Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 6 AUGUSTUS 2013
GRATIS
SA sakereus deel kennis Anne-Lize Jansen Vuuren
van
EEN van Suid-Afrika se bekendste sakemanne het Saterdag sy alma mater, die Hoërskool Kroonstad (Bloues), besoek. Dr. Brand Pretorius was in 1965 die onderhoofseun van die Bloues. Van Kroonstad se sakelui kon onlangs met die gerespekteerde sakereus skouers skuur. Op ’n ontbyt in die skoolsaal het hy beskeie sy raad vir standhoudende sakesukses met hulle gedeel. In sy informele toespraak was dit duidelik waarom hy onder meer as baas van die jaar aangewys is.
Ondersteun met trots DIE Cheetahs-maatskappy se visie is nou om Passievol Professioneel te Presteer. Die Sentrale Cheetahs (wat ’n vennootskap tussen die Griekwas, Griffons en Vrystaat is) het uitstekend in die Superreeks gepresteer. Net buite Edenville staan dié windpomp langs die teerpad en verkondig die plaaseienaar se ondersteuning van die Cheetahs. Foto: Tharine Geldenhuys
Dienende leier “Die ontginning van mense en hul potensiaal is belangrik. Ondernemings moet hul werknemers ontwikkel, bemagtig en vertrou. Daar is ’n groot verskil tussen om mense te bestuur en mense te lei. Gee mense ’n droom wat hulle inspireer en hulle stel opreg belang. Die bekendste voorbeeld van ’n dienende leier is Jesus Christus. Hy het selfs sy dissipels se voete gewas. “ ’n Ware leier het ’n passie vir die onderneming, asook entoesiasme en integriteit, en skep ’n prestasiekultuur. Doeltreffende kommunikasie is ook belangrik en ook die beloning van prestasie,” sê Preto-rius. Hoop motiveer Volgens hom woon hoop en wanhoop in dieselfde straat. As mense hoop verloor, verdamp energie en oorspronklikheid. Daarom is hoop ook ’n belangrike motiveringsinstrument. Hope is life itself, het hy Nelson Mandela aangehaal.
OP die sakeontbyt Saterdag by die Hoërskool Kroonstad (Blou es) is van links Anchen Nel (voormalige bemarker: Bloues), dr. Brand Pretorius (gasspreker) en William Drinkwater (skoolhoof).
Foto: AnneLize Jansen van Vuuren
Etiek in die sakewêreld is intern sowel as ekstern baie belangrik. Hy het ’n beroep op sy gehoor gedoen om konsekwent te wees en weg van korrupsie te beweeg. Daarmee gepaardgaande het ondernemings ook ’n maatskaplike verantwoordelikheid in hul gemeenskap. Mense en die ontwikkeling van personeellede tot hul volle potensiaal is van groot belang wat ’n onderneming se standhoudende sakeplan betref. Strategiese beplanning Hy het ook gesê elke onderneming moet toesien dat hy die beste strategiese beplanning doen. Gelykstaande daaraan is voortdurende skeppende vermoë van die uiterste belang. As bemarker van die jaar het Pretorius nooit gestagneer nie en hy het sakelui aangemoedig om voortdurend van nuwe tegnologie gebruik te maak. “Gebruik Facebook en sosiale media vir die bemarking van ’n onderneming. Om goed te doen is goeie besigheid.” Volgens hom het onderne-
mings ook ’n groot maatskaplike verantwoordelikheid en sakelui moet uitreik en na armoede en werkloosheid omsien. Etiese beginsels “Suid-Afrika is geseën met buitengewone sakelui. Ons moet uitreik en die opkomende sakemanne en -vroue help om goeie ondernemings met goeie etiese beginsels te vestig. Ons het ’n hoërisikomark, maar daar is ook groot geleenthede vir ’n baie goeie, nuwe, groeiende mark. Suksesvolle sakelui moet voortdurend kan aanpas by ’n nuwe en veranderende omgewing. Om te kan presteer moet jy voortdurend transformeer.” Anchen Nel, voormalige bemarker van die Bloues, het ’n kleurbaadjie aan Pretorius oorhandig. Hy het vertel van die groot invloed van die skool op die vorming van sy menswees. Hy het beklemtoon klante is die beste toevoeging van waarde vir enige onderneming.
Kroonnuus