Kroonnuuskn 20130813

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 13 AUGUSTUS 2013

DA wil hof toe oor raad

GRATIS

Mosie van wantroue in Mqwathi steeds geïgnoreer

DIE DA in die Moqhaka-munisipaliteit het verlede naweek met sy regspan gekonsulteer oor die moontlikheid om die hooggeregshof te vra om in te gryp oor die haglike stand van sake by dié munisipaliteit. ’n Mosie van wantroue in Mncedisi Mqwathi, munisipale bestuurder, word ná vier maande steeds geïgnoreer. Dokumente wat die DA geëis het, is steeds nie aan hom beskikbaar gestel nie. Mariette Pittaway, die DA se koukusleier, sê die ratte van administrasie in die munisipaliteit het tot stilstand geknars. Sy sê die onvermoë om die munisipaliteit te bestuur strek veel verder as Mqwathi wat nie vergaderings bywoon nie. Die speaker, Disibo Nakedi, is ook nooit op kantoor nie en werf glo heeldag met haar groot span personeellede stemme vir die ANC. Gereelde betogings word gehou weens ontevredenheid oor Jihad Mohapi, die burgemeester. “Dit is duidelik Mqwathi regeer en dat dit vir Nakedi en Mohapi onmoontlik is om teen hom op te tree.” Pittaway sê Mqwathi is deur Ace Magashule, Vrystaatse premier, van Sasolburg, waar Cosatu sy bedanking geëis het, na Kroonstad gebring. Die mosie van wantroue in Mqwathi is reeds op 4 April ingedien. Dit is geïgnoreer en op 26 April weer ingedien. Steeds was dit nie op die agenda vir die raadsvergadering van 29 Mei nie. Die DA se versoek om dit op die agenda te plaas is deur die speaker geïgnoreer en so ook sy versoek vir ’n spesiale raadsvergadering. Die DA se aansoek om sekere dokumente, soos die tender-register, onder oë te kry is ook geïgnoreer ondanks dat dit ingevolge regulasies binne 30 dae ná die aansoek beskikbaar moes wees. Die mosie van wantroue wat teen Mqwathi ingedien is, behels ook die meer as R3 miljoen wat as skadevergoeding betaal moes word weens die onwettige skorsing van personeellede, sy weiering om sy aanstellingskontrak te toon en dat hy nie die nodige kwalifikasies het om sy werk te doen nie. Sy heraanstelling verlede jaar vir ’n tweede termyn was in omstredenheid gehul weens sekere prosedures wat glo nie gevolg is nie. Hy verdien R1 318 000 per jaar. Munisipale vakbonde het gestaak en sy bedanking geëis. Volksblad, moederkoerant van Kroonnuus, se pogings om antwoorde oor dié bewerings by die munisipaliteit se woordvoerder te kry was onsuksesvol.

Windmaker­motors vuur en vlam in Brandstraat VRYDAG het die adrenalien behoorlik in Brandstraat gepomp. Daar is op Vrouedag ’n regte drifting­byeenkoms vir petrolkoppe in die straat aangebied. Daar is ook ’n potjiekoskompetisie gehou. Volgens die organiseerder, Wallis Ackerman van Maxi Prest Tyres, beplan hulle om volgende jaar weer so ’n dag aan te bied. Foto: Jacques Geldenhuys


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.