Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 11 JUNIE 2013
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
FRANK JAFTHA, hoofman van die KhoiSan, Griekwatak, en Sydney Matjie van die KorannaKhoiSan by die groot kennisgewingbord wat by Brentpark opgerig is.
Foto: Tharine Geldenhuys
‘Draadsittery’ betreur
Khoisan-leiers vra mense moet nie van hul herkoms wegskram Tharine Geldenhuys I X LABÁ OIP – Khoisan-herlewing. Omkhá kháts – Saam sal ons oorwin. “Ons vra erkenning as die eerste inheemse nasie van dié land. Baie Griekwa-Khoisan skram weg van hul herkoms. “Aan jou naelstring sal jy herken word en dít sal bepaal waar jy vandaan kom. Die Khoisan mag nie draadsitters wees nie,” sê Frank Jaftha, hoofman van die Griekwa-Khoisan op Kroonstad. Die Korannaberg-Khoisan én die Griekwa-
Khoisan van dié streek het onlangs terugvoering van die nasionale dialoog vir die Khoisan in Kimberley aan lede van die twee Khoisangroepe in Brentpark gegee. Die doel van die vergadering was om die mense van die gemeenskap van die heropening van die 1913-grondonteieningswet bewus te maak, sê Robert Ortman, voorsitter van die Koranna-tak. “Ons kinders is in die ou tyd weggevoer. Ons (die bruin bevolking) kinders ken nie hul geskiedenis nie. Hulle het van die ossewa geleer voor demokrasie, nou van Nelson Mandela,
maar niks van die eerste nasie wat hier voorgekom het nie,” sê Jaftha. Hy spreek sy teleurstelling uit omdat die regering so maklik vir China omhels om hier te belê, maar in dieselfde asem nie noodwendig die inheemse Khoisan erken nie. “Ons moet dit ’n geloofsaak maak om ons mense se bestaan te erken. Ons land se probleme kom by die aarde-pa’s (leiers) wat nie leiding gee nie. “Dit is nie die Khoisan se kultuur om gewelddadig dromme om te stamp en uitlanders se ondernemings te plunder en te beroof nie.
Ons is ’n vreedsame volk,” sê Jaftha. Hy meen die Khoisan-mense kan saamstaan en hul draadsittery los. Grondhervorming word nou op die voorkeurlys vir die Khoisan geplaas. “As jy weet jy het ’n Griekwa- of Korannaberg-voorvader of -moeder is dit ter wille van jou kinders jou plig om by die plaaslike takke van die Khoisan betrokke te raak,” sê Jaftha. Mense wat in die Khoisan van onderskeidelik die Griekwa en Koranna se bedrywighede op Kroonstad belang stel, kan Jaftha by 071963-0586 of Ortman by 076-152-4948 bel.