uit jou gemaksone in jou hartsone in!
Die Evangelie in Volkleur
Mei 2014
Uitgawe 94
Inhoud
Fokus 01
Redaksie - Pinkster = Die Evangelie in volkleur
02
My Voetspore 12
Voetspore RaakBewusFees
Die Evangelie in volkleur
12
RaakKuier Evangelisasie
04
‘n Pinkster gebed
13
Biblical Worldview
05
Merkwaardighede uit die Woord
16
Easter in Israel
06
Selfamilie Fokus: Hoe werk die Gees deur selfamilies?
17
Negev Woestyn, Israel
07
Midstream Bedieningspunt
18
Evangelie in Kleur in Kleuterskole
19
Kinderkerk vier Paasfees met die STE-Familie
20
Dagboek 08
Huwelikskursus
Wie is die Heilige Gees?
08
Huweliksvoorbereidingseminaar
21
Kinders & Die Heilige Gees
09
SingleSonderMure Kursus
27
Die Gees BEWEEG deur tieners…
09
Flooze ‘kommin’ dames tee
28
Die Gees aktief binne ons skole
10
GriefShare
10
My Kind en Tegnologie
11
Dienswerkerskonferensie
26
MaMs Program
Stories 22
Welkom @ kinderssondermure, Maryna!
22
Biker Bediening terugvoer
23
“National Champs for Physically Disabled 2014 “kerksondermure Sport Bediening
24
Algemeen 01
Preekrooster
Nostalgie...
02
Sê jou sê... Deel jou storie
25
Kuria Afskopfunksie
03
Brief aan Redaksie
26
The Quest for Authentic Manhood
05
Bybelskool - Jesusjaar
14
Kalender - Mei
15
Kalender - Junie
Redakteur: Francois Schoombee 012 663 2003 x204 / francois@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom 012 663 2003 x205 / design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter Taalversorging: Hennie Jooste Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg. Webwerf: www.kerksondermure.org e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure Loof Luister Leef Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure Na-ure Predikant op-roep: 083 489 0180 Finansiële bydraes: elektroniese oorbetalings kan gedoen word aan kerksondermure, ABSA Centurion, Rek no: 289 058 0095, Tak kode: 630 445, Verwysing: Naam en waarvoor Addres: Gemeente Sentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Posbus 7545, Centurion, 0046
Redaksie
Pinkster = Die Evangelie in volkleur Wat beteken Pinkster vir jou? In hierdie maand se uitgawe plaas ons die fokus op die “Evangelie in volkleur”. Maar wat kan dit nou alles beteken? Vind self uit wat Fanie bedoel met hierdie stelling in sy artikel op bladsy 2. Jý het ‘n baie spesiale rol te speel om hierdie stelling sy ware betekenis te gee, so moenie by dit verby lees nie. Die tema van ons Pinksterreeks in Junie is ook: “Die evangelie in volkleur”. Tydens hierdie dienste gaan ons gesels oor die manier waarop Jesus besig is om deur sy Gees sy kerk te bou. Oom Adrio König gee vir jou meer oor die Bybelse betekenis van Pinkster en natuurlik maak hy ook ‘n draai by my en jou verantwoordelikheid…. Annelize de Wet vertel hoe die Gees deur Tieners beweeg. Die Gees BEWEEG deur tieners wat die Here dien. Sy vertel meer oor UBA. As jy ‘n tiener het of self ‘n tiener is en UBA het nog nie ‘n duidelike betekenis in jou lewe gekry nie is dit definitief tyd dat julle begin om saam te beweeg! Lees meer hieroor by die tienerfokus. Tiesie de Coning vertel die Pinksterstorie dat elke kind dit kan verstaan. Maak hierdie Pinkster ‘n volkleur belewenis wat jou kinders nooit sal vergeet nie…
Geniet ook al die nuutste dagboekinskrywings van al die opwindende geleenthede waar jy saam met die Gees kan beweeg en kan groei in jou persoonlike verhouding sodat ons almal Jesus voluit kan lewe en sigbaar maak vir die wêreld. Ek lig graag 4 geleenthede uit wat jy nie mag misloop nie: 06 Mei 2014, Centurion Bid saam vir die Verkiesing by Hippolaan om 19:00. Jy is só welkom om saam met ons te kom bid… 09 Mei 2014, Jou Midstream kerksondermure-familie se Gemeentefees vanaf 16:00 tot 22:00, en jy is genooi om saam te kuier en lekker te eet. 24 Mei 2014, ‘n Dienswerkerskonferensie vir dienswerkers in alle bedieninge met ‘n passie vir koninkrykswerk! NB: As jy nog nie gekies het om ‘n dienswerker vir die koninkryk te wees nie, woon hierdie konferensie by en laat die Gees jou lei tot finale oortuiging… Ek sluit af met die 2de Kwartaal Bybelskool wat in Meimaand afskop, gaan lees meer hieroor op bl 6. Ek wens jou baie leesgenot en ‘n Geesvervulde Pinkster saam met Jesus toe, tot volgende maand…
Francois
PREEKROOSTER • Mei 2014 4 Mei
11 Mei
18 Mei
Hippolaan
25 Mei
Adrio König
Christo Woite
Annelize de Wet
Colin Smith
10:00
Adrio König
Christo Woite
Annelize de Wet
Colin Smith
18:30
Annelize de Wet
Meiring de Wet
Colin Smith
Adrio König
Tieners@Hippolaan -
Midstream
Annelize de Wet
Stefan Campher
08:00 Fanie Venter 19:00 Andrè Viljoen
Christo Woite Christo Woite Tertia Kellerman
Meiring de Wet
-
Annelize de Wet
19:00 Fanie Venter
Tertia Kellerman
08:00
Annelize de Wet
Janet Cruywagen
Christo Woite
Herman de Kock
10:00
Annelize de Wet
Janet Cruywagen
Christo Woite
Herman de Kock
Tieners@Midstream 17:00
1 Junie
Hemelvaart
08:00
17:30
29 Mei
-
Stefan Campher
Janet Cruywagen
Tertia Kellerman
Annelize de Wet
www.kerksondermure.org
-
Meiring de Wet
Hartklop l Mei 2014 01
Pinkster in fokus
Fanie Venter
Die Evangelie in volkleur
Die kernbelydenis van die vroeë kerk was: “Jesus is Here”! Hierdie belydenis het hulle onderskei van al die ander godsdienste. Dis ʼn belydenis wat veroorsaak het dat hulle vervolg is deur die Jode en deur die magtige Romeinse ryk. Die rede vir die vervolging het te make met die betekenis van hierdie belydenis. Elkeen wat bely dat Jesus Here is, erken daarmee dat Jesus die absolute en eksklusiewe reg het, om oor hulle lewens te regeer. Hulle erken daarmee dat Jesus regeer oor elke aspek van hulle lewens.
Die manier waarop die Heilige Gees ons bemagtig om die Evangelie in volkleur te leef is deur “geskenke” aan sy kerk te gee. Hy gee geskenke vir sy kerk, sodat Jesus sy bediening deur sy kerk kan voortsit. Die geskenke is: apostels, profete, evangeliste, herders en leraars (Efesiërs 4:11). Hierdie is vyf funksies of bedieninge waardeur die gelowiges toegerus word om ʼn lewe te leef, waar Jesus regeer. So word die gemeente opgebou om sy roeping in God se wêreld te leef.
Presies dit is God se plan vir ons lewens en vir sy kerk: ʼn volkleur lewe. ʼn Lewe waar Jesus as Here sy regmatige plek ingeneem het. Dit is ook hoe Jesus en later Paulus die werk van die Heilige Gees in Jesus se mense se lewens beskryf. Jesus sê in Johannes 16:14 die rol van die Gees is om Hom (Jesus) te ver-Heer-lik. In 1 Korinthiërs 12:3 sê Paulus: “niemand kan sê: “Jesus is Here” nie, behalwe deur die Heilige Gees”. Die Heilige Gees wil Jesus laat heers oor elke deel van ons lewens en oor elke aspek van die lewe van sy gemeente. Wanneer dit gebeur sal ons nie, soos Paulus sê, deur golwe op en af en heen en weer geslinger word nie. Wanneer Christus heers, sal ons soos ʼn volgroeide mens wees, volmaak en volwasse soos Christus (Efesiërs 4:13 en 14).
Die tema van ons Pinksterreeks in Junie is: “Die evangelie in volkleur”. Tydens hierdie dienste gaan ons gesels oor die manier waarop Jesus besig is om deur sy Gees sy kerk te bou. Ons gaan saam ontdek dat Hy deur die Heilige Gees sy geskenke nie net vir sekere “spesiale” mense uitdeel nie, maar vir almal. Sy doel daarmee is om elkeen van ons en ons gemeente as geheel, by ons bestaansdoel uit te bring – ʼn volkleur lewe. Of in ander woorde, ʼn lewe waar Jesus oor elke deeltjie heers. Wanneer dit gebeur, lyk die gemeente al meer soos Jesus en word Hy al hoe duideliker sigbaar vir die wêreld. Ons glo mos ons roeping is om Jesus so te leef dat Hy onweerstaanbaar sigbaar sal word vir die wêreld. Dat hulle Hom sal sien, sal leer ken en bevry sal word van ʼn kleurlose bestaan. Die evangelie in volkleur is Jesus wat sigbaar word deur sy kerk. k
Sê jou sê... Deel jou storie... Die redaksie nooi jou uit om saam te gesels. As 'n storie in die tydskrif jou raak of as jy graag net met ons 'n kort gedagte wil deel - stuur vir ons jou brief deur 'n e-pos te stuur na: hartklop@ksm.co.za of gee jou brief in by die kerkkantoor. Ons sien uit om van jou te hoor!
02 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org
Brief aan Redaksie Alles is nou in die Kerk se hande. Dis in plaaslike gemeentes se hande om die vlamme aan te blaas wat in die harte brand van tieners wat die #Imagine Experience bygewoon het. Julle kan die vuur blus, dit probeer beheer...of dit ruimte en suurstof gee. Julle leiers sal bepaal of imagineers sal droom, glo en groot dinge in julle gemeenskappe sal doen. As julle daarvoor ruimte maak, sal dit ‘n onstuitbare beweging word wat baie ander jongmense sal intrek. Dit kan skole en dorpe verander. Maar dis in julle hande, soos dit in ons hande was om die vuurhoutjie te trek en die vuur aan die brand te steek. Dis in die hande van streeks- en nasionale kerkbeheerliggame. #Imagine is ‘n beweging van vrywilligers en ons (die leierskap daarvan) omarm hierdie etos. Ons het bymekaargekom sonder om daarvoor betaal te word, om hierdie droom halsoorkop te dien soos God dit op ons harte geplaas het. Maar om hierdie beweging tot by groter vlakke en dieper dieptes te neem sal mannekrag, sisteme en finansiering verg wat ons nie tot nou toe tot ons beskikking gehad het nie. As die Kerk besef dat ons die Here reg gehoor het toe ons #Imagine geskep het en insien dat dit die Liggaam deeglik dien, sal streeks- en nasionale beheerliggame in die jare wat kom behoorlik wind onder ons vlerke moet wees. Dis ook in die hande van organisasies wat jeugbedienings in gemeentes en skole ondersteun. Hulle ervaring, mannekrag, passie, kapasiteit en beskikbaarheid om langs #Imagine in te skuif is broodnodig vir die groei van hierdie visie. Hoe meer van hulle met ons hande vat, hoe beter kan ons die nuwe geslag dromers dien. Ons kan hulle dra, ondersteun en vlerke gee op maniere wat die wêreld nog nooit gesien het nie.
Die 2014 #Imagine Experience is verby. Die #Imagine Beweging het skaars begin. Oral vra mense nou: “Wat is hierdie ding?” Een kind wou alreeds registreer vir #Imagine 2015...en so begin die uitkringeffek van ’n klein klippie wat ons bevoorreg was om in die water te kon gooi.
Moenie buite staan nie. Word deel van die #Imagine droom. Dis ‘n leierlose beweging - dit behoort aan ons almal! Waag dit om te droom. Glo dit – dit is regtig besig om te gebeur. Doen nuwe, groot dinge..nou!
Kom ons word almal die Kerk waarvan die jongmense droom.
Louis Brittz Imagineer (namens Gielie Loubscher, Faan Engelbrecht en die res van die #imagine Bestuur).
www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 03
Gebed
'n Pinkster Gebed Leer my Heer, U wil en weë; Lei my op die regte pad; Wees ’n Lig in donker tye; Bring my in die Hemelstad, Waar geen doodsvallei meer is nie --Maar net lig van U sal straal: In die Goudstad wat van bowe Op die aarde neer sal daal. Leer my Heer, U Woord en wysheid, en gehoorsaam so te wees, Dat die soete liefde leiding Van Uself O Heil’ge Gees, Deur my spreek met taal en uitleg, onderskeiding en geloof, En genades van genesing, Jesus naam met krag te loof. Skenk my al die liefdegawes, van U Heil’ge Gees, O Heer; Sodat ek ook eens vir ewig saam met Jesus sal regeer In die wonderskone Goudstad, Waar die Here plek berei; In die huis met baie wonings; Vir Sy kinders en ook my.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 10 Augustus 1952
04 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org
Merkwaardighede uit die Woord
Pinkster – Praat in tale • Die geheim van Pinkster is om in tale te praat. • Die groot rede waarom die Gees gekom het, is om mense in tale te laat praat.
Handelinge 2:2-4: “Skielik was daar 'n geluid uit die hemel soos van 'n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.” Kom ons kyk wat die eerste dinge is wat oor die werk van die Gees geskryf is. • 1 Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel • 2 en op elkeen van hulle gekom het, • 3 en hulle het in ander tale begin praat • 4 soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het • 5 om onder sy leiding te doen. Kon Lukas dit duideliker gestel het dat die doel van die Gees is om mense in tale te laat praat? Hy skryf dit eintlik drie keer oor: • Toe die Gees kom, praat die volgelinge van Jesus in tale • soos die Gees dit aan hulle gee • om onder sy leiding te doen. Om in tale te praat, is nie net een van die redes waarom die Gees gekom het nie, dis dié rede. Om dit nog verder te beklemtoon, volg daar dan ‘n hele reeks tale waarin die Gees die volgelinge van Jesus laat praat het (verse 8-11). Blaai nou om in die Bybel (die
1983-vertaling) en soek die tale in die kaart. Hierdie kaart is die “wêreldkaart” van daardie tyd. Die tale is dus die tale van die hele destydse wêreld. Dit is die mense wat teenwoordig was in Jerusalem toe die Gees gekom het.
Adrio König
Dit beteken dat die hele destyds bekende wêreld simbolies teenwoordig was toe die Gees gekom het, en dat God beskik dat die eerste ding wat gebeur wanneer die Gees kom, is dat daardie hele wêreld die evangelie hoor. Die Gees laat immers die dissipels in al hierdie tale praat die oomblik wat Hy kom. Die eerste doel van die Gees is om die volgelinge van Jesus in tale te laat praat, die tale van die hele wêreld. In watter taal praat jy? Dit gaan nie nou oor die vreemde tale van 1 Korintiërs 14 nie. Dit is nie bestaande tale nie. Dit is heeltemal ‘n ander saak waaroor ons ‘n ander dag kan praat. Dit gaan by die koms van die Gees oor bestaande, bekende tale en die tale van die wêreld. In watter een praat jy? Dit beteken: Waar is jy betrokke om (in watter taal ookal) aan ongelowiges die evangelie te probeer kommunikeer? Een van die lande wat in Handelinge 2 genoem word, is Judea, die land van al hierdie volgelinge van Jesus. Jy kan dus ook in Afrikaans besig wees. Die vraag is nie: In watter taal nie. Die vraag is: Is jy besig om die doel van die Gees in jou lewe te bereik: om te probeer om die evangelie te kommunikeer met mense wat nie die Here Jesus ken nie? Dís die doel van Pinkster. k
Bybelskool - Jesusjaar
Jy gaan in die Bybelskool dinge in die Evangelies sien waarvan jy nooit geweet het nie. Jou prentjie van Jesus gaan meer as verdubbel. Jy gaan meer inspirasie uit Jesus se lewe op aarde kry as nog ooit.
Onderwerp:
Waarom het ons vier Evangelies? Matteus se boodskap vir die Jode Hippolaan Woensdagaande 14, 21, 28 Mei om 19:00 Donderdagoggende 15, 22, 29 Mei om 08:30 Midstream Maandagaande 12, 19, 26 Mei om 19:00 Donderdagoggende 15, 22, 29 Mei om 10:30 Bring jou Bybel en skryfgoed saam. By Hippolaan word kinders saans opgepas www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 05
Selfamilie Fokus
Annelize de Wet
Hoe werk die Gees deur selfamilies?
Dit is nie vir my moeilik om te skryf oor die Gees se werking in ‘n selgroep nie, want ek beleef dit elke keer as ons groep saam kuier. Natuurlik is ‘n selgroep net nog ‘n manier van “community” en is daar baie ander plekke wat die Gees in groepe werk. Ek is egter oortuig daarvan dat my persoonlike verhouding met die Here verdieping vind in die selgroep waarby ek betrokke is. Verskillende selgroepe mag dalk op verskillende maniere funksioneer, maar binne ons groep het ons besluit om deur ‘n Bybelboek te werk en mekaar op praktiese dinge uit te daag. Ek glo dat geen selgroep optimaal funksioneer as dit nie na binne en na buite werk nie! Daar behoort ‘n element te wees van versorging en omgee vir mekaar, ‘n veilige ruimte vir hartseer en vreugdes deel, vir broos wees of grappies maak, maar wat ons so dikwels mis is die koninkryk! Wat ek bedoel is dat mens maklik net na binne gerig bly en nooit prakties raak oor hoe om dit te gaan leef nie! In die selgroep waarby ek betrokke is, is daar soveel verskillende tipe mense, elkeen met ‘n ander funksie, soos wat ons lees in Efesiërs 4:11-12: Apostels, profete, evangeliste, herders en leraars! Paulus skryf dat hierdie funksies bestaan om God se kinders toe te rus om sy werk te doen en die kerk op te bou! As ons nie hiermee besig is nie, bestaan ons net vir onsself. Dit is deur hierdie funksies wat ons beleef hoe die Gees ons nader trek aan wie Jesus is. Dit is baie uitdagend, want Jesus se lewe was so radikaal in
alles wat Hy gedoen het! Die Gees lei ons as selgroep om radikaal te wees! Ons het die afgelope paar weke mekaar uitgedaag om elke week drie spesiale etes te doen: een ete saam met ‘n vriend, een saam met ‘n vreemdeling en een saam met enige iemand anders. Dit klink eenvoudig, maar dit is so mooi beginsel om prakties te begin leef. Skielik moet ek intensioneel saam met ‘n vreemdeling kuier – sommer net! Dit is prakties, dis eenvoudig, maar tog radikaal. Die Gees het so in my hart gewerk die laaste tyd oor die bestaan van ons selgroep en hoe dit nooit net vir onsself kan wees nie! Die groter prentjie bly altyd die koninkryk van God en ons omgee vir mekaar, studie van die Woord of saam eet, moet altyd hierdie prentjie van die koninkryk in gedagte hê! Ek sou seker baie teoretiese dinge kon skryf oor die waarde van ‘n selgroep, maar vir my is die werking van die Gees so tasbaar dat om daaroor te getuig meer waarde het! Die Here roep ons om in gemeenskap met mekaar te leef en ek is daarvan oortuig dat iets soos ‘n selgroep hierdie roeping vervul wanneer sy koninkryk die vertrekpunt is en bly! Dalk het dit tyd geraak vir jou om deel te word van ‘n selgroep – ons as kerksondermure-familie wil jou aanmoedig om daardie stap te neem. Begin self ‘n groep of kom na een van die selindelings by die kerk (volgende een is 9 Junie 18:45 in die Rooisaal). Mag die Gees aanhou om elke selgroep te lei tot koninkrykswerk! k
06 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org
Midstream fokus
MIDSTREAM BEDIENINGSPUNT
In ‘n opwindende strategiese werksessie wat die Uitvoerende Span van kerksondermure aan die einde van 2013 gehou het, is onder meer die bestuur van Midstream kerksondermure as prioriteit uitgelig. Uit prioriteite vloei natuurlik verantwoordelikhede, take en rolle voort. Tiesie de Coning dien tans as bedieningspuntleier van ons Midstream gemeente – ‘n taak wat enersyds groot uitdagings en andersyds heerlike vervulling inhou. Dit vereis onder meer om die groter wiel in terme van bestuur te laat draai en die bedienings ge-olie te hou. Enige suksesvolle onderneming vereis natuurlik spanwerk en die spanwerk by ons Midstream gemeente getuig van ‘n heerlike samewerking, geseënde verhoudinge en kontinue “eerstes” wat ons die voorreg het om te beleef! Van die ratwerk wat reeds klopdisselboom hardloop is die volgende: Onder Dirk Laubscher se bekwame leiding is lugversorging geïnstalleer en is die vensters in die ouditorium ge”tint”. Dit alles om ‘n diepe, aangename erediens-belewenis te bewerkstellig. Die Mannebediening het afgeskop en met die tweede geleentheid van die Vroue@Midstream bediening het die getalle reeds verdubbel. Vera Schoombee is die vrou agter dié wenresep en dit bly so ‘n voorreg om in harmonie te kan saamwerk. Die Rondom 40 bediening gaan van krag tot krag en elke saamkamp en -kuier is ‘n hoogtepunt in die smee van nuwe vriendskappe. Die Seniors@Midstream het onlangs ‘n Nostalgiese verskeidenheidskonsert gehad en hul deure oopgegooi vir seniors vanuit alle oorde! Die Schoombee-gesin se bydrae in hierdie verband verdien om vermeld te word! Die Tienerbediening het onlangs ‘n jeugwerker vir ons tieners aangestel, Allen Baatsen, en die impak en verskil wat die Here deur Allen maak, is reeds sigbaar! Vir die kinders is ‘n beradingspan van 6 beraders op die been gebring wat die skole in Midstream bedien. Nog heerlike nuus is dat daar onlangs 6 uitreike na ons kleuterskole plaasgevind het en dat ons Voetspore- en Persoonlike Sorgbedieninge hande gevat het met ‘n projek van die skool om kospakkies aan minderbevoorregtes te versprei. Ons Toerustingsbediening het ook gewoeker die afgelope tyd: daar is velerlei seminare, kursusse en opleidingsgeleenthede aangebied en dit was veral die handevat met die skole en an-
der gemeentes wat kosbaar was. Ander opwindende nuus is die afskop van ‘n eerste Bybelskool in Midstream wat so goed bygewoon is, dat daar vanaf Mei-maand nie net soggens nie, maar ook saans ‘n Bybelskool aangebied sal word. Die Persoonlike Sorgbediening is vuurwarm en het al reuse bydraes gelewer: daar is reeds aanmeldings vir siekesorg wat met groot liefde hanteer word. ‘n GriefShare program sal ook op Maandae oggende afskop op versoek van die Maatskaplike werkster terwyl tuisbesoeke deur ‘n predikant op aanvraag beskikbaar is. Persoonlike Sorg is ook betrokke by die opleiding van dienswerkers. Dan word daar ook voortaan ‘n kwartaallikse nagmaalsgeleentheid in die saal van Retire@Midstream aangebied. Die nuwe lidmaatgetalle groei steeds en ons bly innig dankbaar vir elke gelowige wat tot die gemeente bygevoeg word – hiervan getuig die nuwe lidmaatfunksie wat onlangs plaasgevind het! Die tweede Gemeentefeesbeplanning is in volle swang en hierdie jaar word daar ruim voorsieining gemaak – genoeg te ete en te drinke, te spele en om te geniet! Dié fees is gerig daarop om mense saam te laat kuier en die gemeenskap byeen te bring. Ons gemeentesentrum word dan ook in die week gebruik vir ‘n erediens vir die sekuriteitswagte van Midstream. Daar is die afgelope 3 jaar positiewe bande tussen die Gr 7’s en die sekuriteitsmanne gesmee en daar vind jaarliks ‘n uitreik na hulle plaas. ‘n Ander heerlike voorreg is eredienste wat vir ons tuiniers gehou word! Agter die skerms woeker en werk die personeel van Midstream kerksondermure met groot ywer en passie as geroepe gelowiges in diens van God. Ook Abel en Harry werk elke dag met ‘n lied in die hart en hoor jy gedurig ‘n fluit of ‘n lag – gebore uit ‘n hart gevul met dankbaarheid teenoor dié Een wat ons geroep het om ons dagtaak van harte – soos vir die Here – te doen! Vera in ons kantoor en verantwoordelik vir ons bedieningskoördinering en Dirk as fassiliteite- en terreinbestuurder is voorwaar ‘n seën en tot seën van elkeen wat die Here in en vanuit hierdie mooi gemeente dien. ‘n Mondvol om die hartklop van kerksondermure in en vanuit Midstream met u te deel! Aan God al die eer – wat ‘n voorreg om betrokke te mag wees daar waar Hy werk! Mag elke aksie, elke bedieningsaktiwiteit en elke projek alleen tot eer van ons goeie Vader geskied! Aan Hom al die eer! k
www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 07
Dagboek
08 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org
www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 09
10 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org
Dienswerkers
Dienswerkerskonferensie
Vir dienswerkers in alle bedieninge met ‘n passie vir koninkrykswerk! Saterdag, 24 Mei 2014 08:30 – 12:30 kerksondermure Hippolaan (h/v Hippolaan & Hendrik Verwoerdrylaan) Koste: R50 pp (sluit konferensienotas, verversings en middagete in) Registrasie: Maryna by 012 663 2003 x 211 / mburger@ksm.co.za PROGRAM 08:00 Registrasie 08:30 Opening
08:40 Lofprysing & Aanbidding (Pastoor Johan Heystek, Mosaïek Gemeente) 09:00 “Hier is ek, Here” (Ds Fanie Venter, kerksondermure ) 09:30 Deel die goeie nuus (Prof Nelus Niemandt, Universiteit van Pretoria) 10:00 Tee/Koffie 10:30 Geïnspireer vir diens (Ds Chris Bester, Kinder EE III SA) 11:10 Gelyklopende sessies: Sessie I: Kreatiewe Aanbidding (Pastoor Johan Heystek, Mosaïek Gemeente) Sessie II: Koninkryks(diens)werk (Prof Nelus Niemandt, Universiteit van Pretoria) Sessie III: Geesvervulde kinderbediening (Ds Chris Bester, Kinder EE III SA) 12:15 Ete & saam kuier www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 11
My Voetspore
RaakBewusFees
Colin Smith
Voetspore bediening het hierdie jaar 'n RaakVatReis. Hierdie reis neem ons na verskillende stilhouplekke waar ons kan ontdek, kan leer, bewus kan raak en uiteindelik betrokke kan raak by die mense wat ons lewens daagliks kruis (lees raak). Die RaakVatReis het op 5 Maart by Hippolaan afgeskop met 'n RaakBewusFees. En fees was dit verseker. Ons het die aand afgeskop met heerlike lofprysing. Daarna het ons gewandel deur Luk.10 en saam ontdek wat die Here se Woord sê oor ons omgewing en oor hoe ons betrokke kan raak daarby. Dit is gevolg deur getuienisse van mense wat betrokke geraak het by uitreik en omgee. Eers kon ons luister na Kelsey, een van die
Amerikaanse studente op die Experience Mission span, wat tans uitreik in Olievenhoutbosch. Sy het vertel hoe Afrika en spesifiek die gestremdes van Olievenhoutbosch, haar lewe verander het. Sy het skoon emosioneel geraak toe sy vertel van die impak wat die kinders op haar lewe gemaak het en van die liefde wat sy ontwikkel het vir die kinders van Olievenhoutbosch. Die Fourie-gesin, wat tans die derde Amerikaanse student huisves, het vertel hoe die studente hulle familie uitgedaag, verdiep en verryk het. Die getuienisse is opgevolg deur 'n besoek aan 'n miniexpo van al ons projekte. Daar kon ons saam eet, stories deel en geïnspireer word om nog meer die dienende geloofsfamilie te wees wat met blydskap die Koninkryk van God oral uitleef. k Ons volgende FEES is DV op Woensdag, 23 Julie, om 18:30 by Midstream. Jy kan meer inligting kry oor ons RaakVatReis by jrudman@ksm.co.za. Hoop om jou daar te sien.
RaakKuier Evangelisasie
te deel. Vir drie weke het ons gesels oor die belangrike rol van kyk, luister, dien, respekteer, liefhê, wys en deel. Elkeen wat dit bygewoon het was dit eens dat hierdie werklik waarde tot hul getuienis gevoeg het en aan hulle die nodige gereedskap gegee het om betrokke te raak by gesprekke in die toekoms. k
Jy sit op die Gautrein. Langs jou sit iemand wat al die afgelope vyf weke daar sit. Julle het nog net oogkontak gemaak en beleef die koppe geknik om mekaar se teenwoordigheid elke oggend te erken. Daar het die afgelope week 'n behoefte by jou ontstaan om met hierdie persoon oor Jesus te praat. Waar begin jy? Wat sê jy?
Die RaakKuierEvangelisasie kursus se oogmerk is om hierdie, en 'n klomp ander vrae en uitdagings te beantwoord. Die afgelope kursus het weereens gewys hoe maklik dit eintlik is om die liefde van Jesus te leef en
Die volgende geleentheid is DV 29 Julie, 5 en 12 Augustus by Midstream. Bespreek solank jou plek by jrudman@ksm. co.za.
12 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org
Biblical Worldview
'n terugblik op die Biblical Worldview kursus wat deel gevorm het van die RaakVatReis...
Ek het onlangs vir die derde keer die voorreg gehad om hierdie kursus, wat in die gemeente aangebied is, by te woon. ‘n Mens sou miskien kon vra: "Waarom vir ‘n derde keer?" Wel, hierdie keer kon ek dit saam met goeie vriende asook my man bywoon. Soos wat ek op die vorige kursus spesifieke dinge nuut gehoor het, so het dit ook hierdie keer gebeur...
Die spesiale, intieme verhouding wat elke kind van God met Hom moet hê, het hierdie keer uitgestaan..Hy wil hê ons moet Hom, volgens Fil 3:10 ken…..baie intiem ken - die Hebreeus vir ken is Yada. As daar geen vrug in jou verhouding met God is nie, beteken dit dat daar ook geen intimiteit tussen jou as die bruid en God as die Bruidegom is nie. Ek wil God ken en ek wil Hom lééf! Ek wil ‘n oorvloed lewe , ‘n Zoe lewe ('n oorvloedige lewe), leef, en ek wil verbonde met Hom leef. Hy het my lewe geword , ek is in Hom gewortel en gegrondves! Ek wil hierdie kursus ten sterkste by elkeen in die gemeente aanbeveel! Moenie hierdie kosbare geleentheid misloop nie... ~ Molly Miessner Die titel van die kursus het my aanvanklik ietwat verwar. Ek het egter mettertyd besef dat dit gaan oor Koninkryk ‘fokus’. Tensy ons nie die Koninkryk van God herondek, deel daarvan word en meewerk aan die uitbreiding daarvan nie, sal ons ook nooit ons fokus, die bril waardeur ons na die wêreld en sy mense kyk, kan regkry nie. Dit was ‘n voorreg om die kursus te kon bywoon. ~Ernst Miessner
Hierdie kursus was byna meer waardevol as al my teologiese studies. Ek sal dit vir almal aanbeveel en dit is van groot waarde veral vir ons in Suid-Afrika en die uitdagings wat die kerk tans beleef. Ek het vir die eerste keer besef wat dit beteken om gehoorsaam te wees aan die evangelie van die koninkryk. En wanneer mens 'n koninkryksperspektief kry verander mens se verstaan van Christenskap en ons doel op aarde drasties. ~ Meiring de Wet Dit is moeilik om die hele ervaring in 'n neutedop saam te vat maar: ons besef watter verantwoordelikheid en belangrike taak dit is om as 'n ambassadeur van die hemelse Koninkryk op te tree. Die kursus het vir 'n mens soveel nuwe perspektiewe oor skrifgedeeltes, vermanings en beloftes gegee. Die verduideliking van die verskillende wêreldsbeskouinge was van groot betekenis. Dit het ons toegerus vir ons verskillende bedieninge. Veral het 'n mens ook besef dat kerklike denominasie nie belangrik is nie maar eerder dat 'n mens 'n volgeling van Christus moet wees. Baie dankie weereens vir 'n wonderlike geleentheid. ~Johan & Werdi van Rensburg
www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 13
14 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org
18:30 ADAM kursus MS 19:00 Veritas kursus HL
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 17:30 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 18:30 Huwelikskursus MS 19:00 Centurion Bid vir Verkiesing
Stemdag
Dinsdag 7
Skole vakansiedag
18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL 18:30 Tieners: Groepleiers Opleiding 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening 16:00 Midstream Gemeentefees 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beraders Forum
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 17:30 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 18:30 Huwelikskursus MS 19:00 Midstream Brugbou 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 Bybelskool HL 19:00 Veritas kursus MS
10:00 GriefShare MS 18:30 ADAM kursus MS 19:00 Veritas kursus HL 19:00 Bybelskool MS
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 17:30 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 18:30 Huwelikskursus MS Doopregistrasie vir Junie sluit
09:00 MaMs HL 18:30 BKS-vergaderings MS 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP 19:00 Bybelskool HL 19:00 Veritas kursus MS
Preekreeks: Leef Jesus deur 3 HL - Hippolaan / MS - Midstream
WIP koffieaand Retreat Kamp
10:00 GriefShare MS 18:30 ADAM kursus MS 19:00 Veritas kursus HL 19:00 Bybelskool MS
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 17:30 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band
Gemeenteraad 19:00 40Plus byeenkoms 18:30 Hoop Depressiegroep 19:00 Bybelskool HL 19:00 Veritas kursus MS
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 Doopreëlings 19:00 Doopvoorbereiding
Eredienste: 08:00 & 19:00 Hippolaan 19:00 Midstream
Hemelvaart
08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL Pen Nagtoer Retreat Kamp
08:00 Beroepsforum HL 19:00 Rondom40 kuieraand
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL MaMs byeenkoms HL
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:30 Dienswerkers Konferensie Retreat Kamp
Saterdag
16:00 30Plus Dieretuin oorslaap
07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Huweliksvoorbereiding MS
Donderdag 30 Vrydag 31
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening
25 Sondag 26 Maandag 27 Dinsdag 28 Woensdag 29
Preekreeks: Leef Jesus deur 2
Belydenisaflegging Bikers inreik 30Plus Dieretuin Bybelstudie Reeks 2
08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL 18:30 Huweliksvoorbereiding MS
Donderdag 23 Vrydag 24
08:30 Bybelskool HL 09:30 Oppiekoppie uitstappie 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL 18:30 Griefshare HL 18:30 Huweliksvoorbereiding MS 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening
18 Sondag 19 Maandag 20 Dinsdag 21 Woensdag 22
Preekreeks: Leef Jesus deur 1 Moedersdag
10:00 GriefShare MS 18:30 ADAM kursus MS 19:00 Veritas kursus HL 19:00 Bybelskool MS
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL
Woensdag 8 Donderdag 9 Vrydag 10
Werkersdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL
11 Sondag 12 Maandag 13 Dinsdag 14 Woensdag 15 Donderdag 16 Vrydag 17
12:00 Doop Doop @ Midstream Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste
4 Sondag 5 Maandag 6
Mei Belydenisaflegging registrasie sluit
1 Donderdag 2 Vrydag 3 Saterdag
www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 15
10:00 GriefShare MS 18:45 Selindeling Hippolaan
Pinkster
Eredienste: 09:00 & 19:00 Hippolaan 19:00 Midstream 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 18:00 Tieners Band 18:30 Enkellopendes kursus 19:00 Hippolaan Brugbou
09:00 Maatskaplike Werkers Forum 09:30 Oppiekoppie Byeenkoms 19:00 40Plus byeenkoms
Jeugdag
Vadersdag
10:00 GriefShare MS
HL - Hippolaan / MS - Midstream
08:00-13:00 Vakansieprogram
29 Sondag 30 Maandag
Nagmaal WIP koffieaand Bikers uitreik
07:00 Gebedsgeleentheid HL
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 14:00 18:00 Tieners Band 18:30 Enkellopendes kursus
09:00 MaMs HL 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 18:30 My Kind & Tegnologie HL
Doopregistrasie vir Julie sluit
19:00 40Plus byeenkoms 18:30 Hoop Depressiegroep
08:00 Beroepsforum HL
08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum HL
18:30 Doopreëlings 19:00 Musiekoefening
Skole Sluit
08:00 Beroepsforum HL
07:00 Gebedsgeleentheid HL
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL
Donderdag 27 Vrydag 28
19:00 Musiekoefening
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL
Donderdag 20 Vrydag 21
19:00 Opvolg Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening
22 Sondag 23 Maandag 24 Dinsdag 25 Woensdag 26
10:00 GriefShare MS
Gesins Sondag Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste
08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beraders Forum
Woensdag 5 Donderdag 6 Vrydag 7 Saterdag
10 Dinsdag 11 Woensdag 12 Donderdag 13 Vrydag 14 Saterdag
Pinkster
Eredienste: 09:00 & 19:00 Hippolaan 19:00 Midstream
Dinsdag 4
15 Sondag 16 Maandag 17 Dinsdag 18 Woensdag 19
Pinksterfees
Pinkster
Eredienste: 09:00 & 19:00 Hippolaan 19:00 Midstream
Sondag 9 Maandag
11:30 Selindeling Midstream
8
Preekreeks: Bou 4 Pinkster
Doop by alle dienste 12:00 Doop
1 Sondag 2 Maandag 3
Junie
EASTER IN ISRAEL
Molly Miesner Every year over 100,000 visitors arrive in Israel to celebrate Easter, the Christian celebration of the resurrection of Christ. Easter is at approximately the same time as the Jewish Passover and so the country is alive with celebrations both Christian and Jewish. The Holy Week of Easter begins with Palm Sunday when Jesus is believed to have ridden into Jerusalem; Good Friday commemorates the day Jesus was crucified and Easter Sunday is the day that Jesus was resurrected. Although Easter is not celebrated by Israel as a nation and you won’t see Easter decorations or Easter egg displays in the store windows, Israeli Christian communities hold church services to mark this special occasion. The largest Christian community in Israel is in Nazareth where you can attend a service at the Church of the Annunciation alternatively there is the Church of the Nativity in Bethlehem and Easter services in Jerusalem churches. Palm Sunday ( 13th April 2014) Palm Sunday marks the day when Jesus entered Jerusalem riding a donkey and believers laid palm fronds in his path as they cheered and welcomed him. A Mass is held in the Church of the Holy Sepulchre (and other churches across the country) where worshipers hold candles and palm fronds. A procession from the Mount of Olives takes the faithful into the Old City retracing the route Jesus took through St. Stephen’s Gate and on to the Church of St. Anne. The procession starts at approximately 2:30pm and between 5,000 and 10,000 Christians participate. The Latin Patriarchate leads the procession and participants sing hymns, carry crosses, olive branches and palm fronds. Maundy Thursday ( 17th April 2014) This was the day that Jesus ate the Last Supper with the Apostles and washed their feet (John 13:1-15). On this day there are celebrations at the Room of the Last Supper (Upper Room) on Mount Zion. Good Friday ( 18th April 2014)
adventofmessiah.files.wordpress.com
A procession of Christian pilgrims and religious leaders follow the Via Dolorosa through the Old City of Jerusalem along the route which Jesus took bearing his cross from Golgotha on the way to his crucifixion. The procession is led by the Franciscan Friars and goes from the first station of the cross near the Lion’s Gate in the Old City walls to the Church of the Holy Sepulchre. The procession begins at approximately 11:30am. At the Church of the Holy Sepulchre there is the Liturgy of the Hours at 4pm and a “Funeral” procession at 8pm. Easter Sunday ( 20th April 2014) The final day of the Holy Week is celebrated with the entry of the Latin Patriarch into the Church of the Holy Sepulcher at 7am followed by an 8am Mass of Resurrection and a procession around the Rotunda. The Garden Tomb is open for visits throughout Holy Week (8:30am-12 noon and 2pm – 5:30pm). On Easter Sunday there is a resurrection celebration at the tomb and Protestants celebrate with an Easter sunrise services at Garden Tomb. Orthodox Easter ( 11th April – 20th April 2014) The week following Holy Week the Orthodox Christians (including Armenian, Coptic, Ethiopian, Syrian and Russian Orthodox) celebrates Easter with similar ceremonies and services. On Orthodox Holy Saturday (4th May 2013) there is a Holy Fire Ceremony (Saturday of Light) in the Church of the Holy Sepulchre, this is unique to Israel and happens nowhere else in the world. The Greek Patriarch and Armenian Orthodox priest enter Jesus’ tomb in the Church of the Holy Sepulchre with a torch. The lights in the church are turned off and when the church leaders immerge the torch is alight and the people all holding candles light their candles from the torch. The light spreads through the crowd creating a visual spectacle and spiritual experience. If you want to attend the ceremony you will need to obtain passes through one of the orthodox churches. The ceremony lasts approximately from 11:30am until 2pm. There is also a Holy Mass in St. James’ Cathedral. k
16 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org
My Voetspore
Negev Woestyn, Israel
WOESTYN….Plek van stilte, afsondering….Plek van eenvoud om alleen te wees met jou God, die God van Abraham, Isak en Jakob. Tamar Park is ‘n park van ongeveer 23 hektaar en is 75 km suid van die Dooie See, in die Negev. Heelwat argeologiese opgrawings word nog steeds hier gedoen, en dit word geglo dat Abraham omtrent 4000 jaar gelede binne 100 km van Tamar Park, gewoon het. Dit is die plek waar gebedspanne vir ‘n tydperk van 7 dae God se aangesig soek vir Israel en sy mense, maar waar God Homself ook aan elkeen persoonlik openbaar.
Vanaf “Prayer Mountain” kan jy wyd sien en word jy met verwondering vervul oor die Grootheid van God en sy teenwoordigheid. Stilte wat alle verstand te bowe gaan, kry nuwe betekenis. Met ‘n koel bries teen jou wang en die gekoer van ‘n duifie iewers, is jy intens bewus van jou geringheid voor God, maar ook van sy troue sorg vir die voëls, maar ook vir jou as sy kind. k Kom reis saam vanaf 19 Oktober tot 3 November na die Negev woestyn om af te sonder en vir Israel te bid. Vir meer inligting kontak my asseblief: Molly Miessner, sel nr 082 426 614 of stuur ‘n epos na mollymiessner@gmail.com
www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 17
Evangelie & Kinders
Tiesie de Coning
EVANGELIE IN KLEUR IN KLEUTERSKOLE
Kinderssondermure het die heerlike voorreg gehad om op Woensdag, 16 April, ses kleuterskoolgroepe van Midstream Pre-Primêr, Midstream Ridge en Midlands PrePrimêr met die Evangelie te bedien. Vir hierdie doeleinde is twee uitreikspanne gemobiliseer om die hande en arms wat poppekaskinders laat lewe, ‘n blaaskans te gee en mekaar af te los. Die tema was “Die ware Paasfeesverhaal”. Skrikwekkend genoeg draai die Paasfeesverhaal vir baie kinders bloot om paashase en paaseiers. Paasfees 2014 sou egter anders wees en die ware kleure van Paasfees vir kleuters wys! Die kleure swart, rooi en wit waarmee die lamppale in Midstream gedrapeer is wat kinders elke oggend op pad kleuterskool toe sien, is as basis vir die oordra van die inhoud gebruik. Daar is gebid en uit volle bors vir Jesus gesing: “If you’re happy and you know it, say “Amen!” en “He’s got the whole world in His hands”. Die Gloggedonsies van Gliekeland het heelhartig saam gesing en rondgehop in die poppekas. Kinders het die “ware Paasfeesverhaal” in God se spesiale Boek, die Bybel, ontdek. Swart laat ons dink aan Jesus se lyding toe Judas Hom verraai, Petrus Hom verloën, die soldate Hom geslaan, bespot en gekruisig het. Swart laat ons ook aan ons sonde dink. Dis juis die rede waarom God ‘n plan gemaak het. Die kleur rooi wys vir ons op God se plan: Daar is spykers in Jesus se hande en voete gekap en ‘n doringkroon op sy kop gesit. So het Jesus aan die kruis in ons
plek gesterf. Jesus se bloed het ter wille van ons gevloei. So is al ons sonde vergewe. Dis waaraan die kleur wit ons herinner: Jesus wat nie net ons sonde wegneem nie, maar ook die dood oorwin het, want op die eerste, tweede, derde dag het Jesus opgestaan en Hy lewe! Ons kuiergaste was Jack en Janet – die een so opgewonde soos die ander! Janet het die ware Paasverhaal geken, terwyl Jack gedink het Paasfees gaan oor jammie-nammie sjokoladehase en -eiers. Janet het vir Jack die regte-egte Paasverhaal vertel soos wat ons dit in die Bybel lees. Jack het gedink die storie eindig met Jesus se kruisdood en het heftig beswaar gemaak, want hy is nie ‘n man wat van stories met ‘n hartseer einde hou nie! Janet se storie was egter nog nie klaar nie, want Jesus het opgestaan en geleef! Al wat ou Jack kon uitkry, was: “I like… I like..!” En toe volg die ontdekking: dit het alles gebeur omdat God die wêreld so liefgehad het dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê! (vlg: Joh 3:16) Jack het summier besluit dis die beste storie, die beste nuus en die beste geskenk ooit! Die kuiertjie by die kleuters is afgesluit met “Houtkruis” en kleuters wat geluidloos op dié lied gebare en bewegings doen. Wat ‘n besondere voorreg om saam met kleuters by die kruis te vertoef en daarna aan te beweeg na die opgestane, lewende Here! k
18 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org
Kinderkerk vier Paasfees met die STE-familie Sondag, 13 April, het kerksondermure se kinders Paasfees gevier – alles op die vingers van een hand! Daar is net een manier om dít reg te kry – trek die STE-familie nader: Beste (duim), Wysste (wysvinger), Langste (middelvinger), Swakste (ringvinger) en Kleinste (pinkie). Voor ons kuiertjie saam met die STE-familie het ons afgeskop met ‘n Paasfees-geloofsbelydenis: • Ek glo in God wat die beste plan vir die wêreld gehad het. • Ek glo in Jesus Christus wat in my plek aan die kruis gesterf het. • Ek glo in die Heilige Gees wat elke dag by my is. • Ek glo die Bybel waarin ek lees dat Jesus opgestaan het en leef! • Ek glo aan die kerk en ek vier graag saam met ander gelowiges Paasfees. By Beste (duim omhoog) leer ons ‘n paar “bestes”: • God het met Paasfees sy Beste vir ons gegee. • God se beste, enigste Seun, Jesus, het in ons plek aan die kruis gesterf. • So het ons die beste geskenk gekry: die ewige lewe. Paasfees is dus Christene se beste fees, want dan dink ons terug aan God se beste plan toe Hy sy Beste vir ons gegee het, sodat ons die beste geskenk kan kry.
nog ‘n baie lang, moeilike oomblik in Getsemane beleef. Dit moes vir Jesus die langste gebed gewees het toe Hy met sy gesig na die grond toe gebid het: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil”. Net hierna het Judas vir Jesus verraai en is Jesus gevange geneem. Ons swakste vinger se naam is Swakste. Al Jesus se dissipels het skielik swak geword: Judas het Jesus verraai, Petrus het Jesus verloën, en die res? Matt 26:56b: “Toe het al sy dissipels Hom in die steek gelaat en weggehardloop.” Jesus was nou alleen en op sy swakste. Jesus is met ‘n sweep geslaan, hulle het op Hom gespoeg, met Hom gespot, Hom met ‘n stok oor sy kop geslaan en Hom aan ‘n kruis vasgespyker. Kleinste laat ons aan ‘n klein klippie dink. Dit was egter nie ‘n klein klippie wat voor die graf was nie, maar ‘n baie swaar en groot klip. Die soldate moes seker maak dat niemand hierdie klip wegrol nie. MAAR… op die derde dag het God vir Jesus opgewek uit die dood! Kinders het gejuig: “Jesus leef!” Hierna het ons kruisies met roomysstokkies en wol gemaak en Joh 3:16 daarop geskryf. Kinders is met dié kruisies na hul bure gestuur om die boodskap van Paasfees met hulle te gaan deel. k
Bybelse Wiskunde is gedoen om uit te vind waar God se beste plan vir die Bybel staan. Na ‘n paar leidrade, het die kinders nie net Joh 3:16 as antwoord ontdek nie, maar ook dié vers met gebare aangeleer. ‘n Moderne weergawe van die vers in ‘n lied is aangeleer en uit volle bors gesing. By Wysste het kinders geleer hoe om op die slimste manier na Paasfees te kyk. Ons kyk na die kruisiging deur die bril van die opstanding. Dan word die SWART Vrydag ‘n GOEIE Vrydag en hoef ons nie met swaar harte Paasfees te vier nie. Op hierdie punt het kinders vir God dankie gesê dat Paasfees nie net oor Jesus se kruisiging gaan nie, maar veral ook oor Jesus se opstanding. In die STE-familie is Langste die langste. Langste laat ons aan Jesus se lang pad van swaarkry dink: dit het begin toe een van Jesus se beste 12 vriende Hom verraai het! Dit moes vir Jesus die langste, hartseerste oomblik gewees het – en dit vir minder as R60 in vandag se geld! Langste leer ons ook van ‘n lang tafel. Jesus en sy 12 dissipels was besig om vir oulaas saam by hierdie tafel te eet. Jesus het hulle vertel dat Hy binnekort sou sterf. Hierna het Jesus
www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 19
Wie is die Heilige Gees? Op Sondag, 13 April, het ons ‘n paar kinders in die kinderkerk gevra wie die Heilige Gees is. Hier kom die kosbare antwoorde – so uit die perd se bek: “Die Heilige Gees is God , maar dit is binne in jou ”
is die Heilige Gees ie d k in d k “E od!” an Jesus / G skaduwee v
ie fader en “Dit is god d hy is in jou”
Karen, Gr 5
“Dis die vrug te van die g ees vreugde, go edhartigheid vrede, , ne heid, liefde, selfbeheersin derigg, geduld, getrouheid, vriendelikhe id”
Jessica, Gr 5
“Die Heilige Gee jou om die re s is in jou en help vir gte ding te d oen!”
die seun en
Donovan, Gr 5
Carmin, Gr 4
art” oon in my h w s e e G e ig il “Die He ” en die vrugte “Die helper
Anja, Gr 2 / Tian, Gr 3
enheid” an die drie-e “Dit is een v ” “Ek weet nie
Gr 2 / Delarey, Gr 3
“Hy is die m annetjie op jou skouer wat vir jou d ie regte ding sal sê”
“Die vrugte”
Carli, Gr 4
“Die Heilige gees is altyd by ons en help ons”
Calista, Gr 4
die es is die God e G e ig il e H “Die Seun” Vader en die s van god” “Dis die gee
Hanré, Gr 3 / Alexander, Gr 5
Miné, Gr 4 / Shannon, Gr 5
Kinders se woorde is as direkte aanhalings hierbo weergegee.
20 Hartklop l Mei 2014
huluge gees” “Jesus is die e god” an die 3 enig “Hy is deel v
Minke, Gr 2 / Janco, Gr 5 www.kerksondermure.org
Kinders & Die Heilige Gees Tiesie de Coning
Dit is maklik om die verhale van die Ou Testament en Jesus se wonderwerke en gelykenisse vir kinders te vertel. Dis egter nie altyd so eenvoudig wanneer dit by die Heilige Gees kom nie! Kenners is dit eens dat kinders eers later ‘n begrip van die Drie-Eenheid ontwikkel. Voorskoolse kinders praat meestal van Jesus - soms van Jesus-God of God-Jesus. In die kleuterfase kan daar in ‘n mate tussen God en Jesus onderskei word, maar vanweë kleuters se begrip van Jesus se konkrete menswording is God nog steeds vir hulle meestal Jesus. In die kleuterfase is kinders bewus van die onderskeid tussen God, Jesus en die Heilige Gees, maar word dit nog nie regtig verstaan nie. Dit is eers vanaf 6 jaar dat kinders groter begrip toon om te onderskei tussen God, Jesus en die Gees. Vanaf 8 jaar praat kinders meer onderskeidend van God en Jesus. In hierdie tyd is dit goed om vir kinders te leer wat gelowiges met die krag van die Gees kan doen. Die Handelinge-verhaal kan handig hier te pas kom. Ons lees in die Nuwe Testament dat die Vader, die Seun en die Gees God genoem word. Dit is vir kinders moeilik om te verstaan dat daar drie is wat God genoem word, maar tog net een God is. Tog is al drie saam die een God. Die maklikste om dit te verduidelik vir kinders van 6-8 jaar is om die voorbeeld van water te gebruik: stoom, ys en kraanwater is tog alles water. So is die Vader, Jesus en die Gees ook een en dieselfde God. Kinders van 9 – 12 jaar toon ‘n groter begrip om die Drieeenheid te verstaan as gevolg van hul groeiende abstrakte denke. Kinders in hierdie fase is in staat om na God as God te verwys en van Jesus te praat waar dit oor die persoon
van Jesus gaan. Die ontwikkeling van abstraksie in hierdie fase lei ook daartoe dat die Heilige Gees en die werk van die Gees vir kinders meer sin maak. Hulle kan dus ook Geesvervuldheid op eenvoudige wyse in hierdie ontwikkelingsfase verstaan. Die volgende kernwaarhede oor die Heilige Gees kan met kinders in hierdie fase gedeel word: • Die Heilige Gees is God – net soos wat Jesus en die Vader ook God is. • Die Heilige Gees is ‘n Persoon – ‘n Goddelike Persoon. • Die Heilige Gees wil in elke gelowige se lewe teen woordig wees om ons in staat te stel om binne God se wil te lewe. • Die Heilige Gees werk in ons lewens: Hy leer en lei ons, Hy help ons om te onderskei tussen reg en ver keerd, Hy troos ons, Hy herinner ons aan Jesus se woorde, Hy oortuig ons en help ons om te getuig, Hy is ons “Voorspraak” of ons “Advokaat” by die Vader, Hy bid vir ons, Hy gee die vrug van die Gees in ons le wens: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbe heersing. • Die Heilige Gees is ‘n geskenk wat Jesus vir ons gegee het toe Hy opgevaar het na die hemel. Die Heilige Gees is met Pinkster uitgestort. • Die Heilige Gees woon in ons en is altyd by ons. Mag die gawes van die Gees en die vrug van die Gees kinders versterk en voorberei om deur die Gees gelei te word en om deur die Gees te lewe. Mag u as ouers en grootouers die genade ontvang om kinders tot ‘n innige verhouding met die Heilige Gees te lei. k
www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 21
Stories
WELKOM @ ,MARYNA! Kinderssondermure rig ‘n warm welkom aan Maryna Burger kinderbediening se splinternuwe administratiewe beampte. Maryna dra nie net kinders en kleingroepleiers se sake op die hart nie, maar sal ook diensbaar wees as koördineerder van die Dienswerkersbediening. Maryna is geen onbekende nie, maar alombemind met haar sagte glimlag en warm stem vir ieder en elk wat kerksondermure Hippolaan gedurende die week skakel of by Ontvangs inloer – ‘n pos wat sy die afgelope 3 jaar met groot onderskeiding beklee het. Sy is ook reeds die afgelope 5 jaar as kleingroepleier diensbaar in kinderbediening – ‘n passie wat sy saam met haar wederhelf, Pieter, in dié bediening met groot entoesiasme uitleef. Maryna het by die begin begin: as kleingroepleier by ons Doekdrabediening. Hierna was sy diensbaar by die Koningskleuters en tans dien sy as kleingroepleier in die junior bediening waar sy en hul dogtertjie groot pret saam beleef terwyl Pa Pieter saam met hul seun, Bertu, by die “Tweens” bediening diensbaar is – ‘n volbloed gesinspoging in die ware sin van die woord!
Pieter en Maryna met hul kinders Bertu, Gr 6, en Beandri, Gr 2, se gedeelde vreugdes is om tyd saam te spandeer, om te kamp in die bosveld en dan natuurlik die jagveld – ‘n groot liefde van Pieter wat sy gesin deel! Maryna beleef haar verhouding met Jesus Christus as lewendig en tog nog steeds elke dag as ‘n leerproses. Een van Maryna se velerlei passies is gebed. Sy sal ten spyte van haar nuwe pos steeds verantwoordelik bly vir die skakeling met die gebedspanne en gebedsversoeke wat sy getrou elke Vrydag na kerksondermure se voorbidders stuur. Ons gebed is dat hierdie nuwe seisoen vir jou groot vervulling sal inhou, Maryna! Mag die Here jou met die keur van sy seëninge seën en tot seën maak vir elkeen – groot en klein - wat jou pad kruis. Ons gebed vir jou in Paulus se woorde is dat jy in die liefde gewortel en gegrondves sal wees, dat God jou waardig sal maak vir die lewe waartoe Hy jou geroep het en dat Hy jou geestesoë so verhelder dat jy sal weet watter hoop sy roeping inhou en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir ons bestem het. Mag jy met arendsvlerke vlieg! k
Liewe Biker Boetas en Sussies "My God is SO groot, so sterk en so magtig, daar's niks wat my God nie kan doen". Hierdie ou liedjie het nou vir my die tema-lied van KOW Biker Bediening geword. Weet julle hoe goed is God vir ons?? Hierdie Uitreik het met niks begin nie, net 'n gehoorsame oor, 'n idee en 'n klompie entoesiastiese kinders van God wat baie graag Jesus se hande en voete wil wees om sodoende 'n klein verskilletjie in iemand se lewe te kan maak. God het voorsien, emmersvol - kos, klere, finansies, vleis, liefde, bydraes, gewillige hande en voete en nog steeds het daar '12 mandjies vol' oorgebly. Prys ons Grote Here! Baie baie dankie Ewald en Melanie vir julle harde aanvoorwerk wat julle onverpoosd met liefde gedoen het. So ook elke Biker wat bygedra het - in watter vorm ook al, om die uitreik na die AGS-gemeente en Waterval Boven Ouetehuis so 'n reuse sukses te maak. Al julle Biker vriende is en bly die beste!. Mag Jesus julle almal saggies toevou in Sy liefdevolle arms. Shalom Derick & Renate Oosthuizen
22 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org
"National Champs for Physically Disabled 2014 " kerksondermure Sport Bediening 30 Maart-2 April 2014 Theo van Zyl
Here. Ons het ook ge-"praise and worship". Na dit het ons weer ge-"coffeeshop" tot in die aand en lekker gekuier en gedeel met almal.
Wat was jou ervaring en hoogte punt?
Wat is die “Champs for Physically Disabled” Dit is 'n byeenkoms vir gestremde mense om mee te ding in verskillende sportsoorte op 'n nasionale vlak. Al 9 provinsies neem deel en dit word elke jaar deur n ander dorp/ stad aangebied. Die jaar was dit in Stellenbosch
Hoe het ons betrokke geraak? Ons is deur Neil Louw (paralimpiese atleet '922000 silver medalje) en Fanie van Der Merwe (paralimpiese atleet 2008 & 2012 gold medal) genader om te hoor of ons wil betrokke wees by die uitreikaksie. Die eerste van sy soort in ons land.
Wat was die doel van die uitreik? Om die sportmanne en -vroue te ontmoet waar hulle is, hulle te dien en Jesus se Liefde uit te leef tussen almal.
Was daar 'n program waar volgens julle gewerk het? Ons het wel ‘n program gehad. In die oggende het ons vir al die Atlete wat wou , Bybelstudie in die sportsaal gehou. Van daar tot middagete het ons 'n “Coffeeshop” gehad waar ons koffie en tee bedien het (verniet) om net saam met almal te kon kuier en hulle stories te hoor, hulle te bemoedig en te ondersteun. Middagete het ons ander atlete se getuienisse gehoor van hulle pad saam met die
Dit het 'n hele nuwe wêreld vir my oopgemaak. Net om te sien hoe die mense hulle "disability" in "abilities" omdraai was n wonderlike ervaring. Om te sien en te ervaar hoe baie van die atlete die Here passievol dien en volg en ook onder die ander atlete te bedien. Daar was n klomp atlete ook soekend na die Here, hulle vrae is beantwoord en ook bemoedig. Ons het n wonderlike geleentheid gehad op die tweede dag, toe die Vrystaatse sokkerafrigter ons gevra het om sy span te kom bedien met die woord. Baie atlete het 'n eerste ontmoeting met die HERE gehad in die tydperk wat ons daar was .
Wie was almal deel van die uitreik ? Dit was 'n samewerking van 'n paar kerke en organisasies van oraloor. Wonderlik om te sien hoe almal saam werk vir die Koninkryk .
Wat is die pad vorentoe? Ons kyk om volgende jaar weer betrokke te wees en dan werk ons ook daar aan om 'n span na die 2016 Paralimpiese Spele in Rio te stuur. Vir nou werk ons eers ook by die Kearsney rugbyfees en dan die o/18 Cravenweek in Julie.
Laaste woorde om op te som. Dit was 'n voorreg om daar te kon dien en Jesus se Liefde uit te leef . Ek sal meer mense saam met my wil vat op die reis. Dit is 'n wonderlike wêreld met 'awesome' mense. k
www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 23
Nostalgie…
ensdag, hou op Wo e g stalrt e s n o hierdie no het k p m O a . e rd tr s o id -o @M m aftree raai gaan Die Seniors @Midstrea ier en ‘n d u re k ti e e g R ie m a d sa k, sang, 9 April by ns heerlik van musie o t lp e u h h , e d b n e ae” met giese ogg oeie ou d “g ie d in lent! maak e ander ta p o h n e s al die n woordku gehou om eer rd o -o e re ft a ie m siaal by die ok dié mense wat n e p s s a w wees rt juis dan o graag wil Die konse – e ll k u e h tr r e a b a kon n kom w Seniors te is om te ka l ie b o m l heeltema ndev, en nie. ng aan Bo ri e rd a a w lle hulp n neel, vir hu ons dank e o k rs o e o p n e a s d m Hiermee Midstrea at hierdie edra het d ek Retire@ g ifi y s b e s p s ik r tl e o ro rloop het. me ksesvol ve ning wat g u u s te n e rs e d d la n epg en o oggend se eem én at deelgen w l a lm veel a n ook aa rreg om so Baie dankie un het. Dit was ‘n voo r eslis wee rste ns sal dit b …! k O kom onde … k a a arte te kon blym sie dop h hierdie spa u o h o s , 5 1 doen in 20
24 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org
Afskopfunksie Jansie Koekemoer
Woensdag 19 Maart was die afskopfunksie van ons splinternuwe vroue aksie, Kuria – Vroue wat dien. Sommer uit die staanspoor met die bekendstelling alreeds kon mens agterkom dat absoluut alles rondom die aksie ‘n vars aanslag het. Die nuwe naam, soos verduidelik deur Jansie Koekemoer wat die leiding neem by Kuria, se Griekse oorsprong uit die Nuwe Testament beteken “Christenvrou”. Kuria se doelwit is om vrouens se kruike te vul met bemoediging en hoop sodat hulle weer ander kan bemoedig en hoop bring waar hulle gaan. Met die instap in die saal kon mens ‘n stemming aanvoel wat getuig van vrouwees en kind van God wees. Vrolike sonneblomme, daisies en koringare het ‘n atmosfeer geskep van ‘n oes wat gereed is. Die aand is gewy aan ons Koning met lofprysing en lofdanse. En wat ‘n aangename verrassing was dit om die aanbieding in egte geselsprogramstyl te beleef met Lindie Strydom as aanbieder en “atteljee-gaste” Jansie Koekemoer en Kona Brown – Mev VN SA2012 en Mev VN Wêreld 2013. Kona het die vroue inspireer om betrokke te raak in mekaar se lewens en die gemeenskap.
en ‘n “laat God meer vloei deur my” besef. So tussen my kyk, wees en besef het ek opnuut beleef hoe wonderlik vrouwees werklik is. Dat daar vroue (susters) is wat die wêreld saam met my kom inkleur en dat ek tussen hierdie vriendinne nie nog ‘n regmerkie hoef te maak op my prestasielysie wat bladsy vir bladsy groei nie. Hier kan ek maar bloot myself gee met vrymoedigheid sodat ons Hemelse Vader weereens sy liefde kan laat vloei deur ons en om ons. Dankie aan Jansie en haar bekwame span dames vir die sagte herinnering, dat ek net kan wees wat God my bedoel het om te wees: ‘n Eva wat vir verhoudinge geskape is, ‘n Martha wat dien, en ‘n Esther wat met haar gehoorsaamheid ‘n verskil maak deur net haarself te gee. Mag die Here hierdie projek ryklik seën. ~Thea Tselepis Dit was vrolik om saam met vriendinne te wees en 'n breuk van die gewone roetine in die week te kry en geestelik gevoed te word. ~Else Ek het groot waardering gehad vir Kona se eerlikheid en spontaniteit; het gevoel: "it was time well spent". Saamwees en -kuier was "tops"; die kersie op die koek was dat ek die aand met my 4 dogters kon deel! Net weer besef hoe bevoorreg ek is. So lief vir julle en baie, baie trots. ~Sterna Ek het besef ons is almal susters, vriendinne, mammas, vrouens, oumas ens., met dieselfde waardes en behoeftes. Kona het so tot my hart gespreek met haar eerlikheid. ~Marietjie
Die inhoud van die aand was geesvervuld, inspirerend en 'n mens het daar weggegaan met soveel sielskos. Die hele geleentheid is aangebied met styl, passie en entoesiasme! Ons deel graag van ons gaste se ervarings van die aand… Vir my was elke oomblik van die aand ‘n voorreg…’n “kyk om my rond” reis…’n “wees minder in beheer” geleentheid www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 25
The Quest for Authentic Manhood
ADAM Bediening
"Die kursus help om die definisie van manwees beter te verstaan bv. wat dit positief en negatief beïnvloed en om na jou rol in verhoudings in geheel te kyk. Konstruktief op die verlede te reflekteer op die impak van historiese verhoudings en rolle wat jy vervul het. Meer gebalanseerd en gefokus na die impak van jou huidige verhoudings en jou rol daarin te kyk en meer effektief te beplan en werk aan gesonde verhoudings en jou rol as man met selfvertroue te vervul in die toekoms." “Ek persoonlik voel die Quest is iets wat elke man op een of ander stadium moet doen - hoe vroeër hoe beter. Ek's jammer dat dit nie 20jr terug vir my al moontlik was nie…” “Dit is vir my baie selfverrykend en ‘n persoonlike groeiproses. Ek ontdek dinge van myself wat ek nie voorheen besef het nie.” Ons kom Maandagaande by kerksondermure Midstream bymekaar van 18:30 tot 20:30 en die koste beloop net R250 per persoon. Alle mans van alle ouderdomme, kerke of sonder kerk is welkom. So bring gerus ʼn vriend of ʼn werkskollega saam. As jy belangstel om hierdie reis saam met ons mee te maak, of indien meer inligting verlang word, kontak die kerkkantoor by 012 - 940 9480 of stuur ‘n e-pos aan mskantoor@ksm.co.za k
MaMs byeenkomste 09:00 tot 12:00 elke 2de Woensdag in skoolkwartale. Toegang R30. Program - 2de Kwartaal: Tema: Groen 14 Mei: Carl du Preez - Mooiste inheemse blomme 28 Mei: Uitreik 31 Mei: Flooze 11 Junie: Pieter Truter - Spinnekoppe en Slange (Leer jou kind) 25 Junie: Tiesie de Coning - Hoe lei ek my kind na die Here? Navrae: Surene 084 814 0545/ surene.palvie@gmail.com of Daleen by die kerkkantoor 012 663 2003 x209
Gasvryheid is een van die belangrikste bedienings by kerksondermure. Die Gasvryheidsbediening is die gesig van ons kerk, die eerste indruk. Ons is hoofsaaklik verantwoordelik vir die verwelkoming van bestaande en nuwe gemeentelede. Vir navrae by Hippolaan, kontak: Daleen by 012 663 2003 x209/ daleen@ksm.co.za Vir navrae by Midstream, kontak: Vera by 012 940 9480/ vera@ksm.co.za
26 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org
Evangelie & Tieners
Die Gees BEWEEG deur tieners… Die Here is besig om Tieners op ‘n besonderse manier te gebruik in die koninkryk! Ons werk deesdae met drie groot woorde: BEHOORT, BEMAGTIG en BEWEEG by
Tienerbediening en ons sien hoe die Gees tieners lei tot ‘n dieper verhouding met Jesus deur hierdie UBA beweging! Wat is hierdie UBA? Dit staan vir Uitreik Bemagtigings Avonture! Dit is ‘n beweging wat ontstaan het uit tienerbediening, met die doel om tieners te bemagtig om ‘n lewe te leef wat uitreik na mekaar en ander! Net so 'n bietjie agtergrond: In 2013 het ons afgeskop met ‘n UBAkamp waartydens ons tieners opgelei het in Kidzgames en deur praktiese aktiwiteite toegerus het om die evangelie van die koninkryk beter te verstaan en te leef. In Desember 2013 het ons ‘n praktiese uitreik na Zambië gehad wat die lewens van tieners totaal verander het! Hierdie klein groepie wat in Zambië was het so Geesvervuld teruggekom dat ons saam die UBA beweging verder gevat het! Wat nou gebeur, is dat die Tieners elke maand ’n UBA (uitreik bemagtigings avontuur) het! Dit word met ondersteuning van tienerbediening, deur die tieners self gereël en die Gees werk kragtig deur hulle! Elke tiener word aangemoedig om elke keer ten minste een tiener saam te nooi, daardie tieners word dan natuurlik aangemoedig om volgende keer ook iemand saam te nooi. Dit is dan natuurlik ook oop vir enige ander tiener om saam te kom, want op die manier word dit ‘n beweging wat vinnig spoed optel! Die Gees beweeg deur die tieners en ons kan Hom nie keer nie – ons wil ook nie! Al wat ons kan doen is om saam
te beweeg en meer van onsself te gee! Die laaste twee UBAs het ons gaan kuier Annelize de Wet by PEN se kinderhuis kinders in die middestad. Ons het wel ons span in twee gedeel met ons April-uitreik, want ons was te veel om almal by die kinders te kuier. Die ander helfte van die Tieners het ‘n ware middestad straatbediening beleef deur saam met van die leiers met mense in die strate te kuier – ‘n wow belewenis vir almal wat gegaan het! Baie van die wanpersepsies oor die stad is verander deur ‘n hart te kweek vir die mense daarbinne – iets wat net die Gees kan doen! Ons het ook gesorg dat ons ‘n goeie eetbelewenis kry deur in een van die local plekke aandete te geniet. Vir meeste van die Tieners was dit baie vreemd, maar vir almal verrykkend. Daarna het ons die “nightchurch” besoek en saam met die leiers daar die naglewe van die stad beleef. Vir baie sou dit klink na iets wat gevaarlik is, maar vir ons wat daar was het ons lanklaas so veilig en vol vrede gevoel. Soveel straatmense se getuienisse het elke Tiener aangeraak en selfs verander – daarvoor sê ek net dankie! Die Gees BEWEEG deur tieners wat die Here dien – dalk is dit tyd dat ons saam beweeg! As jy ‘n tiener is wat baie graag betrokke wil raak by UBA kan jy gerus die tienerbediening kontak (tieners@ksm.co.za). Ons gaan waarskynlik in Meimaand twee UBAs hê, so kyk uit vir die volgende een en raak betrokke! Bid en beweeg saam met die Gees! k
www.kerksondermure.org
Hartklop l Mei 2014 27
Die Gees aktief binne ons skole
Allen Baatsen
E
k het die laaste kwartaal die ongelooflike voorreg gehad om by van die omliggende skole van kerksondermure betrokke te raak, met tieners te kuier en te sien hoe ons Vader iets teweegbring wat my totaal en al onverwags in verwondering laat staan. My eerste verwagting of gedagte van ‘n jeugwerker by ‘n skool, is die random ou wat met ‘n selektiewe weird groepie kinders uithang tydens ‘n pouse. Moet sê, my eie persoonlike ervaring van ‘n jeugwerker toe ek nog op skool was nie te positief nie. Maar nou dat ek self in die posisie is, word ek dag na dag verras, en nederig gemaak in die sin dat die Here besig is, en my, jeugwerkers in die algemeen nie nodig het nie, maar tog uitnooi om deel te neem in wat gebeur. Eerstens voor ek by die tieners uitkom en wat als daar gebeur, sal ek graag net iets van die eenheid wil uitwys wat vir my die Koninkryk op so ‘n mooi manier deurbreek. Dis hoe verskillende gemeentes of denominasies almal saam kan hande vat om die kinders te dien, sonder dat een kerk of jeugwerker alleenreg op die skoolterrein uitoefen. Sodoende word die skole in effek ongelooflike mooi kweekhuise van geloofseenheid, ‘n mosaiek van verskillende maniere van hoe ons aan ons geloof uitdrukking gee, waar ruimtes geskep word van aanvaarding vir elkeen se eie unieke bydrae tot die koninkryk. Wat is besig om te gebeur? Om dit te antwoord, gaan ek baie in die algemeen gesels, net omdat die dinamika van elke skool baie uniek is en mens nie een met die ander kan vergelyk nie. Of dit nou is om in pouse by ‘n “Wor-
ship” sessie aan te sluit of ‘n gebedsbyeenkoms en in honderde kinders vas te loop wat hul pouse afstaan vir sulke geleent-hede is ‘n aangename onverwagse verrassing. Of om ‘n uur voor skool by ‘n skool uit te help met Bybelstudie met ‘n groot groep tieners, laat my nogal skuldig voel as ek die oggend sou verslaap. Op ander plekke hou van die kinders hul eie gebedsaksies of Bybelstudies apart van die georganiseerde – en hoeveel daarvan gebeur weet ek nie eens nie. Soms is die getalle kleiner, maar is die gesprekke passievol en kreatief, van tieners wat iets van die Evangelie opgevang het en daarmee wil hardloop. Maar om eerlik te wees, is dit baie moeilik om iets van wat die Here mee besig is te omskryf, maar dat dit gebeur, is ongetwyfeld. Ek kyk egter maar met ‘n klein venster in ‘n fraksie van die kinders se lewens in, en dit maak my in my binneste baie opgewonde. Is daar baie kinders wat nie deelneem nie? Verseker. Beteken dit egter dat die Here nie aktief betrokke is in hulle lewens by die skool nie? Glad nie, inteendeel, dink ek dit is juis daar waar die Gees my nog meer gaan verras. Bid vir jul skole, vir jul tieners, vir hul onderwysers, vir jeugwerkers – dis ‘n merkwaardige tyd van ontdekking en vernuwing in die tieners se lewens – waar tieners iets van die Evangelie begin ontdek, iets van hulself verloor in ‘n groter storie. Die vraag wat egter by my bly, is: ontmoet ons die tieners waar hulle is en hoe ondersteun ons hulle om die koninkryk deur te breek in hul eie leefwêreld? Want as ons dit nie doen nie, dink ek ons mis dit dalk net, al klink dit hoe mooi. k
28 Hartklop l Mei 2014
www.kerksondermure.org