uit jou gemaksone in jou hartsone in!
OESTYD VIR DIE KONINKRYK Oktober ‘n Feesmaand van Dankbaarheid
Oktober 2014 Uitgawe 98
Inhoud Fokus 01 02 03
Redaksie - Watter plek het feesvieringe in jou lewe? Feesmaand: Oktober is feestyd - ‘n feesmaand van dankbaarheid! Gebedsfokus: Bid tot die Here aan wie die oes behoort!
04
Merkwaardighede uit die Woord
06
Van Drive-Through na Drive-In Church
08
Persoonlike Sorg-Fokus: Die oes na teenspoed en selfs swaarkry
14
Kinder-Fokus: Hoop vir die kinder-oes
17
Tiener-Fokus: Liewe Matriek...
18
Dienswerker-Fokus: Hande benodig vir die 2015 oes
Algemeen 01
Preekrooster: Oktober
05
Briewe aan die redaksie
10
Kalender - Oktober
11
Kalender - November
20
Ons eie Publieke Weldaadsorganisasie
My Voetspore 19
Die boer en sy oes in Mosambiek
Stories
Dagboek 09
Bybelskool
09
Huweliksvoorbereiding Seminaar
12 12 13
Bediening van die Doop Kersmark SkouspelSonderMure
07
Hupstoot vir jou Vrouehart...
15
Vlaggies wapper met oestyd
16
‘n Terugblik op die oes van die derde kwartaal
Redakteur: Francois Schoombee 012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom 012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter Taalversorging: Hennie Jooste Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg. Webwerf: www.kerksondermure.org e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure Na-ure predikant op-roep: 083 489 0180 Finansiële bydraes: elektroniese oorbetalings kan gedoen word aan kerksondermure, ABSA Centurion, Rek no: 289 058 0095, Tak kode: 630 445, Verwysing: Naam en waarvoor Adres: Gemeente sentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Posbus 7545, Centurion, 0046 Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003 • Midstream - 012 940 9480 Voorblad kunswerk: Pen-en-ink
F
Redaksie
Watter plek het Feesvieringe in jou Lewe?
Feesviering is 'n skeppende, genesende en dankbare oefening wat 'n stuk waardering vir die lewe meebring. Feesviering help ons ontspan en om die goeie dinge van die Skepping geniet. Feesviering bring 'n dieper ervaring van vrolikheid. Feesviering bring vreugde in ons lewens, en vreugde bring energie en passie. Die vreugde wat Jesus bring deur sy kruisdood, bring verlossing, genade en werklike omgee-liefde wat enige mens, selfs hy wat nog nooit geglo het nie, in beweging vir die Koninkryk. Nehemia het verstaan dat “die blydskap in die Here is ons beskutting” (Neh. 8:10) Hoe bewerkstellig jy vreugde en blydskap in jou lewe? Watter komplekse geestelike formules moet jy volg voordat jou vreugde lei na tevredenheid? Ek dink dit is eintlik so eenvoudig; ons moet dit net eien: In die geestelike lewe is daar slegs een ding wat werklike vreugde bring en dit is gehoorsaamheid aan God. Vreugde is 'n resultaat van gehoorsaamheid aan Christus en sy woord. Om egte vreugde te beleef moet gehoorsaamheid deel wees van ons alledaagse bestaan. Sonder gehoorsaamheid is die vreugde wat feesvieringe in ons lewens bring leeg en betekenisloos. God bring 'n innerlike transformasie in ons lewens mee deur dissiplines, soos feesvieringe saam met ons geloofsfamilie, wat ons die krag en begeerte gee om gehoorsaam aan Hom te wees. Oktobermaand is tradisioneel, vir die afgelope 20 jaar, ‘n feesmaand in die kerksondermure kultuur… My vraag is, ervaar jy die innerlike vreugde wat Oktober se Feesvieringe bring?
As jy onseker is, is hierdie jou uitgawe, lees wat sê Fanie Venter oor “Oktobermaand – 'n feesmaand van dankbaarheid” by kerksondermure. Prof Adrio König fokus op die “Oes” van hierdie feesmaand, wat ryp is en wat wag om ingebring te word. Carl du Preez plaas 'n bietjie perspektief op die “OES na teenspoed en selfs swaarkry”, dit is wanneer die Gees van God die oes inbring… Tiesie de Coning gesels oor “HOOP VIR DIE KINDER-OES”. Sy sê opleiding rus kinders toe met die Evangelie en het die potensiaal om miljoene kinders vir Christus te bereik, wonderlike leesstof vir ouers wat omgee. Sy gesels ook oor kinderbediening se vlaggiefees en vertel 'n bietjie wat is God se droom vir die kerk. Lees hierdie en maak seker jou kinders weet ook… Dink jy die vroue van Midstream verstaan dalk ietsie van gehoorsaamheid en werklike innerlike vreugde, lees bietjie wat sê Vera Schoombee oor 150 vroue wat saam met Gretha Wiid gekuier het. Maak seker jy deel in Oktobermaand se feesvieringe, dit kom alles tot ‘n hoogtepunt op Sondag 26 Oktober 2014 wanneer Hippolaan en Midstream gesamentlik Oesfees gaan vier op Hoërskool Zwartkop se sportvelde en ons gaskunstenaar is die immergewilde Riana Nel. Boek nou al jou bure, vriende en jou hele familie om deel van hierdie onvergeetlike dankbaarheidsfees te wees.
Fees groete Francois
PREEKROOSTER • Oktober 2014 5 Okt
19 Okt
26 Okt
08:00
Adrio König
Stephan Joubert
Louis Brittz
10:00
Adrio König
Stephan Joubert
Louis Brittz
18:30
Louis Brittz
Stephan Joubert
Colin Smith
Oesfees
Hippolaan
12 Okt
Tieners@Hippolaan 17:30
Midstream
-
-
Louis Brittz
Doop
08:00
Christo Woite
Herman de Kock
Fanie Venter
10:00
Christo Woite
Herman de Kock
Fanie Venter
Tieners@Midstream 17:00
-
-
Annelize de Wet
www.kerksondermure.org
Hartklop l Oktober 2014 01
Fokus
Oktober is feestyd – 'n feesmaand van dankbaarheid!
Fanie Venter
By kerksondermure gebeur daar die afgelope twintig jaar ‘n ding wat ons taalgebruik verander het. Sedert ons begin het met die vier van ‘n oesfees, praat ons nie meer van Oktobermaand as die “mooiste maand” nie. Oktober is nou dankbaarheidsmaand! Oktober is nou feestyd – 'n feesmaand! Feeste was nog altyd ‘n integrale deel van Bybelse spiritualiteit. In moderne tye het die kerk feeste óf geïgnoreer óf die viering daarvan geweldig afgewater. Dink maar net aan soveel gemeentes se viering van Paasfees. kerksondermure se Paasfees is genadiglik 'n heerlike uitsondering. Mense vier oor die algemeen hierdie fees, met sy sleutelfunksie in ons geloof, so half terloops op pad see toe. Ek is oortuig daarvan dat so 'n afgewaterde feesviering nie net ons kerkwees en geloof verskraal nie, maar ook ons menswees verarm. Ou Israel het ‘n verskeidenheid feeste geken en met oorgawe gevier. Oud, jonk, grootmens en kind het met oorgawe feesgevier. Hier dink ons aan feeste soos Paasfees, Fees van die weke of Pinksterfees, Huttefees, Purimfees en nog heelwat ander. Wanneer ‘n mens kyk na die essensie van Israel se feeste dan staan dankbaarheid teenoor God soos ‘n paal bo water. Hierdie dankbaarheid wat feestelik gevier word, is elke keer gerig op God, God wat verlos (uit Egipte en van die vyande) en God wat versorg (onder ander deur ‘n goeie oes). In hulle feestelike viering van hulle verlossing en versorging was daar veral twee onontbeerlike elemente, naamlik: vreugde en offers. Interessant genoeg is hierdie twee elemente in hulle feesviering nooit van mekaar geskei nie. Hulle het nie vol blydskap feesgevier en dan daarna met ‘n swaar hart en lang gesig ‘n afskeep offertjie gebring nie. ‘n Kommentaar sê byvoorbeeld oor
die Huttefees: “Daar is baie offers tydens die fees gebring. Dit is veral gekenmerk deur groot vreugde.” Offers is met vreugde en ‘n dankbare hart gebring. Dit bring my by die belangrike vraag: hoekom vier kerksondermure dankbaarheidsmaand? Die antwoord is nie fondsinsameling nie, hoewel fondse ingesamel word. Ons wil graag beleef hoe die hele gemeente met groot vreugde feesvier deur onder andere offers te bring. Hierdie vreugdefees word gemotiveer deur ons dankbaarheid teenoor God. As ou Israel rede vir fees gehad het, hoeveel te meer ons. God het die volmaakte Lam geoffer, sodat ons vir ewig sy kinders kan wees. As ons Vader versorg Hy ons met ons daaglikse brood, soos vir die voëls van die hemel en die lelies in die veld. Hy verander ons lewens deur sy Gees. Hy maak ons sy erfgename. Hy is by ons en in ons. Ons vier fees, want die Here bly altyd dieselfde. Vandag nog verlos Hy en versorg Hy. Dit is gepas dat die hoogtepunt van die maand die Oesfees (26 Oktober 2014) is. ‘n Ander naam vir Oesfees is Pinksterfees! Vyftig dae na die insameling van die oes was ‘n dankdag vir die seën op die oes. Dit is gepas, want in hierdie maand kyk ons terug op ‘n jaar waarin God gewerk het in ons gemeente. Mense het tot redding gekom of hulleself nuut toegewy aan God en sy diens. Lewens is verander, mense is versorg en mense in die gemeente het heel geword. Maar dit is ook gepas, want God het deur die gemeente gewerk. Mense in ons gemeenskap en verder het die goeie nuus gehoor, beleef en begin heel word. Dis gepas dat ‘n maand van dankbaarheid met ‘n Oesfees (Pinksterfees) afgesluit word, want lewensverandering is die werk van die Gees van Pinkster. k
02 Hartklop l Oktober 2014
www.kerksondermure.org
GEBED@MIDSTREAM
Gebedsfokus
“Gebed is om in omhelsing met God te leef…”
BID TOT DIE HERE AAN WIE DIE OES BEHOORT!
Die Here het ‘n visie op Dirk Laubscher se hart gelê dat daar ‘n gebedsgeleentheid geskep moet word waar die mense van kerksondermure Midstream saam kan bid en deur gebed in omhelsing met God kan leef.
So het dit dan ook gebeur dat die eerste Gebed@Midstream geleentheid op Saterdag, 6 September, om 08:00 plaasgevind het. Dirk het beleef hoe die Here sy gebede verhoor het en mense gestuur het om voor die Here in aanbidding te buig. Dit alles nadat hy in die week vooraf dikwels getwyfel het - tog was die Here getrou en 12 mense het by die eerste geleentheid saamgekom om te bid. Die oggend is afgeskop met lekker koffie en beskuit waarna almal welkom geheet is. Ds Christo Woite, gebedsleier van kerksondermure, het voorgegaan met ‘n kort boodskap oor gebed en verduidelik waarom September so spesiaal is vir kerksondermure Midstream. Net soos wat die lente die begin is van nuwe lewe, so gaan Midstream ‘n nuwe seisoen binne. Daarom dra ons hierdie nuwe fase spesifiek aan die Here op en vertrou Hom om
ons gemeente te seën in ‘n tyd van groot uitdagings.
Hierná het ons as groep saam gebid en die Here gevra om die gebedsgeleenthede van Saterdae te seën deur meer en meer mense te stuur om deel van hierdie mooi inisiatief te word. Ons het ook die Here se wil gevra en dat Hy sal voorloop in ‘n nuwe seisoen van kerksondermure Midstream. Elkeen wat dié geleentheid bygewoon het, kan getuig van die teenwoordigheid van die Here, sy seën en die verwagting van die mooiste wat nog voorlê. Om deel te word van Gebed@Midstream, nooi ons jou om die gebedsgeleentheid op Saterdae om 08:00 by te woon of kontak Dirk vir meer inligting by dlaubscher@ksm.co.za. Vir voorbidding voltooi ‘n gebedsversoekkaartjie en plaas dit in die gebedshouers in die voorportaal of in die gebedshouers in enige kinderlokaal of stuur vir ons ‘n e-pos na midstreamgebed @ksm.co.za. k
Jak 5:16 “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.”
www.kerksondermure.org
Hartklop l Oktober 2014 03
Merkwaardighede uit die Woord
Adrio König
Oestyd is gewoonlik net ná ‘n lang wagtyd. ‘n Mens moet eers hard werk voor jy kan oes. En intussen het jy ook nog gevaarlike vyande: hael, droogte, peste, ens. Maar Christene het dit lekker. Ons kan heeljaar oes aan ‘n oes waaraan ons niks gedoen het nie. Ons kan sommer net oes, enige tyd. Hoe werk dit? Jesus het klaar die oes voorberei. Hy sê self: Die oes is ryp. Gaan haal dit (Luk 10:2-3). Deur sy kruisoffer het Hy die hele wêreld die oes gemaak. Almal is “ryp”.
die gemeente by te kry, is nie oes nie. Dis sakke rondskuif. Oes is om mense wat nie die Here ken nie, by Jesus te kry. Soos hulle in Jesus se tyd op aarde na Hom toe gestroom het (Luk 15:1). Of hét hulle? Tot so laat as Matteus 9 lees ons van geen enkele tollenaar wat naby Jesus gekom het nie. En toe begin hulle skielik. Hoekom? Omdat Jesus na hulle toe gegaan het. Hy is in die tolhuis in en daar het Hy ‘n tollenaar agter sy boeke gekry en hom geroep om sy dissipel te word.
Hoe gaan ons die oes insamel?
En toe kom hulle! (Mat 9:9-11). Die Fariseërs sou dit nooit gedoen het nie. Tollenaars is vuil sondaars. Jy raak nie aan hulle nie. Hulle maak jou onrein.
Ons kan ‘n groot veldtog hou – ‘n reeks dienste. Dan kry ons een van die groot Amerikaanse evangeliste. Ons sit luidsprekers rondom die kerk op. Die aarde gaan bewe. Daar gaan mense in rye buite sit.
Maar Jesus raak nie net aan hierdie tollenaar nie. Hy roep hom om deel van sy groep te word. Hy breek die afstand tussen die godsdienstiges en die sondaars. Hy gaan na hulle toe. En toe kom hulle!
Wie gaan dit wees? Al die vromes van die omgewing. Party sal selfs van ver kom. Ons kerk is immers wyd bekend. En ons sal dalk nog ‘n hele klomp van hulle oorreed om by ons in te skakel. Wat ‘n sukses sal dit wees!
Gaan na hulle toe.
Nee, oppas net. Om die oes in te samel is nie om die vol sakke rond te skuif nie. Om deur ‘n saamtrek nog meer gelowiges by
Gaan soek iemand wat jou nodig het. Help. Gee. Maak vriende. En jy sal jou kans kry om hom/haar nader te trek. k
Dis oes. Oes is nie om nog gelowiges by te kry nie, maar om mense wat nie die Here ken nie, nader te bring.
04 Hartklop l Oktober 2014
www.kerksondermure.org
Briewe aan die Redaksie
Deel jou storie...
Die redaksie nooi jou uit om saam te gesels. As 'n storie in die tydskrif jou raak of as jy graag net met ons 'n kort gedagte wil deel - stuur vir ons jou brief deur 'n e-pos te stuur na: hartklop@ksm.co.za of gee jou brief in by die kerkkantoor. Ons sien uit om van jou te hoor!
Nuwe intrekker– Marthie (Midstream)
God’s dream for Church without walls– Ilze Henderson
Geagte kerksondermure
My dearest church, I am so proud of you. My whole aim for My church is to reach out to others and to be without walls and without boundaries. You are living out the dream I have for My church. Continue in your mission. Continue with the aim of inviting all in. I am with you, I have always been and I always will be. You are My hands and feet and I need you to show My love for the world to all who see you. Never forget that, don’t get weary and never give up. I need My people to stand up for what is right, now more than ever. I need people on fire for Me. The world has grown increasingly cold and hostile. Therefore make sure that you show them the warmth emanating from My Shekinah glory implanted in you.
Ek is 'n nuwe intrekker, nog nie attestaat aangevra nie, maar ek neem tog die vrymoedigheid om iets te sê oor die naam: kerksondermure. Dit het aanvanklik nogal snaaks op die oor geval...sondermure... maar beslis nie sonder fondasie nie. Ek glo dat die naam eintlik beteken: dat niks en niemand uitgesluit word van God se genade nie - daar's geen skeiding - dis 'n oop genade. Toe gaan dink ek wat beteken die 'sondermure' vir my. In my gedagte sien ek 'n delikate membraan, wat as voering (voering híér beteken, suiwer met die Woord omgaan) rondom die kerk sal dien. Die membraan laat "suurstof" wat lewe beteken deur. Dit is 'n kerk wat omgee vir die siele van sy mense. Ek sien vryheid, om God te dien soos Hy gedien moet word. Ons vryheid is 'n ongelooflike aanbod van God aan die mens. My droom is dat daar met mekaar omgegaan sal word met die nodige liefde, genade en deernis. My droom is dat, as ons instap, ons God se teenwoordigheid sal voel en beleef, so intens, dat ons ons skoene wil uittrek omdat ons op heilige grond staan. My grootste droom is dat ons leraars en kerkraad mekaar sal omhels met God se droom vir die kerk. Dat verskille, ons andersheid (ons is tog nie dieselfde nie) soos waterdamp sal verdwyn en dat daar net een droom gedroom sal word en dis om in liefde te dien.
My biggest dream for you is that you will stay on fire for Me. If you do that, I will take over and expand your church beyond your wildest dreams. But make sure that your focus is always right. I must always stay number one. Spend time in My presence, spend time worshiping Me, lift up holy hands and glorify our Father who is worthy of adoration and praise forever and ever. Only in My presence can anything happen, only when you are stripped of yourself can My power work in all its fullness.
Ek bid dat kerksondermure, wat ons tog maar is, 'n muur-vanvuur- sal ondervind, wat alle aanslae sal kan weerstaan.
Thank you for acknowledging Me in the growth of Churchwithoutwalls, thank you for doing that, not many churches do. Sometimes it gets to be more of a business than a safe place of adoration to Me. There is nothing wrong in using business principles, but your focus must remain right. I must always feature above business principles, I am the God of the impossible, I can turn any situation around, if My children keep on worshipping Me and putting Me first in everything.
Dankie vir die vlaggie wat Sondag uitgedeel is, om die hartklop van God-se-mense te hoor en te voel.
I am with you, My backing is behind you, just keep Me in sight, leading the way and all will be well.
Seënwense
* * *
www.kerksondermure.org
* * *
Hartklop l Oktober 2014 05
Verhoudings-Fokus
Colin Smith
Van Drive-Through na Drive-In Church
Ek onthou dit so goed. My eerste besoek aan die “Drive-In”. Ek was in die laerskool. My Pa het gesê ek moet `n middagslapie by die naskoolsentrum vat, want ons gaan “Jesus of Nazareth” by Velskoen kyk. Ek was só opgewonde. Dit was voorwaar `n uitstappie vir ons as gesin. Met springmielies, koeldrank en die luidspreker in die venster het ons vier die eerste en die tweede vertoning daardie aand gekyk. Sedertdien het die “Drive-In’s” plek gemaak vir “Drive-throughs”. In vandag se gejaagde wêreld maak ons maar min tyd vir uitstappies. Ons jaag van die een plek na die ander in ‘n poging om almal by al hul aktiwiteite te kry. Die lewe van gelowiges vertel ook hierdie storie. Die evangelie se boodskap word gekenmerk deur `n besoek, `n maaltyd en `n groeiende gemeenskap. Van die begin af was saam eet deel van die kultuur van die volgelinge van Jesus. Hulle het saam feesgevier, saamgeleef en saam die gemeenskap getransformeer. Van daardie manier van kerkwees, van menswees, is maar min te sien in vandag se lewe.
In kerksondermure is gemeenskap, koinonia in die Grieks, vir ons baie belangrik. Daarom fokus ons juis op die maksimale benutting van groepe om hierdie gemeenskap, hierdie community, te bevorder. Maar met een gemeente op meer plekke is dit ook so dat ons as geloofsfamilie maar min die geleentheid kry om almal op een plek bymekaar te wees. OESFEES 2014 bied vir ons die geleentheid om hierdie community, hierdie geloofsgemeenskap, soos in die Bybelse tyd, saam te vier. Ons wil eet (baie) ons wil lag (baie) ons wil loof (baie) ons wil luister (baie) en ons wil feesvier (sommer baie), want God is goed, God is altyd goed. Mag ons as geloofsfamilie werklik die blydskap van Jesus saam uitleef - as enkelinge, as gesinne, maar ook as groter kerkfamilie. Mag ons die geneigdheid om net te Drive-Through weer te verander na Drive-In. Sien jou daar. k
06 Hartklop l Oktober 2014
www.kerksondermure.org
Hupstoot vir jou Vrouehart... Die Bederf-jou-Vriendin-aand van 8 Augustus, met die immergewilde Gretha Wiid as gasspreker, was voorwaar ‘n hoogtepunt en ‘n heerlike saamkuier geleentheid vir al ons vroue! Ons het nie net tot laataand gekuier nie, maar Greta se pittige sêgoed en skerpsinnigheid het ons laat skater – iets wat elke vrou so nodig gehad het. Saam met die lekker lag, was daar diep waarhede wat ons opnuut net weer by lewensverandering gebring het. Vroue het mekaar nou meer as ooit nodig om geestelik te groei, en ook om by ander te leer wat reeds die pad gestap het… Ons is baie dankbaar dat ±150 vroue hierdie spesiale geleentheid kon bywoon – die grootste getal vrouens wat nog ‘n vrouebedieningsbyeenkoms te kerksondermure Midstream bygewoon het. Ons loof die Here vir die groei en ontwikkeling
in hierdie mooi gemeente en bid dat Vroue@kerksondermure Midstream van krag tot krag sal gaan om vrouens opnuut te bemoedig op hulle lewensreis. ‘n Groot dankie diep uit ons harte aan al die uitstallers wat die aand nóg meer spesiaal gemaak het. Die moeite het vir seker nie ongesiens verbygegaan nie en die aand met luister gekleur. Vroue@kerksondermure Midstream se volgende byeenkoms word beplan vir Saterdag, 22 November, om 09:45 vir 10:00. Merk solank hierdie datum op jul kalenders en hou die Hartklop en gemeente e-pos dop vir meer inligting. Trek nou reeds ‘n vriendin, buurvrou of jou skoonma nader en steek ‘n somerblom in jou hoed! Ons sien baie daarna uit dat jy dié dag met ons kom deel!
Vir enige navrae, of om deel te word, kontak gerus vir Vera by die kerkkantoor: 012 – 940 9480 of mskantoor@ksm.co.za
www.kerksondermure.org
Hartklop l Oktober 2014 07
Persoonlike Sorg-Fokus
Carl du Preez
Die OES na teenspoed en selfs swaarkry
Teenspoed lyk mos vir ons almal verskillend – ek het so bietjie rondgevra en rondgedink oor waarheen die woord ‘teenspoed’ mense vat – die volgende temas het orals opgeduik : • As die antwoord NEE is • As iets moeilik is • Direkte teenstand • Ekstra hard moet werk • Gebrokenheid • Krisisse • Erge kritiek • Opoffering • Seerkry • Sukkel met iets • Teleurstelling • Verliese (geld, gesondheid, geliefdes, ens) • Verontregting, ens. Swaarkry lyk my, is as teenspoed aanhou, erger raak, onbeheersd is of selfs as mens dit as swaarkry beleef. Ek is nie daarvan oortuig dat teenspoed swaarkry per se is nie, alhoewel die meeste mense teenspoed tot 'n mate as ‘swaar’ beleef. Of hierdie ‘swaar’ negatief of positief is, moet natuurlik individueel en in konteks geëien word.
Ek het nie 'n antwoord nie en wonder self gedurig hieroor, want geen persoon gaan teenspoed en swaarkry kies as dit nie nodig is nie. Wat ek wel weet is dat geloof, geduld, volharding en eenvoud ten opsigte van die aanpak van teenspoed en swaarkry nie hoog in ons wêreld geag word nie. Dan is daar ook 'n geneigdheid om as ons in die swaarkry is, dit te probeer versag, verbloem en met kitsoplossingsmaniere te probeer hanteer. Geskiedenis wys ons hoe mense juis uit die tydsaamheid van teenspoed – geleer het, gegroei het, versterk is, aangemoedig is, gelouter is en gelei is na kreatiewe oplossings. Miskien laat ons teenspoed te maklik 'n swaarkry baadjie aantrek... ek glo vas dat teenspoed en voorspoed verskillende kante van dieselfde muntstuk is en dat ons God moet vra om ons te lei om met ander oë en ingesteldheid daarna te kyk. Ek weet dat ons almal al deur teenspoed en swaarkry is, sommiges wil ons nie onthou nie en ander wil ons nie vergeet nie... Wat is die OES wat teenspoed en selfs swaarkry al in jou lewe gelewer het? Daardie oes wat jou 'n beter mens gemaak het? Dink daaroor na en dank God vir die veerkragtigheid en lewenskrag wat Hy in ons geplaas het om die lewe voluit te kan lewe. k
Die nuutste navorsing oor veerkragtigheid in positiewe sielkunde toon dat mense tot 'n groot mate ‘bedraad’ gemaak is om teenspoed en selfs swaarkry te kan trotseer en te kan hanteer. Met ander woorde, lyk my dat baie kwaliteite eers gevorm en te voorskyn kom deur die loutering van teenspoed en selfs swaarkry. Sjoe, dit is nogal 'n mondvol en ek het al verskeie wenkbroue laat lig met hierdie stelling. Miskien is dit omdat teenspoed en swaarkry so intens persoonlik is. Dan skryf Paulus in Romeine 5:3 dat ons moet jubel selfs in ons swaarkry en dat swaarkry volharding kweek. In vers 4 staan daar.. “en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.” Dit klink nogal na iets wat ek graag wil hê, maar die swaarkry gedeelte klink nie altyd so aanloklik nie. Teenspoed en swaarkry het die meeste van die tyd 'n tydsmoment, dit vertraag iets of hou dit effens terug. In 'n wêreld wat deurdrenk is met verbruikersmentaliteit, is teenspoed en swaarkry verseker nie 'n kitsoplossing of kitsmanier van dinge doen nie. So, lyk my ons kry goed in plek of poog en strewe daarna om teenspoed en swaarkry die hoof te bied. Tegelykertyd kan ek nie anders as om na die natuur te kyk en te wonder of dit teenspoed is dat 'n skoenlapper moet sukkel om uit 'n papie te kruip, of dat 'n kuiken moet sukkel om uit die eierdop te beur, of selfs dat die barings-proses van die meeste soogdiere met moeite en seerkry te doen het?
08 Hartklop l Oktober 2014
www.kerksondermure.org
Dagboek
www.kerksondermure.org
Hartklop l Oktober 2014 09
10 Hartklop l Oktober 2014
www.kerksondermure.org
UBA Kamp
Dinsdag 8 19:00 Musiekoefening
Skole Open
Preekreeks: God is altyd goed2
Midstream Skool Open
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band
09:00 Snr@Midstream uitstappie 09:00 Maatskaplike Werkers Forum HL 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS
Doopregistrasie vir Nov sluit
09:00 MaMs HL
HL - Hippolaan / MS - Midstream
Oesfees: Dankbaarheidsfees Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste Geen aanddiens @ Hippolaan
19:00 Bybelskool MS
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band
19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP 19:00 Bybelskool HL
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 18:30 Doopreëlings 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening
08:00 Beroepsforum HL 18:30 Huweliksvoorbereiding Midstream Retreat Kamp
Donderdag 31 Vrydag
19:00 Musiekoefening
26 Sondag 27 Maandag 28 Dinsdag 29 Woensdag 30
Preekreeks: God is altyd goed3
Kinderbediening: Hartklopfees
Belydenisaflegging registrasie sluit
08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum 18:30 SkouspelSonderMure
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS
Donderdag 24 Vrydag 25
09:30 Oppiekoppie Uitstappie 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening
19 Sondag 20 Maandag 21 Dinsdag 22 Woensdag 23
18:45 Selindeling Hippolaan
Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste
Saterdag 07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS
Woensdag 9 Donderdag 10 Vrydag 11
Skole Sluit
12 Sondag 13 Maandag 14 Dinsdag 15 Woensdag 16 Donderdag 17 Vrydag 18
Preekreeks: God is altyd goed1
12:00 Doop Doop @ Midstream Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste UBA Kamp
5 Sondag 6 Maandag 7
Oktober UBA Kamp
07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS
09:00 Beradersforum HL UBA Kamp
09:00 MaMs HL 09:30 Oppiekoppie Snr 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP
18:30 Doopreëlings 19:00 Musiekoefening
4 Saterdag
1 Woensdag 2 Donderdag 3 Vrydag
www.kerksondermure.org
Hartklop l Oktober 2014 11
19:00 Bybelskool MS
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single & Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening 08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beradersforum
09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 19:00 Midstream Brugbou
19:00 Bybelskool HL
09:00 Bybelstudie HL afsluiting 09:00 MaMs byeenkoms HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 18:30 Vonkelvroue Afsluitings11:30 Bybelstudie MS afsluiting funksie 18:30 BKS-vergaderings MS 19:00 40Plus byeenkoms
HL - Hippolaan / MS - Midstream
Kerssangdiens Hippolaan Belydeniskamp WIP koffieaand
30 Sondag
Kerssangdiens Midstream 11:30 Selindeling MS Captivating kamp
Gemeenteraad 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP Doopregistrasie vir Des sluit
08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum Captivating kamp PEN Nagtoer
Belydeniskamp 08:00 Beroepsforum HL
Saterdag
Belydeniskamp 07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS 08:00 Beroepsforum: Kersmark 09:00 MaMs byeenkoms HL
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS 09:00 Vroue@kerksondermure Midstream Captivating kamp
Kindereredienste: Hippolaan: 08:00 & 10:00 Midstream: 08:00 & 10:00; 16:45 (Gr7’s) Tieners@Hippolaan: 17:00 Belydenisklas, 17:30 Kuierkerk, 18:30 Selgroepe Tieners@Midstream: 17:00 Kuierkerk, 18:00 Kuierkerk & Selgroepe
Sondae eredienstye - tensy anders aangedui: Hippolaan: 08:00, 10:00 & 18:30 Midstream: 08:00 & 10:00
19:00 Opvolg Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening
Saterdag 07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS 09:00 Huishulpkursus
Donderdag 28 Vrydag 29
19:00 Doopvoorbereiding HL 19:00 Musiekoefening
23 Sondag 24 Maandag 25 Dinsdag 26 Woensdag 27
18:45 Selindeling Hippolaan
08:00 Beroepsforum HL
Donderdag 21 Vrydag 22
08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single & Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening
16 Sondag 17 Maandag 18 Dinsdag 19 Woensdag 20
19:00 Bybelskool MS
Saterdag
07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS 09:00 Huishulpkursus 30Plus Mannedag
Woensdag 6 Donderdag 7 Vrydag 8
09:00 Snr@Midstream 09:00 MaMs HL 09:30 Oppiekoppie Snr 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 Bybelskool HL 19:00 30Plus Skoenboks
Dinsdag 5
Retreat Kamp
Sondag 10 Maandag 11 Dinsdag 12 Woensdag 13 Donderdag 14 Vrydag 15
Kindereredienste afsluiting Slegs Belydenisklas: 17:00 @ Hippolaan & Midstream Inligtings- & Oriënteringsdienste te Midstream
9
Retreat Kamp Tienereredienste afsluiting
08:00 Belydenisaflegging, 10:00 Doop
Doop by alle dienste 12:00 Doop (slegs Hippolaan) Belydenisaflegging *Midstream:
2 Sondag 3 Maandag 4
November 07:00 Gebedsgeleentheid HL 08:00 Gebedsgeleentheid MS 08:00 Huweliksvoorbereiding Midstream 09:00 Huishulpkursus
1 Saterdag
12 Hartklop l Oktober 2014
www.kerksondermure.org
Dagboek
grootste diensbaarheid is die bevrediging hart. Die beloning vir van jou eie
~ Anoniem
www.kerksondermure.org
Hartklop l Oktober 2014 13
Kinder-Fokus
Tiesie de Coning
“HOOP VIR KINDERS” opleiding rus kinders toe met die Evangelie en het die potensiaal om miljoene kinders vir Christus te bereik. Hierdie opleiding, wat ‘n paar van ons kinderbedieningsleiers en onderwysers uit ons plaaslike laerskole so saam met die aanbreek van die lente deurloop het, is die beste van twee bedieninge wat daarin saamgevat is, naamlik “Evangelism Explosion Internasionaal” en “OneHope”, wat beide ten doel het om kinders oor die hele wêreld te bereik. In sy wese is hierdie opleiding gerig op skole en gemeenskappe – dus om leiers op te lei om kerksondermure in volle glorie te gaan wees! Die belangrikheid om kinders vir die koninkryk te bereik, moet nooit onderskat word nie. Kinders is nie die kerk van môre nie – kinders IS die kerk! Die “HOOP VIR KINDERS” is gerig op die basiese boustene van ons Christelike geloof en wen kinders vir Jesus Christus. Dit beïnvloed en impakteer kinderlewens in so ‘n mate dat kinders nie kan wag om die evangelie met ander te deel nie. In Ds Sorensen, die President van “Evangelism Explosion Internasionaal” se woorde: “HOOP VIR KINDERS het ons geleer dat kinders die Evangelieboodskap KAN verstaan, dit met ander kan deel, ander kan leer om dit te deel en sodoende ‘n impak vir die koninkryk te kan maak.” Dit is veel méér as opleiding – dit is ‘n heerlike avontuur wat hoop bring vir die oes wat reeds op die lande staan, maar ook vir ‘n verloregaande wêreld!'' Die toerusting maak voorsiening vir kinders se leerstyle, die leer- en retensiepiramide, onderrigmetodes waarin interaktiwiteit tussen leerder, leerstof en leerkrag erken en gestimuleer word. Dit verryk verhoudings en leer kinders dat elke verhouding onmisbaar is in die uitbouing van die koninkryk. Dit bied ook ‘n reeks onderrig eenhede en lesplanne wat tot in die fynste besonderhede uitgewerk is en dus slaggereed is vir aanbieding in skole en gemeenskappe. En dan… laat dit jou hart vuurwarm klop om kinders met die liefde van Jesus te gaan omhels en te begelei om die evangelie te ontdek! Einstein het eenmaal gesê dat daar twee soorte mense is: mense wat nooit wonderwerke raaksien nie en mense wat heeldag wonderwerke raaksien! “HOOP VIR KINDERS” het ons weer by heeldag-wonderwerke-raaksien uitgebring! Saam met Jesus kan ons Joh 4:35 se woorde eggo: “Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes.” k
14 Hartklop l Oktober 2014
www.kerksondermure.org
VLAGGIES WAPPER MET OESTYD
Op 14 & 21 September het die kinders Vlaggiefees gehou – ‘n heerlike eerste by kinderssondermure! Die gedagte is gebore saam met die Midstream reis op pad na VISIE 2015 en het met uitbundige rimpelings oorgespoel na ons Hippolaan kinderkerk. Dié feestelikheid in die kinderkerk is deur die immergewilde “Chipmunks” afgeskop – dit was juis dié gediertetjies wat ons by ‘n vrugtefees uitgebring het en nie sommer enige vrugtefees nie, maar ‘n vrugtefees saam met die Heilige Gees. Kinders het geleer dat God se droom vir die kerk vrugdra is. Kinders het God se droom vir die kerk egter verder ontdek: vrugdra én vertel. Ons het “heilige oomblikke” in die kinderkerk beleef toe kleingroepleiers die daad by die woord gevoeg het en hulle stories oor Jesus se goedheid in hulle eie lewens met die kinders gedeel het. Ons kleingroepleiers is voorwaar ‘n voorbeeld van vrugdra én vertel!
Kinders het die geleentheid gehad om God se droom vir die kerk op ‘n vlaggie te skryf. Ons Midstream kinders se vlaggies is saam met die volwassenes se vlaggies in die voorportaal opgehang om ons altyd aan God se droom vir die kerk te herinner. Ons Hippolaan kinders het hulle vlaggies huis toe geneem as ‘n herinnering om God se droom vir die kerk voluit te leef: vrugdra en vertel! Mag die nuwe generasie se see van vlaggies – of eerder, ‘n goue oes van vlaggies – ons as volwassenes blywend daaraan herinner dat God se droom vir die kerk: vrugdra en vertel is! So sal ons meewerk om die oes in te bring – die oes wat ryp op die lande staan! k
www.kerksondermure.org
Hartklop l Oktober 2014 15
kinderssondermure kyk met nederige dankbaarheid terug op ‘n LUISTER NA JESUS kwartaal waarin kosbare saad geplant is en die Gees dit in kinders se harte laat groei het. Vanaf die peuterfase tot by Gr 6 het ons kinders na Jesus geluister oor woorde, blydskap, vergifnis, hoe om te verander en geld, goed en gee. Die boodskappe in die kinderkerk word ingekleur met ‘n poppekas vir ons jonger maats, video-snitte, ‘n papier-televisie, rollespel, demonstrasies, aksie-liedere en velerlei illustrasies. Kinders het na Jesus geluister oor woorde: die boodskap is met ‘n verkleurmannetjie afgeskop waarna kinders ‘n paar tongknopers uitprobeer het. Ons het Jakobus gevolg op ‘n Tieng-tongelong-tong-tong papier-televisie en het gekies om die Tong Onder Nuwe Gesag te plaas – dis mos tog waarvoor T.O.N.G. staan! Kinders het na Jesus geluister oor blydskap: sal ons ooit die vriendelike gorilla se “Move it, move it” vergeet? Om nie te praat van die Madagaskar spulletjie nie! Dit was alles daarop gemik om ons kinders te leer om te “move it, move it” en om die blydskap oor ons redding met ander te deel – net soos die tronkbewaarder en sy gesin waarvan Lukas skryf in Handelinge! Kinders het na Jesus geluister oor vergifnis: ‘n koninkryksgelykenis het ons kinders geleer om te vergewe soos wat Jesus dit bedoel het: “…en vergeef ons ons oortredinge soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree” (Matt 6:12). Ons het Bybelse Wiskunde gedoen, die “wiggles” ge”wiggle”, ‘n papiervliegtuigie met “bagasie” probeer gooi en ‘n eier afgeskil – alles om kinders die dieper betekenis van vergifnis te leer. Liewe Lita en Lukas, die Lieflappers van Lofland, het ons jonger maatjies dieselfde les kom leer!
Kinders het geluister na Jesus oor geld, goed en gee: ‘n kerkmuis het ons gelei na die spore van ‘n baie arm weduwee wat twee klein muntstukkies tempel toe gebring het. Ons was so dankbaar vir ‘n “remote control”, sodat ons die kosbare verhaal kon “pause” en “rewind” om dit beter te verstaan. Ons kleingroepleiers het met manjifieke rollespel hierdie verhaal in die Bybel laat lewe! Kinders het geluister na Jesus oor… hoe om te verander: die besige by van Betanië, Marta, en haar suster, Maria, het ons geleer om te “chill” en net by Jesus se voete te sit en na sy woorde te luister. Ons het na dié verhaal soos ‘n wafferse TMO gekyk: dit het ‘n kyk-weer verdien, sodat kinders kon leer “net een ding is nodig”. Ons het dié dag ‘n metamorfose van die hart gekies! Dan is daar oudergewoonte ‘n Sondag afgestaan aan ‘n terugblik: wat het ons gemaak met dit wat ons hierdie kwartaal geleer het? Het dit kinders se lewens verander? Elke kind het dus weer ‘n geleentheid gekry om te besin oor dit waaroor ons na Jesus geluister het. Hierdie oomblikke is met “fliek” en “popcorn” ingekleur – g’n wonder dié uur op ‘n Sondag bly vir kinders die beste uur van elke week nie! Mag ons Vader blywend gee dat kinders na Jesus sal luister! k
16 Hartklop l Oktober 2014
www.kerksondermure.org
Liewe Matriek Ek skryf vandag vir jou ‘n brief omdat ek wens iemand het dit vir my geskryf toe ek in matriek was. Die jaar is amper aan ‘n einde en as die eksamens verby is, gaan jy terugkyk en jouself evalueer. Kan ek my storie met jou deel…dalk ervaar jy ook iets daarvan!
As ek terugdink aan die tyd toe ek in matriek was, dan onthou ek al die druk waarin ek probeer oorleef het. Ek kan onthou hoe elke onderwyser se vak die belangrikste vir hulle was en hoe al my klasmaats mini-uitbarstings gehad het oor die hoeveelheid werk wat vir die eksamen geleer moes word! Iewers was my ouers besig om my te probeer motiveer en op een of ander manier het ek ook nog sport gedoen. Soms het ek gemaak of ek leer, terwyl ek eintlik wou slaap, en ander kere het ek die vreemde behoefte gekry om my kamer reg te pak of prentjies te krap oor my notas. Ek onthou hoe ek deurmekaar was oor presies wat ek na skool wil doen. Ek het soms gemaak asof ek presies geweet het wat my opsies was, maar binne my was ek bang en baie onseker! My matriekjaar was ‘n deurmekaarjaar, ‘n onsekerjaar en selfs ‘n stresvolle jaar! Ja, daar was baie lekker tye, maar dit het oor MY gegaan – ek het geglo dit is okay as dit 'n MY-jaar is! Ek was ‘n matriek wat Jesus geken het, maar ek besef nou dat ek so gefokus was op myself, dat sy wil en sy koninkryk nie eers in my gedagtes was nie! Ek skryf vandag hierdie brief vir jou om jou te herinner aan die groter prentjie! Dit waarmee jy nou besig is KAN ‘n impak maak wanneer jou hart gerig is op Jesus
en die wil van sy Vader! Wees versigtig dat jy nie hierdie fokus verloor nie! Dit is nog nie te laat om jou Koning weer te laat heers nie! Gee Jesus ‘n kans om Here te wees oor jou skoolwerk, oor jou eksamen, oor jou toekoms, oor jou onsekerheid…eenvoudig oor jou hele lewe!
Tiener-Fokus
Annelize de Wet
Ek kyk terug op my matriekjaar en ek sien geleenthede wat ek gemis het om sy koninkryk te laat kom! Ek het drooggemaak op my matriekvakansie en gedink dit is maar hoe dit behoort te wees…dit is nie! Om 'n kind van God te wees beteken om radikaal anders te leef. Die Here het jou lief en Hy los jou nie! Sy Gees wil saam met jou werk wanneer jy leer, wanneer jy speel en wanneer jy droom oor die toekoms! Sy hart vir jou is nie om aardse sukses te behaal nie – Hy stel nie belang in onderskeidings en prestasies nie! Hy soek jou hart! Soek alleereers die koninkryk van God en sy wil, dan sal Hy jou ook al hierdie ander dinge gee (Matt.6:33). Ek bid vandag dat wanneer jy hierdie brief lees en die moed sal hê om terug te draai na die Here toe; dat jy sal waag om weer by sy voete te sit en by Hom te leer oor sy koninkryk! Die laaste stukkie van die jaar hoef jy nie alleen deur te maak nie – die Gees van God is by jou! Ken Hom in alles wat jy doen en laat sy koninkryk deur jou kom…in matriek en elke dag daarna! Met die liefde van Christus groet ek jou… k
www.kerksondermure.org
Hartklop l Oktober 2014 17
Dienswerker-Fokus
HANDE BENODIG VIR DIE 2015 OES Tiesie de Coning Hippolaan: Dienswerkers word benodig vir die bediening van nagmaal. Meld aan by Belinda – bnel@ksm.co.za / 012 663 2003. Kleingroepleiers is welkom om aan te sluit by kinderssondermure (bediening van Jesus se liefde aan kinders vanaf doekdrafase tot Gr 7). Kontak vir Charléne by cfranken@ksm.co.za of 012 663 2003 x 214. Voorbidders word benodig om in te tree vir kinders, kleingroepleiers en die kinderkerk. Kontak vir Maryna by mburger@ksm. co.za of 012 663 2003 x 211. Persone word benodig om multimedia in die kinderkerk te hanteer vir 2015. Kontak vir Charléne by cfranken@ksm.co.za of 012 663 2003 x 214. Dienswerkers word benodig by kursusse en toerusting om te help met: • Oppas van kleiner kinders tydens kursusse/opleiding en funksies (na-ure) • Hulp met administrasie, registrasie en gasvryheid tydens kursusse/opleiding en funksies (na-ure) Om aan te meld, kontak vir Carl by cdupreez@ksm.co.za of 012 663 1610.
Midstream: Nog dienswerkers word benodig vir die bediening van nagmaal @ kerksondermure Midstream. Meld aan by Dirk – dlaubscher@ ksm.co.za / 012 940 9480. Midstream: Nog dienswerkers word benodig vir die Gasvryheidsbediening van kerksondermure Midstream. Meld aan by Vera – mskantoor@ksm.co.za / 012 940 9480. Kleingroepleiers is welkom om aan te sluit by kinderssondermure (bediening van Jesus se liefde aan kinders vanaf doekdrafase tot Gr 7). Kontak vir Tiesie by tdeconing@ksm.co.za of 012 940 9480 of Hezel by hezel@fouries.com. Voorbidders word benodig om in te tree vir kinders, kleingroepleiers en kinderssondermure. Kontak vir Tiesie by tdeconing@ ksm.co.za of 012 940 9480. Dienswerkers word benodig by kursusse en toerusting om te help met: • Oppas van kleiner kinders tydens kursusse/opleiding en funksies (na-ure) • Hulp met administrasie, registrasie en gasvryheid tydens kursusse/opleiding en funksies (na-ure) Om aan te meld, kontak vir Carl by cdupreez@ksm.co.za of 012 663 1610.
kerksondemure WAARDEER DIE HANDE WAT DIE OES INSAMEL. kerksondermure wil graag waardering uitspreek teenoor ons dienswerkers wat ywerig gedurende 2014 gewerk het deur te saai, te werk in die wingerd en die oes in te samel. Ons doen dit met die volgende uitnodiging aan dienswerkers en hulle gesinne na skouspelsondermure. Dienswerkers word versoek om so gou moontlik te antwoord op hierdie uitnodiging na Maryna by mburger@ksm.co.za of 012 663 2003 x 211. * sien die uitnodiging op bl 13
18 Hartklop l Oktober 2014
www.kerksondermure.org
My Voetspore
Die boer en sy oes in Mosambiek
Belinda Paetzold
Ek is geen boer nie – wel, in naam is ek wel ’n boer, maar dis nie nou hier ter sprake nie – wat ek bedoel is, ek is nie ’n plaas-met-grond-planteen-diere-tipe boer nie. Ek weet wel van “boer-wees”. Ek skat dit is in elkeen van ons se murg op een of ander manier. Om iets te laat groei en te sien vrugte dra is baie opwindend. Van saadjie stadium tot 100 sade in jou hand, of om te begin met 10 skape en ’n trop te hê van 110 ’n paar jaar later is ‘n ware beloning! Hierdie vrugdra gebeur egter nie sommer net vanself nie – dit verg harde werk, opoffering en soms baie trane van die boer. Die afgelope jare was súlke jare...
Nou, vier jaar vandat ons begin het met die taal aanleer, kan Alfred die Evangelie begin verduidelik. Om die Bybel te verduidelik vereis jou hoogste taalvlak!! (Hier gebruik jy jou beste plaasimplemente!!) En die Yao weet niks. Harde grond! Genesis 1:1 is waar ons begin want “In die begin het God die Hemel en die Aarde gemaak.” Wie is hierdie God regtig? Wat kan ons van Hom verwag? Ons skoffel die aarde nou! Breek dit oop, trek die dorings uit.
Tussen-in plak ek pleisters op wonde, maak rehidrasie vloeistof Paetzold gesin aan, bid stilletjies vir wonderwerke – “Hou hul tog aan die lewe Hier, heel aan die begin, wil ek net baie duidelik sê dat dit die Here, tot hul kan hoor!!” Die trane rol. Ons word self ook siek. Here is wat laat groei! Hy is die een wat redding bring, maar tog Malaria, gebreekte voete, sere, infeksies, alleenheid. Soms voel roep Hy ons om die grond voor te berei, te plant en die oes in te dit of die aarde die trane en sweet net insluk sonder enige vrug, bring. Om een of ander rede het Hy ons swak mense gekies om maar... sy oes in te bring. Baie keer met trane op ons wange en blase op ons hande werk ons hier op sy akker. En tog, as ons sy oes Van middel Augustus, elke Dinsdag en Donderdag, kom ’n groot sien inkom, val al die swaarkry weg – letterlik soos mis voor die groep saam om te hoor wat sê God se Woord. Die saad word geson verdwyn al die pyn. Ons staan met vrug in ons hande – sy plant en die Here laat die groeiwerk begin. Ons harte smeek vir vrug. En ons juig! sagte grond, geen dorings en baie, baie vrug! Dis harde werk en ons is alleen. Soms vra ons, bid ons vir ander om die las te help Die Yao mense is Moslems en diep in hul wesens aanbid hulle dra, om die skoffel ’n rukkie uit ons hande te neem, ’n sluk koue die voorvadergeeste. God is iemand wat ver is en nie in hulle water aan te bied. Maar tog bowenal weet ons dis die moeite belangstel nie. Mens kan die engele vra om jou te help want hul werd, want Hy is vir ons die meeste werd!! Hy sál die oes laat het wel toegang tot God. Jou voorvaders is ook daar êrens en inkom en wat ’n dag gaan dit nie wees nie!! So ’n oesfees soos om hulle te smeek vir hulp is altyd ’n goeie idee. Bome kan ook wat daar nog nooit was nie!! En ek bid en sê dankie dat die Yao aanbid word, meel en ander goed word geoffer….dis ’n land van ook daar gaan wees! k dorings en dissels en daar is net klein saadjies wat weer dorings en dissels word – niks is mooi in hierdie land nie. “Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en Ons grond voorbereiding was lank en die grond hard! Eers moes voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was ons deel word van ’n uitstuur-organisasie, Portugees leer en nou palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding ChiYao. Ons moes ’n paar keer ons hele huis oppak – ons kinders kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!” het al in 4 lande gewoon waarvan hul tyd in Suid-Afrika nog die (Op 7:9-10). kortste was! Ons moes huis bou in die bos, die mense leer ken, hul taal leer praat. Harde grond met baie dorings.
www.kerksondermure.org
Hartklop l Oktober 2014 19
Ons eie Publieke Weldaadsorganisasie
Social Upliftment Services(SUS) ondersteun projekte in ons gemeenskap. Jou besigheid kan SEB punte verdien en/of Artikel 18A belastingkorting verdien wanneer jy hierdie projekte finansieel ondersteun. Ons stel binnekort ons nuwe SUS webwerf bekend, hou hierdie spasie dop: volgende maand se Hartklop sal meer inligting hieroor bevat.
20 Hartklop l Oktober 2014
www.kerksondermure.org
Dankbaarheid is die geheue van die Hart.
~ J.M. Massieu
Bring net jouself, jou familie en jou bure of enige iemand anders wat jy graag wil blootstel aan dit waarvoor kerksondermure bestaan en kom kuier lekker saam met jou geloofsfamilie. Alle kos word gratis voorsien. Bring asb. ook die volgende saam op die dag:   Gazebo’s (indien moontlik), kamptafel en stoele, eie eetgerei & eie drinkgoed.