Kroonnuus 20 08 2013

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Max se lewe hiér gevorm Anne-Lize Jansen van Vuuren

“KROONSTAD het ’n groot invloed op my lewe gehad. Dit het my hele lewe en menswees beïnvloed,” gesels die bekroonde joernalis Max du Preez vroeer die week in ’n telefoniese onderhoud. “Dit kan ook nie veel anders nie, my

hele lewe is daar gevorm – nie net deur my ouers nie, maar ook deur die gemeenskap, skool en kerk.” Du Preez is trots daarop om ’n oud-Bloue te wees en

MAX DU PREEZ is ’n oud­Kroonstadter.

het matriek in 1968 aan die Hoerskool Kroonstad geskryf. Hy kan Brand Pretorius, wat drie jaar voor hom die onderhoofseun van die skool was, nie onthou nie. Hy het intussen ’n ongelooflik groot bewondering vir hom as sakeman ontwikkel en respekteer sy nederigheid. ’n Ander bekende tydgenoot is Antjie

Krog. Hulle was saam op skool en hul paadjies het later ook by Die Burger gekruis waar hulle albei as joernaliste gewerk het. Du Preez is onlangs as buitengewone professor aan die Noordwes-Universiteit (NWU) aangewys. Hy gaan as mentor vir kommunikasiestudente optree wat hul honneursgraad in joernalistiek wil behaal. “Daar wag ’n groot toekoms op goeie joernaliste in ons land. Hulle is die belangrikste pilare van demokrasie. Hulle moet vindingryk dink en werk en nie net gebruik maak van koerante en die uitsaaiwese as hul mediums nie. Hulle moet ook tegnologie aanwend.” Hoewel Du Preez self ’n ervare joernalis, gerekende skrywer en ’n politieke kommentator is, praat hy moeilik oor homself. Hy vertel hy het in Suidrand grootgeword. Pa Johan du Preez is al ’n paar jaar gelede oorlede. Kroonnuus deel die staaltjie wat die prokureur Dirk de Hart vertel: “Almal het met groot respek na Johan du Preez verwys as die pous; enersyds omdat hy so ’n statige en waardige mens was en andersyds omdat hy so onberispelik aangetrek het.” Du Preez was verbaas om dit te verneem, maar gee toe: “Dit is moontlik. My pa was ’n waardige man, iemand om na op te sien. Hy het later jare as verteenwoordiger vir Sanlam gewerk. Ma Betsie woon nog op Kroonstad en ek kom nog daar om haar te besoek.” Hy het reeds 11 boeke oor die geskiedenis en politiek van Suid-Afrika op sy kerfstok. Sy

boek Rough Guide to Nelson Mandela is internasionaal uitgereik. In ’n gepubliseerde onderhoud wat die Mercury vroeër vanjaar met Du Preez gedoen het, erken hy hy was as jong, plattelandse seun reeds deur Mandela gefassineer. As jong joernalis het hy gewonder hoe iemand so sterk in ’n ideologie kan glo dat hy bereid is om daarvoor te sterf. In ’n tyd toe dit politiek ongekend was om aan Mandela te skryf het Du Preez dit gewaag en in 1988 ’n ope brief aan Mandela in die tronk op Robbeneiland geskryf. Hy het geweet die wêreld se bekendste gevangene is op die Vrye Weekblad ingeteken. Hy het hom gevra om Afrikaners se denke te liberaliseer as hy vrygelaat word. ’n Paar dae ná sy vrylating in Februarie 1990 het Mandela hom gebel en na sy huis in Soweto genooi. “Die man was anders as enige politieke leier of landsleier met wie ek nog ’n onderhoud mee gevoer het. Hy het ’n aura van morele outoriteit. Hy het ook sy swakhede en het foute gemaak, maar hy is steeds ’n baie spesiale mens. Vir my is Mandela die lewende bewys dat goed oor kwaad kan seëvier.” Du Preez se laaste boek, A chief is a chief by the grace of its people – Once we had leaders, is verlede jaar uitgereik. Hy het al etlike nasionale en internasionale eerbewyse verwerf, onder meer die eerbewyse vir integriteit in joernalistiek, vir waagmoedige joerna- listiek en uitstekende joernalistiek. Buiten sy aanstelling aan die NWU het hy ’n ere-doktorsgraad van dié universiteit.

Foto: Conrad Borman


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.