Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 5 MAART 2013
GRATIS
Laat waai . . . KLEUTERKOM MANDO op Kroonstad het on langs ’n spesiale atletiekbyeen koms vir die kleu ters en peuters aangebied. Hier nael die gr. Oseuntjies na die eindstreep. Hulle is van links Hannes Prinsloo, Ruben Strydom, Dian Lourens en Rocco de Beer. Foto: Leon Strydom
Moqhaka moet opdok Ma moet vergoed word vir nuwe bande ná hofuitspraak Mike van Rooyen DIE Moqhaka-munisipaliteit op Kroonstad moet vir twee splinternuwe voorbande vir ’n ma op die dorp betaal. Dit kom nadat sy twee keer op dieselfde plek met haar motor die dorp se slaggate getref het toe sy haar kinders by die skool gaan haal het, lui ’n uitspraak in die Vrystaatse hooggeregshof. Boonop moet die munisipaliteit ook die regskoste van Wandera Marais van Amund Weeberstraat betaal nadat sy appèl teen die beslissing van die landdroshof oor dié bande voor regter A. Kruger en waarnemende regter P.W. da Rocha-Boltney verlede week misluk het. Intussen is een van dié bande waarvoor die munisipaliteit nog moet opdok, ook reeds daarmee heen, nadat Marais weer
’n slaggat op een van die ander flenterstrate van Kroonstad getref het. Maar hierdie keer gaan sy nie weer hof toe nie, het sy aan Volksblad, moederkoerant van Kroonnuus, gesê. “Ek betaal maar liewer self. ’n Mens voel asof jý skuldig is as hulle jou so ondervra,” sê sy oor haar ondervinding in die landdroshof. Daar het die munisipaliteit nie gestry dat die hele dorp vol slaggate is nie. Dit is net betwis oor hoeveel geld sy moet kry. Sy het getuig hoe sy op 21 April 2011 in Maraisstraat albei haar bande beskadig het toe sy ’n slaggat getref het. Op 13 Mei het sy weer daar ’n gat getref toe sy haar kinders by die skool gaan haal het. Hierdie keer, hoewel sy ingedagte was, kon sy uitswaai en die regterband uit die gat hou, maar nie die
linkerband nie. In die uitspraak sê die regters dat landsburgers belasting betaal en in ruil daarvoor kan verwag dat die munisipaliteit die paaie in ’n veilige, rybare toestand moet hou. Dat sy die tweede keer ingedagte was, is nie genoeg om bydraende nalatigheid daar te stel nie. Die munisipaliteit sê ook nie dat hy nie geld het om die slaggate reg te maak nie of dat hy nie ’n regsplig het om die paaie veilig en begaanbaar te hou nie. Die regters het saamgestem met die bevinding in die landdroshof dat die munisipaliteit aanspreeklik is vir haar skade van R1 760 weens sy versuim om sy paaie volgens sy verpligtinge te onderhou. Adv. Marthinus Steenkamp het in opdrag van Quinton Grimbeeck-proku-
reurs vir Marais opgetree. Adv. Tiaan Pienaar het in opdrag van Phatsoane Henney-prokureurs vir die munisipaliteit opgetree.
Het jy ook al skade gely? HET jy ook al motorbande weens Moqhaka se slaggate verloor? Indien wel, het jy dit self vervang, ’n eis ingedien of vervang sonder om te kla of ’n eis in te dien? Stuur ’n SMS na 45527 gevolg deur KN, jou naam, kontakbesonderhede en ’n kort boodskap voor Donderdag om 12:00. Elke SMS kos R1,50.