Kroonnuus 16-04-13.pdf

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 16 APRIL 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

Dollie, Dirk tref DOLLIE EN DIRK se eerste boekie, Vat 5 met Dollie en Dirk, deur die kinderboekskrywer Annelize Bester is Vrydag in Bloemfontein in Exclusive Books in die Mimosa Mall bekend gestel. Sowat 30 laerskoolleerlinge van oor die stad heen het die bekendstelling bygewoon

en Bester het al die pad van Kroonstad gekom om die stories aan dié jong gehoor voor te lees. Die stories het oorspronklik in Kroonnuus verskyn. Op een van die foto’s is Jurgens van Aswegen, grafiese kunstenaar van Volksblad, wat die boekie geïllustreer

het, ook by. Die kinders het die voorlesing baie geniet en die vrae wat Bester aan hulle gestel het, entoesiasties beantwoord. Die kolwyntjies wat aan die kinders uitgedeel is, is met afbeeldings van Dollie en Dirk se gesigte versier.

Die kinders het ook elkeen ’n koeldrank en ’n ballon gekry. Die boekie bevat vyf verhaaltjies en is teen R40 in Kroonnuus se kantoor by Buitenkantstraat 37 beskikbaar. Vir bestellings van tien boeke of meer bel Bianca Prins by 051-404-7600.

GRATIS

FOTO’S bo is van links: HOERA! vir Dollie en Dirk. Van die sketse wat vir Dollie en Dirk geteken is. Jurgens van Aswegen, grafiese kunstenaar van Volksblad, het die illu­ strasies vir die boek geteken. Hier geniet hy saam met Annelize Bester die bekendstelling van die boek. Bester lees van die verhale in die Vat 5 met Dollie en Dirk aan laerskoolkinders van Bloemfontein voor. Foto’s: Conrad Bornman

“MAATJIES, Dollie en Dirk . . . ”

Kroonnuus


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.