Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 7 MEI 2013
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Wetlose dorp nou ‘stabiel’ LUR wys probleme uit Marlene Jordaan
Pure determination
ELANE ANDERSON participated in the South African Masters Athletics championships for track/field events held in Oudtshoorn over the weekend of Friday, 26 April, and Saturday, 27 April. The event saw athletes representing the different provinces of South Africa, as well as athletes from other African countries. Elane won a gold medal in the 400 m hurdles and silver medals in the 100 m, 400 m and long jump, as well as a bronze medal for the 200 m. Photo: Johann Kruger
HY het lanklaas sulke ooglopende verkeerswetteloosheid op ’n dorp gesien soos op Kroonstad, het die Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer verlede week op Kroonstad gesê. Dit kom nadat die LUR, Butana Komphela, en ’n menigte van sy provinsiale verkeersbeamptes sowat ’n week gelede op dié dorp toegesak het om wet en orde te herstel. Die stap het gekom nadat ’n versoek deur Jihad Mohapi, die burgemeester, weens voortslepende dreigende taxigeweld tussen faksiegroepe gerig is. Motorbande is voorverlede week vir die tweede keer vanjaar in die strate hier aan die brand gesteek. Die LUR het ook met verskillende bevelvoerders uit die streek vergader. Komphela het ná die week lange operasie op die dorp gesê wetteloosheid hier was met hul aankoms ooglopend. “Ons het egter die dorp nou gestabiliseer en misdaad het die afgelope week tot bykans ’n nulsyfer gedaal.” Probleme wat met hul besoek veral aan die lig gekom het, is die voorkoms van onwettige taxi’s, ’n tekort aan munisipale verkeersbeamptes, en dat daar nie genoegsaam teen onwettige taxi’s opgetree word nie. Komphela het gesê dit is skokkend dat in een aand se optrede vasgestel is dat van die 71 mense wat afgetrek is, slegs 43 rybewyse gehad het. Hy het probleemgebiede uitgewys. Dit sluit in die hoek by die Wespark-begraafplaas, die hoek by Shoprite en OBC-Chickens, en die hoek by die NG Moederkerk.
Hy het ook gesê die probleem van groot vragmotors wat onwettig op die dorp oornag, moet aangepak word. Dit het onder sy aandag gekom dat beamptes of polisie-offisiere moontlik onwettige taxi’s op die dorp besit. Name is aan hom genoem, het hy gesê. Hy meen dit moet dadelik stopgesit word. “Die feit is dat die verkeersbeamptes en die taxi-operateurs vriende is en dit hoort nie so nie. “Mense moenie dink ’n bottel Chivas in die hand gaan ’n probleem laat weggaan nie.” Komphela het aangekondig dit is sy doelwit om binne die volgende tien jaar ongelukke in die provinsie, asook onwettige taxi’s en die aantal mense wat sonder rybewyse bestuur, met die helfte te verminder. Die provinsiale departement bly op bystand om enige tyd hier te kom ingryp, sou dit nodig wees. Die munisipaliteit en die provinsie gaan voortaan saamwerk om die getal verkeersbeamptes op die dorp te vermeerder. “Ons gaan aanhou om die oortreders met ons teenwoordigheid hier te irriteer.” ’n Merkbare verskil is opgemerk waar die onwettige taxi-eienaars vroeër amok gemaak het en onder meer onwettige taxi’s op die hoek van Reitz- en Buitenkantstraat en by die Presbiteriaanse kerk in Oranjestraat bedryf het. Sigbare polisiëring is ook hier opmerklik. ) Komphela is ’n oud-Kroonstadter en was onder meer die destydse voorsitter van die Groter Kroonstad-oorgangsraad.