Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 30 APRIL 2013
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Tariefverhogings lyk só Begroting vir belasting bespreek Tharine Geldenhuys
INWONERS van Moqhaka kan hulle vir ’n algehele tariefverhoging van nagenoeg 6% in die 2013-’14-boekjaar voorberei. Op die Moqhaka-raadsvergadering is ’n begroting ter tafel gelê om die nuwe dienste- en erfbelasting vir Moqhaka van 1 Julie af te bespreek. Residensiële eiendomme se erfbelasting se waarde word met 0,00636 vermenigvuldig. Dít verteenwoordig ’n nagenoeg 6% verhoging in vergelyking met die huidige boekjaar (2012-’13). Die eerste R50 000 van die munisipale waardasie word van erfbelasting vrygestel. Dié vergunning is nie op die sakesektor en op plase van toepassing nie. Plase se faktor waarmee die belasting bereken word, is die munisipale waardasie vermenigvuldig met die faktor 0,00159. Die sakesektor se erfbelasting is aansienlik hoër en die faktor wat hier van toepassing is, is die munisipale waardasie vermenigvuldig met die faktor 0,01389. Die watertarief styg van R6,29 na R6,67 per kiloliter. Die eerste 6 kiloliter is gratis. Van 7 tot 20 kiloliter is die tarief R7,74 per kiloliter, 21 tot 40 kiloliter R8,49, 41 tot 60 kiloliter R11,58 en meer as 60 kiloliter R18,61. Die sakesektor sal voor die voet R12,75 per kiloliter vir water moet opdok. Riooltariewe word per grootte van die erf bereken. ’n Erf kleiner as 700 m2 kos R37,91, 701 tot 1 000 m2 kos R60,69 en 1 001 m2 en groter kos R85,86. Die minimum tarief vir riolering in die sakesektor is R80,81 minus 15% korting of ’n bedrag wat bereken word deur die waardasie met die faktor 0,0053 te vermenigvuldig. Vullisverwydering kos R21,20 vir erwe kleiner as 700 m2, R33,28 vir erwe van 701 tot 1 000 m2 en R47,15 vir erwe groter as 1 000 m2. Om tuinvullis te verwyder sal R106,00 kos. ) Sien berig hiernaas.
In die kake van Moqhaka se slaggate
MOQHAKA val in sy eie slaggate. Jaco de Villiers het Donderdag dié voertuig wat toe pas in ’n groot slaggat in Moqhaka se paaie beland het, met sy selfoon afgeneem. Men se wat skade aan hul voertuie gely het weens slaggate in Moqhaka se paaie kan gerus hul storie en foto’s op Kroonnuus se Facebookblad plaas.
Beursies platter weens prysstygings OM te trou of partytjie te hou in een van Moqhaka se ontspanningsale kan nogal die beursie laat krimp. Die voorgestelde tariewe vir die huur van sale in Moqhaka is soos volg: ) Seeisoville R250, Seeisoville-stadiumsaal R250, Brentpark-gemeenskapsaal R250, Nyakallongsaal R250, Loubserparksaal R250 en Constantia-saal R640. ) Steynsrus: stadsaal R640, Matwangtlawang-gemeenskapsaal R250. ) Viljoenskroon: ontspanningsaal R250, stadsaal R640 en Rammulotsi-gemeenskapsaal R636. Om die sportstadiums vir ’n dag te huur kos R127 vir die Brentpark- en
Seeisoville-stadiums, R371 per uur vir die gebruik van ligte, R127 vir rugby- of sokkerwedstryde en R64 vir atletiek. Loubserpark word teen R250 per dag vir atletiek en R127 vir elke rugby- of sokkerwedstryd en R127 vir krieket per dag bereken. Vir provinsiale toernooie en sportbyeenkomste moet ’n R3 710-deposito betaal word wat terugbetaalbaar is. Ligte moet teen R127 per uur gehuur word. Alle ander gebeure wat nie met sport te doen het nie of in die tariefbepalings voorgestel word nie, word met die munisipale bestuurder onderhandel. Kroonpark se tariewe styg ook met nagenoeg 6%.
Dit beteken in die spitsseisoen sal ’n tweebed-chalet R550 per dag, ’n vierbedchalet R1 000 per dag en ’n sesbed-chalet R1 300 kos. Kragtariewe styg met 7,2%. Dit beteken huishoudelike voorafbetaalde krag sal van 66 sent per eenheid na 71 sent per eenheid vir die eerste 50 eenhede, 88 sent vir eenhede tot 350, R1,13 vir eenhede tot 600 en R1,35 vir eenhede meer as 600 styg. Dieselfde tariewe geld huise waar meters nog van toepassing is. Die sakesektor moet diensgeld van tussen R329,10 en R884,44 plus eenheidskoste na gelang van KVA-verbruik en spitstye betaal.