Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 9 APRIL 2013
GRATIS WENNERS. Die Kroonstadrugbyklub is die oorkruisliga wenner vir 2013. Hier vier die span die sege met die antieke uit daagbeker wat sedert 1902 bestaan. Dié be ker is deur die Wan derersrugbyklub aan die Griffons geskenk, nadat die klub ontbind het. Lees bl.12 vir die aksieberig en besoek www.kroonnuus.co. za vir aksiefoto’s. Die spelers en belang hebbendes is van links, voor: JohnVer non Masuret, Corné Cronjé en Jacques Labuschagne; eerste ry: Jan du Toit, CJ Schlebush, DJ Cor nelissen, Lucas Bou cher, DH Botha, Pe trie Kunz en Nelis de Kock; tweede ry: Al wyn Hugo, Christiaan Cornelissen, Fran cois de Jonge, Kobus Klopper en Theo Erasmus; agter: Coe nie Westraadt, Nico Posthumus, Ruan Gagiano, Hannes van Schalkwyk, Bryan Meyer, Deon Slab bert, Luan Kleyngeld en Tiaan van Wyk; heel agter: Pieter Cockeran.
Kroonstad bo!
Foto: Martin Venter
DA dik vir oop toilette Tharine Geldenhuys en Marlene Jordaan
MOQHAKA se uitvoerende burgemeester het Donderdag weer nie gesig gewys om ’n versoekskrif van die DA tydens ’n protesoptog oor die oop toilette in Rammulotsi, Viljoenskroon, te ontvang nie. Donald Colbert, voormalige DAlid en nou ANC-lid in die uitvoerende burgemeesterskomitee van Moqhaka, moes instaan om die versoekskrif te ontvang. Die Menseregtekommissie (MRK) het sy misnoeë te kenne gegee omdat Moqhaka nie sy opdrag uitgevoer
het om die oop toilette in Rammulotsi toe te bou en ’n sesmaandelikse vorderingsverslag in te dien nie. “Dit is onaanvaarbaar dat die munisipaliteit nie verslae oor die toilette aan die MRK verskaf het soos hulle moes nie. “Hulle het dit net nie gedoen nie. Die gemeenskap van Viljoenskroon voel dit is nou genoeg. Die burgemeester moet aan die mense gaan verduidelik hoekom dit so lank duur,” het Patricia Kopane, DA-leier van die Vrystaat, aan Kroonnuus gesê. “Ons (die DA) tree nou namens die mense van Viljoenskroon teen die
munisipaliteit op.” Inwoners van Viljoenskroon is verder verneder omdat ’n nuwe uitbreiding, Northleigh, die emmerstelsel moet gebruik omdat beloftes om toilette aan die rioolstelsel te koppel nie nagekom is nie. Sowat 750 sinkstrukture is toegelaat om op die Northleigh-gebied opgerig te word met die belofte dat toilette hier spoedig opgerig sou word. Dit is nie gedoen nie. Inwoners van Viljoenskroon is keelvol vir die herhaaldelike skending van menseregte om basiese dienste en waardigheid te herstel ingevolge die MRK se beslissing dat
die nagenoeg 2 300 oop toilette toegebou moet word. Verlede week het die DA minister Tokyo Sexwale en die LUR Olly Mlamleni selfs gedagvaar om oor die oop toilette voor die parlement te verskyn. Verder eis die DA amptenare wat nie hul werk met die toilette se toebou gedoen het nie, moet aangetree word. “Die munisipaliteit gee nie vir die mense om nie en het geen respek vir die gemeenskap nie.” Sy het ook gesê die toestand van die paaie is ’n gemors. “Die munisipaliteit moet sakege-
leenthede deur ’n goeie infrastruktuur skep, maar dit word nie gedoen nie. Die munisipaliteit doen nie sy werk nie.” Voorts wil die DA Mohapi dwing om ’n forum te begin om inwoners se probleme aan te hoor en op te los. “Ons wil binne 14 dae ’n verslag oor die toilette op ’n spesiale raadsvergadering ter tafel sien,” eis Kopane. Colbert het gesê hy gaan die memorandum aan die burgemeester oorhandig, wat dan later daarop sal reageer. ) Kyk na ’n video van die optog by www.volksblad.com.
Kroonnuus