Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 4 JUNIE 2013
Sing jou pad na roem oop HET jy ’n stem wat net wag om ontdek te word? Dan moet jy jou beslis vir Kroonnuus se Spontaan 2013-kompetisie inskryf. Die oudisies vir Spontaan 2013 sal op Dinsdag 18 Junie van 14:00 af by Tafelronde 42 se klubhuis langs Kroonpark op Kroonstad gehou word. Pryse Die volgende groot pryse kan in vanjaar se Spontaan-kompetisie gewen word: ) SpecSavers: Agt Infinity-sonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die algehele waarde is R5 200. ) Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CDomslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebookprofiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde vir al die finaliste is R40 000. ) PwC gee vir die wenner R1 000 kontant, naaswenner R700 kontant en derdeplekwenner R300 kontant – ’n algehele prysgeld van R2000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R2 100. ) Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke finalis. Reëls ) Jy moet op 1 Julie 16 jaar of ouer wees om deel te kan neem. ) Vir die streekkompetisies in Bloemfontein, Welkom en Kimberley en op Kuruman, Kroonstad en Bethlehem moet deelnemers enige liedjie van hul keuse sing. ) Slegs kunstenaars wat kontemporêre musiek sing, sal in aanmerking geneem word. ) Jy moet jouself begelei. ) Slegs soliste. ) Jy moet self die klankbane (backtracks) en ander toerusting vir die streek-oudisies verskaf. Spontaan verskaf die klank vir die eindronde. ) Die wenner van elke streekkompe-
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
tisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. ) Die beoordelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies nie indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek beskikbaar is nie. ) Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry. ) Jy moet jou eie klankbane of begeleiding vir die eindronde verskaf. ) Die eindronde is op Saterdag 13 Julie in Bloemfontein en indien jy een van die finaliste is, moet jy jou eie vervoer en verblyf (indien nodig) reël. ) Registrasie vooraf is nie nodig nie. Daag net by die oudisie op en registreer jou daar deur R20 te betaal. ) Rig navrae aan 056-212-3171 of tgeldenhuys@volksblad.com.
Gereed vir die erge koue DIE 17jarige Desmi Els het vandeesweek haar winterklere uitgepak. Die matige tempera ture het nog nie ryp meegebring nie. Hieroor juig boere in die distrik. Dié rooikopskoonheid van Kroonstad is beslis fotogenies. Foto: Michelle Mynhardt
Kroonnuus