Kroonnuus 26 Maart 2013

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 26 MAART 2013

GRATIS

www.kroonnuus.co.za Koerant nou ook aanlyn

KROONNUUS is trots om in sy 27ste bestaansjaar eindelik sy eie webtuiste te begin. Die koerant sal van vandag af nie meer nét in gedrukte formaat beskikbaar wees nie, maar is nou ook elektronies op sy splinternuwe webtuiste, www.kroonnuus.co.za, beskikbaar. Lesers kan nou hul gunsteling- plaaslike koerant vinnig en maklik op die interaktiewe webtuiste lees en deel van die groeiende Kroonnuus-gemeenskap word. Die koerant sal elke Dinsdag op die webtuiste verskyn met ’n groot verskeidenheid nuus en foto’s wat jou op die hoogte van nuus in jou omgewing sal hou. Die webtuiste is propvol stories wat jou en jou omgewing raak. Nie net sal die webtuiste baie bemarkingswaarde vir die gemeenskap se doen en late inhou nie, maar adverteerders kan munt uit uitgebreide teikenmarkte slaan. Met die vinnige interaktiewe skakels kan lesers nou ook hul mening oor verskeie stories lug. Verder kan enige groep, hetsy dit sport-, kultuur- of welsynsorganisasies is, ook self hul inligting by www.kroonnuus.co.za oplaai om sodoende hul teikengehore vinniger te bereik. Enige sport-, kuns- en vermaaknuus, briewe en rubrieke van jou gunsteling-skrywers kan hier gelees word. Vir hierdie en heelwat meer gaan besoek gerus die webtuiste by www.kroonnuus.co.za.

Webtuiste propvol nuus en vermaak ) Raak deel van die interaktiewe nuus ) Gee wenke/voorstelle ) Kiekieblaaie ) Resepte ) Skolenuus ) What’s on ) Sport ) Verhoogde advertensieblootstelling ) Wêreldwyd ) Sakegids ) Briewe ) Blitsgids vir sport ) Blitsgids vir kultuur ) Ons gee om ) Video-insetsels ) Leserslens Jou plaaslike koerant span die kroon op nuus in jou gemeenskap.

DIE mooi Blouenooi, Deamri Erasmus, is verlede Saterdag as tweede prinses in die jaarlikse Vista Miss Goldfields­kompetisie gekroon. Sy gaan dié Paasnaweek saam met haar ouers op Hennenman deurbring. Haar Paasfeesboodskap aan lesers: “Skoonheid vergaan, maar Jesus se liefde bly staan. Hy het vir ons aan die kruis gesterf om ons sonde met sy bloed skoon te was. Geseënde Paasfees.” Foto: Tharine Geldenhuys


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Kroonnuus 26 Maart 2013 by KroonNuus - Issuu