Kroonnuus 14-05-13

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 14 MEI 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Red ons diere

Tharine Geldenhuys

DIE voortbestaan van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Kroonstad is in die weegskaal. Met net sowat R5 000 in die bank en uitstaande rekenings wat nog betaal moet word, staan die DBV op Kroonstad vandag bakhand om hulp by die gemeenskap wat hy dien. Die DBV ontvang geen regeringsubsidie nie. Die enigste inkomste wat van die Moqhaka-munisipaliteit ontvang word, dek geensins die koste wat die DBV moet aangaan om soms ingevolge die bywette van Moqhaka rondloperdiere te huisves nie. ’n Wekroep van die DBVkomitee om op inwoners se steun staat te maak kan die DBV se voortbestaan red. Skenkings is altyd welkom. ’n Uitnodiging word aan inwoners gerig om lid van die DBV te word. Alle insette om die DBV van ondergang te red kan dan op ’n wetlike wyse bespreek en deurgevoer word. Die DBV praat namens viervoetige vriende in nood. Mishandeling van diere en wreedheid word hoog op die voorkeurlys van die komitee geplaas. Doep du Plessis, DBV-inspekteur, is altyd gereed om diere in nood te red en in die goed ingerigte hokke op die Kraalkophoewes by Kroonstad te versorg. Gister was altesaam 13 honde en vier klein katjies vir aanneming beskikbaar. As die DBV nie genoeg skenkings kry van kos en veral geld om die bedryfskoste te kan betaal nie, sal die deure vir viervoetige vriende met slot en grendel toe wees. As jy wil help, kan jy die DBV besoek en dan vergewis jy jou sommer self van die nood.

Inwoners om hulp gevra om DBV-sluiting te keer As die DBV nie ge­ noeg skenkings kry van kos en veral geld om die bedryfskostes te kan betaal nie, sal die deure vir viervoe­ tige vriende met slot en grendel toe wees.

DOEP DU PLESSIS, DBV­inspekteur, hou hier ’n opregte pekinees en een van vier worshonde wat vir aanneming beskikbaar is, vas.

Foto: Tharine Geldenhuys


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.