Kroonnuus 23 julie 2013

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 23 JULIE 2013

GRATIS

BLOUES en Rooies: Wens jou gunstelingspan voorspoed toe met dié week se inter. “Like” Kroonnuus se Facebookblad en plaas jou boodskap vir almal om te sien.

DIÉ week is die jaarlikse Blou­Rooi­inter en die hoogtepunt op die skolekalender. Die rugby­, netbal­ en hokkiewedstryde word in die FNB Classic Clashes gespeel. Die seuns­ en meisiekapteins van die eerste rugby­, hokkie­ en netbalspanne is van links, voor: Tharien Froneman (Rooies: eerstespan­netbalkaptein), Marcel Matthee (Rooies: seunshokkie­ kaptein) en Celé Wepener (Bloues: eerstespan­meisiehokkiekaptein); agter: Neels van Schalkwyk (Bloues: eerstespan­ rugbykaptein), Megan Kruger (Bloues: eerstespan­netbal­ kaptein), TP Kleynhans (Rooies: eerstespan­rugbykaptein), Thinus Kruger (Bloues: eerstespan­seunshokkiekaptein) en Johané Potgieter (Rooies: eerstespan­meisiehokkiekap­ tein). Foto: Tharine Geldenhuys

Blou teen Rooi

DIE jaarlikse Classic Clashes-interskolestryd tussen die Hoërskool Kroonstad (Bloues) en die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) vind vanjaar op 26 en 27 Julie op die velde van die Bloues plaas. Die program begin amptelik op Woensdag 24 Julie met die twee

skole se gholfspanne wat op die Kroonstad-buiteklub se gholfbaan teen mekaar meeding. Die afslaantyd is 10:00 en die kompetisie word in IBS-formaat gespeel. Seuns in die eerste agt plekke se punte sal getel word.

Vrydag speel die hokkie- en netbal-spanne teen mekaar. Netbal: 11:30 o.15A en o.14A 12:10 derde span, o.16A, o.15B en o.14B 13:00 eerste span 14:05 tweede span

Hokkie: 11:30 o.16-seuns en tweede meisies 12:30 o.16-meisies en derde meisies 13:30 o.14-meisies en tweede seuns 14:30 eerste seuns

15:30 eerste meisies Saterdag: rugby 09:00 o.14 en derde span 10:00 o.15 11:15 optog: Rooies 11:30 optog: Bloues 11:45 tweede span 13:00 eerste span


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.