Kroonnuus 20130903

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 3 SEPTEMBER 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Vertoon sierlik in vlug

PRENTJIEMOOI. Dié swerm flaminke kuier elke jaar op die plaas Uitenhage van Hannes Briers in die distrik Edenville. Marlo Briers het dié sierlike voëls in vlug digitaal vasgelê.

Foto: Marlo Briers

Witkop-groep mik na ’15 Toestemming om te myn egter nog nie verkry nie Tharine Geldenhuys AS die bestuur van die Witkop-mynbedrywighede sy sin kry, kan die myn van steenkool so vroeg soos 2015 begin. “Die ontwikkeling sal ’n kapitaalbelegging van byna R500 miljoen wees,” sê die besturende direkteur, Norman Slater. Die beoogde steenkoolmyn wat sowat 40 km noord van Kroonstad op twee plase, Mara en Witkop, beplan word, het egter nog geensins toestemming om mynbedrywighede voort te sit nie. Na raming word die mynbedrywighede oor ’n gebied van sowat 8 000 hektaar beplan, sê Slater. Die steenkool in die streek lê op die aardkors so vlak soos 78 meter en tot sowat 230 meter diep. Met sy 34 jaar se ondervinding van steenkoolmyne op Dundee hoop Slater om minstens twee miljoen ton steenkool van ’n ietwat laer gehalte aan ’n voornemende mark by die Letaba-kragsentrale te lewer. Werkgeleenthede vir sowat 700 kundiges op steenkoolbedrywighede wink, meen Slater. Die twee terreine waarop Slater beplan om steenkool te myn, se onderskeie lewensduur is 30 jaar en sowat 14 jaar.

NORMAN SLATER, besturende direkteur van die Witkop­mynbedrywighede.

Foto: Tharine Geldenhuys

Talle omgewingsimpakstudies en ontevredenheid oor die wyse waarop Norman Slater, besturende direkteur van Witkop-mynbedrywighede, vir steenkool in die sensitiewe gebied by Heuningspruit en op die drumpel van die wêrelderfenis-gebied, die Vredefort-koepel, geprospekteer het, is ’n bron van kommer. Hierop sê Kevin Petzer, geoloog van die pro-

jek, dat geen gepubliseerde grenslyn van die koepelgebied wat ’n erfenisgebied is, beskikbaar is nie. Prospekteerregte is reeds in 2006 aan Slater toegeken. Die maatskappy voldoen aan BBEvereistes met ’n 26%-belegging van Nulane Investments. Die omgewingsimpakstudie vir die ontwikkeling word deur GCS-grondwater-en-konsultasiedienste gedoen. Die projekleier is Rene Janse van Rensburg. Slater sê die droë metode om die steenkool van die rots te skei lewer nie ’n hoër standaard steenkool vir die mark nie, maar is ’n manier om steenkool doektreffend te behandel. Boere wat die openbare vergadering verlede Dinsdag bygewoon het, is bekommerd oor die toename in verkeer én werkers wat op sy beurt misdaad kan aanwakker. “Ons wil geensins ’n hostel by die myn vestig nie. Werkers sal aangery word van die onderskeie dorpe Vredefort en Kroonstad,” sê Slater. Omgewingsbewuste boere van die omgewing het lank reeds ’n organisasie met Esme van der Merwe aan die stuur gestig. Die uitputting van ondergrondse waterbronne en die Renosterrivier plus Heuningspruit laat boere se hare rys.

Voorts is boere bekommerd oor die invloed van steenkoolstof wat weiding kan besoedel. Die Heuningspruit Environmental Protection Society (HEPS) is die vereniging wat in Mei 2012 in die Heuningspruit-omgewing noord van Kroonstad gestig is. Die doelstellings van die vereniging is om die beskerming van die omgewing as ’n geheel te bevorder, maar meer spesifiek die omgewing van die Heuningspruit-gebied tot voordeel van alle mense wat in die omgewing belang stel, en om die volhoubare ontwikkeling van die omgewing te beskerm, wat insluit boerderybelange, natuurbewaring, toerisme en verwante belange van die Heuningspruit en omgewing, sê Van der Merwe. “Uit die aard van HEPS se doelstellings is HEPS besorgd oor en betrokke by die steenkoolmynregaansoek wat deur Witkop Exploration & Mining(Pty)Ltd in die Heuningspruit-omgewing gedoen is,” benadruk Van der Merwe. Sy sê daar is goeie wetgewing in plek wat mynverwante bedrywighede soos die reguleer. HEPS beywer hom daarvoor om toe te sien dat indien enige mynverwante bedrywighede enigsins in die Heuningspruit-omgewing sou plaasvind dit streng volgens die voorskrifte sal geskied. Kyk na foto’s by www.kroonnuus.co.za.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Kroonnuus 20130903 by KroonNuus - Issuu