Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 2 APRIL 2013
GRATIS
Streek in droogtegreep Tharine Geldenhuys TWEE agtereenvolgende droogtejare met ’n gemiddelde seisoenreënval van sowat 350 mm eis sy tol. Boere in die distrik Kroonstad word gedwing om hul mielie-oeste vir kuilvoer af te sny. “Vanjaar se droogte slaan boere baie hard. Nie net het verlede jaar (2011-’12) se droogte met ’n gemiddelde seisoenreënval van net 350 mm oeste geknou nie, maar vanjaar is al die ondervog opgebruik en teen April vanjaar is net oor 300 mm reën aangeteken,” sê Danie Minnaar, ondervoorsitter van Senwes en boer op die plaas Springboklaagte in die distrik. Minnaar beskik oor 105 jaar se reënvalstatistieke op sy plaas naby die Welkom-pad in die distrik. Hy teken die jaarlikse reënvalsyfers per seisoen van September tot Augustus die volgende jaar aan. “Boere kan nie vanjaar met ’n ondergemiddelde opbrengs van sowat 2,8 ton per hektaar mielies in ons omgewing wins maak nie. Weiding raak kritiek min en die enigste uitweg is om nou kuilvoer van die mielies op die land te sny,” sê hy. Verlede jaar kon boere darem ’n redelike mielie-oes stroop omdat die watertafel met die 2010-’11-seisoen ’n bogemiddelde reënval van 1 010 mm in die omgewing gekry het. Dit het die watertafel se vog aansienlik opgestoot. Met vanjaar se aanplanting is die grondvog met die swak reënval so te sê afwesig. Hy reken vanjaar se mielieopbrengs op sy plaas is die swakste sedert die 1991-’92-droogte. Minnaar maan boere om vir die volgende aanplantings vogbestuur toe te pas. “Moenie op lande plant wat nie voldoende vog het nie,” sê hy. Omdat weiding baie min is en die winter wink, verkoop baie boere hul vee. Dit plaas die veepryse onder geweldige druk. “Kroonstad is nie geïsoleer nie. In die Wes-Vrystaat en Noordwes stuur die mielie-oeste ook op ’n ramp af,” sê Minnaar. Diegene wat wel die vooruitsig van ’n mielieopbrengs het, kan vanweë die droogte en voorspelde mielieskaarste vanjaar maklik R2 180 per ton in sy sak steek. In die omgewing waar Minnaar
VERLEDE week het reënbuie in die distrik uitgesak. Dit is egter te laat vir die herstel van mielies wat deur die ergste droogte in 21 jaar geknou is. Spatsels kosmos langs die paaie kondig die eerste tekens van herfs aan. Foto: Tharine Geldenhuys boer, is die gemiddelde opbrengs sowat 6 ton per hektaar. Vanjaar sal hul kwalik 2,8 ton per hektaar stroop. Met insetkoste van nagenoeg R7 000 per hektaar vir mielies ly die boer ’n verlies. Nog ’n bron van kommer is werkverliese vir veral los arbeiders wat
nou pleks van R80 per dag, R105 per dag betaal moet word. “Dít noop boere om op arbeid te besnoei. Waar die boer talle los arbeiders werk kon gee om mieliekoppe op te tel, kan hy eerder beeste of skape in ’n land jaag en die winsmarge op sy vee verhoog – sonder ’n astrono-
miese loonuitgawe. “Die minimum loon wat met sowat 25% gestyg het, dwing boere om die onproduktiewe werker af te dank. Op aartappeloeste is verlede week se vlagies reën welkom omdat aartappels in die streek tot einde April nog aktief kan groei. Die droogteskade is egter
reeds daar.” Op die ou end het die minimum lone ’n invloed en omdat die boer die prysnemer en nie prysmaker is nie, lei dit tot hoër pryse vir produkte op die rak. ) Weens Kroonnuus se vervroegde druktyd kon die reënvalsyfers van die Paasnaweek nie ingereken word nie.