Kroonnuus 18 junie 2013

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 18 JUNIE 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Vuisgeveg nié oor spel Tharine Geldenhuys DIE appels wat geswaai is op en van die rugbyveld tussen ondersteuners van Kroonstad se rugbyklub en dié van Hennenman, en onder die spelers, is nie te wyte aan die eerste spanne se spel op Vrydagaand 7 Junie nie. Só sê Hennie Swanepoel, ’n Hennenmanner wat ’n aanrandingsklag teen ’n bekende sakeman van Kroonstad by die polisie ingedien het. “Ek en my vrou het regs van die klein paviljoen langs die Rooies se rugbyveld ons seun, Frederick, ondersteun. Hy speel vir Hennenman se tweede span. “Reeds met die afskop het die man baie lelik gevloek en dit was duidelik hy het al hoe later, al hoe kwater geword. “En die voggies het al hoe harder gepraat,” vertel Swanepoel wat op hoë vlak sport beoefen en onder meer voorsitter van Noord-Vrystaat Pluimbal is. Die man se identiteit is aan Kroonnuus bekend, maar word nie bekend gemaak nie, omdat hy nog nie in die hof verskyn het nie. “Die man het nie gehoor gegee aan my skaflike versoek om sy gedrag te verbeter en nie sulke aaklige taal voor my vrou te gebruik nie,” vertel Swanepoel. Die spel tussen die eerste spanne van Kroonstad en Hennenman is nie van die beste sportmanskap wat tussen klubrugbyspelers hoort nie, meen Swanepoel. Die vuisgevegte wat sowat vyf minute voor die eindfluitjie langs die veld ontstaan het, het sy oorsprong by die Kroonstadter met die vuil taal gekry en nié op die rugbyveld nie. Ongeag versoeke om hom te gedra het die man hom uitgedaag, sê Swanepoel. Sy vriende het hom gemaan om dit net uit te los. “Kom! Kom! Kom!” het die man glo uitdagend vir Swanepoel gesê. Hy het Swanepoel toe glo van agter met die vuis bygekom. Swanepoel het steeds die bebloede sakdoek wat as bewys by die polisie ingedien is. Johan Klopper, voorsitter van die Kroonstadrugbyklub, betreur die gedrag van die toeskouers wat hulle nie langs die veld gedra nie. “Ons (rugbyklubbestuur) meen die gebruik van alkohol langs die rugbyveld is ongehoord. Dit is dié goed wat tot bakleiery aanleiding gee en doen die sportsoort se goeie naam skade aan,” sê Klopper. Klopper en Swanepoel sê ’n skeidsregter het die mag om die spel te staak en om ’n rooikaart aan ’n toeskouer te gee. “Die betrokke unie kan dan ’n verhoor van die toeskouer hou,” sê Klopper. ) Deel gerus jou mening hieroor by www.kroonnuus.co.za of op Kroonnuuus se Facebook-blad.

Jy kan dalk vandag wen AS jy Suid-Afrika se nuwe sang-ster wil wees wat jou ding op die verhoog kan doen en boonop die X-faktor het, mag jy vanmiddag se Spontaan-oudisie nie misloop nie. ’n Finalis vir Kroonnuus word vandag gekies. Daag om 14:00 by Tafelronde 42 se klubhuis op, betaal R20 vir registrasie en sing spontaan. Rig navrae aan 056-212-3171 of tgeldenhuys@volksblad.com. Pryse ) SpecSavers: Agt Infinity-sonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die algehele waarde is R5 200. ) Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde vir al die finaliste is R40 000. ) PwC gee vir die wenner R1 000 kontant, naaswenner R700 kontant en derdeplekwenner R300 kontant – ’n algehele prysgeld van R2 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner, tweede- en derdeplekwenner van R2 100. ) Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke finalis. ) Music Inc: ’n TT1-mikrofoon vir elke finalis, koordlose mikrofoon met ’n staander vir die wenner en ’n mikrofoonstaander vir die tweedeplekwenner, sowel as ’n sangopleidingboek vir die wenner en die tweede- en derdeplekwenners. Die algehele waarde is R6 600. ) Die Windmill-casino-en-vermaaklikheidsentrum borg twee nagte se verblyf, ontbyt ingesluit, vir die wenner en ’n metgesel. Jy moet op 1 Julie 16 jaar of ouer wees om deel te kan neem. Vir die streekkompetisies moet deelnemers enige liedjie van hul keuse sing. Slegs kunstenaars wat kontemporêre musiek sing, sal in aanmerking geneem word. Jy moet jouself begelei. Slegs soliste mag deelneem. Jy moet self die klankbane (backtracks) en ander toerusting vir die streek-oudisies verskaf. Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. Beoordelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies nie indien ’n gepaste kandidaat nie beskikbaar is nie. Die eindronde is op Saterdag 13 Julie in Bloemfontein.

Lees Kroonnuus nou op jou selfoon. Lees meer hieroor op bl. 3.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.