisgarh. I am teaching in places where many wrong teachings are prevalent and strongly believe that Veritas teaching can transform their lives and beliefs. Please pray that God will do wonderful work. Prayer requests:   •  For my spiritual growth.   •  More training opportunities to equip people.   •  For more skills and wisdom to facilitate Veritas modules.   •  For all the participants I have trained and are still training.   •  Good health of my family members and their spiritual lives.   •  For my marriage.   •  God's provision for all my needs.

With regards Tarjan

06    Hartklop l  Mei/Junie

2015

www.kerksondermure.org


n o i s s i M e c n e i r e p Ex

My Voetspore

Stories van die Host families

Vir my beteken dit baie om hierdie jongmense te kan huisves, nie net leer ek elke dag iets by hulle nie maar groei ook saam met hulle in geloof. Verder bewonder ek die werk wat hulle doen. Dit vat 'n baie unieke mens om vir so lank na 'n vreemde land te reis om 'n verskil te kom maak in areas en plekke waar dit so nodig is. Die dankbaarheid is altyd sigbaar in hulle optredes.  - Santjie Boshoff Dit was nogals “scary” om te dink ‘n vreemdeling gaan vir 6 weke deel word van ons gesin en dat ons boonop heeltyd Engels sal moet praat en bid ook! En toe Zack nog boonop vir ons “host mom and dad” noem het ons besef: hier kom 'n ding... Sommer gou-gou het Zack deel geword van ons en ons roetine – rondry, kosgee, stukkende knieë en verkoue genees, ens. Ons het geleer van Ohio, boerdery en bietjie van hul kultuur. Hy het geleer van melktert, koeksisters en boerekos en so ‘n bietjie Afrikaans – wat ons lekker laat lag het, want die g’s en die r’e is maar moeilik as jy net die taal van die Yankees praat. Ons was ook bevoorreg om die res van die groep te ontmoet en saam te kyk hoe die Bulle die Sharks wen, terwyl die Amerikaners Stormers hemde dra – nogal “confusing”, maar toemaar, ons het hulle lankal vergewe – ons het seker nie veel van ‘n keuse nie… Dit was ook lekker om te hoor van die werk wat gedoen word in Olievenhoutbosch en al die planne vir die res van hul tyd in Afrika. Dit was beslis ‘n verrykende ervaring. En ons sal graag weer deel wil word van iemand se lewe wat deel wil word van ons s’n. Dankie Experience Mission vir die voorreg.” - Alwyn en Belinda van der Merwe

Sometimes we are so negative about our own country, but seeing our environment through the eyes of the students that we host, actually had us thinking. They are so excited about our country that it makes us want to be more positive and experience it like a tourist. There surely is hope for our country.  - Shane en Liezl Maddock Ná 6 spanlede, sien ons dat dit nou nie saak maak in watter staat jy in die VSA woon of in watter woonbuurt in Centurion nie mense se behoeftes, knel- en kwelpunte, geloofstryd, sondige natuur en gesinskwessies is maar baie dieselfde. God het vir almal van ons, regoor die wêreld, die naam "mens" gegee. Dankie tog dat Hy Jesus vir ons gestuur het! - Philip en Lindi Fourie

Vir ons as gesin was Cailey se kuier so verrykend. Sy was geen moeite nie, so dankbaar vir alles en wou altyd met alles help. Tjaart het gevra dat sy laas Vrydagaand vir ons vleis braai… Sy was so opgewonde daaroor. Haar dankbaarheid oor die tyd wat ons saam met haar kon spandeer, was so opreg. Sy is ‘n pragtige jong meisie en haar wortels is diep geplant in haar geloof in ons Verlosser. Dit was vir die kinders so lekker dat sy soms saam met hulle na hul aktiwiteite toe gegaan het en daarin belanggestel het. Dit was vir ons ‘n seën om Cailey beter te leer ken en ons gaan haar so vreeslik mis…  - Tjaart & Rina Booyens

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     07


Experience n    Missio

My Voetspore

The tea

m

kerksondermure het nog altyd daarvoor bekend gestaan dat verhoudings belangrik is. Ons is bevoorreg om vir die 2de keer ons huis oop te stel vir Experience Mission en elke keer beleef ons Ubuntu op ‘n besonderse manier. Kendall en Zandri was soos 2 sussies vir mekaar, maar saans as dit rustig raak en ons na die Afrika sterre loer, dan kan ons ook saam gesels oor die grootheid van God en hoe Hy in elkeen van ons op ‘n besondere manier werk. Die 6 weke vlieg so vinnig verby, maar die verhouding wat gebou word, is ewigdurend.    - Adriaan en Sandra Odendaal As koördineerders van Experience Mission Africa wil ons net hiermee baie dankie sê vir kerksondermure, die personeel van die Olievenhoutbosch Christian School asook die Disability Centre. Ook 'n baie spesiale dank aan die gasheerfamilies wat spanlede met soveel liefde in hulle huise en harte inneem. Dis vir ons 'n groot voorreg om deel te wees van die kerksondermure familie. Dit was ook ons 6de keer as 'n EM gasheerfamilie. Ons kan getuig van wonderlike verhoudings en opbouende interaksie met die spanlede wat by ons gebly het; verhoudings en interaksie wat steeds voortgaan. Dis voorwaar 'n voorreg om in die posisie te kon wees om te sien hoe die Here in hierdie jongmense se lewens werk.    - Hein & Helene van Wyk

08    Hartklop l  Mei/Junie

Over the last few weeks I have experienced the differences that separate America from South Africa - different food, different languages, different cultures… But more than that, I have experienced the common threads that bring all people together all over the world. No matter the race, gender, age, physical appearance, or place we live, we are all parts of the same body; created for the same purpose by the same God. In 1 Corinthians 12:4-7 it reads, “There are different gifts, but the same Spirit. There are different ministries, but the same Lord. And there are different activities, but the same God activates each gift in each person to uplift the world.” I’ve learned that while we may appear very different on the surface because our abilities are different, we are from different communities and we do things differently, we are not so far apart where it really matters.  ~ Cailey I LOVE SOUTH AFRICA, and I am sure I will love Lesotho and Namibia. God has been working continually in my life since my first plane ride away from home. There aren’t enough words to describe how awesome His love, power, grace and strength have been while taking this journey. The people on my team have been a constant strength, and I look forward to traveling with them through God’s beautiful creation.     ~ Kaitlyn

2015

www.kerksondermure.org


My Voetspore

South Africa has been a great experience. It was awesome to immerse ourselves in the local culture by living with host families. It was a privilege to serve with the staff, teachers and mentors at the Christian School and Disability Centre in Olievenhoutbosch.                    ~ Zach I’ve quickly made many friends at the Disability Centre. The children have big smiles, big laughs and even bigger hearts. Each day in the classroom I see their creativity, intelligence, and care for each other growing as we read, play, sing and learn together.                 ~ Drew

My experience working alongside the teachers and mentors at the Olievenhoutbosch Christian School has been very encouraging. To see how God is working in this place has been a blessing, and I’m inspired by the love and effort I see in the everyday staff. I’ve faced some challenges, but most of them have been trying to keep up with the kids when we play soccer.   ~ Andrew

My time in South Africa at the Olievenhoutbosch Christian School Disability Centre and host family’s house has been nothing short of extraordinary. Every day I am surrounded by people who are filled with an overwhelming amount of love, genero-sity, and joy in their hearts. Through those people, God is opening my eyes to the simple gifts of love He gives me every day. He blesses me through my host parents’ willingness to share and teach, the children’s laughter in the silly moments, my host sister’s excitement to play and to love me wholeheartedly, and in the student’s curiosity and thirst for knowledge. I am so grateful to be here, in South Africa, and am completely blessed every day by the amazing people I have met and come to love. ~ Kendall South Africa, Southern Africa, Southern Cape, ZA. So far, this has been the coolest thing I've ever done. God has shown Himself to me through my teammates, leaders, mentors, and the children. The Disability Centre had been a new experience for me considering I've never dealt with children with disabilities. At first, it was nerve-wracking, but as the week went on, I learned to love them and have patience with them. I'm absolutely in LOVE with South Africa, although there are differences with how people do things here. You might not agree with them in some circumstances, but as difficult as it may sound, it's simple - love God, love people.                ~ Johnny

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     09


My Voetspore

Die Jong Chinese Nikodemus

Chrisna Fourie

Dis Sondagmiddag, 15 Maart 2015. Die eens na-buite-selfversekerde, maar innerlik-onsekere jongman, sit rustig voor my terwyl hy die verhaal vertel agter sy Whatsapp boodskap van 10 Januarie 2015: “Hi Chrisna. Happy new year. I was baptized on 3rd January in the retreat camp.” Dieselfde vreugde wat daardie aand losgebars het in my, vloei weer deur my terwyl ek na hom luister. HT is die 21-jarige Chinese student wat sedert 2013 een keer per maand as Chinese interpreteerder optree wanneer ek in Engels by “Pretoria Chinese Christian Church” preek. Hy het grootgeword met ‘n sterk agtergrond van Confucianisme en Boeddhisme, maar sedert sy koms na Suid-Afrika het hy by die Chinese kerk se jeug ingeskakel waar hy blootgestel is aan die Christelike Evangelie. Sy bywoning van eredienste en gesprekke met Christene het hy as ‘n geleentheid beskou om data in te samel, wat hy by sy reeds versamelde data kon voeg in sy soeke na die volle waarheid. Net soos vir Nikodemus, kon die Evangelie van geloof in Christus nie inpas by hierdie jong wiskundige se denkpatroon van 2+2=4 nie. Hy móés die antwoord kry en daarom het hy aanhou soek. Die antwoord het nie soos die oplossing van ‘n wiskunde probleem gekom nie, maar deur die werking van God se Gees. ”Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”(Johannes 3:8) Alhoewel HT dit nie noem in sy vertelling nie, is sy verhaal omring met gebedsmeking. Hy vertel self van drie aspekte wat tot sy bekering gelei het: die lewe en vriendskap van ‘n Christen vriendin, God se Woord en ‘n gebeurtenis waartydens hy God se teenwoordigheid beleef het. Die vriendin waarvan hy praat is ‘n sendeling van Hong Kong wat in 2012 vir ‘n kort rukkie uitreik na Suid-Afrika gekom het. Sy het ‘n vertroueling vir HT geword en was selfs na haar terugkeer Hong Kong toe, altyd daar vir HT as hy raad nodig gehad het. Sy was ook die laaste persoon met wie hy gepraat het voordat hy gedoop is. Na ‘n lang gesprek oor waarheid een Vrydagaand in ‘n leë wiskunde lokaal van TUKS, het HT besluit om die Bybel ernstig te bestudeer. Die storie van Nikodemus was nogal deel van die gesprek. Tog was daar nog iets nodig. Hy sou dit wat hy gelees het as waarheid aanvaar as hy dit as ‘n werklikheid kon beleef.

10    Hartklop l  Mei/Junie

Hierdie werklikheid het afgespeel in ‘n Spar winkel. Hy het groente vir sy ma gaan koop op ‘n helder sonskyndag. Terwyl hy wegstap nadat hy betaal het, het hy besef dat hy te veel kleingeld ontvang het. Hy het dit aan die kassiere genoem, maar sy het hom verseker dat dit nie ‘n fout was nie. Al lopende, het hy weer sommetjies gemaak en besef dat hy inderdaad te veel kleingeld gekry het. Buitekant die winkel, het hy stil gaan staan om te dink oor wat hom te doen staan. Hy hét te veel geld teruggekry, maar hy hét dit ook vir die kassiere gaan sê. Net toe hy weer begin loop na sy motor toe, het daar skielik asof van nêrens, ‘n hewige bui reën uitgesak. Hy het teruggehardloop om onderdak te skuil en toe ‘n dringende stem gehoor om terug te gaan en met die bestuurder van Spar te gaan praat. Hy het dit gedoen. Hulle was verbaas oor sy eerlikheid en het hom bedank. Hy loop toe vir ‘n derde keer by die deur uit. Buite gekom, het dit ophou reën en het die son weer helder geskyn. Die hele pad huis toe, was daar ‘n pragtige reënboog voor HT. Op daardie oomblik, het hy geweet God is ‘n werklikheid. Van toe af het hy begin bid. Tydens sy doop op 3 Januarie, het hy ‘n besondere ervaring gehad. Dit was altyd baie ongemaklik vir hom om met sy kop onder water te gaan. Die gebrek aan asemhaling het hom angstig gemaak. Tydens sy doop het hy egter glad nie ongemaklik gevoel nie. Alhoewel sy oë gesluit was kon hy helder die lug bo hom deur die water sien. Iets het ook binne hom gebeur. Dit was asof die waarheid binne-in hom gekom het. Sedert sy doop het God se Woord ook vir hom oopgegaan. Bybel lees is nie net ‘n kognitiewe storing van inligting nie, maar ‘n lewensveranderende ervaring. Ek glimlag vir HT en in my hart sê ek: “Dankie Here!”  k

Chinese fietsry uitreik toer: 3 - 8 Oktober 2015 Kom trap saam fiets met die Sjinese en Sportbediening van Centurion tot in Belfast. Op pad sal ons aangaan by Sjinese winkels om vriendskapsevangelisasie te doen. Terwyl ons die wonder van God in die mooi van die natuur en mekaar op fietse beleef, gaan ons bid vir die Sjinese mense wat ons besoek. Kontakpersone: Chrisna Fourie: 071 349 5286/ chrisnafourie@psmail.net Theo van Zyl: 082 388 7724/ theovanzyl@icloud.com

2015

www.kerksondermure.org


My Voetspore

Huis Gideon PleeghuisOntmoet die nuwe huisouers Paula du Plessis

Huis Gideon Pleeghuis skop 2015 af met ‘n groot nuwe verandering – ons het nuwe huisouers, Réne en Martin Odendaal, en dit was ‘n groot voorreg vir my om ‘n paar vragies aan Réne te vra. Wat het julle oorreed om aansoek te doen as huisouers vir Huis Gideon Pleeghuis? Dit was nog altyd my passie om by minderbevoorregte, kinders betrokke te raak en ‘n verskil te kan maak. Ons is alreeds betrokke by ‘n kinderhuis en is 6 jaar lank naweeken vakansie-ouers vir ‘n dogter. Dit was iets wat ek nog altyd wou doen, maar dit was net nooit die regte tyd nie. My eie kinders was toe nog in die huis en só 'n geleentheid het 2 keer oor ons pad gekom, maar dit sou te groot omwenteling teweeggebring het ten opsigte van my eie kinders en hul skole. Verlede jaar was die keerpunt en het ek keer op keer die doel van my lewe en wat ek wil doen bevraagteken teenoor God. Ek het konstant daaroor gebid en die Here gevra om my te wys wat Sy wil vir my lewe is. Nodeloos om te sê, toe die geleentheid hom weer voordoen, het ek besef dat dit nóú die regte tyd is en dat die Here my wil gebruik - my dogter is in matriek en my 2 seuns uit die huis. Ek het binne ‘n dag getrek en die res van my huis net so gelos. Ons het darem intussen huurders vir ons huis gekry. My man deel ook my passie en ondersteun my ten volle. Wat was die gevoel toe julle die eerste keer die kinders in die huis ontmoet het? “Sjoe, jy weet julle gaan nou die ouers wees van 9 kinders, waarvan 5 tieners is! Is jy van jou sinne beroof? Het jy genoeg gedink hieroor?” Dit was ‘n fantastiese gevoel om te weet ek kan nou doen wat ek nog altyd so graag wou doen. Wat is jou gunsteling kleur? Enige skakering van blou. Wat is jou stokperdjies? Ek is nie noodwendig die beste kok nie, maar ek versamel resepteboeke en hou daarvan om te kook. Dit is vir my lekker om te sien as mense dit wat ek voorsit, geniet. Wat is die mees inspirerendste boek wat jy al gelees het? The Power of Positive Thinking. Wat is jou drome vir Huis Gideon en waar sien jy die huis oor 5 jaar? My droom vir die huis is dat elke kind wat hierdie huis verlaat, gereed sal wees vir enigiets wat die lewe na hulle kant toe gooi - goed of sleg. Daar moet geleentheid vir hulle geskep word om hulle te kan bekwaam in ‘n naskoolse rigting. Ek wil hulle leer dat kennis mag is en dat niks in die lewe net in jou skoot val nie, jy moet bereid wees om baie hard te werk om suksesvol te wees. As jy nie die eerste keer suksesvol is nie, om nie in ‘n hoekie te gaan sit nie, maar op te staan vir jouself en net harder te probeer. As ons hulle nie gaan bemagtig vir die toekoms met verdere opleiding of ten minste vaardighede nie, kan hulle in die bose kringloop van die wêreld beland. Ons is tans besig met ‘n projek (ek wil nie te veel daaroor sê nie, aangesien dit nog in die beginstadium is) om fondse in te samel vir die kinders wat reeds die skool verlaat het. Ek sien hierdie huis oor 5 jaar as ‘n huis wat werksgeleenthede kan skep vir alle kinders wat uit hierdie huis kom en om hulle elkeen met ‘n vaardigheid toe te rus vir die toekoms. Om nog baie huise te kan bekom waar ons kinders kan oplei in verskillende vaardighede wanneer hulle 18 is en waar hulle kan werk en woon sonder om te voel dat hulle nêrens tuishoort nie. Baie van hierdie kinders het geen kontak met hul ouers nie, hulle het nie ‘n veilige hawe om na terug te keer nie. Ons moet

die veilige hawe skep selfs al is hulle ouer as 18 en hulle nie vir die wolwe gooi nie. Wat is die planne vir 2015? Om ons bes te probeer om ons projek van krag tot krag te laat gaan. Om met nog projekte te begin om ons kinders te help en om hulle om menswaardigheid, integriteit en trots te leer. Hoe kan die gemeente betrokke raak en wat is op die gebedslys vir 2015? As die gemeente betrokke wil raak is hulle welkom om my te kontak. Ek soek mense wat my passie deel en wat regtig ‘n verskil wil maak in die kinders se lewe. Finansiële ondersteuning is baie belangrik, maar ook mense wat hulle tyd kan gee. Bid vir ons as huisouers, dat die Here ons die wysheid en insig sal gee om altyd dit wat ons doen, in die beste belang van hierdie kinders sal doen. Baie dankie vir die geleentheid om so bietjie meer oor jou uit te vind Réne. Jy is voorwaar 'n inspirasie vir ons almal!   k

Datums om te dagboek:

11 Mei – Projekspanvergadering om 18:00 13 Junie – Verkoop & Kuierdag by Huis Gideon 22 Junie – Projekspanvergadering om 18:00 15 Augustus – Cupcake oggend vir Mammas en kleuters/ laerskoolkinders. As jy meer oor Huis Gideon Pleeghuis wil weet, kontak Réne by huisgideonpleeghuis@gmail.com of 012 664 2199. Vir navrae oor Gideon Plek van Veiligheid se projekte kontak Paula by gideon.placeofsafety@gmail.com.

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     11


Ek kon sien die kind is bang Jaco Strydom

Byamungu beteken “vir God” in Swahili. Sy ma het hom die naam gegee omdat hy 'n geskenk uit die hemel was en sy hom graag aan God wou wy.

Afrika”. Toe ek hom vra deur watter lande hulle gestap het, sê hy: “I was a small boy, I didn’t know about the names of countries.” Hy het maar net saam met die grootmense bly stap.

Nou die dag ry Byamungu saam met my na 'n kamp. Toe ek by die garage stop om vir ons iets te ete te kry, sien ek hy is bang, hy wil nie alleen in die kar wag nie. Ek sê hy moet saam loop. Toe ons weer ry, vra ek hom uit. Hy vertel my sy storie en skielik verstaan ek waarom hy bang is.

Na maande se gesukkel kom hy uiteindelik in Suid-Afrika aan. Dis 'n lang storie, maar op 'n manier beland hy op straat in Sunnyside in Pretoria. Hy het niemand geken nie en kon net Swahili, Frans en sy plaaslike taal praat. Later beland hy in 'n skuiling vir straatkinders, waar hy leer Engels praat en weer vir die eerste keer skoolgaan.

Hy het in 'n klein dorpie in die Kongo (DRC) grootgeword. Sy pa het met mielies en kasawa geboer, sy ma het die kinders grootgemaak. Deur die week het hy en sy sussies skoolgegaan in 'n klein plaasskooltjie. Meer as een keer het die plaaslike weermag, die Mai-Mai, seuntjies so jonk as tien jaar oud kom vang om op te lei as kindersoldate. Byamungu vertel hoe hy dan onder sy pa se bed of in die woud gaan wegkruip het.

Byamungu het so min gekies om in daai dorpie in die Kongo gebore te word as wat ek gekies het om in die Vrystaat gebore te word. Hy moes moeilike keuses maak in uiters moeilike tye. Ek is in geen posisie om hom te oordeel nie, en bewonder sy moed en deursettingsvermoë (en dat hy so vinnig Engels kon leer praat!) Hy is 'n dapper jong man.

Een aand het 'n ander terroristegroep uit Burundi hulle dorpie aangeval. Hulle het handgranate gegooi, mense voor die voet geskiet en met pangas gekap, selfs oumense en kinders, die vrouens verkrag en die huise en kerke aan die brand gesteek. Byamungu het deur die nag gevlug. Hy kon die gille kilometers ver in die donker hoor.

Dis nie maklik om 'n Kongolese straatkind te wees in Pretoria nie. Hy vertel die verskriklikste stories oor hoe die plaaslike Suid-Afrikaners hom al behandel het, hom uitkryt as “Makwerekwere”. Hoe dikwels die polisie hom arresteer en aanrand. Hy het al gewens hulle wil hom deporteer, maar hulle wil nie, sê hy, en hy het in elk geval nêrens om heen te gaan nie. Die mense by Binnelandse Sake maak dit amper onmoontlik vir vlugtelinge soos Byamungu om wettiglik in die land te wees.

Op 'n manier het hy die volgende paar dae deel geword van 'n groepie vlugtelinge wat Suidwaarts gestap het. Van hulle het vertel dat hulle veilig sal wees in 'n land met die naam, “Suid-

Terwyl ek na sy storie luister weet ek een ding. Een van twee groepe mense in ons land gaan vir ’n kind soos Byamungu 'n familie wees, óf die misdadigers, óf die kerk.  k

12    Hartklop l  Mei/Junie

2015

www.kerksondermure.org

Foto: http://themedes.org/wp-content/uploads/2013/05/refugees-from-DR-Congo-board-a-UNHCR-truck-in-Rwanda.jpg

My Voetspore


My Voetspore

Olievenhoutbosch se Bejaardesorgprojek bring Hoop en Blydskap

Dr Elma Krüger

Maandagoggende is die Munisipale Gemeenskapsentrum van Olievenhoutbosch ‘n kuierplek van besige, gelukkige en toegewyde ouer persone waar hulle onder toesig van Centurion Raad vir Bejaardes (CRB) se personeel en vrywilligers, inskakel by ‘n georganiseerde program. Tussen 09:00 en 13:00 is ongeveer 50 bejaardes van die plaaslike gemeenskap deel van Bybelstudie, gebed, sang, oefeninge, handwerk, primêre gesondheidsorg en kwartaallikse inlingtingsessies oor toepaslike onderwerpe.

lon gewerk en geniet skeppende arbeid. Op uitnodiging van die tuisversorgers van CRB, het Rosemarie drie jaar gelede by die handwerkgroep begin inskakel. Hier het sy leer naaldwerk doen en was kinderlik opgewonde daaroor. Tans het sy haar eie klere-herstelbedryf tuis en is onlangs deur twee winkels gekontrakteer vir gordynemaak. Rosemarie loof die Here vir haar talente, maar ook vir mense wat haar gehelp het om haar verborge gawes te ontdek en dit te gebruik.

Stories is ‘n heerlike ervaring vir bejaardes. Hulle geniet dit om hul lewensverhaal te vertel, veral as daar met geduld geluister word. Van tyd tot tyd sit ek tussen die bejaardes en verneem graag na hulle lewensverhale. Op 9 Maart 2015 het twee lede hulle stories vertel en op dié wyse kom dankie sê vir die weeklikse ontwikkelingsprogram waarby beide reeds vir baie jare betrokke is.

Die tweede storie handel oor Raphael Nube gebore 1 Augustus 1937. Hy is in Zimbabwe gebore en vestig homself in 1960 in Suid-Afrika. Raphael was ‘n toegewyde tuinier en tree af in 2007. Hy het onlangs sy vrou aan die dood afgestaan. Die tuisversorgers van CRB ontdek hom as ‘n eensame en redelik verswakte persoon. Hulle moedig hom aan om die Maandagoggendprogram by te woon. Vir ses jaar is Raphael lid en geniet elke oomblik van die program. Hy doen naaldwerk, leer brei, hekel en het in 2013 die borduurwerkprys gewen! Sy gesondheid het danksy ‘n meer aktiewe lewe verbeter. Sy blydskap en dankbaarheid is aansteeklik en hy moedig sy vriende aan om deel te word van die groepsaktiwiteit. Sy boodskap is: bly besig en bly weg van drank en rook! Hy is lid van die Apostoliese Kerk en is altyd bereid om te open met Bybellees en gebed.

Die eerste storie handel oor Rosemarie Sibanyane, wat na haar aftrede vir die Here gevra het om aan haar ‘n nuwe toekoms na 60-jarige ouderdom te gee. Sy het voorheen in ‘n skoonheidsa-

Saam met dié twee positiewe stories sê CRB ook dankie aan ons Hemelse Vader vir sy sorg, maar ook aan kerksondermure vir getroue bystand, ondersteuning en gebede.  k

Te oordeel aan die deelname van die lede aan Bybelstudie, gebed en samesang, is Christus die fokuspunt en samebindende faktor tussen ons almal.

Ten spyte van haar swaarkry, jubel tannie Annie in die Here Centurion Raad vir Bejaardes word daagliks gekonfronteer met swaarkry, armoede en bekommernisse van ouer persone. Gelukkig kom ons ook in aanraking met bejaardes wat ten spyte van ingrypende lewensgebeure, jubel en die toekoms met ‘n glimlag tegemoet gaan. So ‘n persoon is tannie Annie Ferreira wat op 86-jarige ouderdom nie toelaat dat swaarkry haar lewensvreugde steel nie.

Tannie Annie was ‘n plaasdogter, was vir meer as 50 jaar gelukkig getroud en het drie kinders gehad. Vyf jaar gelede sterf haar enigste seun aan kanker en twee jaar daarna verloor sy haar man aan mondkanker. In dieselfde jaar sterf een van haar kleinseuns in ‘n motorongeluk en ‘n jaar daarna word haar skoondogter vermoor. ‘n Mens kan bykans nie glo dat een mens soveel hartseer na jou 80ste verjaardag kon beleef nie. Maar as ons maatskaplike werkers tannie Annie besoek, vind jy haar altyd besig om iets konstruktiefs te doen. Om haar karige pensioen aan te vul, kook sy konfyt en doen pragtige handwerk. Afvallappies, wol en enige bruikbare items wat ons vir haar bring, verwerk sy en maak ‘n ekstra geldjie. Vra jy vir tannie Annie hoe sy staande bly, ten spyte van al die terugslae, is haar antwoord: “Met my God as enigste Helper en Toevlug, kon ek deur die jare oorleef en vind ek daagliks nuwe krag. Geld het ek nie baie nie, maar my hart is vol liefde vir God en my naaste.” Habukuk 3:18 is my grootste inspirasie: “Nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder”. www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     13


My Voetspore Vera van Dalen

K ind er

hoef nie bekommerd te wees nie, maar dit is tyd vir hom om huis toe te kom.” Die gesprek het op ‘n sagte maar seer manier plaasgevind. Die pappa het vertel hoe ‘n geweldige hartseer oorgeneem het en die trane het spontaan van sy wange begin rol. Sy seun was egter baie gemaklik sonder enige ontsteltenis. Hy het langs die bed gestaan en afgekyk met ‘n intense knop in die keel. Skielik het ‘n emosie van ongekende vrede sy innerlike begin vul en sy behoefte om te huil het gewyk. Hy kon met ‘n kalmte toekyk hoe sy seun stadig maar seker weggly en met die mooiste vrede sterf. Sy laaste sin was: “Maar die mooiste vir my was om daar te staan en te weet hy het vrede en toe kom rus die gees van vrede op my en my huil was weg.”

s met k

Dié omgewing het my geleer dat liggaamlike ouderdom en geestelike volwassenheid nie aan mekaar gekoppel is nie. ‘n Jong kindjie verstaan soms baie beter wat God se wil vir sy of haar lewe is. Ons sien gereeld dat kinders ‘n geestelike ervaring beleef het, Jesus gesien of ervaar of met Hom gepraat het. Ander het ‘n engel gesien en weet net dat hul ‘n maatjie saam met ‘n engel sien wegstap het, sonder dat hul deur iemand ingelig is van ‘n maatjie se afsterwe. ‘n Pappa vertel onlangs kort na sy seun se dood die volgende: “Ek het met hom gesels nadat die dokters vir ons gesê het hul kan niks meer vir hom doen nie. Hy sê toe vir my Jesus het langs sy bed kom staan en sy hand vasgehou. Jesus het gesê hy

r e k an

Sterf is deel van lewe en tog is ons bang vir al die onsekerhede. Dit is ‘n voorreg om ouers en kinders te kan voorberei om uit te sien na die onvermydelike. Ons werk is baie sensitief en op heilige grond en daarom vra ons ook met sensitiwiteit vir mense om daaroor te bid om die werk te ondersteun. Ons het hulp nodig. Indien jy voel jy kan ‘n verskil maak, stuur asb. 'n e-pos met jou volledige e-posadres na tlc@cansa.org.za. Gee asb ‘n aanduiding van wat jy in gedagte het, dae en tye wat jy beskikbaar is en hoe jy diensbaar wil raak, asook of ons jou dienste volgens behoefte kan aanvra.  k

Israel Uitreik Benodig 5 of meer mense vir 'n uitreik na Israel. 27 Junie tot 10 Julie Vir meer inligting kontak: Molly Miessner 082 426 6141/mollymiessner@gmail.com

14    Hartklop l  Mei/Junie

2015

www.kerksondermure.org

Foto: http://2.bp.blogspot.com/-9XynHd5HYvE/Tj_rZC9sj5I/AAAAAAAAGxw/bbvzoDh03vQ/s1600/ Israel%2Bflags%2B-%2Bthree%2Bin%2Ba%2Brow.JPG

Kan jy visualiseer dat jy vir ander vertel, toe jou kind gesterf het, was dit so mooi? Vir die meeste mense is dit onbegryplik om te verstaan dat die pynlikste ervaring denkbaar beskryf kan word met ‘n ongelooflike positiwiteit. Binne die kinderkanker omgewing is dit ‘n hartseer realiteit dat sommige kinders se behandeling nie tot genesing lei nie. Wat wel opmerklik is, is dat die kinders emosioneel vinnig volwasse word. Binne die onkologie raamwerk maak jy vriende met ander kinders wat ook teen die “groot K” baklei. Op ‘n jong ouderdom kan baie jou vertel van ‘n maatjie wat oorlede is. Baie verstaan die konsep van sterf beter as volwassenes.


My Voetspore

Ek het jou by die naam geroep, jy is Myne… Voel jy soms of jy op paaie loop waar ander mense nie wil loop nie, omdat dit ‘onveilig’ is, omdat dit nie hulle passie is nie? Voel jy die Here het vir jou ‘n groter doel? Is jy gestuur om die Here se woord te gaan uitdra vir die onbereikte nasie (Jes 55:5) hier in Suid-Afrika? Moslems is nie net die mense wat daar ver in ander lande woon wat nie glo in Christus se koms nie, hulle kan jou buurman, jou kollega, die man of vrou wat agter jou in die ry staan wanneer jy in die supermark is, die kinders wat saam met jou kinders in die skool is… Hulle is ook nie net die radikale selfmoord bomaanvallers wat teen almal is wat nie in hulle god glo nie. Sommige van hulle is bereikbaar, maar net oningelig oor Christene, oor Christus en oor Sy koms, asook die feit dat Hy vir ons sondes kom sterf het. As die Here met jou hart praat wanneer jy hierdie dinge hoor, dan deel ons mekaar se hart.

Charlotte Roussow

Wil jy dalk op een van die volgende maniere betrokke raak?   •  Saam kom bid.   •  Met liefde 'm gesprek voer met 'n Moslem.   •  Met jongmense 'n pad loop deur middel van sportbedie   ning.   •  Op ander maniere betrokke te raak. Op verskeie uitreike na Israel, Turkye, Zambië en talle dorpies in Suid-Afrika, het ek gesien hoe die Here in alledaagse mense se lewens aanraak met Sy wonderlike krag en liefde. Dus, enigiemand met 'n opregte hart is welkom om die opwindende reis mee te maak. Vertrou God met jou bedieningsdroom en meld aan. Moenie dat jou spraakgebrek (Eks 4:10), jou klein postuur (1 Sam 17) of jou ongeloof in jouself (Matt 14:30 & Matt 17:20) in sy pad daarvan staan om jou roeping te vervul nie.  k Ons beplan om DV die 9de Mei 2015 in Erasmia ‘n verskil te gaan maak — as sportbediening, Moslems, die verlore volk (of voorbidding vir die dag) deel is van jou passie, kontak my asseblief op 079 280 4831 of skarrel@gmail.com

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     15


16    Hartklop l  Mei/Junie

2015

www.kerksondermure.org

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

19:00 Veritas HL 10:00 GriefShare MS 19:00 Bybelskool MS

09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant HL 18:30 Huweliksvoorbereiding MS 18:30 Authentic Manhood HL 18:30 KB: (HL) KGL Opleiding

09:00 MaMs byeenkoms HL 09:00 Seniors@Midstream 09:30 Oppiekoppie Seniors HL 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Bybelskool HL

08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL 16:00 Midstream Gemeentefees

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

18:30 Voetspore Projekvergadering HL 19:00 Veritas HL 19:00 Bybelskool MS

09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant HL 18:30 Huweliksvoorbereiding MS 18:30 Authentic Manhood HL 18:30 KB: (HL) KGL Opleiding

09:00 Senior Bybelstudie HL 19:00 Wip byeenkoms HL 19:00 Kuria byeenkoms HL

Hemelvaart 08:00 Engelse diens HL 19:00 Afrikaanse diens HL 19:00 Engelse diens MS

08:00 Beroepsforum HL 09:30 Beradersforum HL 19:00 Belydenisaflegging HL

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

/31      Sondag

Nagmaal Geen kindereredienste Geen Tienerdienste 12:00 Rondom 40 Omgeegroep (Tyd met God) Inligtings- en oriënteringsdienste HL & MS GriefShare Retreat Kamp

Pinksterfees

24

Pinkster begin Pinksterdiens: 08:00 & 10:00 HL & MS

Pinksterdienste 19:00 HL & MS 09:00 Snr Oefeninge HL

Doopregistrasie vir Jun sluit

Pinksterdienste 19:00 HL & MS

09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekbediening oef

Registrasie - Belydenisaflegging sluit HL

08:00 Beroepsforum HL 08:30 Sielkunde Forum HL 18:30 SingleSonderMure HL 19:00 Belydenisaflegging MS

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL

09:00 Senior Bybelstudie HL 19:00 Wip byeenkoms HL 18:45 Selindeling HL

09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekbediening oef

Sondae eredienstye - tensy anders aangedui:  Hippolaan: 08:00, 10:00 & 18:30  •  Midstream: 08:00 & 10:00

09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant Werkswinkel HL 18:30 Authentic Manhood HL 18:30 KB: (MS) KGL Opleiding

08:00 Beroepsforum HL 19:00 Vroue@Midstream Sprekeraand GriefShare Retreat Kamp

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream 09:00 UBA Uitreik HL & MS GriefShare Retreat Kamp

25      Maandag 26      Dinsdag 27     Woensdag 28     Donderdag 29       Vrydag 30      Saterdag

Pinksterdienste 19:00 HL & MS 10:00 GriefShare MS

17       Sondag 18      Maandag 19      Dinsdag 20     Woensdag 21     Donderdag 22       Vrydag 23      Saterdag

Moedersdag

10       Sondag 11      Maandag 12      Dinsdag 13     Woensdag 14     Donderdag 15       Vrydag 16      Saterdag

Doop: 12:00 Hippo; 08:00 & 10:00 MS Geen kindereredienste Geen Tienerdienste

03       Sondag 04      Maandag 05      Dinsdag 06     Woensdag 07     Donderdag 08       Vrydag 09      Saterdag

Mei 2015 Werkersdag

01       Vrydag 02      Saterdag


www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     17

09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant HL 18:30 Authentic Manhood HL 18:30 KB: (MS) KGL Opleiding

09:00 MaMs byeenkoms HL 09:00 Seniors@Midstream 09:30 Oppiekoppie Seniors 18:30 Midstream BKS 19:00 Wip byeenkoms HL 18:45 Selindeling HL

09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Doopvoorbereiding Opvolg HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream Manne Ontbyt HL & MS

10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL

09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant HL 18:30 Authentic Manhood HL 18:30 Gebedsopleiding HL

09:00 Senior Bybelstudie HL 19:00 Wip byeenkoms HL 18:45 Selindeling HL

09:00 Bybelstudie HL 18:30 DivorceCare HL & MS 18:30 DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single&Parenting HL 18:30 GriefShare HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum HL

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

Skole Vakansiedag

Jeugdag

09:00 Senior Bybelstudie HL 09:00 MaMs byeenkoms HL 19:00 Wip byeenkoms HL

09:00 Bybelstudie HL 19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL 08:30 Sielkunde Forum HL 18:30 SingleSonderMure HL 19:00 Belydenisaflegging HL

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

19:00 Veritas HL

09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant Werkswinkel 18:30 Authentic Manhood HL 18:30 Gebedsopleiding MS

Geen kindereredienste

08:00 Vakansieprogram HL & MS

08:00 Vakansieprogram HL & MS 09:00 Snr Oefeninge HL

28       Sondag 29      Maandag 30      Dinsdag

Vadersdag

09:00 Bybelstudie HL 19:00 Musiekbediening oef

Skole Sluit

Junie 2015

Doopregistrasie vir Jul sluit

08:30 Maatskaplike Werkers Forum HL 09:00 Senior Bybelstudie HL 19:00 Wip byeenkoms HL

07:00 Hardloop vir Bybels 07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

21       Sondag 22      Maandag 23      Dinsdag 24     Woensdag 25     Donderdag 26       Vrydag 27      Saterdag

Geen kindereredienste Geen Tienerdienste

14       Sondag 15      Maandag 16      Dinsdag 17     Woensdag 18     Donderdag 19       Vrydag 20      Saterdag

Doop: 08:00, 10:00 HL & MS 12:00 HL

07       Sondag 08      Maandag 09      Dinsdag 10     Woensdag 11     Donderdag 12       Vrydag 13      Saterdag

10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL

01      Maandag 02      Dinsdag 03     Woensdag 04     Donderdag 05       Vrydag 06      Saterdag

Kindereredienste: Hippolaan: 08:00 & 10:00  •  Midstream: 08:00 & 10:00; 16:45 (Gr7’s) Tieners@Hippolaan: 17:00 Belydenisklas, 17:30 Kuierkerk, 18:30 Selgroepe  •  Tieners@Midstream: 17:00 Kuierkerk, 18:00 Belydenisklas & Selgroepe


Dagboek

01     Woensdag 02     Donderdag 03       Vrydag 04      Saterdag

Julie 2015

08:00 Vakansieprogram HL & MS

08:00 Vakansieprogram HL & MS

19:00 Wip byeenkoms HL

19:00 Musiekbediening oef

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

05       Sondag 06      Maandag 07      Dinsdag 08     Woensdag 09     Donderdag 10       Vrydag 11      Saterdag Doop: 12:00 HL & MS Geen kindereredienste

09:00 Snr Oefeninge HL

19:00 Wip byeenkoms HL

19:00 Musiekbediening oef

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

12       Sondag 13      Maandag 14      Dinsdag 15     Woensdag 16     Donderdag 17       Vrydag 18      Saterdag Geen kindereredienste

09:00 Snr Oefeninge HL

19:00 Wip byeenkoms HL

19:00 Musiekbediening oef

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

19       Sondag 20      Maandag 21      Dinsdag 22     Woensdag 23     Donderdag 24       Vrydag 25      Saterdag Geen kindereredienste

Skole Open 19:00 Veritas HL

Midstream Skool Open 09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant HL KB: (HL & MS) (Koördineerdersvergadering 18:00 (Peuters/ Kleuters); 18:40 (Jr/Sr):19:30 (Gr 7)

19:00 Wip byeenkoms HL

19:00 Musiekbediening oef

08:00 Beroepsforum HL 08:30 Beradersforum HL 18:30Manne Lofprysing HL 18:30 SingleSonderMure HL

07:00 Gebed@Hippolaan 08:00 Gebed@Midstream

Doopregistrasie vir Aug sluit

26       Sondag 27      Maandag 28      Dinsdag 29     Woensdag 30     Donderdag 31       Vrydag Wêreldsbeskouing-reeks HL & MS 11:30 MS Selindeling TB: Groepleiers Opleiding 14:00 – 17:00, Kletskamer & Aandiens HL & MS 18:30 Aanddiens Midstream ?

10:00 GriefShare MS 19:00 Veritas HL

18    Hartklop l  Mei/Junie

09:00 Snr Oefeninge HL 18:00 Diepkant HL 18:30 Dienswerker Motivering HL 18:30 Huweliksvoorbereiding HL

Senior Bybelstudie: 09:30 HL & 11:30 MS 18:30 Midstream BKS 19:00 Wip byeenkoms HL

09:00 Bybelstudie HL 19:00 Musiekbediening oef

2015

08:00 Beroepsforum HL 08:30 Sielkunde Forum HL 19:00 Kultuuraand Voetspore HL

www.kerksondermure.org


Dagboek

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     19


Ons is bedraad om ander   te help en by te staan Romeine 5:3-4 “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop...” Sjoe, God het ons so wonderlik geskape dat elke stuk swaarkry, klein of groot, die potensiaal het om ons sterker en meer hoopvolle mense te maak. Dan staan daar ook verder geskrywe in Handelinge 20:35. “Om te gee, maak mens gelukkiger as om te ontvang.” Dit verwys nie net na geld nie, maar ook tyd, juis om dit wat jou sterker en meer hoopvol maak om dit saam met mense uit te leef en hulle so by te staan.

Carl du Preez

So, kom en gryp ‘n tarentaalveer, druk dit in die ink en skryf jou storie. Skryf heel eerste van dit wat vir jou mooi, lekker en spesiaal is; dit wat jou ‘n huppel in jou stap gee; dit wat jou laat voel daar is tog sin in hierdie lewe; dit wat jou ‘n hoendervel-lekkerte gee; dit wat jou tevrede laat voel, en dit wat jy waardeer. Eers dán kan jy skryf oor daardie stories wat jy eerder maar net wil vergeet, wat voel of dit al die positiewe stories soos ‘n uitveër uitwis en maak dat jy maar eerder die tarentaalveer wil neersit en die inkbottel by die venster uitsmyt. Ons by die Netwerk vir Lewe Sentrum word daagliks aangeraak deur mense se stories - hartseerstories, alleenstories, einastories, bangstories asook vasgevang- en raadopstories. Ons netwerk staan verwonderd oor hoe God van hierdie stories in berustingstories, glimlagstories, helingstories en versterkingstories verander en herskryf. Dit is dan wanneer ons besef dat God se hand saam met ons s’n die tarentaalveer opneem, in die ink druk en ons storie help skryf. Is jy God se instrument om mense te help en hiermee by te staan? Ons glo dat God ons elkeen bedraad het om ander te kan bystaan en ondersteun, maak nie saak wie jy is of watter gawes of talente jy het nie. Hoe ons luister, wat ons doen en hoe ons uitreik na mense en hulle stories se waarde lê gewortel in die gawe wat God aan elkeen van ons gee - om emosioneel besorg te wees oor mense wat swaarkry. Ons glo dat dit die beginpunt is om mense en onsself

by te staan om hulle swaarkrystories te verander en te herskryf na hoopstories. Al wat dit vra is om deur die onderstaande, die omgeeruimte te skep waarin God sy werk kan doen, nl. om:   •  Na mekaar te laat uitreik...   •  Intens bewus te raak van mekaar...   •  Verdraagsaam te wees teenoor mekaar...   •  Mekaar te verstaan...   •  Na mekaar te luister...   •  Empaties teenoor mekaar te wees Ek herhaal weer: Romeine 5:3-4 “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop...” Sjoe, God het ons so wonderlik geskape dat elke stuk swaarkry, klein of groot, die potensiaal het om ons sterker en meer hoopvolle mense te maak. Dan staan daar ook verder geskrywe in Handelinge 20:35, “Om te gee, maak mens gelukkiger as om te ontvang.” Dit verwys nie net na geld nie, maar ook tyd, juis om dit wat jou sterker en meer hoopvol maak om dit saam met mense uit te leef. So, kom en gryp weer ‘n tarentaalveer, druk dit in die ink en kom help ons skryf aan ons, jou en ander se stories...  k

Gaan loer na dié nuwe webwerf! 100% of all funds donated goes to Sosial Upliftment Services projects www.socialupliftmentservices.co.za 20    Hartklop l  Mei/Junie

2015

www.kerksondermure.org

Foto: http://stillblog.net/wp-content/uploads/2012/01/pintade-guinea-fowl-feather-2.jpg

Persoonlike Sorg


'n

Stories

SWAARKRY-STORIE word herskryf in 'n HOOP-STORIE Herman Coetzee

Elke keer as ek ‘n sirene hoor, wonder ek: wie se lewe het nou verander; watter slegte ding het gebeur; wie het dalk seergekry? Maar as daardie ‘sirene’ by jou eie huis afgaan... verander dinge in 'n oogwink!!! Die een oomblik nog saam voor die TV, toe... is sy WEG, net skoonveld WEG!!! Dit is hoe ons naweek (13 Februarie 2015) van ‘n emosionele mallemeule begin het toe ons tiener meisiekind net ewe skielik weg was – niemand het geweet waar nie... Ons was stukkend! In hierdie donker plek vol vrae, vrese en benoudheid het iets ongeloofliks gebeur. Daar was 'n stortvloed van weldoeners, vreemdelinge, onbekendes, van hier en orals wat help soek het, oproepe gemaak het, pamflette uitgedeel het en selfs kos aangedra het. Ons was oorweldig deur die goedertrou en onbaatsugtigheid van Centurion se gemeenskap. Dit is mos waaroor Christenskap gaan! Prys die Here dat ons meisiekind gevind is deur die hulp van so baie en nou weer veilig by ons is! Tog bly die vraag:   •  Waarom?   •  Wat het gebeur?   •  Hoe gebeur so iets?   •  Wat kon ons anders gedoen het? Ons as ouers het nie altyd antwoorde hierop nie. As daar maar net ‘n handleiding vir ouerskap was waar ons kon leer oor die REGTE manier om kinders groot te maak, maar daar is nie so iets nie, nè? Ons almal is net te verskillend, te divers, persoonlikhede verskil net te veel en omstandighede is net nooit dieselfde nie.

Die eeue-oue stryd tussen grootouers, ouers en kinders duur maar net voort sonder dat ons verstaan waarom. Die enigste ding wat konstant bly is dat ons nie alleen is nie, al voel dit soms so, en dit is waar ek wil ‘begin’. Ek wil vandag ALLE ouers bekendstel aan ‘n groep ouers wat, na afloop van die gebeure van 13 Februarie 2015, begin het om saam te praat. Ons het ‘n groep op Facebook begin as deel van ons ‘teruggee’ aan die gemeenskap wat ons so gedra het toe ons verpletter en stukkend was. ‘n Groep waar ouers hulle vrae aan ander ouers kan vra, waar professionele raad gedeel word en waar ons as ouers kan leer. ‘n Groep waar ons vir mekaar kan sê: “Ek bid vir jou” en “God is lief vir jou”. ‘n Groep waar vrae gevra word rakende ELKE aspek van ouer wees. Ek wil elke ouer uitnooi om sommer vandag nog by die sowat 900 ander ouers aan te sluit wat mekaar reeds ondersteun en mekaar se stories deel, ja, daar waar swaarkrystories weer hoopstories raak, al is dit ook net 'n ‘klein’ swaarkry. "Parents with Teenagers in Centurion" is die groep wat ‘n verskil kan maak in jou verstaan en jou verhouding met jou kinders. Kom deel in oop gesprekke met ander ouers, tydens kleiner byeenkomste met spesifieke temas, of sommer net omdat dit vir jou lekker is om saam te praat en stories te help skryf, oorskryf en herskryf. Kom word deel van ouers wat van iets spesifiek tot algemeen wil deel oor ouerskap, krisisse en jou passie vir jou gesin. Kom ons help mekaar om gesinne te wees vir God. www.facebook.com/groups/Pwtic  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l  Mei/Junie 2015     21


Verhoudingsgroepe Kuria Vroue se fokus vir die begin van die jaar was tyd en ritme... Oral om ons is altyd-besig, moë en moedelose mense, uitgeput en uitgebrand met te min tyd en te veel oortyd. Wat dryf dit en wat jaag ons? Erkenning van mense of die soeke na sekuriteit en stabiliteit en genoeg geld vir ‘n annuïteit?

Lindie Strydom

Ons is dood-besig om met ‘n gejaagde-hart iets groots met ons lewens vir die Here te probeer doen. Ek glo “almal het my nodig” en “alles hang van my af” terwyl ek my flou sleep aan al die skuldgevoelens, want ek voel ek maak dit nie! “Eintlik gaan dit glad nie oor wat ek vir die Here moet doen nie, maar wat Hy van my vra!” Dit is die woorde van Stephan Joubert wat sommer ‘n reuse las van ons skouers kom afhaal het. Gedrewen(TYD) uit ‘n haastige hart, is gelyk aan gejaag(TYD), stres en uitbranding. Rus in Jesus en ‘n sekerheid van ons identi(TYD) in Hom, lei tot dringen(TYD). Ook Tom Smith verstaan die spanning wat ons beleef tussen ons “binne” lewe saam met Jesus en ons roeping na buite in die wêreld. Die “doeners” raak bitter van bitter-besig wees en die “denkers” kan dalk sukkel om hulle

In pas met Jesus

geestelike lewe met die regte wêreld om hulle te verbind. Hoe kan ek nader aan God groei en in pas kom met Jesus? Hoe kan ek die lewe van Jesus toelaat om deur elke deel van my liggaam en lewe te vloei en die wêreld om my te raak? Fokus. Ons harte, ons gedagtes, ons tyd, ons inspanning, ons energie en ons lewe op Jesus, want in kontras met ons malle gejaag na wind, het Jesus altyd TYD gehad. Dit beteken nie Hy was nie besig nie, maar sy intimi(TYD) met sy Vader was priori(TYD) en ons sien die vrug daarvan – bewus(TYD)! Jesus sien raak, Hy stop en Hy gaan nader. Ons steel by hierdie einste intimi(TYD) vir wat ons glo sal lei tot groter effektiwi(TYD) en produktiwi(TYD). Ons mense en ons mens-wees ly daaronder. Ons word soos masjiene, gedruk om elke sekonde van elke dag te laat tel. Ons jaag bo-oor mense en geleenthede, want ons kan nie bekostig om te stop, te sien, te hoor of te help nie. Ons verhouding met die Here word bloot ‘n plek en tyd waar ek kom krag haal vir al my baie aktiwi(TYD).

22    Hartklop  l  Mei/Junie

Jesus nooi ons vir ‘n leef(TYD) van intimi(TYD) en ‘n radikaal ander ritme in sy voetspore. Mat.11:28-30 (Die Boodskap) “Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe! By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek. Kom luister na wat Ek vir jou oor die lewe wil leer. Ek sal jou leer dat geluk nie is om heeltyd net vir jouself te leef nie. Jy sal ontdek wat dit beteken om nog vir ander mense tyd en liefde oor te hê. Kom ontdek watter vreugde dit bring om te leef soos God wil hê jy moet leef. Dis nie moeilik om so te leef nie; om die waarheid te sê, as jy so begin leef, sal jy agterkom hoe lekker die lewe regtig kan wees.” Miskien moet ons een Sondag almal ons horlosies in die kollektebordjie gooi, want as ek my TYD gee, gee ek myself...  k

2015

www.kerksondermure.org


Volwasse Belydenis

‘Foundation        group’ 'n Sterk fondasie is noodsaaklik vir enige huis om sterk te staan. So is dit ook met die geloof: sonder ’n standvastige fondasie is al ons bouwerk tevergeefs. Daarom het God vir ons al die nodige gereedskap gegee in sy Woord om ons geloof mee te bou, maar tog besluit ons eerder op goedkoop boumateriaal soos: ‘selfhelp’ boeke, oppervlakkige gesegdes, volkstradisies en egosentriese begeertes. Jesus Christus is nie net die fondasie nie, maar ook die meester argitek van ons geloof en in plaas daarvan om Sy bloudruk vir ons lewens te volg, kies ons meeste van die tyd om ons eie plan van gemak en selfsug te volg, waarvan die uiteinde die dood is. En wanneer die storms van die lewe kom en ons mooi versierde huisies verwoes, is God altyd die eerste een wat geblameer word.

Meiring de Wet

uitvoering gebring (Ef. 1:9,10). Ons het dus nie meer nodig om te wonder wat God se wil is nie, maar ons het wel nodig om dit opnuut weer in sy Woord te ontdek. Dit is immers God se wil dat ons moet weet wie Hy is; dit is God se wil dat ons moet weet hoe lyk sy koninkryk; en dit is God se wil vir ons om ons roeping as kerk uit te leef!

Die waarde van die 'Foundation group' is juis om bogenoemde tendens te verhoed, deurdat ons in ’n interaktiewe groep saam wandel in die Woord om die fondasie van ons geloof te vestig. Dit breek my hart dat soveel kinders van die Here al jare lank vir Jesus volg en steeds nie weet wat God se wil is nie.

By ‘Foundation group' gesels ons juis oor hierdie fondasies van geloof en indien jy die behoefte het om weer opnuut jou geloof te versterk (of eerder toe te laat dat God jou geloof versterk), is jy meer as welkom om by ons in te skakel. Dit is spesifiek gemik op diegene wat volwasse belydenis wil aflê, gedoop wil word, of net bloot hul verhouding met die Here wil verdiep.

God het volgens sy besluit en voorneme die geheimenis van Sy wil aan ons bekend gemaak en dit deur Christus finaal tot

Moet nie aan die einde van jou lewe kom net om uit te vind dat al jou bouwerk tevergeefs was nie.  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     23


Kinderbediening Fokus Op Sondag, 19 April, het kinders - vanaf peuterfase tot Gr.6 – Paasfees in die kinderkerk gevier. Hierdie jaar egter met ‘n effense “twist”. Hiervoor moes ons die mees bedrewe kokkedore inspan, sodat die saad van die waarde en betekenis van Paasfees in vrugbare grond kon val. Tiesie de Coning

Ons tema was: “Dink daaraan en glo…” Kinders is dus gedurende die les kort-kort tot stilswye geroep met die woorde: “Dink daaraan en glo...”

Die onthou-vers was Joh 10:10. Om hierdie Skrifgedeelte weer by kinders in te skerp, kan ouers die volgende eenvoudige gebare gebruik: Johannes (klink soos “jo-han(de)” - vryf die hande vinnig teen mekaar) 10 (10 vingers) vers 10 (10 vingers): “Ek (arms skouerhoogte uitgestrek na die kante om Jesus aan die kruis aan te dui) het gekom (stap op een plek), sodat hulle (wys na mekaar) die lewe kan hê (spring in die lug), en dit in oorvloed” (vorm ‘n groot sirkel met die hande van bo die kop tot by die bo-bene).

DINK DAARAAN EN GLO…

Kinders is vir ons Paasfees-erediens met die geluid van Paasfeesklokke nader geroep. Hierna het die klokkespel van “Veels geluk, liewe maatjie” in ons eredienste weergalm. Toe was dit tyd vir kinders om Jesus te dank vir die Paasfeesklokke wat ons weer aan die Paasgebeure herinner. Ons kokkedore het na vore getree en aangekondig dat daar vandag Paasfeeskoekies gebak gaan word. Ons het na Mugg & Bean se advertensie gekyk en George Mugg en Edmund Bean het ons kokkedore geïnspireer. Die voorskootbande is vasgemaak en die sjefhoede netjies op die kop gesit. Die ys was gebreek en die kinders het vasgenael gesit en luister... Die resep is in die Paasverhaal in die Bybel gevind en die bestanddele is een-een voorgehou. Die pekanneute is in 'n sakkie gesit en met 'n houtlepel stukkend gekap terwyl kinders geluister het na Jesus se verhoor en hoe Hy gegésel en gespot is. Dink daaraan en glo dat Jesus in ons plek gely het. Nou vir 1 teelepel asyn in ons beslag. Kinders het geluister na die kruisiging en hoe die soldate 'n spons in suur wyn gedoop het en op 'n hisoptakkie gesit het. Elke kleingroepleier het 'n bakkie met asyn gehad, sodat die kinders daaraan kon proe. Dink daaraan en glo, dat Jesus se bittere lydensweg tot ons redding gelei het. Drie eiers is in die beslag geroer. Eiers herinner ons aan lewe. Jesus het gekom, sodat ons die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Dink daaraan en glo: Jesus se koms na die wêreld het vir ons lewe in oorvloed moontlik gemaak. Saam met die eiers is 'n knippie sout bygevoeg. Sout laat ons dink aan Jesus se dissipels se smart na sy dood. Ons dink ook aan die klomp vroue wat hardop gehuil het. Kinders kon nou hulle vingertjies in 'n bakkie druk en aan die sout proe. Dink daaraan en glo dat al is ons harte baie seer as ons aan Jesus se kruisiging dink, ons ook baie bly is, omdat Jesus opgestaan het en lewe! Ons Paasfeeskoekiebeslag het ook 'n koppie suiker gekry. Suiker laat ons dink aan die soet gedagte dat God baie lief is vir ons. Kinders het spontaan opgestaan en Joh 3:16 opgesê. Hulle het

24    Hartklop l  Mei/Junie

emugg.com

http://www.th

geproe aan die suiker in die bakkie by die kleingroepleier. Dink daaraan en glo dat God elke kind so liefhet dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat as ons in Hom glo, geen kind verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Wat 'n soet gedagte! Die fyn neute is bygeroer en die beslag is geklits terwyl kinders na 'n animasie video oor Jesus se lewe, sy kruisiging en opstanding gekyk het. Daarna is die deeg met ‘n teelepel op die bakpapier in die bakpan geskep. Kinders het geluister na Matt 27:5760. Die koekiedeeg op die bakpapier het net soos Jesus se graf gelyk. Dink daaraan en glo: Jesus het in ons plek gesterf, maar is ook opgewek uit die dood en gee vir ons die ewige lewe. Een van die kleingroepleiers het die koekies in die oond gesit en die skrefie van die oond se deur met kleeflint verseël, sodat die hitte nie kon ontsnap nie. Die soldate het ook Jesus se graf verseël, omdat hulle bang was dat iemand Jesus se liggaam sou steel, maar God het Jesus uit die dood opgewek. Dink daaraan en glo dat Jesus opgewek is, die dood oorwin het en vir ons die lewe in oorvloed gee. Nog was dit het einde niet! Toe die koekies uit die oond kom en die kinders byt dit middeldeur, was dit hol in die middel. Kinders het gejuig: die graf is leeg! Dink daaraan en glo... Jesus se soenoffer!  k (Met erkenning aan: Mary-Kate Warner, marykate@teachsundayschool.com.)

2015

www.kerksondermure.org


PAASFEESUITREIK NA KLEUTERSKOLE Kinderssondermure koester die waarde om nie net ons eie kinders in die kinderkerk te bedien nie, maar ook aktief uit te reik na kleuters oral oor. Ons het hierdie jaar weer die voorreg gehad om sowat 1500 kleutermaatjies by ‘n aantal kleuterskole te bedien. Hierdie jaar het ons uitreikprogram by die begin begin. Die Bybel sê “In die begin het God die hemel en die aarde gemaak. Die aarde was woes en leeg en donker.” ‘n Groot swart kol is in die lug gehou om die leegheid en donkerte te illustreer. Toe het God die hemel en die aarde gemaak. Maar in die pragtige tuin van Eden waar Adam en Eva gewoon het, was daar ‘n slang. Die swart kol is daar en dan van buite na binne in sirkels gesny en siedaar: ‘n slang is in die lug gehou! Die Bybel sê die slang was listiger as al ander diere. So het die eerste mense sonde gedoen. Dit het egter nie daar gebly nie, want in Noag se tyd was die mense so korrup dat God besluit het om die aarde te oorstroom. Maar daar was een man wat regverdig was en vir wie God baie lief was. Sy naam was Noag! Op hierdie punt van die uitreik het die vertelling na die poppekas beweeg waar Bettie By en Kareltjie Karnallie vanuit die “ark” die gebeure in die ark beskryf het. Eers het Bettie gekla oor haar nat vlerkies en Kareltjie Karnallie omdat hy so lank laas die mooiste, grootste, geelste piesang kon pluk om te verorber! Toe is Oom Olifant daarvan beskuldig dat hy soos ‘n muishond ruik en die ark is ook darem net só groot! Na 40 dae en 40 nagte het God die reën laat ophou. Toe het God ‘n reënboog gestuur om die mense te belowe dat Hy nooit weer die aarde só sal laat oorstroom nie. Dit was nie al wat God ons belowe het nie. God het ook belowe dat Hy vir die mense op die aarde ‘n groot, groot present gaan gee. Die beste present ooit. Dit is Jesus! Een nag, op ‘n stille, heilige nag is Jesus gebore en so het God se belofte waar geword. Kleutertjies het hulle grootoog aan Maria in die poppekas ver-

Charlene Franken

stom wat vir hulle die mooiste liedjies oor Jesus geleer het. Jesus is as ‘n baba gebore. Hy het by Josef en Maria grootgeword en Hy het later baie wonderwerke gedoen en die mense geleer. Hy het die mense geleer dat Hy eendag in hulle plek aan die kruis gaan sterf. So het Hy vir al ons sonde betaal. So het dit dan gebeur dat Judas Jesus verraai het! Nou was dit Judas se beurt in die poppekas. Judas was eers opgewonde, omdat hy nou kwansuis skatryk is, maar hy het gou besef wat hy aangevang het en het bitterlik gehuil. Kinders het geluister na voorlesings uit die Bybel@Kinders.co.za oor die gebeure uit Jesus se lydensweg, kruisiging en begrafnis wat hierop gevolg het. Toe was dit weer tyd vir Maria wat vir die maatjies vertel het dat Jesus opgewek is en lewe! Ons het met illustrasies van brood en wyn Jesus se dood gedenk. Daar is liedere op die wysie van Vader Jakob gesing: (1) Dit is Paasfees! Dit is Paasfees! Jesus sterf. Jesus sterf. Hy sterf in ons ple-ek. Hy sterf in ons ple-ek. Dankie God. Dankie God. (2) Dit is Paasfees! Dit is Paasfees! Jesus leef! Jesus leef! Hy het opgesta-an. Hy het opgesta-an. Uit die graf. Uit die graf. (3) Dink aan die brood. Dink aan die brood. Sy liggaam. Sy liggaam. Al die pyn vir o-ons. Al die pyn vir o-ons. Ons loof U. Ons loof U. (4) Dink aan die wyn. Dink aan die wyn. Jesus bloed. Jesus bloed. So vergeef Hy sonde. So vergeef Hy sonde. Ons dank U. Ons dank U. Saam met al die maatjies het ons gekniel en God geloof en geprys. Dankbaar vir die eenvoud waarmee kinders God in opregtheid loof en prys vir Jesus se soenoffer!  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     25


Kinderssondermure Vakansieprogramme

Baanbrekerswerk in kinderbediening het daartoe gelei dat daar vir die eerste keer ‘n vakansieprogram te Hippolaan én Midstream plaasgevind het. Al die kinderbedieningsleiers wat hierby betrokke is, is dit eens dat vakansieprogramme ‘n wonderlike geleentheid bied om kinders op hul geestelike ontdekkingsreis te begelei. Die Midstream vakansieprogram het 26 & 27 Maart plaasgevind terwyl ons Hippolaan vakansieprogram op Maandag, 30 Maart, afgeskop het en Donderdag, 2 April ten einde geloop het. ‘n Hele klompie energieke ontdekkingsreisigers het aangemeld vir dié avontuur! Die Midstreamers het met ‘n kenmekaar afgeskop – siende dat die byna 30 kinders uit 6 verskillende laerskole gekom het. Daarna is daar groepspeletjies gespeel, lofprysing uit die hart gedoen, na Bybeltemas geluister, handaktiwiteite gedoen en bene gerek saam met Gliggie Glaggie, Gloggedonsie uit Gliekeland. Die hoogtepunte was seker die skattejag – selfs nie eens die gure weer kon die kinders keer om al die leidrade te ontrafel, wat later inligting geword het om ontdekkingsreisigers te help om die vraag te beantwoord wie God is nie. Dan was daar natuurlik die lekker dinge waaraan ons net eenvoudig moes smul: roomys, vetkoek, “popcorn” en ‘n Steers burger! Nog ‘n hoogtepunt was vir seker tannie Andriesa se bussie waarmee ons kruietuin toe gery het om in hierdie pragtige tuin Jesus se Getsemane-gebed te gaan ervaar. Hierna het ons Houtkruis met oorgawe gesing en die gebedstasies besoek, waar ons vyf stopplekke gemaak het om die lydensweg te ervaar. Bo en behalwe kosbare Woordwaarhede wat ons met

26    Hartklop l  Mei/Junie

die kinders kon deel, was daar genoegsame tyd om elke maat se vrae te beantwoord en saam met hulle die wonder van Jesus se versoeningsoffer te beleef. Onnodig om te sê: elke kind het baie diep in ons harte gekruip en dit was ‘n groot voorreg om die Woord in aksie in hierdie besondere tyd van die jaar saam met hulle te beleef! Aan die Hippolaankant was daar eweneens ‘n heerlike volgelaaide program met woordrondomtalie, gassprekers, ‘n uitstappie na Groenkloof Natuurreservaat en ‘n Paasprogram. Hierdie program het dit moontlik gemaak vir die kinders om opnuut te ontdek wie God is deur deurlopende vaslegging van Bybelverse en aanbieding van temas soos “Hoe word ek stil by God”, “Hoe leer ek God ken” en “Praat met God”. Dit was ook baie spesiaal toe Chrisna Fourie en Ria Wessels onderskeidelik hul leefwêrelde van China tot in Olievenhoutbosch met die kinders kom deel het. En wat is ‘n vakansieprogram nou sonder ‘n uitstappie? Op Woensdag, 1 April, is die klompie Hippolaan ontdekkingsreisigers vir ‘n dagstap na Groenkloof Natuurreservaat. Bus ry, om in die natuur te wees en heerlike kospakkies was alles elemente om van hierdie uitstappie ‘n ontdekkingstog te maak. Ons het die Donderdag, voor Paasnaweek, die kinders weer herinner dat God ons nooit sal vergeet nie en dat Hy ons name in Sy handpalm gegraveer het (Jes 49:16). Dit is dan wanneer jy weer tot die besef kom dat ons styf aan God vasgebind is met ‘n onbreekbare band van Sy liefde. Dat ons kan opkyk na die kruis, maar ook weet dat Hy opgestaan het uit die dood en vandag saam met ons lewe! Daarom mag ons nie stilbly nie!  k

2015

www.kerksondermure.org


www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     27


Tieners: Waardes

Annelize de Wet

Waardes vir Tieners

Elke tiener word grootgemaak binne ‘n spesifieke waardesisteem. ‘n Tiener se waardes word uitgedaag deur vriende, familie, musiek wat jy luister, televisieprogramme waarna jy kyk en selfs die tipe plekke wat jy besoek. As die waardes in ‘n tiener se lewe op Bybelse waarhede gebou is, is die kans om standvastig te bly baie beter. Groepsdruk is ‘n groot werklikheid in elke tiener se lewe en die fondasie van jou waardesisteem word geskut. Paulus skryf aan Timoteus (‘n tiener) ‘n brief waarbinne hy hom help om vas te hou aan die waardes waarvolgens hy grootgemaak is. Ek dink ons kan hieruit leer: 1 Tim. 4:12,14 – “Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges 'n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid. Moenie die genadegawe wat jy het, verwaarloos nie.” 2 Tim. 3:13-15 – “Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei. Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.” Ek dink uit hierdie gedeeltes kan ons ‘n paar goeie waardes uithaal vir tieners om aan vas te hou. Miskien is dit tyd dat elke tiener uitgedaag word om soos Timoteus te leef: Waardes:   -  Weet wie jy is in Christus.   -  Wees ‘n voorbeeld in die manier wat jy praat.   -  Wees ‘n voorbeeld in hoe jy situasies hanteer.   -  Bewys liefde aan alle mense.   -  Leef daagliks in geloof.   -  Kies om rein te bly.   -  Dien met jou gawes.   -  Weerstaan versoekings.   -  Ken God se Woord. Omdat tieners so maklik deur ander tieners beïnvloed kan word, is dit uiters belangrik vir elke tiener om die regte vriende te kies. Waardes kan versterk word wanneer gelowiges saam daaraan bou. Die gemeente behoort ‘n plek te wees waar tieners saam hierdie waardes kan oefen, sodat dit nie wankel in die wêreld nie. kerksondermure se waardes resoneer hiermee en daarom is dit ons begeerte om te help, sodat elke tiener 'n waardevolle leefstyl kan hê in God se koninkryk.  k

28    Hartklop l  Mei/Junie

2015

www.kerksondermure.org


JAVALUJA?

Christo Venter

Goeie koffie vereis goeie vriende

Jong volwassenes (insluitend Gr.11's en matrieks) in kerksondermure het verskillende plekke waar julle kan betrokke raak, maar ons het besef: dalk is daar ‘n gemeenskaplike plek nodig. JAVALUJA is dus hierdie plek! Dit gaan nie werklik oor die fisiese plek nie, want dit kan verander (op hierdie stadium in die rooisaal by Hippolaan), maar dit gaan oor ‘n ruimte vir gemeenskap! JAVALUJA gebeur elke Sondagaand na die aanddiens. Dit is ‘n plek met lekker koffie (baie belangrik) en saam kuier. Dit is ook ‘n plek waar jy kan besluit waar jy dieper betrokke wil raak. Sou jy wou inskakel by een van die Taxi-harte se selgroepe, of by die Wippers – ons is hier om jou te help! JAVALUJA wil bloot vir jong volwassenes ‘n ruimte skep waar daar gekuier kan word en nuwe vriendskappe gevorm kan word. Ons wil dus elke Gr.11, matriek en jong volwassene uitnooi om Sondae die aanddiens by Hippolaan by te woon en direk na die diens saam te kom kuier by JAVALUJA. As jy die behoefte het om dan deel te word van ‘n selgroep, sal daar iemand wees om jou daarmee te help.

www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     29


Ons wil ons bestaansdoel bereik – deur ons bydraes reg aan te wend... 2013/14 begroting terugvoer

kerksondermure het die afgelope jaar, weer soos in die verlede, die voorreg gehad om as geloofsfamilie nie net in ons eie omgewing nie, maar op baie ander plekke in die wêreld 'n wesenlike verskil te kon maak. Dit is moontlik gemaak deur die gemeente se getroue bydraes wat R24 miljoen beloop het. 'n Volle kwart (25%) van die begroting is aangewend vir ons Voetspore projekte in 10 verskillende lande – 'n totaal van 30 projekte vind hierby baat. Ons tiener- en kinderbedienings, wat elke week meer as 4 000 lidmate bedien, het 11% van die totale begroting ontvang. Dieselfde hoeveelheid geld is vir diverse finansiële verpligtinge aangewend soos bydraes aan die sinode, die ring en ook rente. Persoonlike versorging van ons lidmate, noodbehoeftes en ander bystand het 9% uit die begroting ontvang en dieselfde bedrag is vir eredienste by die twee bedieningspunte aangewend. Ons verhoudingsgroepe wat manne, vroue, selfamilies en al die ander groepe insluit, het 'n 6% stukkie van die koek opgeneem om ‘n verskil in so baie mense se lewens te maak. 29% van die begroting is gebruik vir die algemene administrasie van albei die bedieningspunte, onderhoud van ons terreine en geboue, algemene bestuur, bedieningsondersteuning en kommunikasie. Ons glo dat ons ons bestaansdoel bereik wanneer mense binne en buite die gemeente Jesus leer ken en meer soos Hy begin leef. Dit is ons doel om dit uit te bou en hierdie jaar gaan ons

mekaar en ons huishoudings doelgerig help om nader aan God te leef, sodat ons persoonlike verhoudings met Hom kan groei. In die jaar wat voorlê is ons bedryfsbegroting R25 miljoen en ons gaan ons op die volgende fokusareas toespits: •  Kinderbediening en Tienerbediening. •  Jong Volwassenes. •  Die bemagtiging van ons dienswerkers (meer as 1 000 mense) •  Ons gaan gemeentelede toerus om in hul persoonlike ver  houdings met God en hul huishoudings te groei. •  Die musiek en kunstebediening gaan uitgebou word en •  Midstream gaan 'n aanddiens kry. Om hierdie doelwitte te bereik het ons weer almal se getroue ondersteuning en voorbidding nodig. Mag ons almal hierdie uitdaging as gemeente aangryp en die vreugde van blymoedig gee, beleef. Ons herinner jou graag aan die verskeie maniere hoe jy kan bydra. Jy kan jou bydrae in die Sondag kollekte-emmertjie of koevertjies plaas, 'n debietorder teken of ’n gereelde elektroniese oorbetaling doen. Kyk gerus op die kerksondermure app, webwerf of in die Hartklop vir bankbesonderhede... Absa Centurion, Rek no 289 058 0095, takkode 630 445. Plaas asb. 'n verwysing en waarvoor die bydrae gemaak word.

Koninkryksimpak

Voetspore Projekte Persoonlike Sorg Kinder- Tienerbediening Verhoudingsgroepe Eredienste Algemene Administrasie Sinode, Ring & Rente

30    Hartklop l  Mei/Junie

2015

www.kerksondermure.org


www.kerksondermure.org

Hartklop  l Mei/Junie 2015     31


32    Hartklop l  Mei/Junie

2015

www.kerksondermure.org


PREEKROOSTER  Mei 2015 3 Mei

10 Mei

Hippolaan

Preekrooster

17 Mei

24 Mei

Pinkster

31 Mei

Pinksterfees

Nagmaal

Alan Storey

08:00 Christo Woite

Fanie Venter

Host: Colin Smith

Louis Brittz

Colin Smith

Louis Brittz

Colin Smith

Louis Brittz

Annelize de Wet

Alan Storey

10:00 Christo Woite

Fanie Venter

Host: Colin Smith

Alan Storey

18:30 Fanie Venter

Colin Smith

Host: Fanie Venter

Tieners@Hippolaan 17:30

Geen

Geen Annelize de Wet

Midstream

Louis Brittz

Annelize de Wet

Pinkster

Pinksterfees

Nagmaal

André Viljoen

Fanie Venter

André Viljoen

Fanie Venter

Alan Storey

08:00 Adrio König

Colin Smith

Host: Fanie Venter

Alan Storey

10:00 Adrio König

Colin Smith

Host: Fanie Venter

Tieners@Midstream 17:00

Geen

Geen Meiring de Wet

Annelize de Wet

Allen Baatsen PREEKROOSTER  Junie 2015

Pinkster: Maandag, 18 Mei - Woensdag, 20 Mei Hippolaan & Midstream

19:00 - Alan Storey

Donderdag: 14 Mei  -  Hemelvaart     Hippolaan Midstream 08:00 (Engels)

Rev. Jen Botha

7 Junie

Hippolaan

Doop

14 Junie

21 Junie

28 Junie

Tertia Kellerman

08:00 Fanie Venter

Adrio König

Fanie Venter

Adrio König

Stephan Joubert

Colin Smith

10:00

Colin Smith

Tertia Kellerman Colin Smith

18:30

19:00 Christo Woite

Herman de Kock

Fanie Venter

Stephan Joubert

Tieners@Hippolaan Geen

17:30 Meiring de Wet

Midstream 08:00

Doop    Alan Storey

Tertia Kellerman Allen Baatsen

10:00

Geen Annelize de Wet

Host: Fanie Venter

Fanie Venter

Alan Storey

Tertia Kellerman Allen Baatsen

Host: Fanie Venter

Fanie Venter

Tieners@Midstream

* Neem asb. kennis dat die preekrooster kan verander.

Geen

17:00 Annelize de Wet

Geen Louis Brittz


Beskerm jou geliefdes & help ander Selfs as jy nie meer daar is nie

Kontak gerus die Netwerk vir Lewe Sentrum by 012 663 1610 of testamente@ksm.co.za vir enige navrae of inligting oor testamente.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.