Kroonnuus 20130924

Page 1

Kroonnuus DINSDAG 24 SEPTEMBER 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Toernooi gehou

Op die kole

TEL (056) 212 3171

Tharine Geldenhuys VAN die fiksste en ratsste ringbalspelers in Suid-Afrika het Sondag die opening van die Suid-Afrikaanse Skoleringbalkampioenskappe by die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) op Kroonstad bygewoon. Johnny Nortman, president van Suid-Afrikaanse Ringbal en tegniese adviseur van die Internasionale Ringbalvereniging, staan aan die stuur van dié groot byeenkoms wat weer op Kroonstad aangebied word. “Ons is die gasheer vir sowat 800 spelers en nog sowat 200 beamptes en ondersteuners. Volgens Nortman slaap al die spelers en beamptes in van die skole, onder meer die Rooies, Landbou-terrein van die Hoërskool Kroonstad (Bloues), Johan Slabbertskool, Kroonstad Academy en Sentrale Volkskool, se koshuise oor. Altesaam 14 ringbalbane, waarvan 6 bane op die Rooies se rugbyveld uitgelê is, is tot Vrydag vir dié toernooi beskikbaar gestel. Dit is ’n miernes van bedrywigheid. ’n Netbalbaan is baie dieselfde as ’n ringbalbaan. Die reëls en wyse waarop die sport gespeel word, verskil egter. Besoekers is welkom om by die Rooies na die wedstryde te kom kyk. Toegang is gratis en verversings is beskikbaar.

SÓ moet ’n Vrystaatse stronke­vuur mos brand. Wat jy ook al vandag op die kole gooi en nuttig, dink aan jou erfenis. Dít wat jou gevorm het en wat jy aan jou nageslag oordra, vorm die ge­ skiedenis van jou volk. Neem foto’s van jul braaigeregte en plaas dit op Kroonnuus se Facebook­blad. Foto: Tharine Geldenhuys

Skou laat dorp pure plaas voel Tharine Geldenhuys

DIT is ’n gewoel en gewerskaf op Kroonstad om dié week gasheer te speel vir die Nasionale Jeugskoukampioenskapsbyeenkoms wat op die Hoërskool Kroonstad (Bloues) se landbouterrein gehou word.

Marlene Jordaan, skakelbeampte van die Bloues, sê sowat 450 landbouleerlinge van oor die land heen het hier byeengekom om hul diere te skou en aan die kulinêre kompetisies deel te neem. “Benewens die deelnemers kom talle van hulle se ouers saam, asook beamptes en beoordelaars.

“Sowat 600 besoekers word van buite die dorp verwag, maar dit mag dalk meer wees,” sê Jordaan. Die skool se koshuise word gebruik om verblyf te voorsien. “Daar sal tientalle landbou-uitstallings, asook ’n vrouesaal, teetuin en restaurant, wees,” sê Jordaan.

“Ons verwag ’n groot aantal plaaslike besoekers oor die drie dae. “Kroonstadters kry nie meer die geleentheid om ’n regte plaasatmosfeer op ’n skou te geniet nie, en ons hoop die jeugskou bied inwoners weer die kans om sommer net lekker te ontspan, iets te eet en na pragdiere te kom kyk.”

LEES meer op bl. 20 oor die SA Meestersjukskeitoernooi wat ook dié week op Jukskeipark aangebied word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Kroonnuus 20130924 by KroonNuus - Issuu