Kroonnuus 19 Maart 2013

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 19 MAART 2013

GRATIS

Moqhaka a no-show Tharine Geldenhuys

THE toilet saga continues. The Moqhaka Municipality is in the dog box. Not complying to the Human Rights Commission’s (HRC) ruling to hand in a six monthly progress report on the closure of some 1 831 open toilets has led to the HRC demanding the Moqhaka Municipality to appear at a hearing in Bloemfontein on Thursday. Regardless of the notice to appear at the HRC’s provincial office, Jihad Mohapi, the executive mayor, and top management did not turn up in Bloemfontein. “The South African Human Rights Commission is disappointed in and concerned about the Moqhaka Municipality and the mayor for failing to honour a subpoena to appear before the commission on Thursday,” Isaac Mangena, head: communications of HRC, said in a press release. The municipality and its top management were served with a notice to appear at the commission’s provincial office to explain their failure to implement the commission’s recommendations, alternatively to explain what other steps they intend to take to address the challenge of unenclosed toilets for the residents of Rammulotsi in Viljoenskroon. The HRC views the failure of the municipality to appear before it as contemptuous, and to some extent, demonstrating the municipality’s dereliction of duty in serving the residents under its jurisdiction,” Mangena said. “It has now been decided that this matter will be submitted to parliament with the aim of petitioning the speaker of parliament to summon the MEC and the minister of Human Settlements to come to parliament to explain the municipality’s failure to comply with the commission’s recommendations, alternatively, their

failure to build enclosed toilets as promised,” Mangena said. “The commission will also approach the ministers of Human Settlements, Cooperative Governance and Traditional Affairs with the view of resolving this matter. “We will further raise this matter with government officials who will be attending the commission’s water and sanitation hearings today, which is held in commemoration of Human Rights Month. The HRC has been monitoring the implementation of its recommendations by the municipality following our finding in 2011 against the municipality for building unenclosed toilets for the residents of Rammulotsi. The Moqhaka Municipality did not adhere to the HRC’s finding on the open toilets in the poverty- striken township to provide a progress report every six months on the closure of these toilets. “The last progress report was due at the end of January. “The municipality was required to give evidence in respect of the failure to furnish the commission with a progress report; the progressive realisation of the right to water and sanitation; mechanisms put in place to ensure that the project to enclose all toilets remains transparent; and responsive and public participation and ongoing consultation regarding access to basic sanitation. “The action by the commission is guided by Section 18 of the South African Human Rights Commission Act, 1994, which provides that any person who, without just cause, refuses or fails to comply with a notice under section 9(1)(c) of the Act, . . . or refuses or fails to furnish particulars or information required from him or her under that section, shall be guilty of an offence and liable on conviction to fine or to imprisonment for a period not exceeding six months.”

) SEPTEMBER 2010: The residents of Rammulotsi, Viljoenskroon, lodged a complaint with the South African Human Rights Commission (HRC) after the Moqhaka Municipality installed unenclosed toilets in the township. ) The complaint was in light of the HRC investigation and findings on the same situation in Makhaza in the City of Cape Town. ) The human dignity, privacy, environment, housing and water rights within the Constitution are believed to be violated. ) A progress report on the urgent enclosure of the toilets had to be delivered to HRC. ) Reconstruction of the toilets was estimated on some R17 million.

ENCLOSED toilets in the old Marabastad, Maokeng, near De Vries Avenue, are part of the Hlasela Project of Ace Magashule, the Free State premier. However, the stands have not been allocated yet. In contrast, resi­ dents of the poverty­stricken Rammulotsi (Viljoenskroon) have been living with open toilets for several years now. Despite strict rulings to enclose the structures, the South African Human Rights Commission (SAHRC) has no other option but to take up the matter with Parliament. Here a cow tries to drink water from yet another fruitless project in Moqhaka. Photo: Marlene Jordaan


2

KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

Lady will be missed Sing in kerk DIE gospelsanger Oscar Ehrensperger sal op Sondag 24 Maart in die diens om 09:00 in die NG kerk Kroonstad optree. Toegang is gratis, maar ’n vrywillige sag­ te kollekte sal ingesamel word. Sien ook berig.

Tharine Geldenhuys LADY BISHOP MARIA LENGOABALA passed away last week. This stalwart within the Maokeng community who had compassion for her fellow man had been admitted to hospital for two weeks. Lengoabala was the mother of Mantebu Mokgosi, the former executive mayor of Moqhaka. “I only have good memories of my late mother. She was the most humble woman I have ever known. Her guidance and advice in terms of her morals will be remembered by all whom she crossed paths with in her life,” says Mokgosi. Lengoabala (88) leaves behind 7 children, 20 grandchildren, 14 great-grandchildren and 1 great-great grandchild. Born on 22 June 1925 on the farm Jordaan in the district of Kroonstad, and growing up in the old Marabastad, her heart was in the welfare of the congregation. She married Caswell Lengoabala, bishop of the Maboloka Apostolic Church in Maokeng. The couple was involved with the church their whole life. The church celebrated its 90th anniversary last year. A memorial service will be held tomorrow at the church from 14:00. The funeral will be held on Saturday.

MANTEBU MOKGOSI with a wall clock made in remembrance of her late mother, Maria Lengoabala. Photo: Marlene Jordaan

Paaskongres om die draai DIT is weer tyd om reg te maak vir die jaarlikse Paaskongres wat van 28 Maart tot 1 April in die Lechwe Lodge buite Kroonstad aangebied gaan word. Die NG Kerk se Ring van Kroonstad bied dié konferensie die vyfde jaar agtereenvolgens aan. Paasfees word gevier om die kruisiging van Jesus en Sy opstanding te vier. Dit gaan beslis nie oor die kommersiële

Gholfdag

van n Liefdadigheid Liefdadigheid ten bate va

KKING E R T S K GELU 1 VAN 2 WEN MPERS HA R10 elk DRANK JIES @ KAAR T

Besprekings: B esprekings:

K Korrektiewe orrektiewe Dienste Dienste Gholfklub Gholfklub

K Koffie offie Nel Nel (056) (0 5 6 ) 2 215 15 1 1714 714

Korrektiewe Dienste Gholfbaan, Kroonstad

Saterdag, 27 April 2013

GROOT G ROOT PRYSE!!! PRYSE!!!

BAIE B AIE

PS Kompetisie: IIPS Kompetisie: Afslaantye: Afslaantye: 07:30 07:30 - 13:00 13:00 Inskrywings: Inskrywings: R120.00 R120.00 per per speler speler (plus 1 nie-bederfbare nie-bederfbare produk) produk) (plus

Inskrywing sluit sluit in: in: Inskrywing Halfweg-huis ligte-ete ligte-ete kaartjie, kaartjie, Halfweg-huis inskrywingsgeskenkie, Natgat Natgat op op baan baan inskrywingsgeskenkie,

KOM KYK DIE RUGBY OP DIE GROOT SKERM!

Paashasies en Paaseiers wat versteek word nie. Laatslapers kan nog plek bespreek teen bekostigbare tariewe op die wildplaas of daagliks die verrigtinge bywoon, sê ds. Hannes Els, die NG kerk Kroonstad-Suid se leraar en organiseerder. Die verrigtinge word in samewerking met die MultiMinistries en NG kerk Kroonstad aangebied. Alle verrigtinge kan gratis bygewoon word. ’n Vrywillige kollekte sal in die onderskeie dienste ingesamel word. ’n Snoepie sal ook beskikbaar wees. Vanjaar is die gasprediker Cecil Peasley en die gospelsanger Oscar Ehrensperger. Op Donderdag 28 Maart om 18:30 kan almal die Nagmaal in die Lechwe Lodge bywoon. Peasley sal weer die prediker wees. Op Goeie Vrydag moet mense vroeg reeds uit die vere wees om na Peasley se bediening om 09:00 te kom luister. Om 18:30 sal Oscar Ehrensperger ’n lofprysing-enaanbiddingsaand

aanbied. Alan en Carien Ogilvy van die Kroonstad-selgemeente sal op Saterdag 30 Maart oor verhoudings gesels. Die aand is daar ’n spesiale rolprentaand vir gesinne op die program ingewerk. Op Paassondag (31 Maart) sal Peasley om 09:00 ’n preek oor die opstanding lei. Om 18:30 sal Peasley weer aan die beurt wees met die ’n afsluiting van die Paaskongres. Afsonderlike kinderprogramme word ook op die konferensie aangebied. Dit beloof ’n naweek te wees wat elkeen met nuwe krag huis toe sal laat terugkeer – soos Jesus Christus die gekruisigde en opgestane Here van Paasfees dit graag wil hê. Tariewe vir verblyf in die Lechwe Lodge is by Els by 056213-1177 of 082-4383284 beskikbaar. Etes op die wildplaas moet ook vooraf bespreek word. ’n Boekverkoping sal op die konferensie aangebied word.


KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

Afvalwater blykbaar nie giftig nie Tharine Geldenhuys MET ’n R10 miljoen-belegging tot nou én werk vir nagenoeg 150 mense is die grootbaas, Fen Gao, van Arabest, ’n verwerkingsaanleg op Kroonstad waar onder meer toiletpapier van afvalpapier gemaak word, optimisties versigtig om nie die wet te oortree nie. Die wit afvalwater wat soms in die stormwaterpype in die nywerheidsgebied op Kroonstad beland weens rioolpype wat verstop raak, is nie giftig nie. Só sê Schalk Boshoff, ’n ingenieur wat namens Gao oor die verwerkingsaanleg op die dorp konsulteer. In opdrag van Arabest is ’n omvattende studie en aanbeveling deur prof. Francois Retief van Global Green ter tafel gelê. “Die aanbeveling van Retief vir die verwerking van afvalpapier tot toiletpapier behels slegs dat Gao aansoek moet doen om ’n lisensie om afvalmateriaal te verwerk,” sê Boshoff. Die bedryf van die toiletpapierfabriek val binne die riglyne van die Omgewingswet en voldoen aan die vereistes met betrekking tot die afvalwater, lugbesoedeling en gehaltebestuur, meld Retief in sy aanbeveling. Boshoff is besorg oor ander ondernemings in die nywerheidsgebied wat nie veel erg het aan dít wat hulle in die rioolpype stort nie. Vingers word maklik na Arabest gewys, maar dit is nie die afvalwater van die fabriek wat die rioolpype verstop nie. “Inteendeel, ek het self die wit afvalwater geneem, getoets en seker ge-

maak dié water sak nie af om verstoppings te veroorsaak nie. Dit doen nie.” ’n Duur sentrifugale masjien is van China af ingevoer om die afvalwater in die nuwe besinkingsdamme verder te verwerk. “Al die vaste materiaal wat dan wel opgevang word, word by die vaste afvalterrein (stortingsterrein) gestort,” sê Boshoff. Hy sê dit is wel waar dat veral ou olie, waarskynlik van werkwinkels af, en groot hoeveelhede vaste afval soos onderdele in die afvoerpype gekry is. Om die fabriek die skuld vir lugbesoedeling te gee is nie gegrond nie, omdat Retief se verslag bevind dit is nie nodig om vir ’n atmosferiese afskeidingslisensie aansoek te doen nie. Voorts is dit nie nodig om ’n omgewingsimpakstudie te doen nie, omdat die fisieke toetse bewys die afvalprodukte val binne die riglyne van die wet. Boshoff sê Arabest is in die proses om bykomend nog twee besinkingsdamme op die perseel te bou om juis die afvalwater in die bleikproses van die afvalpapier te kan hergebruik. Gao se maandelikse munisipale diensterekening is nagenoeg R250 000. Hy wil die waterverbruik aansienlik verminder deur die afvalwater te hergebruik. Retief sê alle toetse wat op die afvalwater gedoen is, is binne die wetlike vereistes. Die departement van omgewingsake is van die Global Green-verslag voorsien.

3

Pompe belangrik Tharine Geldenhuys

DROOMBOS se nuwe prinsessie.

Droombos se feë nou op planke in Pretoria Tharine Geldenhuys DIEP, diep in die hart van Droombos, daar waar net bosdiertjies, feetjies en kabouters woon en waar kindertjies net in hul drome kan kom, daar het eendag ’n baie skaars lelie begin blom . . . Droombos het ’n nuwe prinsessie gekry. ’n Reënboogfeëtjie. Vir haar Droombos-reeks het die Kroonstadse kinderboekskrywer Annelize Bester al twee ATKV-veer-

tjies ontvang. Vir baie jare het sy met haar pennevrug die fantasiewêreld van kinders met haar Droombos-reeks ontsluit. Droombos se feetjies word nou onder leiding van Alexa Strachen en Matthys Maree op 28 Maart en 2 April in die Atterbury-teater in Pretoria op die planke gebring. Kaartjies vir die vertonings beloop R80 en is by Computicket beskikbaar.

WATER en die verwerking van rou rioolwater op die regte manier is die lewe van die dorp. Al die rioolwater van die suidelike woonbuurte op Kroonstad loop glo onverstoord in die Valsrivier in. Dít omdat die C-pompstasie naby die perdekamp op die dorp al etlike jare buite werking is. Die rioolpyplyn van Panorama, Wilgenhof en Suidrand loop al langs Van der Lingenstraat verby die terrein bekend as Fanie se Gat na die C-pompstasie. Van daar moet die rou riool na die rioolplaas in die rioolpypleiding wat op sementblokke oor die rivier is, gepomp word. Die rioolpypleiding van die noordelike woonbuurte loop van die korrektiewe dienste se opleidingskollege, onder die N1-hoofweg deur tot by Tuinhof neffens die Reitzstraat-afrit. By dieselfde afrit is die rioolpompstasie wat Jordania moet bedien. Die rou riool van die noordelike gebiede en woonbuurte oos van die N1-hoofweg word in die hoofrioolpypleiding al langs die spoorlyn na die rioolplaas gepomp. Dit het al telkens gebeur dat rou riool regstreeks agter die spruit by die ou Blouskool se sportterrein agter die Lentehof-koshuis by die einste onttrekkingspunt by die watersuiweringsaanleg in Hillstraat beland. Die onderhoud van die rioolpompe by Tuinhof én Jordania is noodsaaklik. By die rioolplaas, wat in die nywerheidsgebied naby die paaie-departement se perseel geleë is, word biologiese filters gebruik om rou riool te verwerk om gesuiwerde rioolwater in die Valsrivier te stort. Die vervalle riooluitvalaanlegte wek kommer. In die meeste gevalle loop rou rioolwater deur gravitasiekrag in die rioolpypleiding. Die onderhoud van pompe om rioolwater te hanteer wat nie met gravitasiekrag die uitvalaanlegte kan bereik nie is noodsaaklik.


4

KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

Kroonnuus HOOFARTIKEL

Posbus 309, Kroonstad, 9459

Beter diens met betrokkenheid EEUE gelede is chemiese misstof nie gemaak nie. Skepe het by eilande ghwano gaan oplaai en dié voëlmis is gebruik vir bemesting om beter oeste vir die groeiende bevolking te lewer. Iemand het eendag vertel ’n slim skeepsvaarder het besef die ghwano wat onderin die skeepsruim lê, lê diep in vog wat maar op die skepe inkom. Dit het natuurlik die droë voëlmis natgemaak en baie laat stink. Die skeepsvaarders het besluit om nie ghwano in die skeepsruim te laai nie en die pakkers aangesê om die afkorting S.H.*.T op die sakke te verf. Dit het vir Ship High in Transit gestaan. By die hawens het die stinkende skepe gedok en dan het mense glo gevra waarvandaan die stank kom. Natuurlik het die sakke met die SH*T opgeverf die skuld gekry. Die storie vertel lekker. Realiteit: Moqhaka is baie diep in die qhaka, of sal ’n mens in Engels sê: They do not give a sh*t? In die woordeboek word die kras woord vir stront (sh*t) met ’n uitroepteken in Engels beskryf. Met ’n onlangse besoek aan die Vaaldriehoek het die redakteur iewers tussen die kleinhoewes by die Barrage verdwaal. Die kontras tussen die superrykmense wat in paleise langs die Vaalrivier woon en die arm mense

wat spook op oorlewing op armlastige hoewes is merkbaar. Jy stop en vra rigting. By ’n onderneming wat putstelsels uitsuig, is die logo van ’n besigheid lagwekkend, dog so raak: We take away your shit. Jihad Mohapi, uitvoerende burgemeester, en Mncedisi Mqwathi, munisipale bestuurder, het die geleentheid gekry om hulle uit die moeilikheid by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie te kry. Maar hulle het besluit om hulself nie vir die ooptoilet-skandaal van Rammulotsi (Viljoenskroon) te verdedig nie. Gewone mense het die Grondwet aan hul kant om op dienslewering aan te dring. Dit is presies wat inwoners van Rammulotsi net voor die munisipale verkiesing gedoen het deur ingevolge die Grondwet die onmenslikheid van die oop toilette aan die groot klok te hang. Die Menseregtekommissie maak lawaai in Moqhaka en mag nie geminag word nie. Deur nie vir noodsaaklike besluitnemingsvergaderings in belang van die einste munisipale bestel op te daag nie, is ’n klap in die gesig van die Grondwet wat hier nie nagekom word nie. Dalk moet die Moqhaka-bestuur by die maatskappy aanklop om hom uit die stormagtige water weg te vat.

Bloed is nou nodig DIE Paasfees word daar nie net na Paaseiers gesoek nie, maar ook na toegewyde bloedskenkers. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se Kroonstadtak het dringend bloed nodig. Bloedvoorraad is gewoonlik laag in die Paastyd weens baie openbare vakansiedae en langnaweke. Gereelde klinieke by skole, tersiêre instansies en sakeondernemings kan nie plaasvind nie en dit het ’n ernstige impak op pasiënte wat bloed benodig. Die behoefte aan bloed neem onge-

lukkig nie af nie en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag dat die doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput. Om ’n bloedskenker te word moet jy: ) Tussen 16 en 65 jaar oud wees. ) Meer as 50 kg weeg. ) Iets voor jou skenking eet. ) ’n Veilige seksuele leefstyl lei. ) Gesond wees op die dag van skenking. Wees ’n held. Dit is in jou bloed.

Basaarpoeding in ’n japtrap BASAARPOEDING bly ’n wenner. Die resep is maklik en altyd ’n sukses. Marmerroom Bestanddele: 1 pakkie jelliepoeier 3 eiers, geskei en eierwitte styf geklits 500 ml melk 45 ml suiker 250 ml kookwater Metode: Klits eiergele en suiker goed. Verhit melk en voeg stadig by. Los die jelliepoeier in kookwater op en voeg by. Verhit die mengsel en kook ongeveer drie minute. Verwyder van die hitte en vou die styfgeklopte eierwitte in. Gooi in ’n vorm en laat dit in

yskas stol. Romo ya maremere (mmala e mmedi e tswakilweng 1 pakana ya jeli 3 mahe a arohantsweng 500 ml lebese 45 ml tswekere 250 ml metsi a belang. Mokgwa: Fehla methwebe ya mane le tswekere. Futhumatsa lebese ebe l le tshela butle. Tshela jelli metsing a tjhesang. E tshele le yona. Futhumatsa motswako ona ebe p pheha 3 minutes. Tlosa motjhesong ebe o tshela motswako e fehlilweng ka thato wa mahe o mosweu. Tshela foromong ebe o bea sehatsetsing.

GERA PHIELIX, oud­Kroonstadter wat met haar eenvrouvertoning, Trek, gehore bekoor.

Gera betower ADA SERFONTEIN, Kroonstad: DIE boorling van Kroonstad, Gera Phielix, se formidabele eenvrouvertoning Trek, wat op 9 Maart in die NG kerk Kroonstad-Noord se kerksaal aangebied is, het my betower. Met die slim gebruik van minimale, maar multifunksionele dekor, het Gera met slegs die opsit van ’n ronde brilletjie, die afgooi van ’n kappie en die omhang van ’n tjalie vier verskillende vroue wat die Groot Trek meegemaak het, geword. Hoe sy die oorspronklike songs hoendervelmooi gesing het, was ’n integrale deel van die hele belewenis en het my ingetrek in die vroue se diepste gevoelens. Nou, 175 jaar later, was die geskiedenis vir my die eerste keer werklik. Dankie, Gera, mag die hele land hierdie ervaring beleef.

Diens beïndruk GOEIE DIENS, Kroonstad: SATERDAG om 04:35 het my huis se alarm geloei. Die Corcomm-sekuriteitsmaatskappy het vinnig op die alarm gereageer. Die sekuriteitswag het opgedaag en vir my gesê alles is nie reg nie. ’n Venster was oop en die diefwering was verwyder. Hy het vir ondersteuning gevra wat vinnig geskied het. Toe ek die polisie wou bel, het hy dit reeds gereël. Die polisie het ook nie ’n ewigheid geneem om te kom soos ons altyd verneem nie. Die sekuriteitswag het by ons twee ou mense gebly totdat die polisie opgedaag het. Die verklaring is afgeneem en ons is baie hoflik behandel. Die een wat die vingerafdrukke kom neem het, het die splinternuwe speelkaart (die koningin van diamante) verwyder wat gebruik is om die vensterknip mee oop te maak en gesê hy behoort vingerafdrukke daarop te kry. Die polisie het ’n paar maal gebel om opvolgwerk te doen. Corcomm het ook weer opgevolg en ’n foto kom neem. Genadiglik is niks gesteel nie en niemand is, met die hulp van Bo, beseer nie. Die flinke optrede van die mense van die polisie en Corcomm word geprys. Ek is baie tevrede met die diens wat dié mense gelewer het. Baie dankie.

Verval bedroef RONNY NOORMAN, Kroonnuus se Facebook-blad: Ek kan Kroonnuus nie in die hande kry daar waar ek nou in Gauteng woon nie. Ek het die naweek van 8 Maart op Kroonstad gekuier en kon my oë nie glo wat ek moes aanskou nie. Die drinkwater was vuil en het gestink, die strate is onbegaanbaar, vol gate en plek-plek is gedeeltes van die teerstrate weg- en uitgetrap. Mense, ek is ’n oud-inwoner van die dorp en is bekommerd, want dit lyk my die dorp is so erg aan die verval dat daar oor ’n baie kort rukkie niks meer oor sal wees nie. Dit tog so jammer dat so ’n mooi dorp so verval het.

Mooi van ver ANNELISE DE WITT, Kroonstad: Dit is inderdaad ’n pragtige foto van Kroonstad op die voorblad (Kroonnuus, 12 Maart) en my gelukwense gaan aan die fotograaf, Jan Jordaan. Die foto herinner my aan ’n eens pragdorp waarop ons só trots was. Dit is egter jammer dat ’n mens sulke foto’s verkies bo ’n nabyfoto van ons dorp, want van naby is die dorp ’n skande vir die samelewing, en daarmee gee ek nie net die onbevoegde Moqhaka-munisipaliteit die skuld nie, maar ook elke inwoner wat so maklik net sy vullis neergooi in die dorp se strate en in die woonbuurte. Ons woonbuurte raak al net so ’n rommelwerf soos die middedorp.

Net suur druiwe DS. W.H. SMITH, Kroonstad: AANGESIEN ek nou so prominent in die koerante is, vergun my om ’n paar woorde ter verdediging te sê soos die apostel Paulus gevra het. Lewende Hoop-bedieninge is ’n bediening aan die wit Afrikaner. Ons doel is om ons volk geestelik op te hef

Foto: Verskaf

en die mense ook in hul armoede en in die wit plakkerskampe by te staan. God gebruik tog nie sy bedienaars almal op dieselfde manier en vir dieselfde taak nie. Ons mooi land is sedert 1994 in ’n afwaartse spiraal. Dit sal nooit weer herstel nie, maar anderkant Robert Mugabe se Zimbabwe eindig. Die wat dink dit sal verander, het vals hoop. Die Boereprofeet Siener van Rensburg het gesê ons gaan nog onder die swart regering tot op die rand van vernietiging kom en weer donkie- en perdekarre ry. As ek so na die paaie en die korrupsie kyk, is dit nie ver nie. My boek is nooit bedoel om haatspraak te wees nie, maar die produk van jare se navorsing. Dit bevat feite wat bewysbaar is oor onder meer God se plan vir rasse en nasies. Elkeen se doel en plek en hul verskille. Mense sal nie verstaan wat in die land aan die gang is tensy hulle vertroud is met die feite in my boek nie. As ek haatspraak gebruik, is die Bybel ’n boek van haatspraak en dan moet dit ook verban word, want ek haal die Bybel aan. As die swart mense dit verstaan, sal hulle die wittes se hulp inroep. Die huidige korrupte en onbekwame regering stuur die land op ’n ramp en in die afgrond af. Die deursnee- wit Afrikaner is moeg, moedeloos en sonder hoop. Hulle word so gebreinspoel deur die liberale predikante se liefdeprekery en oproep tot vals naasteliefde dat hulle nie meer die ruggraat het om op te staan nie. Wat die “eerbare sakeman” van Kroonstad betref, is dit suur druiwe. Alias Sakkie van Niekerk was ’n lidmaat in my gemeente wat ons konstitusie onderskryf het en gehelp het om my boeke te versprei, onder meer Die Raadsplan. Miskien moet hy die werklike redes verskaf waarom hy en sy dogter, wat by my gewerk het, weg is en my nou so vervolg. Dit is nie oor my boek nie. Ek sien selfs nadat ek hom die hand gegee en gesê het ek vergewe hom vir alles wat hy my en ons bediening aangedoen het, sê hy steeds hy is nie klaar met my nie. Wat die Bybel betref: Ek het dit nie verdraai nie. Ons gebruik net die 1933-’53-vertaling. Ek het net die name van God gaan terugsit wat uitvertaal is. Vra enige teoloog wat sy regte Name is, as hy Hebreeus ken, sal hy weet wat dit is. Ek het ’n boek daaroor geskryf. Ek bedoel nie vyandskap nie, maar die waarheid sal ons vrymaak.


KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

5


6

KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

FOKUS OP REITZSTRAAT REITZSTRAAT op Kroonstad is die vernaamste toegangsroete na die sakekern en nywerheidshartklop van die dorp. Foto: Tharine Geldenhuys

Straat ’n hoofaar Tharine Geldenhuys NEEM die N1-hoofweg. Kyk uit vir die Reitzstraat-afrit. Neem dié afrit. Dan bereik jy die hartklop van Kroonstad se sakekern en toegang tot die nywerheidsgebied van die dorp. Tot onlangs was daar aan weerskante van die dubbelweg hoofsaaklik woonhuise. Namate die sakekern ’n gebrek aan parkeerplek er-

vaar het, het vername ondernemings op die dorp hul takkantore in Reitzstraat begin vestig. Dié straat is na president F.W. Reitz van die Vrystaatse republiek genoem. ’n Mengelmoes van ondernemings in die straat staan tot diens van die kliënt. Reitzstraat blyk die langste straat in die sakekern van die dorp te wees. Ondernemings het hul kantore en winkels verskuif na woonhuise aan weerskante van Reitzstraat wat besigheidsregte het. Volop parkeerplek is hier beskikbaar en die eienaars en bestuurders van ondernemings bied die beste aan klante. Benewens die gevestigde ondernemings in die bandebedryf, sonkragenergie, restaurante, kantoortoerusting, eiendomsagente, graanverhandelaars en kettingwinkels, is feitlik alle ander ondernemings se poorte eerstens deur Reitzstraat. Van die spreekwoordelike koppiespeld tot groot masjinerie kan hier gevind word. In die diensbedryf is bourekenaars, rekenmeesters en talle adviseurs hier gevestig. Doen jouself ’n guns, besoek en ondersteun jou dorp se ondernemings in Reitzstraat.

Kry alles Tharine Geldenhuys

DIE vernaamste toegangsroete tot Kroonstad se sakekern en hartklop van die dorp is Reitzstraat. Dié straat is ook die langste straat in die sakekern van Kroonstad. Hier kan jy van ’n koppiespeld, landbou-, kantoor-, motorware en selfs ’n nuwe huis, paleis, pondok of varkhok en ’n keur van restaurante en/of wegneemeteplekke vind. Reitzstraat is ook die enigste straat na die sakekern wat ’n mens tot in die hartjie van die nywerheidsgebied lei. Waar die straat voorheen talle woonhuise gehad het, staan dié geskiedkundige huise nou pa vir sakeondernemings wat hierheen uitgebrei het.

Naam behou IN 2009 sou Reitzstraat moontlik hernoem geword het. Dít was die plan van die ANC-beheerde raad van die Moqhaka-munisipaliteit. As die stadsraad die hernoeming deurgevoer sou kry, sou die hoofstraat, Cross-straat, Z.R. Mahabanestraat geheet het. Eerw. Zaccheus Mahabane was ’n ANC-president van 1924 tot 1927 en weer van 1937 tot 1940. Hy is in 1970 op Kroonstad oorlede. Reitzstraat sou na die eertydse Vrystaatse premier en die voormalige minister van kommunikasie, dr. Ivy Matsepe-Casaburri, hernoem word. Matsepe-Casaburri is in April 2009 op Kroonstad begrawe. Die departement van sport, kuns en kultuur en ontspanning het vroeër in 2009 gesê 1 536 geografiese plekname oor die provinsie heen moet verander word, omdat die name verkeerd gespel of gedupliseer is, aanstoot gee of nie amptelik erken word nie.


KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

FOKUS OP REITZSTRAAT

Klipkerk werklik iets besonders Tharine Geldenhuys HET ’n skerpskutter ná die Tweede Wêreldoorlog vanuit ’n bewegende trein die weerhaan op die kloktoring van NG kerk Kroonstad-Noord in Reitzstraat ’n kolskoot gegee of is dit net ’n storie? Dalk is kwajongens vir die gat in die weerhaan verantwoordelik. Die sandsteengebou wat as die Klipkerk bekend staan, is in 1935 ná die Groot Depressie voltooi. Die puik houtwerk en loodglas-

DIE NG kerk Kroonstad­Noord se klokkespel is baie besonders. Foto’s: Tharine Geldenhuys

DIE Moslem­moskee in Reitzstraat is ook een van die straat se godsdienstige ankers.

werk getuig van fyn smaak. Nie net beskik die kerk oor ’n besonderse orrel en puik akoestiek nie, maar die klokkespel is iets wat al om die kwartier hoendervel gee. Die gebou is deur die bekende argitek Gerhard Moerdijk ontwerp. Dié kerk is die eerste kerk waarmee besoekers van die N1-hoofweg af die Reitzstraat-afrit neem. Dit loon om ’n paar minute stil te staan om die grootse sandklipwerk en die klokkespel te hoor.

7


8

KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013


KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

9


10

KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

Optrede ‘moedswillig’ Marlene Jordaan

BRANDSTRAAT op Kroonstad.

Foto: Marlene Jordaan

DIE Moqhaka-munisipaliteit op dié dorp se herhaaldelike versuim om inligting aan sakelui te verskaf oor ’n bouprojek aan ’n straat is in die hooggeregshof deur regter B.C. Mocumie as moedswillig en minagtend beskryf. Moqhaka moet die hofkoste van 11 ondernemings betaal wat in ’n lang stryd met hom gewikkel was om inligting oor herstelwerk aan Brandstraat op die dorp te kry. Die ondernemings het miljoene rande aan besigheid verloor terwyl aan die straat gewerk is omdat hulle, weens ’n gebrek aan inligting oor die projek, nie vooruit kon beplan nie. ’n Aansoek is toe by die hooggeregshof ingedien om inligting oor die projek uit die munisipaliteit te probeer kry. Regter Mocumie het in haar uitspraak gesê hoewel die aansoek om inligting uit die munisipaliteit te probeer kry laat vaar moes word omdat die projek intussen voltooi is, die munisipaliteit in wese bepalings van die Munisipale Stelselswet oortree het deur die sakelui se vroeëre versoeke om inligting te ignoreer. Sy het gelas die munisipaliteit moet die ondernemings se hofkoste betaal. In haar uitspraak het regter Mocumie die munisipaliteit se optrede as moedswillig beskryf. “Ek vra die vraag of dié ondernemings enige ander uitweg gehad het as om die hof te nader om inligting uit die munisipaliteit te probeer kry, dit nadat hul versoeke aan die munisipaliteit met die uiterste minagting behandel is en misluk het.” ’n Kroonstadse prokureur sê in die lig van die uitspraak sal die munisipaliteit vorentoe inligting móét gee wanneer inwoners daarvoor vra en hul belange daardeur geraak word. Thabo Grimbeek, die prokureur wat oorspronklik die aansoek gehanteer het, is vroeër vanjaar oorlede, slegs ’n paar weke voordat die uitspraak gelewer is. Hy het meer as 50 jaar op die dorp gepraktiseer en het verskeie suksesvolle eise namens ondernemings teen die munisipaliteit ingedien. Mary-Ann van Aswegen, handelaarshoof van Imperial Ford & Mazda aan die bopunt van die betrokke straat, sê: “Nadat die aansoek in die hof aangehoor is, het Moqhaka inderhaas die werk klaargemaak, steeds sonder om enige inligting aan ons te verskaf.” Aanvanklik is die teerstraat met plaveisel vervang, waarna die straat weer oopgegrawe is om rioolpype onder die grond te vervang. Van Aswegen sê die munisipaliteit het alle versoeke om hulle in te lig oor die tydperk wat die herstel van die straat sou neem, geïgnoreer. Dit was nadat die tweede fase om die rioolstelsel te verbeter begin is. By Imperial moes bykomende personeel aangestel word om voertuie in die vertoonlokale tot drie keer per dag te was. Toegang tot werkwinkels is belemmer. Aflewerings by sommige ondernemings is gekelder en by ’n bande-onderneming en JT Auto Electrical kon groot vragmotors nie inkom vir herstelwerk nie.


KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

Ontvang geld vir aankope OP die 36ste jaarver­ gadering van die Hoë­ veld­bonsmaraklub is R19 500 aan die se­ kretaresse van die klub, Elsabé van Zyl, oorhandig. Louis Kleynhans van Tel­ wierdé­veevoere het dit oorhandig op die Aldam Estates waar­ op dr. Pieter Mulder en Pieter Möller die gassprekers was. Al die klublede wat voer by die maatskappy aankoop, kom in aan­ merking vir ’n sekere persentasie van die aankope wat jaarliks aan die klub betaal word. Boere word genooi om hul fakture van aankope by Senwes, OVK en Afgri aan die klubkantoor te stuur sodat dit in berekening gebring kan word vir die borg­ skap.

11


12

KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

SKOLENUUS/SCHOOLS NEWS

AT the Free State athletics championships held in Bloemfontein, athletes of the Thakameso Comprehensive School in Maokeng performed very well in their items. From the left are Makgajane Thekiso (girls u.19 med­ ley relay, bronze), Dimakatso Mosia (girls u.17 400 m, bronze, and girls 1 500 m gold), Lilian Tshobane (girls u.17 3 000 m, gold), Motshediso Ludewyk (girls u.17 relay medley, bronze) and Gledwin Nakedi (boys u. 19 400 m hurdles, fifth position). Photo: Sol Mafutsana

School clinches ten medals ATHLETES of the Thakameso Comprehensive School in Maokeng have performed very well at the Fezile Dabi School’s athletics championships held in Sasolburg recently. The school bagged ten medals at the championships – four gold, two silver and four bronze. Lilian Tshobane (girls u.17 1 500 m and girls u.17 3 000 m, gold) and Dimakatso Mosia (girls

u.17 800 m, gold, and girls u. 17 1 500 m, gold), will be participating in the South African Track and Field Championships to be held from 21 to 23 March in East London, at the Jan Smuts Stadium. These girls are indigent learners and sponsorships are required, says Sol Mafutsana, spokesperson. People willing to sponsor them, can contact Mafutsana on 073-942-0542.

WIAN VILJOEN in aksie op die Vrystaatse laerskole­atletiekkampioen­ skappe in Bloemfontein. Hy is die Sentrale Volkskool (Senties) se ster­ atleet wat vir die Vrystaat­span gekies is om eersdaags op die Suid­Afri­ kaanse nasionale atletiekkampioenskapsbyeenkoms op Sasolburg deel te neem. Hy het ’n goue medalje in die 200 m­hekkies vir seuns o.13 op die Vrystaatse kampioenskappe verower. Foto: Verskaf BOITUMELO TSOEU (right), a gr. 8 learner of the Motsweka Seconda­ ry School in Maokeng, has won a gold medal in the 3 000 m walk for girls u.14 at the Northern Free State school athle­ tics championships, yet another gold medal at the Free State provincial championships and has been included in the Free State team to parti­ cipate at the national athletics champions­ hips. With her is her trai­ ner, Gloria Borotho.


KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

SPORTSMANS HAIR MANSHAARKAPPER Maandae - Vrydae: 08:00 16:30. Saterdae: 08:00 - 12:00 R 35 - Percy 072 957 2090

Elektriese kabelfout opsporing TE KOOP 2 Fries koeie 1 Bulletjie 6 Ganse Skakel 072 394 8845

056 212 2977

Noodnommer: Stefan 082 653 6222

WAARSKUWING!

Neem asb kennis dat daar in Kroonstad 'n manspersoon is wat hom voordoen as

Gordon van Gordys

Pools (Thabo Setshei) en swembaddens, lapas, ens. installeer. Hy begin met werk en sodra hy die deposito ontvang, verdwyn hy. Hy het voorheen hierdie selnrs gebruik: 072 864 0526 en 082 256 4384 .

LABRADOR HONDJIES, OPREG ROOMKLEUR Ingeënt en ontwurm. Dadelik beskikbaar. R 900 083 399 0337 (Kroonstad)

MOJO PLUMBING Vir alle loodgietersdienste en verstopte riole is ek daar! Tertius 073 2700 311 a/u

Het u ‘n probleem met: Miere Kakkerlakke Luise Vlooie Rotte Termiete, ens. Pryse: Standaard huis: R180 Besighede: Skakel vir kwotasie

VIR ALLE: BOUWERK, DUIWELSVURK, STAALWERK, AFDAKKE, TEËLWERK, DREINERING, LOODGIETERSWERK, VERFWERK GOEIE VERWYSINGS

RCS Kaarte en nuwe rekeninge ook nou beskikbaar.

WINDSCREEN REPLACEMENT CLAIMS with discounted excess. Call 079 883 0462

50% AFSLAG OP ALLE Ou Afrikaans en Engelse boeke vanaf 19 Maart tot 30 Maart te boekwinkel in Buitekantstr (oorkant Country Meat) 078 274 4746 HOT SPOT: (oorkant Clicks) GROOT UITVERKOPING!! Kom loer gerus Vir meer inligting skakel Sylvia 082 908 9555

KROONHEUWEL BAZAARS 056 212 7222 Is u opsoek na yskaste, hardeware, speserye (Freddy Hirsch) kombuistoebehore. Kom kyk gerus. MONTARI Trou- en Deftige drag. Matriekafskeid Ontwerp, Maak,Verhuur Rina de Jager. Tel: 056 212 1507. Sel: 082 413 4192 NUWE MOSAÏEK IN VOORRAAD 15% Afslag op papier mosaïek. Top Tile 056 213 1387 POOWELL SPECIAL!! 4 kg Chloor "High Strenght" Slegs R 125.00 Aanbod geldig vir 4 dae 056 215 2144 SEWE- SITPLEK SITKAMERSTEL @ R 1 000. DUBBELBED KOPSTUK met spieëlkas @ R 1 000. Navrae 082 465 7231 SHOETIQUE: (langs ou Cyril Smiedt) GROOT UITVERKOPING!! Gesondheid & sommerskoene asook "Crocs & Aerosoft" nou beskikbaar Vir meer besonderhede skakel Sylvia 082 908 9555 SWEMBAD PROBLEME "Activator D" Tuis aflewering Skakel 082 444 4384

Trendy Wendy Ons vervaardig: Pophuise Stoor- en huishulpkamers asook hondehokke! Skakel 058 303 1680

1 SLP W/STEL direk aan huis in Elandia. Kombuisie, Badk met stort, Baie ingeboude kaste, Onderdak parkering. Geen troeteldiere. Beskikbaar 5 April R 2 200 p m water en ligte ingesluit. Aansoeke sluit 26 Maart - 081 862 0146 of 082 222 1945

SPRINGKASTELE te huur. Skakel Sanet 082 652 7741

EENMAN TUINWOONSTEL te huur Gemeubileerd. Stil omgewing. W & L ingesluit by huur. Tel: 083 955 3546 ROOMS TO LET Contact 082 908 9555

2007 CHANA STAR 1300 Prys R 30 000 Skakel 083 627 0067 083 686 4251

Ek koop byna alle tweedehandse voertuie, bakkies, kombi’s en Ventures vir kontant. Ek is bereid om voertuie te gaan haal.

Skakel Unis 082 959 9120 of 072 203 1614.

WAS VAN VOLVLOERlos matte en SITKAMERSTELLE Top Carpets 056 212 5507

308 MUSGRAVE JAGGEWEER soos nuut. Model S-90. Nr 37 ± 30 skote geskiet. Ingesluit teleskoop en geweersak. Skakel 083 748 1454

KLEIBAKSTENE IS BETER BERT'S BRICKS (Potchefstroom) Kleipleisterstene Kleisierstene Kleiplaveiselstene Sement-Maxi-Stene Sement Plaveiselstene Minimum vragte in Kroonstad en omgewing 10 000 bakstene. 018 292 1615 www.bertsbricks.co.za

SECURE SINGLE garage storage units with security available for rent R 400/ month. Contact 082 444 4512

24 HOURS SERVICE

056 215 1515 of 078 383 8897

30% AFSLAG OP ALLE BLINDERS Top Carpets 056 212 5507

PERSELE TE HUUR Skakel 082 908 9555 of 056 212 3561

Kontakbesonderhede: 056 212 1638 071 676 2291

38 President Street, Kroonstad

VISVANG, BRAAI, piekniek/ Kamp onder koeltebome. Toiletgeriewe Skakel Eddy 082 772 1952

HOUSE OF DÉCOR Vir die huur van uitsonderlike items: Tafeldoeke, servette, silwer kandelare groot en klein, gekleurde glase, onderborde, silwer bakke ens. Skakel 082 554 5852

EK KOOP TWEEDEHANDSE BREEKWARE, eetgerei en ornamente. Ek besoek u tuis Skakel Jenny 083 290 0255 TE KOOP GEVRA: enige elektriese of handgereedskap asook houtwerk gereedskap en toerusting, meubels, yskaste, antieke goedere en enige ander artikels. Skakel 056 212 5418 of 076 168 1921

H HERSTEL DIENSTE: Stoof, wasmasjien, yskas en gas. Tuimeldroër, mikrogolf. Maandag tot Saterdag ( 072 806 4421 JDR KONSTRUKSIE Bou, Lapas, "Paving", Loodgieter "Devilsfork" Skakel Dirk 076 053 1636 LEKKENDE DAK? Skakel die spesialiswaterdigter. Gratis kwotasie. Meer as 21 jaar ondervinding. 10 jaarwaarborg. Skakel Luther Cronje 082 891 4052

Was van sitkamerstelle, volvloermatte en motorsitplekke. Uitsuig van water. Gratis kwotasies. Skakel Ronel 082 788 1483 MIGHTY & DR PLUMBING: Building, welding, plumbing, geysers, gutters, paving, drains, leaking roof repairs, tiling, painting. Low, low prices. Managing director: Daniels. 073 361 1552 RE-ENAMEL EXPERT Heremalje van ou staalbaddens. Ons gebruik egte emalje. Werk gewaarborg. 071 196 2953. www.jgexpert.co.za VIR teëlwerk, staalwerk, verfwerk, bouwerk, loodgieter- en algemene herstelwerk en grasdakke. Skakel gerus 083 255 6773.

LOODGIETER

TUINVULLIS/BOUROMMELVERWYDERING en erf 'clean-ups' ( 083 997 6787 gratis kwotasies.

DUP'S TRANSPORT: Algemene vervoer en professionele meubelvervoer en verpakking - oral heen. ( 082 770 4309 HARNO VERVOER 4 & 8-ton-trok beskikbaar vir die verwydering van bourommel en algemene vervoerwerk Skakel 073 157 7248 JEF'S ALGEMENE VERVOER & NUTSMAN Verwydering van bourommel, takke en enige iets uit erwe ens. 083 494 5877 Faks 056 212 1322

24-UUR-DIENS

14 JAAR ONDERVINDING GEBARSTE PYPE GEISERS VERSTOPTE RIOLE RCS Kaarte en nuwe rekeninge ook nou beskikbaar.

AFFORDABLE LOANS Monthly Earners only Up to R 15 000 Call/ sms 079 357 0736 NEED MONEY? CONSOLIDATE DEBTS Contact Thabo: 071 754 6390 Selina: 083 737 5618 Dinah: 076 026 2524

KDP DIENSTE 056 215 1515 078 383 8897

SWIMMING POOL RENOVATORS Swembadherstelwerk, Glasveselvoerings, Filters, Pompe & Motors, Aligators en Spa's Swembadseile en veiligheidsnette. 20 jaar ondervinding. Cecile 082 970 2247 VIR ENIGE NAALDWERK Skakel 084 595 2820

POOLWELL Sandvervanging: Installasies van pompe, filters ens. Skakel 056 215 2144 STEVO'S Algemene Staal en " Handyman" werk Stefan: 079 225 6279 TAXI DIENSTE: Vir u en u pakkies ( Skakel 076 215 2914

FME WEDDING & PARTY PLANNER Onthaal, dekor, spyseniering, kerse, tafels & stoele, stoelcovers kandelare,"underplates", breekware, tafeldoeke, Rooimat,ens. Skakel 079 515 8814.

1995 HYUNDAI ACCENT 1.5 te koop @ R 25 000 079 883 0462

KROONHEUWEL 3 Slpk huis te huur vanaf 1 April. R 4 000 p m. Navrae na ure 082 564 5375

WOONSTEL TE HUUR 3 Slaapkamer, 1 Toesluit parkering R 3 800 per maand 079 883 0462

CAR WASH FOR SALE Call 079 883 0462

1) HOUSE FOR SALE OUDORP 3 Bedrooms, 1 bathroom, garden flat - Price R 285 000 2) HOUSE FOR SALE OUDORP 4 Bedrooms, 2 Bathrooms Outbuildings. Recently painted. R 380 000 083 557 6248/ 082 856 0065 056 212 1306 HUIS TE KOOP 3 Slaapkamer huis. Suidrand Skakel 082 908 9555

13

EK IS DRINGEND OPSOEK NA ENIGE PERMANENTE WERK Bereid om hard te werk. Skakel 078 0436 712 HUISWERKER SOEK WERK Maan tot Vry Kan alles doen. Skakel 078 398 8303

ALGEMENE WERKER/ VERKOOPSPERSOON/ BESTUURDER (Lojaal & hardwerkend) Pos CV asb na: Posbus 1165, Kroonstad, 9500. BEESBOERDERY Voorman - Bejaarde paar gesoek vir toesig oor bees boerdery in Kroonstad/ Edenville distrik. Behuising ingesl.Salaris ohb.Aansoeke sluit: 31 Maart. Epos CV: johannesjpretorius@gmail. com OP SOEK NA JONG MAN om te werk in die elektriese bedryf. Geen vorige ondervinding nodig, maar sal 'n voordeel wees. Moet geldige rybewyshê. Faks CV na 086 293 3588 REKENMEESTERS PRAKTYK in Kroonstad beskik tans oor 'n vakante pos. Vereistes: Ondervinding van 'n Rekenmeesterspraktyk, moet boeke kan opskryf tot by ten minste proefbalansstadium, BTW, rekenaarvaardig is en vertroud is met Pastel. Salaris onderhandelbaar. Faks asb u CV na 086 502 2525


KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

property | wheels | movables

STAATSGARAGE Datum: Dinsdag 26 Maart 2013 @ 10:30 & 12:30 |Konstruksie | Wipbakke | Trekkers| | Vragmotors | Bakkies | Voertuie |

Perseel 1: 51 Drakensberglaan 5, Kimberley @ 10:30 Konstruksie

• 2011 CAT 120K Padskraper (Gebrand) • Ingersoll Rand PT 270 Bandroller • 3 x Bomag Voetgangerrollers • Vipac,Bomag&GallionVoetgangerrollers • Ingersoll Rand Kompressor • 2x Vulcan Betonstorters • 4x Verskeie Betonmengers • 6x Teersproeiers • Lister Enjin • Pompskoonmaakmasjien • 3x Verskeie Waterpompe • Swysmasjien • Diesel & Bomag Sleepwaens • “Chip Spreader”

aucor.com

Konstruksie- & Voertuigveiling

Behoorlik gleas deur die Departement van Paaie en Publieke Werke, sal Aucor the volgende per publieke veiling verkoop:

• Toyota D/As Wipbakvragmotor • 7x Toyota DA Wipbakvragmotor • Leyland 2213 D/AsWipbakvragmotor Landboutoerusting • Toyota Hino FE 12 -136 Kraantrok • Fiat Allis Stootskraper • Leyland D/As Kraantrok • 2x Falcon Grassnyers • Toyota Hino 29-260 D/AsWatertrok • Bell 2056L4 Sleeptrekker • Hino 39-240 D/As Watertrok • Isuzu SPZ D/As Watertrok Vragmotors & Voor• Leyland D/As Watertrok haker • 2010 Isuzu 4Ton Valkantvragmotor • Leyland 1209 Watertrok • 1996 Toyota Hino D/As Voorhaker (Gebrand)) •Toyota Dyna 4TonValkantvragmotor • 2x Isuzu N4000DValkantvragmotor Skrootmetaal & Gebruikte buitebande • 2x Isuzu NPR 3.8 Valkantvragmotor

• Betonvibreerder • Bell Laaigraaf (Parte)

Perseel 2: 7 Orpenstraat, Ashburnham, Kimberley @ 12:30 Voertuie & Bakkies

• 2011 Ford Figo 1.4 TDCi Ambiente • 1997 Toyota Hilux LAA • 1996 Nissan Hardbody 2400 LAA • 2011 Nissan Hardbody NP300 • 1996 & 1994 Isuzu KB 260 4x4 LAA • 5x 2010 Nissan Hardbody NP300 2.4 D/K • Ford Bantam 1600 2005 Nissan Hardbody 2000i LAA Nie Lopend/Ongeluks- •• 2004 Nissan Hardbody 2.7D D/K beskadig • 2004 Toyota Hilux 2000 KAA • 2012 Toyota Hilux 2.5 D-4D SRX 4x4 • 2002 Mazda 323 160 D/K • 2001 Isuzu LAA • 2012 Toyota Quantum GL 9 Sitplek • 2x 1998 Isuzu KB 250D • 3x 2012 Nissan Hardbody NP300 • 1998, 1997 & 1996 Isuzu KB 260 LAA 2.4 & 2.0 • 1996 Nissan Hardbody 2400 LAA • 2012 Chevrolet Optra Sedan • 1996 Toyota Cresidda 2.0 GS • 2012 Nissan Livina • 1996 Isuzu KB 260 4x4 LAA • 6x 2012 & 2011 NissanTiida 1.6Visia • Nissan 1400 LAW

aucor.com

• 2009 Mercedes Benz ML500 4-Matic • 2007 Audi Q7 3.0 TDi V6 Quattro Tip • 2x 2005 Nissan Hardbody 2000i LAA • 2004 Toyota Hilux 2000 KAA • 2003 Ford Ranger 1800 LAA • 2002 Mazda B1800 LAA • 2001 Mazda Marathon E 2200 15-Sit • 2001 Ford Ranger 1800 KAA • 2001 Mazda B1800 LAA • 7x 2001 Isuzu KB 250D • 2001 Nissan Hardbody 2000 LAA • 1998 Toyota Hilux 2.2 • 1998 Ford Ranger 2200

Siya: 083 780 0055 | lizadb@aucor.com | Besigtiging : Maandag 25 Maart 2013 08:30 - 16:30 051 433 2872

VOORWAARDES: ‘n Terugbetaalbare deposito van R10 000 is betaalbaar per bank- of bankgewaarborgde tjek, debiet/ kredietkaart of EFO. GEEN KONTANT WORD AANVAAR NIE. ‘n Dokumentasie-fooi van R2000 (BTW ingesluit) is betaalbaar op elke lot. Alle aanbiedinge sluit BTW uit. Aucor mag bie namens die verkoper tot die reserweprys. Bewys van adres en ID Dokument vir FICA-registrasie word benodig. Afslaer: Jacques van der Linde

15


16

KROONNUUS, DINSDAG 19 MAART 2013

STELSKOPPER Tiaan van Wyk van die Kroon­ stad­rugbyklub maak reg vir nog ’n doel deur die pale. Foto: Jacques Geldenhuys

KROONSTAD se eerste rugbyspan in aksie teen die Tjisas van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat, op Saterdag se Yield/Rooi­ skool­sportdag. Foto: Jacques Geldenhuys

Klub pak halfeindstryd Hannes Nienaber DIE Kroonstad-rugbyklub het Saterdag sy plek in die halfeindstryd van die Vrystaatse uitdaagbeker-reeks met ’n oorwinning van 30-26 oor die Tjisas bespreek. Die Tjisas is die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat, se tweede span. Kroonstad sal nou eerskomende Saterdag in die halfeindstryd van dié kompetisie teen Hennenman sake om ’n plek in die eindstryd uitspook. Die rugbywedstryd is op die Yield/Afrikaanse Hoërskool-sportdag op die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad se velde gespeel. Voor die kragmeting was Kroonstad en Tji-

sas die enigste twee onoorwonne spanne in die liga. Die wedstryd het presies opgelewer wat verwag was: ’n harde wedstryd tussen die voorste spanne in die kompetisie. Kroonstad het die skrums en die Tjisas die lynstane oorheers. Albei spanne se agterlyne het aanvallende rugby gespeel en deurgaans gevaarlik gelyk. Die besoekers het rustyd met 19-14 voorgeloop. Kroonstad se losskakel, Tiaan van Wyk, het ’n strafskop behaal om met twee punte agter te wees met nog drie minute speeltyd oor. Van Wyk het kort daarna weer ’n strafskop oorgeklits om Kroonstad met ’n punt te laat voorloop. Nadat speeltyd reeds verstreke was, het die losskakel weer sy talent ten toon gestel deur ’n manjifieke skepskop deur die pale te jaag om

die eindtelling op 30-26 te staan te bring. Kroonstad se uitblinkers tussen die voorspelers was die losvoorspelers Luan Kleyngeld en die plaasvervanger Bryan Meyer. Agterlangs het die heelagter, Christiaan Cornelissen, en Van Wyk met hul spel beïndruk. Cornelissen het twee keer in die kragmeting agter die doellyn gaan kuier. Die span se ander drie is deur Francois de Jonge gedruk. Van Wyk het drie doelskoppe, twee strafdoele en ’n skepdoel bygedra. Die halfeindstryd sal Saterdag op die Rooiskool se veld in Kroonstad beslis word. Hennenman het verlede jaar teen die eindelike kampioen, Welkom Rovers, in die halfeindstryd vasgeval.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.