Kroonnuus 25 junie 2013

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 25 JUNIE 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

PLAKKATE wat tydens die optog op die in­ gewing van die oomblik geverf is, stel dit dui­ delik die uitvoerende burgemeester van Moqhaka moet skoert. Foto: Tharine Geldenhuys

DREIGEMENTE dat Moqhaka tot stilstand geruk gaan word en in ’n tweede Marikana kan ontaard, is neergepen.

Foto: Andy Philander

OPTOGGANGERS het met kreatiewe én snedige aanmerkings oor die Moqhaka­ munisipaliteit se swak dienslewering voren­ dag gekom. Foto: Tharine Geldenhuys

Gemoedere vat vlam Besorgde inwoners woedend toe Mohapi nie opdaag Tharine Geldenhuys

GEMOEDERE het Donderdag hoog op Kroonstad geloop toe Jihad Mohapi, uitvoerende burgemeester van Moqhaka, gejok het oor waar hy die dag was. Mohapi het in sy afwesigheid geskitter ongeag vooraf toestemming en ’n versoek om sy teenwoordigheid om ’n versoekskrif te ontvang. Besorgde inwoners van Maokeng en Kroonstad het by die Moqhaka-munisipaliteit vooraf toestemming gekry om ’n versoekskrif aan Mohapi te oorhandig. Dennis Khasudi, organiseerder van die optog van Maokeng na die munisipale kantoor op Kroonstad, het sy ontevredenheid met die sowat 1 300 optoggangers gedeel toe Mohapi glo vir hom deur sy burgemeesterskantoor laat weet het hy is “uitstedig saam met die Vrystaatse premier, Ace Magashule’’.

“Ek het Ace gebel en hy het ontken dat Jihad by hom is. Jihad het gelieg,” het Khasudi gesê. Krete op Sesotho wat daarop neerkom dat Mohapi en Mqwathi “wegkruip’’ en moet “f$%^*&f”, is geskree. In reaksie hierop het Mandisa Titi, munisipale woordvoerder, gesê die munisipaliteit is stomgeslaan deur die aggressiewe optrede en optog deur die Maokeng Concerned Citizens. “Dit is juis teenstrydig dat die burgemeester, in die uitvoering van sy pligte rakende dienslewering, deur aktiviste uit sy werkskedule geruk word. Dit is wel so dat iemand anders namens die burgemeester ’n versoekskrif kan ontvang,” sê sy. Op ’n vergadering met die Concerned Citizens op 27 Maart is gesamentlik op sekere aksieplanne ooreengekom, sê Titi. Dit het ingesluit optrede wat betref probleme wat op kort termyn reggemaak kan word en

langtermyn-optrede. Plakkate wat optoggangers by die munisipale kantoor in Hillstraat geverf het, het dit duidelik gestel Mohapi en Mncedisi Mqwathi moet aan die kaak gestel word en oplossings oor onder meer rioolstorting, uiters vuil water, slaggate, ontoereikende elektrisiteitsvoorsiening, behuisingsprobleme met gepaardgaande korrupsie en taxi-konflik deurvoer. Ramaselo “Scotch” Mofutsana, ’n Azapo-lid, sê onomwonde hy en duisende Maokengers is “gatvol”. Nepotisme met die toekenning van kontrakte laat duisende kinders van Kroonstad werkloos. Die geld vir die Hlasela-behuisingsblaps van nagenoeg R500 miljoen by Khatliso en Marabastad het iewers in die papieroorlog verdwyn, reken Mofutsana. Inwoners het hul ontevredenheid oor dienslewering op Kroonstad in die versoekskrif neergepen. Die gemeenskap is moeg vir die onmens-

like toestande waarin hulle al 19 jaar sedert demokrasie se aanbreek moes leef en werk. “Die Moqhaka-raad en -bestuur kommunikeer glad nie met die gemeenskap wat hul vet salarisse betaal nie. Hulle het dié eens mooi dorp laat verval,” word in die versoekskrif gesê. In die versoekskrif word onder meer gedreig inwoners sal die komende nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsverkiesings boikot. Hulle wil selfs ’n heelskaalse stilstand op Moqhaka met massa-aksie begin. ’n Swaar polisieteenwoordigheid is by die optog waargeneem. Ongeag die voorneme om vreedsaam op Mohapi te wag is buitebande wel aan die brand gesteek. ) Nog foto’s is op Kroonnuus se webtuiste, www.kroonnuus.co.za, gelaai. Mense kan gerus kommentaar op Kroonnuus se facebookblad lewer.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Kroonnuus 25 junie 2013 by KroonNuus - Issuu