Hartklop September 2014

Page 1

uit jou gemaksone in jou hartsone in!

September 2014  Uitgawe 97


Inhoud

Fokus 01

Redaksie - Het jy al ooit gevoel dat God met jou in ‘n droom gepraat het?

02

Koninkryksdrome: God gee drome

03

Gebedsfokus: Gebed & God se droom vir ons

14

Merkwaardighede uit die Woord

06

Midstream Fokus

07

Algemeen 01

Preekrooster: September

05

Briewe aan die redaksie

07

Nuwe lidmaat inligting en oriënteringseredienste

Toerustingsfokus: Bybelskool

10

Kalender - September

08

Persoonlike Sorg-Fokus

11

Kalender - Oktober

12

Tieners: Toekomsdrome

14

Kinders droom oor Jesus

My Voetspore

Stories

17

Voetspore se droom vir projekte

15

Gr. 7’s verwesenlik ‘n uitreik droom

18

Back to Jerusalem

16

Dienswerkers: Dienswerk-droom

19

Jerusalem

20

Droom oor die Woord (Die Gideons)

Dagboek 09

30 Plus Vriendinne dag

16

SkouspelSonderMure

13

UBA-kamp

Redakteur: Francois Schoombee  012 663 2003 x204/fschoombee@ksm.co.za Bladuitleg en Grafiese ontwerp: Nadia Strydom  012 663 2003 x205/design@ksm.co.za Teologiese versorging: Fanie Venter   Taalversorging: Hennie Jooste Die Hartklop redaksie en uitgewer onderskryf nie noodwendig die menings wat medewerkers en adverteerders in die tydskrif uitspreek nie en behou die reg om alle bydraes redaksioneel te versorg. Webwerf: www.kerksondermure.org  e-pos: info@ksm.co.za Facebook: kerksondermure   Twitter: @kerksondermure1 Instagram: kerksondermure Na-ure predikant op-roep: 083 489 0180 Finansiële bydraes: elektroniese oorbetalings kan gedoen word aan kerksondermure, ABSA Centurion, Rek no: 289 058 0095, Tak kode: 630 445, Verwysing: Naam en waarvoor Adres: Gemeente sentrum Hippolaan: H/v Hendrik Verwoerdrylaan & Hippolaan, Zwartkop x4 Posbus 7545, Centurion, 0046 Kerkkantoor: Hippolaan - 012 663 2003  •  Midstream - 012 940 9480


Redaksie

Het jy al ooit gevoel dat God met jou in ‘n droom gepraat het? God het dwarsdeur die Skrif baie kere met mense in drome gepraat. Voorbeelde is Josef, seun van Jakob (Genesis 37:5-10); Josef, die man van Maria (Mattheus 2:1222); Salomo (1 Konings 3:5-15); en verskeie ander (Daniël 2:1, 7:1; Mattheus 27:19). Dus kan ons sê, ja, God kan en praat wel deur drome. Wat belangrik is, is wat ons met hierdie drome doen. Die Bybel is volledig, dit openbaar alles aan ons wat ons moet weet van nou af totdat die ewigheid aanbreek. Dit beteken nie dat God nie meer wonderwerke doen of nie meer deur drome praat nie, maar dit beteken dat enigiets wat ons droom, ‘n visioen, gevoel, ‘n beeld in ons gedagtes, stem in ons ore, moet ooreenstem met dit wat God in Sy Woord aan ons openbaar het. Drome mag nie oor die Skrif seggenskap hê nie. Ons probeer in hierdie uitgawe ‘n dieper boodskap verklap oor koninkryksdrome. kerksondermure se droom is om op ʼn unieke wyse ʼn koninkryksimpak te maak. Hierdie droom word glashelder in ons visie verwoord: kerksondermure is ʼn dienende geloofsfamilie wat met blydskap die koninkryk van God oral uitleef.

Fanie Venter vertel in hierdie uitgawe meer oor jou droomgewoontes en wat presies dit kan aktiveer en stuur. Dink jy dis moontlik om jou drome in ‘n rigting te stuur? Wel ek dink so! Maar lees maar self op bl 2 Ons kinders beweeg so maklik naby aan Jesus dat hulle hartjies oorloop in hulle drome op bl.14 Kan ons nie maar net glo en droom soos ons kinders nie? Tieners doen goed net ander, ek wonder waaroor droom hulle en of hulle steeds droom? Kyk op bl.12 Carl du Preez motiveer jou om groot en uitbundig saam met God te droom oor jou lewe, wat bedoel hy nou eintlik as hy dit sê? Bl.8 As ek dié ding van droom uit my hoek uit beskou, lyk dit vir my of jy bietjie leeswerk het. As jy meer wil weet van die wonderlikheid van drome, wie weet miskien droom jy weer saam, dan is hierdie jou uitgawe. Komaan, waag jou drome vir Sy koninkryk... Lekker lees tot volgende maand wanneer ons weer met groot feesvieringe God se seën op ons gemeente vier…

Die manier waarop ons hierdie droom van God vir ons waar maak, is deur “een gemeente vanuit meer plekke” te wees maar ons wag voortdurend luisterend op die Here om ons te lei waarheen Hy wil. Ons is voortdurend op pad saam met God, deel van ‘n ontdekkingsreis van lewensverandering.

Groete Francois

PREEKROOSTER  •  September 2014 7 Sept Hippolaan

14 Sept

21 Sept

28 Sept

Doop

08:00

Christo Woite

Colin Smith

Fanie Venter

Stephan Joubert

10:00

Christo Woite

Colin Smith

Fanie Venter

Stephan Joubert

18:30

Stephan Joubert

Annelize de Wet

Colin Smith

Stephan Joubert

Tieners@Hippolaan                     17:30

Midstream

Annelize de Wet

Meiring de Wet

Annelize de Wet

-

Doop

08:00

Adrio König

Herman de Kock

Colin Smith

Fanie Venter

10:00

Adrio König

Herman de Kock

Colin Smith

Fanie Venter

Tieners@Midstream                     17:00

Janet Cruywagen

Colin Smith

Allen Baatsen

www.kerksondermure.org

-

Hartklop  l September 2014     01


Koninkryksdrome

God gee drome Fanie Venter

Mense en hulle drome het ʼn al hoe prominenter plek in ons wêreld. Jy hoor dit by die atleet wat na ʼn oorwinning ʼn onderhoud toestaan: “Dit wys jou net as jy jou drome najaag, sal jy dit bereik”. Jy hoor hierdie taal ook dikwels uit die monde van deelnemers aan talentkompetisies. Op skool, in die huis en in die kerk word almal aangemoedig om groot te droom. Slagspreuke soos: “die mate van jou sukses kan slegs beperk word deur die grootte van jou drome,” is aan die orde van die dag.

vore. Eerstens sien ons dat God die oorsprong van ons drome is. Hy gee visie, gesigte en drome deur sy Heilige Gees. Tweedens, omdat die Heilige Gees die drome gee is dit nooit selfsugtig, op my eie belang gerig nie. Die drome wat die Heilige Gees gee, is gerig op die bou van Jesus se kerk en Koninkryk. Om dit anders te stel: die Gees laat ons droom oor hoe Jesus se kerk met woord en daad Jesus se heerskappy ʼn groter werklikheid in ons lewens en wêreld kan maak.

Baie mense is gekant teen hierdie soort van dromery want, sê hulle, dit kan baie maklik baie selfgesentreerd wees. Dit gaan net oor myself en dit wat ek wil bereik. Natuurlik kan dit waar wees, maar ek glo daar is iets anders. Iets baie mooier en opwindender. Ek glo dat die vermoë en begeerte om te droom, iets is wat God in ons geplant het. Hy laat ons droom oor iets wat beter, heler en mooier is as die werklikheid wat ons elke dag beleef.

Die soort drome, waaroor ons in die begin gepraat het, kom die meeste van die tyd uit ons eie begeertes. Die eerste bevoordeelde is gewoonlik ek. Hierdie soort drome is maklik, dit kom natuurlik. Die drome wat God deur sy Gees vir ons gee is anders. Dit vra iets. Dit vra ʼn intieme wandel met God. Sonder hierdie intieme konneksie met God is daar veral twee gevare: die eerste is dat my drome selfsugtig sal wees. Die tweede, amper erger gevaar, is dat ek sonder ʼn intieme wandel met God, nie meer sal droom nie.

In Handelinge 2 haal Petrus die profeet Joël soos volg aan: “Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom." Twee belangrike gedagtes kom uit hierdie profesie na

Mag ons nooit ophou droom nie. Mag God se Gees ons só laat droom oor God se nuwe wêreld, dat hierdie drome ons meesleur. Mag ons so meegesleur word, dat ons, as Jesus se volgelinge, met passie sal bid en werk en leef, sodat die hemel sigbaar kan word op die aarde.  k

02    Hartklop l  September 2014

www.kerksondermure.org


Gebedsfokus

Gebed & God se Droom vir Ons Christo Woite

As ons die woord droom gebruik, roep dit vele gebruike na vore. Van dagdrome en slaapdrome tot drome oor die toekoms en ook drome waarin God hom aan ons openbaar. Dan is daar ook ander se drome en ideale vir ons. As ons oor God se droom vir ons praat, is dit net ʼn mooi manier om oor God se wil en roeping vir ons te praat. Jou persoonlike drome vir jouself en God se droom vir jou is nie noodwendig dieselfde ding nie. Jou persoonlike drome vir jou eie lewe is gewortel in jou eie ideale en aspirasies. Jou drome oor jou eie lewe gaan oor selfverwesenliking. God se droom vir jou en vir sy kerk is gewortel in sy roeping en opdragte vir sy kerk en jou persoonlik. God gebruik ook drome en visioene en gesigte om sy wil aan mense bekend te maak. Daar is heelwat karakters in die Bybel met wie God so gewerk het. Soos Jakob en Josef van Maria, Petrus en Johannes. Ons wil dikwels gebed gebruik om ons drome en God se wil in lyn met mekaar te trek. Ons vra Hom om ons drome waar te maak. Hy leer ons egter om eers die koninkryk van God en sy geregtigheid te soek en al die ander dinge sal vir ons bygevoeg word. God het ʼn koninkryksdroom. Hy wil eerstens sy koninkryk in ons lewens en harte laat kom. Hy wil alles op aarde hiermee in lyn bring. Alles op aarde is hieraan ondergeskik. Hy wil jou met al jou gawes gebruik om sy koninkryksdroom waar te maak. In Johannes 14:13,14 sê hy ook vir die apostels dat hulle met vrymoedigheid moet bid en dat hulle alles sal kry waarvoor hulle vra. Hiermee het Hy bedoel dat Hy alles sal gee wat hulle nodig het om sy Koninkryk te bou. Ons mag bid vir die realisering van ons persoonlike drome

en ideale binne die konteks van God se koninkryksdroom. Hy gaan jou nie noodwendig seën en jou drome waar maak ten koste van sy koninkryk nie. ʼn Gemeente wat wil weet wat God se wil vir hulle is, kan begin om sy Woord te bestudeer. Dan kan hulle gaan bid dat Hy sy wil in hulle persoonlike gemeentelike omstandighede moet openbaar. Dis meer ʼn geval van uitvind hoe hulle God se wil in hulle unieke situasie moet uitleef. Ook in jou persoonlike lewe kan die Here deur sy Woord en Gees jou leer hoe jy gehoorsaam kan wees binne die konteks van jou situasie. Gebed is wesenlik deel van die uitbreiding van God se Koninkryk. Gebed is een van die instrumente wat die Here vir ons gegee het om sy koninkryk te bou. Deur gebede vra ons alles wat ons nodig het asook vir krag en wysheid. ʼn Gemeente wat ernstig is om God se Wil uit te leef sal baie moeite met gebed maak. Gebed sal deel van hulle bestaan wees. Paulus is ‘n tipiese voorbeeld van iemand wat ʼn roeping ontvang het en gedurig bid vir wysheid en geleenthede om die Woord uit te dra. Paulus se briewe bevat ook die mooiste gebede vir die gemeentes wat hy gestig het. Deur ons gebede bly ons in voeling met God se roeping en die uitvoering van dié roeping. ʼn Gemeente wat net besig is om hul eie aktiwiteite te beplan en uit te voer en hul eie koninkrykie te bou het nie gebed nodig nie. Gebed in ʼn gemeente se lewe is die meetinstrument om te bepaal hoe Koninkryksgerig hulle is. Mag die Here aan elke gemeentelid ʼn gebedshart skenk. Kom ons bid saam dat God sy koninkryksdroom in ons gemeente waar sal maak en dat Hy ons gemeente sal gebruik om sy koninkryk in die wêreld te laat kom.  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l September 2014     03


Merkwaardighede uit die Woord

Adrio König

Praat God met mense deur drome? Ja. Maar dis uitsonderlik. Daar is geen geval in die Bybel waar die Here deur 'n reeks opeenvolgende drome met iemand praat nie. Dis altyd enkeldrome. Verder is dit belangrik dat gelowiges in die Bybel dadelik weet wat hulle droom beteken. Dis net ongelowiges wie se drome uitgelê moet word. Jakob (Gen 31), Salomo (1 Kon 3), Josef (Mat 1:20ev; 2:19ev) het nie hulp of inligting nodig om die droom te verstaan nie. Dis direk duidelik. Dis wanneer die Here met 'n heiden/ongelowige in 'n droom praat, dat die persoon nie die droom verstaan nie die skinker en die bakker (Gen 40), die farao (Gen 41), Nebukadneser (Dan 2, 4). Dan word dit deur 'n gelowige uitgelê (Josef, Daniël). Daar is een uitsondering, waar ‘n ongelowige sy ongelowige maat se droom uitlê (Rigt 7:13ev). En daar is ook een uitsondering met ‘n gelowige. Dit is opvallend dat Daniël, wat self drome uitgelê het (Dan 1:17), ‘n reeks drome of gesigte of visioene ontvang wat dan deur ‘n hemelwese uitgelê word. Maar daar is nie voorbeelde waar gelowiges self hulle drome moet uitlê of waar een gelowige ‘n ander gelowige

se droom moet uitlê nie. En daar is ook nie sprake daarvan dat gelowiges meganismes of sisteme moes ontwikkel om drome uit te lê nie. Dit is dus moeilik om in die lig van Bybelse gegewens te aanvaar dat die Here vandag op ‘n gereelde basis met gelowiges deur drome praat en dat daar selfs boeke geskryf moet word om die inligting te verskaf hoe die drome van gelowiges uitgelê moet word. Die persone wat in die Bybel drome van ongelowiges uitgelê het, soos Josef en Daniël, het ook geen sisteme daarvoor gebruik nie. Hulle het eenvoudig die gawe van die Here ontvang om dit te doen. En ten slotte is daar ook waarskuwings teen drome in die Bybel. Skynbaar word die meeste drome deur 'n mens se daaglikse besigwees veroorsaak en het dit nie veel waarde nie (Pred 5:2,6). Maar daar is selfs ‘n waarskuwing dat drome nie betroubaar is nie, en nie werklik waarde het nie (Jes 29:79, Job 20:8). Daar is dus ook ‘n sterk negatiewe lyn oor drome (Deut 13:1-5; Ps 73:20; Jer 23:27; 29:8; Sag 10:2). ‘n Mens moet dus ook versigtig wees met drome.  k

* Hierdie bespreking is ‘n opsomming van die hoofstuk in my boekie: Terug na die Ou Testament?

04    Hartklop l  September 2014

www.kerksondermure.org


Briewe aan die Redaksie

Deel jou storie...

Die redaksie nooi jou uit om saam te gesels. As 'n storie in die tydskrif jou raak of as jy graag net met ons 'n kort gedagte wil deel - stuur vir ons jou brief deur 'n e-pos te stuur na: hartklop@ksm.co.za of gee jou brief in by die kerkkantoor. Ons sien uit om van jou te hoor! My Storie – Jas Collen   A; ‘n Paar jaar gelede moes ek ‘n stoof opkoppel. Min wetend dat die krag verkeerd gemerk was en die stoof by die warmwater toestel gekoppel was. Ek het nie gedink om te toets of dit reg was nie en het nie die hoofskakelaar afgeskakel nie, het net die stoof afgeskakel en die draad geknip. Die draad was lewendig. Iemand het gelukkig die hoofskakelaar afgestamp, my linkerhand waarmee ek die draad geknip het, het heeltemal tot op die been en party plekke deur die been gebrand. Die dokters reken die krag het my gevang toe my hart oop gemaak het en dat ek nooit my linker hand sou kon gebruik nie. Hulle het vel van my arm op my hand oorgeplant. Vandag kan ‘n mens nie eens die merke op my arm sien nie en my hand is 100% reg. Dit was ‘n wonderwerk van Bo.   B; Ek het by Yskor Hoofkantoor by die Projekte en Konstruksie afdeling gewerk. Met een van die projekte by Sishen moes ek ‘n hele paar mense soontoe neem - twee vliegtuie met ingenieurs en ambagsmanne. Die aand toe ons terug kom vra die vlieënier of iemand saam met hom wil terugvlieg. Ek was heeltemal gewillig om saam met hom te vlieg. Hy vra toe of ek dalk weet waar die gholfbaan in Kuruman is. Ek antwoord dadelik, ek het in Kuruman groot geword en dat ek hom alles in Kuruman sal wys. Ons het toe reguit na die Moffat instituut gevlieg, daarna laag oor die pragtige Seodin Skool en koshuise. Daarna is ons laag oor die Oog en daarvandaan oor die gholfbaan. Ons het koers gevat Pretoria toe. Iewers oor Wolmaranstad het ons in ‘n erge storm beland. Ek het een foto van die storm. Die weerlig het die vliegtuig getref, alle instrumente was morsdood. Na’n paar minute het ons die radio aan die gang gekry en met OR Tambo kontak gemaak. Die weerlig het ons ‘n tweede keer getref, en die een enjin het opgegee. Na omtrent tien minute het ons die radio vir die tweede keer aan die gang gekry en met nog alle instrumente morsdood het ons weer met OR Tambo kontak gemaak. Die manne in die radartoring het ons beveel om te klim, ons het die tweede enjin weer aan die gang gekry en ons het tot op 33,000 voet geklim. Met geen - maar geen - instrumente nie, het hulle ons ingebring, hulle het ons elke keer as ons in ‘n westelike rigting gevlieg het, laat sak en dan het dit kompleet gelyk of die son opgekom, want ons was hoog bo die storm. Die oomblik van landing het ek nog vir die man in die radarto-ring gesê ons kan nie op die grond wees nie - waarop hy geantwoord het, julle is op die grond. Toe ons uitklim het ons enkel diep in die water getrap. Dit was die lekkerste landing wat ek beleef het. Alle dank aan die mense wat ‘n goeie opleiding gehad het wat ons veilig ingebring het, maar volgens hulle, dat ons sonder enige instrumente en met een enjin wat heeltyd moeilikheid gegee het, was dit ‘n Wonderwerk van Bo dat ons daardie aand veilig geland het. Met ‘n traan in die oog, Loof en Prys ek die Here en my Hemelse Vader vir ‘n onvergeetlike ondervinding wat sonder Hom nie moontlik sou wees nie.

C; Een Saterdag middag na rolbal het mense by die dam my genooi om by hulle te kom eet. (My vrou was al oorlede.) Ek het alleen in die huis gebly en het net gou by die huis aangegaan want dit was op my pad. Toe ek by die huis uitkom was daar iemand wat werk soek en toe ek vir hom sê dat dit nie die regte tyd is om werk te soek nie, het ‘n ander persoon agter die boom uitgespring en my met “38 special” geskiet. Ek het tot by my bure geloop en die buurvrou het met my hospitaal toe gejaag. By die hospitaal het ek vir die suster gevra om die mense te skakel en asb net vir hulle moet sê ek sal ‘n bietjie laat wees. (Ek was twee weke laat vir die ete afspraak.) Net daarna het ek my bewussyn verloor. Toe ek wakker word het ek vir die suster gevra om my pyp te bring want ek wil rook. Sy het geantwoord, jy het twee weke laas gerook, waarom wil jy nou rook. Ek wou niks weet nie en was baie omgekrap oor haar verduideliking. Op daardie oomblik kom die dokter ingestap en vra waarom ek so baklei en of ek weet wat met my gebeur het. Ek het hom geantwoord ja ek weet hulle het my geskiet en vra toe dadelik of hy die koeël uit gehaal het. Hy het geantwoord, nee hy moet vir my wag om wakker te word voordat hy die koeël kan uithaal. Ek sê toe vir hom jy haal nou die koeël uit, maar bring eers my pyp want ek wil rook. Hy het my geantwoord, waarom wil jy rook jy het twee weke laas gerook. Ek wou dit nie glo nie maar toe hulle my oortuig het, het ek geantwoord. Nou ja dan hou ek op om te rook maar die koeël moet dadelik uit. Dit kon toe eers die volgende dag gedoen word – en ek het opgehou rook. Die koeël is tussen die skouer en elmboog in. Tussen die been en die hoofslagaar tot op die ribbebeen waar dit gedraai het, langs die hart en tussen die slagare deur waar dit in my rug vasgesteek het. Die dokters kon nie glo dat daardie groot koeël 90 grade gedraai het nie. My longe was heeltemal kapoet en is nou nog vol skrapnel en ek moet elke ses maande vir x-strale gaan om te sien of die skrapnel nog stil en blink lê. Die koeël lê nog in die Hospitaal. (Geen navrae of ondersoeke is gedoen nie.) Wat ‘n wonderwerk dat ek die storie kan vertel. PSALM 94: 17; 33 vertaling. “As die Here nie vir my ‘n hulp was nie, dan het my siel gou in stilte gewoon.”   Vandag lewe ek volgens JOB 28: 28; ook die 33 vertaling. “Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die Here is wysheid en om van die kwaad af te wyk, is verstand.” Ek LOOF en PRYS die HERE elke oomblik van my lewe. Op ‘n dag het ek ‘n staal liniaaltjie in ‘n Hardewarewinkel gesien en vir die HERE gevra of ek so iets uit dankbaarheid kan weggee. My eerste liniaaltjie wat ek weg gegee het was vir ‘n Regter by kerksondermure. Ek probeer om gereeld ‘n liniaaltjie weg te gee net uit dankbaarheid vir my gespaarde lewe en het nou so plus minus honderd en dertig weg gegee.   Ek weet waarheen ek eendag gaan en vertrou om jou ook in die Hemel te sien. Mooi gaan en mooi ry op ons rowwe paaie. Letterlik en Figuurlik.

www.kerksondermure.org

Hartklop  l September 2014     05


Midstream Fokus

kerksondermure is ‘n eietydse, missionêre gemeente wat daarvan droom om op ‘n unieke wyse ‘n koninkryksimpak te maak in Midstream en ook in die omliggende gemeenskappe van Midrand, Highveld, Irene, Southdowns, Heritage Hill, Candle Wood en selfs Rooihuiskraal en The Reeds. Ons visie en waardes onderstreep wie ons is en hoe ons dinge doen. Hierdie droom van lewensverandering word bewaarheid wanneer ons volgens ons kernwaardes kerk in die wêreld kan en mag wees:   •  Verhoudings: Ons bestaan vir verhoudings met God,    gelowiges en die wêreld.   •  Vervulling: Ons leef oorgegee aan en in die krag van    die Gees wat lewensverandering bewerk.   •  Volgelinge: Ons help mekaar om radikaal gehoor   same volgelinge van Jesus te wees.   •  Vernuwing: Ons wil deel in God se passie om sy    wêreld te bring na vernuwing.   •  Verskeidenheid: Ons verwelkom die feit dat almal nie    dieselfde is, dink, voel en doen nie. Ons verwelkom    verskeidenheid en poog om eietyds te wees. Reg van die begin van kerksondermure Midstream was daar ‘n droom van ‘n volwaardige gemeente wat die volle DNA van ‘n kerksondermure uitleef. Die vertrekpunt met projek Visie 2015 is gebaseer op die groei van kerksondermure Midstream met die doel om die DNA van kerksondermure volwaardig te vestig. Wat is hierdie kerksondermure DNA? Dit verteenwoordig ‘n aktiewe en volwaardige funk-

sionerende:   •  Volwassebediening: bestaande uit jongmense, vol   wassenes en seniors.   •  Kinderbediening.   •  Tienerbediening.   •  Dienswerkerbediening.   •  Persoonlike Sorg-Fokus.   •  Erediens fokus met 08:00, 10:00 en 18:30 eredien   ste.   •  Gebedsbediening.   •  Toerustingsfokus.   •  Ondersteuningsfokus   •  Voetspore-Fokus, en ‘n   •  Verhoudingsgroepe-Fokus Septembermaand is ‘n opwindende maand waarin ons meer met jou gaan deel oor die toekoms. Drie datums wat jy nie mag misloop nie is 07, 14 en 21 September wanneer ons dieper gaan kyk na die Midstream Visie 2015 droom. Maak seker jy is deel van ‘n nuwe tydperk, ‘n nuwe seisoen in die Midstream gemeenskap van kerkwees. God het ons elkeen op hierdie aarde geplaas met ‘n baie spesifieke doel om kerk te wees vir die wêreld sodat Sy koninkryk op aarde kan kom. As jy deel van sy opdrag wil wees en saam wil droom oor die volgende seisoen en generasie van kerkwees, het ons jou baie nodig. Kom deel in God se droom vir kerksondermure Midstream op 07, 14 en 21 September 2014. Die is jou kans om die verskil te wees...  k

06    Hartklop l  September 2014

www.kerksondermure.org


Toerustingsfokus

Oktober se Bybelskool 2014 is ons Jesusjaar in die gemeente én in die Bybelskool. Die eerste kwartaal het ons na die gesamentlike prentjie gekyk wat die Evangelies van Jesus beteken. Dit was eintlik Markus se Evangelie. Die tweede kwartaal het ons na die ekstras van Matteus gekyk. Die derde kwartaal na die ekstras van Lukas. En nou gaan ons na Johannes kyk. Terwyl die eerste drie Evangelies baie met mekaar ooreenstem, verskil Johannes geweldig baie van hulle. En dis daarna wat ons gaan kyk. ‘n Lys verskille   •  Die eerste drie Evangelies bestaan hoofsaaklik uit verhale,    Johannes hoofsaaklik uit gesprekke.   •  In die Sinoptiese Evangelies verkondig Jesus die koninkryk    van God; in Johannes verkondig Jesus Homself.   •  In die Sinoptiese Evangelies kom die verhouding tussen    Jesus en die Vader net terloops ter sprake; in Johannes is    dit die hooftema.   •  In die Sinoptiese Evangelies is gelykenisse een van die    hoofsake; in Johannes verdwyn hulle en is daar eintlik    net twee vorms van beeldspraak, die goeie Herder en die    druiwestok.   •  In die Sinoptiese Evangelies is daar geweldig baie won   derwerke en dit lok skares na Jesus; in Johannes word die    wonders “tekens” genoem (daar is net sewe) en daar is nie    van skares sprake nie, eerder lei dit net tot lang gesprekke.   •  In die Sinoptiese Evangelies gaan dit oor die letterlike    betekenis van Jesus se wonderwerke, maar in Johannes kry    sy wonders byna elke keer ‘n geestelike betekenis by.   •  In die Sinoptici gaan dit veral oor siekte en genesing, in    Johannes veral oor sonde en die ewige lewe (redding).   •  In die Sinoptiese Evangelies vra Jesus navolging; in    Johannes vra Hy geloof in Homself.

•  In die Sinoptiese Evangelies gaan dit oor groepe; in    Johannes veral oor die individu. Johannes word selfs die    individualistiese Evangelie genoem.   •  Die Sinoptiese Evangelies beskryf Jesus se aardse bedie   ning in een jaar; volgens Johannes duur dit drie of dalk selfs    vier jaar.   •  Volgens die Sinoptiese Evangelies werk Jesus in Galilea     met net die een besoek aan Jerusalem teen die einde,    maar volgens Johannes werk Hy hoofsaaklik in en om Jeru   salem met min aandag aan Galilea.   •  Volgens die Sinoptiese Evangelies sterf Jesus die dag ná     die Paasfees (nadat Hy die Donderdagaand tydens die    Paasfees die nagmaal ingestel het); volgens Johannes sterf    Hy op die Paasfees wat Vrydag sou plaasvind.   •  Die Sinoptiese Evangelies vertel dat Jesus die nagmaal in   stel, maar Johannes vertel net van ‘n gewone maaltyd van    Jesus en die dissipels.   •  Johannes deel net 14% van sy inhoud met Markus, terwyl    Matteus 97% van Markus se stof het, en Lukas 87%. Daar    is dus ‘n geweldige groot gemeenskaplikheid tussen die    eerste drie, met baie min ooreenkomste met Johannes. Die    grootste ooreenkoms is in die lydensverhaal.    Dis na hierdie interessante sake waarna ons in die Bybel   skool gaan kyk.  k

Hippolaan Woensdagaande: 29 Okt, 5, 12 Nov 19:00 - 20:15 Donderdagoggende: 30 Okt, 6 en 13 Nov 08:30 - 09:45 Midstream Maandagaande: 27 Okt, 3, 10 Nov 19:00 - 20:15 Donderdagoggende: 30 Okt, 6, 13 Nov 10:30 - 11:45

Nuwe Lidmaat Inligting en Orinteringseredienste vir nuwe en bestaande lidmate Spesiale inligting en oriënteringseredienste word beplan vir 28 September 2014 in die 08:00 en 10:00 eredienste by Hippolaan en vir 09 November in die 08:00 en 10:00 eredienste by Midstream. Ons gaan meer inligting verskaf oor kerksondermure sodat jy as nuwe lidmaat - of selfs as bestaande lidmaat verstaan wat die hart van kerksondermure is en waar elkeen van ons inpas.

Ons gaan bietjie gesels oor die verskillende fases van geloof, ‘n ontdekkingsreis van lewensverandering wanneer jy saam met God op pad is. Jy gaan ook ‘n vinnige oriëntering kry t.o.v al die verskillende bedieninge en daar sal ook ‘n spesiale drukstuk uitgedeel word met al die “Most frequently asked questions and answers.”

www.kerksondermure.org

Hartklop  l September 2014     07


Persoonlik Sorg-Fokus

Carl du Preez

Droom groot en uitbundig saam met God oor jou lewe

Vergeet nou eers van daardie drome wat jy saans in jou slaap het en dink saam met my aan dit waaroor jy vir jouself droom. Dit wie jy dink jy kan wees - alleen of saam met ander. ‘n Droom met so ʼn stuk moontlikheid, strewe en verwagting. Navorsing wys dat mense wat hulle drome in doelwitte, strewes en verwagtings omsit, baie sukses en selfverwesenliking kan beleef. Ongelukkig eindig dit nie hier nie, want die lewe gaan aan en baie suksesvolle persone word ook deur verpletterende traumas van die lewe getref. Baie kom by ʼn plek waar hulle oor die sin van die lewe begin besin en baie twyfel oor hulle drome en verloor selfs hoop. Ek glo dat elke droom ʼn stukkie hoop-brandstof nodig het om aan die gang te kom. Ongelukkig kry sommige mense hulle hoopbrandstof op plekke soos mag, geld, intellek, leuens, omkopery en vele meer. Die slegte nuus is dat dit gou op kan raak en verdwyn en deur die swaarkry en moeilikheid van die lewe verteer word. Die hoop-brandstof is dan weg en dan voel mense dat hulle drome ook weg of verpletterd is. Baie keer is dit juis tydens hierdie swaarkrytye dat drome herskryf word, nuwe drome gevind word en drome wat weggebêre is weer ontdek word. Jou drome is deel van wie jy is, iets wat ek glo God in jou geplant het. Drome bly drome, maar as dit deur die regte hoop-brandstof aangedryf word, gebeur wonderlike dinge.

Daar is wel een plek waar mens hierdie tipe hoop-brandstof vryelik kan kry en dit is as jy tyd saam met God spandeer. Dit is dan wanneer die Geloof, Hoop en Liefde waarvan 1 Korintiërs 13:13 praat, begin saamwerk. As jou drome aangevuur word deur hoop-brandstof wat jy op jou eie probeer vind, gaan dit opraak, selfs met jou beste intensies. Laat die drome wat God in jou geplant het aangevuur word deur sy eie hoopbrandstof. Ek vra jou nou weer: Waaroor droom jy vir jouself? Wees spesifiek, want daar is net een soos jy, net een met daardie spesifieke droom wat God vir jou in gedagte het. Spandeer tyd saam met God dat Hy jou met Sy hoop-brandstof kan vul sodat jy kan wees dít wat hy jou gemaak het om te wees... In jou werk, by jou familie en oral waar jy die lewe raak-leef. Droom groot en uitbundig saam met God oor jou lewe...  k

08    Hartklop l  September 2014

www.kerksondermure.org


Dagboek

As jy 'n droom

het, kan jy dit bereik.”

~ Walt Disney

www.kerksondermure.org

Hartklop  l September 2014     09


10    Hartklop l  September 2014

www.kerksondermure.org

10:00 Griefshare MS

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 18:30 Emosionele Versorging HL

09:00 MaMs HL 19:00 40Plus byeenkoms

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening 08:00 Beroepsforum HL

Gemeenteraad 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP 18:30 Hoop Depressiegroep

HL - Hippolaan / MS - Midstream

Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste Slegs Belydenisklas: 17:00 @ Hippolaan & Midstream WIP koffieaand

Erfenisdag

Doopregistrasie vir Okt sluit

Midstream Skool Sluit

08:00 Beroepsforum HL

07:00 Gebedsgeleentheid HL

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL 09:00 Huishulp Kursus

Kindereredienste: Hippolaan: 08:00 & 10:00 Midstream: 08:00 & 10:00; 16:45 (Gr7’s) Tieners@Hippolaan: 17:00 Belydenisklas, 17:30 Kuierkerk, 18:30 Selgroepe Tieners@Midstream: 17:00 Kuierkerk, 18:00 Kuierkerk & Selgroepe

Sondae eredienstye - tensy anders aangedui: Hippolaan: 08:00, 10:00 & 18:30 Midstream: 08:00 & 10:00

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening

September

28      Sondag 29     Maandag 30      Dinsdag

Nuwe lewe reerks 3

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 18:00 Tieners Band

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum 18:30 Enkellopendes social

Donderdag 26      Vrydag 27

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening

21      Sondag 22     Maandag 23      Dinsdag 24     Woensdag 25

Nuwe lewe reerks 2

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 14:00 Tieners Kreatiewe Kuier 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 18:30 Emosionele Versorging HL

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL 09:00 Huishulp Kursus 09:00 30Plus Vriendinnedag

Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL 09:00 Huishulp Kursus

14      Sondag 15     Maandag 16      Dinsdag 17     Woensdag 18     Donderdag 19      Vrydag 20

Nuwe lewe reerks 1

Doop by alle dienste 12:00 Doop HL

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Beraders Forum

Dinsdag 10     Woensdag 11     Donderdag 12      Vrydag 13

18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Doopreëlings 18:30 Griefshare HL 19:00 Opvolg doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening

Woensdag 4     Donderdag 5       Vrydag 6      Saterdag

09:00 Snr@Midstream 09:30 Oppiekoppie Snr byeenkoms HL 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP

Dinsdag 3

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 18:30 Emosionele Versorging HL

7       Sondag 8      Maandag 9

10:00 Griefshare MS 19:00 Veritas kursus HL

1      Maandag 2


www.kerksondermure.org

Hartklop  l September 2014     11

Skole Open

Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste

HL - Hippolaan / MS - Midstream

Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste Geen aanddiens @ Hippolaan

Oesfees

26      Sondag

Kinderbediening: Hartklopfees

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 18:30 Huwelikskursus MS 18:30 Ouerleiding Kursus HL

27     Maandag 28     Dinsdag

09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS

20     Maandag 21     Dinsdag

Midstream Skool Open

18:45 Selindeling Hippolaan

12      Sondag

19      Sondag

13     Maandag 14     Dinsdag 09:00 Bybelstudie HL 09:30 Snr Bybelstudie HL 11:30 Bybelstudie MS 17:00 Tieners Lofdanse 18:00 Tieners Band 19:00 Hippolaan Brugbou

UBA Kamp

7     Dinsdag

12:00 Doop Doop @ Midstream Geen Kindereredienste Geen Tienereredienste UBA Kamp

5       Sondag 6     Maandag

Oktober

19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP 19:00 Bybelskool HL

29    Woensdag

Doopregistrasie vir Nov sluit

09:00 MaMs HL 18:30 Hoop Depressiegroep

22    Woensdag

09:00 Maatskaplike Werkers Forum HL 18:30 Hoop Depressiegroep 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP

15    Woensdag

8    Woensdag

08:30 Bybelskool HL 10:30 Bybelskool MS 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 18:30 Huweliksvoorbereiding 18:30 Doopreëlings 19:00 Doopvoorbereiding 19:00 Musiekoefening

30   Donderdag

19:00 Musiekoefening

23   Donderdag

09:30 Oppiekoppie Uitstappie 18:30 DivorceCare & DivorceCare4Kids HL & MS 18:30 Single& Parenting HL 18:30 Griefshare HL 19:00 Musiekoefening

16    Donderdag

19:00 Musiekoefening

9    Donderdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL UBA Kamp

4      Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL

08:00 Beroepsforum HL 18:30 Huweliksvoorbereiding Retreat Kamp

31      Vrydag

07:00 Gebedsgeleentheid HL

24      Vrydag 25     Saterdag

Belydenisaflegging registrasie sluit

08:00 Beroepsforum HL 09:00 Sielkunde Forum 18:30 Enkellopendes social 18:30 Dienswerkerswaarderingsfunksie

17      Vrydag 18     Saterdag

07:00 Gebedsgeleentheid HL

10      Vrydag 11     Saterdag

Skole Sluit

09:00 Beraders Forum HL UBA Kamp

09:00 Snr@Midstream uitstappie 09:00 MaMs HL 09:30 Oppiekoppie Snr 19:00 40Plus byeenkoms 19:00 WIP

18:30 Doopreëlings 19:00 Musiekoefening

3      Vrydag

1     Woensdag 2    Donderdag


Tieners: Toekomsdrome

Linda vd Walt

Christus in tieners se toekomsdrome

Die toekoms behoort aan jou. Dit is seker een van die ongelooflikste dinge wat ‘n tiener kan besef. Dit maak nie saak hoe almal kla oor ons land se ekonomie nie of dat daar nie hoop vir ons hier is nie. Dit maak nie saak wat mense oor jou drome sê nie of hoe belaglik hulle klink nie, want die toekoms behoort aan jou. Ek is opgewonde oor die toekoms, want ek bou my toekoms op die Here! In Joshua 1:9 sê die Here vir Joshua: “Wees sterk en vertrou My met alles in jou! Moenie vir iets of iemand skrik of bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou waar jy ook al gaan.” God gee nie om oor wat in die wêreld gebeur nie, want dit verander nie sy drome vir my nie. Baie van die grootmense kry ons tieners jammer oor die tyd waarin ons moet leef. Ek dink anders hieroor. Ek is opgewonde, want ek glo God het ons spesiaal geskep vir hierdie tyd! Die Here het soveel in gedagte vir ons, as ons Hom kan vertrou en kan leer om Hom blindelings te volg sal ons meer

berge kan oorkom as wat ons ooit kan droom of dink. Al sy beloftes is reeds gemaak, dis klaar vir ons gegee, ons moet dit net ontvang. Elke dag in die toekoms saam met die Here is ‘n dag dieper in Sy volmaakte plan, ‘n dag nader aan Hemelse plekke. Die Here se toekomsdrome is soveel groter en dieper as wat ons wil glo of droom en my toekomsdroom is om daardie drome en planne te sien en dit uit te leef. My onmiddelike droom is om skool klaar te maak en universiteit toe te gaan. Daarom is ek daagliks maar te bewus van my afhanklikheid van God en dat ek as tiener sonder God sal wees soos Sutherland sonder die Sterrewag! God se belofte aan Joshua was ‘n uitnodiging om in die toekoms in te tree. Dit is wat dit vir my ook is: ‘n uitnodiging om in Sy plan in te stap. Ek sal nie bang wees of twyfel nie. Ek wil stil wees as ek moet, fluister wanneer dit nodig is en kliphard skree as die Here my naam roep en ek wil sterk wees.  k

12    Hartklop l  September 2014

www.kerksondermure.org


UBAkamp

3-6 Oktober ’n Avontuurkamp vir tieners van graad 7-12 Net vir dié wat nog nie weet nie: UBA staan vir “Uitreik Bemagtigings Avonture!” Deur die loop van die jaar het ons gereelde avonture waar ons tieners bemagtig om te verstaan dat uitreik ‘n manier van lewe is en nie net ‘n aksie nie. Een van die hoogtepunte in 2013 was die UBA-kamp! Hierdie jaar doen ons dit weer en verwag nog wonderlike getuienisse! Ons wil soveel as moontlik tieners hierdie jaar by die kamp hê. En glo my: As daar nou een kamp is wat geen tiener behoort te mis nie, dan is dit die UBA kamp! Hierdie jaar is die kamptema: Ultimate UBA! En sonder om te veel weg te gee kan ek waarborg dat tieners se lewens gaan verander en nuwe vriendskappe gevorm gaan word. Dit is ‘n avontuurkamp wat beteken: leersame aktiwiteite,

stap in die natuur, BAIE lag, min slaap, lekker sing en diep gesprekke oor wie die Here is! Ons lei ook die tieners op in Kidsgames, wat hulle leer hoe om Bybelse aktiwiteite vir jonger kinders deur middel van spel te fasiliteer. Ons hart is om elke tiener op hierdie kamp so te bemagtig dat hul bewustelik begin lewe as dissipels van Jesus. Indien jy sou belangstel kontak asb die tienerbedieningskantoor (tieners@ksm.co.za) of besoek kerksondermure se webwerf!

www.kerksondermure.org

Hartklop  l September 2014     13


Kinders Droom

Tiesie de Coning

Kinders Droom oor Jesus

Ons lees in Gen 37:5 dat Josef, as sewentienjarige, op ‘n keer gedroom het en dit vir sy broers vertel het. “Daarna was hulle afkeer van hom nog groter.” Volgens Matteus het Pilatus se vrou vir hom ‘n boodskap gestuur terwyl hy op die regsbank gesit het om Jesus te oordeel. Sy wou Pilatus keer om “niks met daardie onskuldige man te doen te hê nie, want sy het die nag ‘n vreeslike droom oor hom gehad”. Dink ook maar aan die sterrekykers uit die ooste wat met ‘n ander pad na hulle land toe teruggekeer het, “omdat God hulle in ‘n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie” (Matt 2:12). Nadat die sterrekykers vertrek het, het “daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef verskyn” en hom beveel om die kindjie en Maria te neem en na Egipte toe te vlug, sodat Jesus Herodes se wrede kindermoord kan ontkom (Matt 2:13). Drome laat ons onwillekeurig ook dink aan die Joël 2:28-profesie: “Wanneer dit alles gebeur, sal Ek my Gees laat kom op al die mense, julle seuns en julle dogters sal as profete optree, julle oumense sal drome droom, julle jong mans sal visioene sien.”

Na byna ‘n dekade se ervaring en belewenisse in kinderbediening kan ons met groot reg sê: kinders droom – kinders droom oor Jesus en van Jesus. Ek kan ‘n Gr. 6-kind se belewenis tydens gebedsopleiding met Gerhard en Susan Botha vir kinders ‘n paar jaar gelede nog helder in herinnering roep. Sy het ‘n groot, goue hek gesien wat oop staan. Daar was ‘n helder lig aan die anderkant van die hek. “Tannie, dis te ‘awesome’ om te verduidelik”, was haar woorde. Ek sou graag hierop wou reageer: kinders se drome en gedagtes oor Jesus is “te ‘awesome’ om te verduidelik”! Ons het tog gepoog om ‘n druppel in die emmer by te dra en het die volgende vraag aan ‘n paar maats in die kinderkerk gevra: Wat droom jy oor Jesus?/Wat het jy al oor Jesus gedroom? Die reaksie hieronder - óf uit die pen van ‘n kleingroepleier vir ons kleiner maats óf met ons

groter kinders se eie handjies geskryf - was as volg:   •  “Dat ek saam met Hom in die hemel is. Dit was baie   mooi” (Lea, Gr. 1).   •  “Ek het van Jesus gedroom waar hy vir ons gesterf het”    (Giselle, Gr. 3).   •  “Jesus vat ons hemel toe” (Zania, Gr. 3).   •  “Dat ek Jesus se stem en wil duidelik kan hoor en weet”    (Arina, Gr. 1).   •  “Dat Hy op die wolke gekom het en my kom haal”    (Rozanne, Gr. 2).   •  “Hoe hy vir ons gesterwe het” (Beatrix, Gr. 3).   •  “Dat hy ons gered het” (Janus, Gr. 2).   •  “Ek het al gedroom dat hy vir my die ewige lewe gegee het”    (Karen, Gr. 3).   •  “Oor die heerlikheid van sy wederkoms” (Andries, Gr. 2).   •  “Dat Hy by stille waters bo in die hemel sit en tevrede is oor    sy skape. Altyd vol vreugde en glimlag. Dit is als spierwit    en daar is net vrede.” (Anoniem). Nog ‘n bevestiging dat kinders oor Jesus droom, is Luzaan Els, een van ons Hippolaan kleingroepleiers in die junior bediening, se reaksie op die vraag of jy al oor Jesus gedroom het: “Ja, ek het al. Die een wat ek veral kan onthou, was toe ek ‘n kind was. Ek het gedroom dat Jesus op die wolke afkom aarde toe en my kom haal en terugvat hemel toe. Ek onthou die beeld nog tot vandag toe.” Ons gebed is dat ons kinders sal bly droom: droom oor die wonder van hulle redding, droom oor die heerlikheid van Jesus se wederkoms, droom oor die voorreg van kindwees en die Herder se stil-tevredenheid oor sy skape.  k

14    Hartklop l  September 2014

www.kerksondermure.org


Gr 7's Verwesenlik 'n Uitreik-Droom Ons Gr. 7’s het onlangs ‘n uitreik-droom verwesenlik toe die Hippolaan Gr. 7’s op Sondag, 10 Augustus, na kinders van Louis Botha Kinderhuis en die Midstream Gr. 7’s op Sondag, 3 Augustus, na die sekuriteitswagte te Midstream, uitgereik het.

•  “Die EE III het vir my meer geleer oor wie Jesus is en     wat Hy doen. Dit het my ook geleer hoe om meer uit     te vind van die Here” (Monique, Laerskool Fleur).   •  “Ek het geleer om ander mense na die Here toe te lei”     (Marco Arnold, Laerskool Hennopspark).   •  “Ek het goed geleer oor Jesus wat ek nog nie geweet Dié uitreik volg op ‘n droom om kinders in evangelisasie     het nie. En het mense ontmoet wat ek nog nie onten dissipelskap te bemagtig. Die Kinder en Tiener EE III     moet het nie” (Eben, Laerskool Bakenkop). programme word jaarliks hiervoor ingespan en kinders word nie net met hulle eie bekering en dissipelskap ge-   •  “Die EE III het vir my beteken dat ek die gratis geskenk konfronteer nie, maar word ook geleer hoe om ander te     van die ewige lewe kan kry as ek net glo” (Marco evangeliseer. Die inhoud en waarde van die EE III-program     Ackermann, Laerskool Hennopspark). word hoog aangeskryf en jaar na jaar word dit aangewend   •  “Om in die Here te glo - maak nie saak hoe sleg tye kan om ons kinders by drie baie belangrike B’s te bring: Be-     wees nie” (Pierre, Laerskool Wierdapark). hoort, Bemagtig, Beweeg. Kinders ervaar die seker wete   •  “Dit het my geleer om mense van God te vertel en dat dat hulle aan God behoort; hulle word bemagtig ten op-     ek sonder twyfel kan weet dat ek hemel toe gaan” sigte van dissipelskap en evangelisasie en word dan be-     (Sacha, Laerskool Hennopspark). weeg om die evangelie met ander te deel.   •  “Dit het my meer geleer oor my geloof en dit het my ‘n     sterker verhouding met God gegee. Ek is baie dankOns het ‘n paar maats by ons Hippolaan bedieningspunt     baar vir EE III” (Magdelie, Laerskool Anton van Wouw). gevra wat die EE III-kursus vir hulle beteken het:   •  “Die EE III beteken vir my baie omdat ek leer hoe om ‘n     verhouding met die Here te bou en om meer te weet   •  “Dit het my oë oopgemaak om nader aan die Here te     van die Here” (Corné, Laerskool Hennopspark).    beweeg! Ek is meer verseker oor my toekoms en   •  “Ek het geleer hoe om my verhouding met die Here te     skyn my lig orals” (Zonja, Laerskool Hennopspark.)     versterk” (Christine, Laerskool Doringkloof ).   •  “Ek het meer van Jesus en God geleer” (Duan, Edu   •  “Dit het my geleer hoe om ‘n verhouding met God te    Exellence).     hê” (Claudia, Laerskool Hennopspark).   •  “Ek het by EE III geleer van die ewige lewe” (Jeanette,   •  “Ek het meer geleer van die Here” (Kiara, Laerskool     Centurion Christian School).    Wierdapark).   •  “Ek het geleer van Jesus! En ek kan nou uitreik na     mense, want ek weet nou hoe” (Eduan, Hennopspark   •  “Ek het geleer oor Jesus en om te glo dat Hy vir ons    aan die kruis gesterf het” (Marius, Laerskool    Laerskool).    Hennopspark).   •  “Dit het baie vir my beteken, want ek het geleer hoe     om my verhouding met God en Christus te verbreed”   •  “Die EE III beteken vir my baie. Ek het oor Jesus, geloof,    ewige lewe, God, mens en oorgawe geleer. En ek     (Janmerie, Laerskool Anton van Wouw).     kan die vraag antwoord: “Gaan jy eendag hemel toe?”   •  “Ek het geleer dat ek moet ‘chill’ en die Here moet     JA!“ (Chené, Laerskool Louis Leipoldt).     oorneem.” (Erika, Laerskool Bakenkop).   •  “Dit het my als verander. Ek kyk met ‘n nuwe oog na   •  “Ek het geleer dat ‘n mens 100% in God kan glo en     die wêreld” (Lara, Laerskool Hennopspark).     Hom vertrou” (Brittany, Laerskool Swartkop).   •  “Dit het my geleer hoe om vir mense van die Here se   •  “Om mense te vertel van die Here” (Marnus, Hennops    woord te vertel. Dit het vir my baie beteken, omdat    park Laerskool).     ek nou selfvertroue het en die Here se woord kan ver   •  “Ek het nie geweet daar was ‘n raamwerk van ons     sprei” (Lin, Laerskool Wierdapark).     geloof nie, naamlik: ewige lewe, die mens, God, Je  •  “Liefde en vergifnis. En ek het nuwe mense ontmoet”    sus Christus, geloof en oorgawe” (Savannah, Laer   (Darius Maritz).     skool Louis Leipoldt).

www.kerksondermure.org

Hartklop  l September 2014     15


Dienswerkers

DIENSWERK - DROOM

Droom jy daarvan om ‘n dienswerker in en vanuit kerksondermure te wees? Baie dienswerkers meld aan met die woorde: “Ek droom al jare hiervan” of “Ek is lank reeds geroep om hier te Tiesie de Coning wees.” Dalk is 2015 dié jaar om jou dienswerker-drome te verwesenlik! Gaan bid, dink, beplan en droom hieroor… In kerksondermure werk dienswerkers in ‘n groot verskeidenheid bedieninge soos onder meer gasvryheid, geldtelspanne, gebedsbediening, kinder- en tienerbediening, selgroepe en persoonlike versorging. Vanuit kerksondermure woeker dienswerkers in Voetsporeprojekte by kinderhuise, op die sendingveld of by die werksplek. Die werksplek is een van die areas met die grootste nood aan koninkryksbouers! Ongeag of dienswerk in of vanuit kerksondermure gebeur, die droom van enige dienswerker sal altyd wees om as deel van die dienende geloofsfamilie wat aan God be-hoort, bemagtig te word om te beweeg en God se konin-kryk met blydskap te laat kom. Hierdie droom begin in jou binnekamer – daar waar God jou roep om diensbaar te wees. Dit sprei uit na jou eerste plek van diens: jou gesin. Dienswerk kan dan in jou gemeente – aldus binne die grense

van jou geloofsfamilie – of vanuit kerksondermure – in die gemeenskap – gebeur.

Die dienswerkersbediening wil jou uitdaag: droom oor dienswerk in 2015! Droom en bid of jou dienswerk in en/of vanuit kerksondermure moet wees. Dink biddend na oor moontlike areas van bediening waar jy volgens jou gawes, passie, styl en persoonlikheid maksimaal diensbaar sal wees. Luister met fyn onderskeiding na die roepstem van Jesus en die werk van die Gees in jou binneste. Meld dan aan vir dienswerk in en/of vanuit kerksondermure vir 2015! Mag die Here jou diensbaarheid in 2015 met die keur van Sy seëninge seën! Vir meer inligting rondom dienswerk in en vanuit kerksondermure, besoek ons webtuiste.  k

16    Hartklop l  September 2014

www.kerksondermure.org


My Voetspore

se DROOM  vir projekte

Colin Smith

Dis lentetyd, tyd vir nuwe lewe, bloeisels en sonskyn. 'n Tyd van verkwikking en hoop. 'n Tyd vir kaalvoetloop en saamwees. By Voetspore is ons leuse: "Jou Omgee in Aksie." Ons droom is dat ons omgee altyd in aksie sal oorgaan. Daarom het ons by 'n KLIM beginsel uitgekom:

Koninkryksimpak

Ons projekte is gefokus op die uitdra van die evangelie. Ons is uitgesproke en onbeskaamd burgers van die Koninkryk en ons droom dat mense Jesus sal leer ken en soos Hy sal leef.

glo dat die bemagtiging en opleiding van nuwe leiers Leierontwikkeling Ons in en deur die projek sal lei tot die volhoubaarheid en die

Inlywing

dinamiese groei van die gemeenskap. Die bemagtiging van leiers is vir ons baie baie belangrik. Deur leiers op te lei gee ons ook geleentheid vir die gemeenskap om eienaarskap te neem van die projek, sowel as die voorsiening van mannekrag vir die volhoubaarheid van die projek.

Ons wil graag sien dat ons projekte nie net iets VIR iemand sal doen nie, maar juis iets SAAM met iemand sal doen. Daarom mik ons na die inkoop en deelname van die omgewings by die projekte waarby ons betrokke is.

Meelewing Ons droom ook in die inkoop en betrokkenheid van ons hele familie van kerksondermure by die projekte waarby ons betrokke is. Daarom wil ons graag meeleef deur stories te vertel, foto’s te deel en getuienisse te gee oor die werk waarmee God besig is, in en deur die projekte.

Mag ons kaalvoet agter Jesus aanstap en KLIM na die hoogtes wat Hy vir ons elkeen        beplan het. www.kerksondermure.org

Mooi loop

Hartklop  l September 2014     17


Back to Jerusalem 2014

Molly Miesner

The 7th annual Conference of the Organisation ‘Back to Jerusalem’ took place from 30 June – 9 July 2014. We had outstanding speakers at the Conference, one being the well known Coptic Orthodox Priest. He is the most wanted man in the Islamic world (there is a bounty of $60 million on his head) and was talking about the situation in the Middle East and the role that Islam is playing. He was banned from his home country and now lives as an exile in America. He is a kind-hearted man, with a soft spirit. He began a television and internet ministry in 2003, and with a lot of boldness he exposes the true face of Islam over a television programme (www.alfadytv.tv) on a weekly basis. He estimates that at least 1,000 Muslims a month pray to receive Christ with his telephone counsellors. Some of them pray to receive Christ live on the air. This surely is only the tip of the iceberg, as it represents only those who are able to get through on the jammed phone lines. The priest does not believe all Muslims are Radicals, but he does believe all Muslims are spiritually lost, and he wants desperately to help them find their way to forgiveness and reconciliation with the God who made them and loves them.

Although the outreach was during Ramadan, we were able to visit homes of poor Muslim families with food packages, and we were accepted very well. Another highlight was a gathering of Messianic Pastors and Palestinian Pastors who have, after an outreach to Syrian refugees in Jordan, decided to take hands to work and pray together. They realised that they have to reach out to each other, for the sake of the Kingdom. It was heartwarming to experience this positive movement between brothers in Christ. In spite of the war which started during our stay there, all of the team members experienced a God-honouring and blessed time in the Holy Land. Some of the feedback from the team members: “This trip deepened my relationship with God” “I have once again experienced God’s heart for the lost” “The Lord touched my heart and revealed His heart for the lost to me” “An awesome experience, an eye-opener”  k

18    Hartklop l  September 2014

www.kerksondermure.org


Jerusalem

Molly Miesner

Jesus called Jerusalem the City of the Great King (Matt 5:35, Ps 48:2). It is the place where He was crucified, buried, resurrected and the place from where He ascended to heaven. It is also the birthplace of the church and the focal point of humanity’s eschatological future. Jerusalem means ‘City of Peace”. These days, ironically, it is a city full of sorrow and turmoil, without any peace where a lot of people do not know the Prince of Peace.

While visiting Jerusalem a few weeks ago, we experienced this city differently than in previous years. The country is at war, we witnessed rockets lighting up the evening sky while the loud sound of sirens could be heard all over the city. What struck me most was the fear and anger that innocent people, Christians as well as non Christians, experienced during this time. As a team we PRAYED A LOT, we encouraged believers and managed to distribute food packages to Muslim fami-

lies… We prayed for comfort and healing and for all people to know the Truth, the Way and the Living Prince of Peace. The harvest is ready, but still the labourers are few. Rom 10:14 “How, then, can they call on the one they have not believed in? And how can they believe in the one of whom they have not heard? And how can they hear without someone preaching to them?” For a time like this, labourers are desperately needed … Israel, as part of the Middle East, needs Jesus... The only solution for peace… Let us never forget to pray for the peace of Jerusalem (Ps 122:6). Ps 137:5-6 “If I forget you, O Jerusalem, may my right hand forget [its skill]. May my tongue cling to the roof of my mouth if I do not remember you, if I do not consider Jerusalem my highest joy.” The Lord will establish Jerusalem and make her the praise of the earth… (Isa 62:7)  k

www.kerksondermure.org

Hartklop  l September 2014     19


DROOM OOR DIE WOORD

As jy daarvan droom om die Woord vir ander te gee, droom jy ongetwyfeld oor die Gideonsbediening. Die Gideons Internasionaal is ‘n interkerklike organisasie bestaande uit Christen professionele- en sakemanne wat lede van Protestantse en Evangeliese kerke is. Hulle is geroep om verlore mense by Jesus uit te bring deur persoonlike getuienisse en die verspreiding van God se Woord in byna 200 lande regoor die wêreld. Hierdie manne en vroue leef en dien in hulle gemeenskappe, ken die plaaslike taal en gewoontes en weet waar die hotelle, skole, gevangenisse, hospitale en ander plekke is waar die Skrif versprei moet word. Dit is dus dikwels moontlik om plaaslike Gideons in lande op te rig waar tradisionele sendelinge nie toegelaat word nie. Deur hierdie kanaal word Bybels in meer as 80 tale versprei. Die Gideons Internasionaal is in 1908 gestig en vandag gee meer as 300 000 lede regoor die wêreld hulle geld en tyd om tot op datum meer as 1,8 biljoen Bybels reg oor die wêreld te plaas. Tussen 1999 en 2012 is 942 miljoen Bybels – meer as die Bybels wat in die vorige 90 jaar geplaas is – versprei. Ongeveer 1.8 biljoen Bybels is wêreldwyd se-

dert 1908 versprei en meer as 700 miljoen in die afgelope dekade. Verlede jaar is meer as 84 miljoen kopieë van God se Woord in die wêreld geplaas – 1.3 miljoen daarvan in Suid-Afrika en 25 000 deur die Gideons in ons area. Wat ʼn droom om te dink dat daar elke sekonde twee Bybels in die wêreld versprei word! Om hierdie droom moontlik te maak, maak nie net die Gideons van die Hennopslaer (een van 138 laers in SuidAfrika) hulle beursies oop nie, maar ook kerksondermure. Ons innige dank aan ieder en elk in kerksondermure vir die maandelikse bydrae waarmee Bybels aangekoop word, sodat manne en vroue ons droom om iemand met ʼn Bybel te seën, met oorgawe te kan uitleef!  k Vir enige navrae, kontak Gerhard de Coning by 082 555 1352.

20    Hartklop l  September 2014

www.kerksondermure.org




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.