Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 1 OKTOBER 2013
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Wéér kommer oor water Pompstasie lyk nie gerat vir komende reëntyd Tharine Geldenhuys OP Erfenisdag het Kroonnuus sy kamera saamgevat om ’n bietjie die watertoestand op Kroonstad van nader te beskou. Dit is toe ook sommer ’n lekker dag om die kronkelende Valsrivier se skoonheid te geniet. Dié rivier is die lewensaar van die watervoorraad vir Kroonstad. Die Groblersdam is die tweede opgaardam ná die Serfonteindam waaruit water met twee kleiner 600 kW-waterpompe en een kragtige 950 kW-pomp na die Bloemhoekdam gepomp word. By die pompstasie was geen sekuriteitswag in sig nie. Iewers moet ’n kenner na die werking van die pompstasie gaan kyk, die reëntyd is op hande. Drade is ontkoppel en dit is duidelik dat die motors van die pompe los staan. Vir die leek kan die kleiner pomp dalk die ding doen om water na die Bloemhoekdam te pomp, maar die ander twee, onderskeidelik die groot 950 kW-pomp en die kleiner 600 kW-pomp, staan doelloos en nie op die bestemde plekke om die water by die Bloemhoekdam te kan aanvul nie. Intussen berig kleinhoewebewoners aan die Bloemhoekdam dat die damvlakke aansienlik daal. Thys Vermeulen, VF+-raadslid in die Moqhaka-raad, het op die onlangse raadsvergadering sy kommer oor die gereedheid van die munisipaliteit aan die vooraand van die somerreënseisoen uitgespreek. Vermeulen was die ingenieur wat oorspronklik die Bloemhoekdam van 1974 tot 1977 gebou en voltooi het. Die eerste water is op 8 November 1977 in die 20 000 megaliter-dam gepomp. In 1995 is die damwal met twee meter verhoog om die kapasiteit na 26 000 megaliter op te stoot. In Mei 2006 is die pompe destyds met trots deur die voormalige munisipale bestuurder, Moses Moadira, in ontvangs geneem. Dit het toé R11 miljoen gekos. Die kragtoevoer is toe ook
DIT blyk of die elektriese kabels nie aan die kleiner 600 kWpomp en motor gekoppel is nie. Dié pomp is egter op die oog af die enigste wat op die regte plek geplaas is om wa ter na die opgaardam te kan pomp.
KROONNUUS verneem dié waterpomp hoort nie so te staan nie, maar moet aan die pypleiding (geboë ystergedeelte) gekoppel wees.
DIE groot motor is nie aan die pom pe gekoppel nie en kan derhalwe nie as die reën kom en die rivier begin vloei water na die Bloemhoekdam pomp nie.
ten volle herstel en die ringtoevoer na dié pompstasie is glo ook aangebring. Besorgde inwoners met wie Kroonnuus gesels het, wil weet waarom die stil winter nie
wees om water aan die vooraand van die reëntyd na die Bloemhoekdam te kan pomp. As terugvoering wel ontvang word, sal Kroonnuus dit publiseer.
gebruik is om die pompe en motors te versien nie. ) ’n Medianavraag is aan die munisipaliteit gestuur om uit te vind wanneer die Groblersdampompstasie ten volle gerat sal
DIE groot 950 kWmotor en wa terpomp is nie by die Groblers dam se pompstasie gekoppel nie. Die gedeelte waar die geboë ys ters teenwoordig is, is waaraan die pomp gekoppel moet wees. Dit is booor ’n gat wat in die pyp leiding na die Bloemhoekdam lei. Foto’s: Tharine Geldenhuys
DIE pompstelsel is in Mei 2006 teen R11 miljoen opgeknap. Of dit wel dié reënseisoen gereed sal wees om water na die Bloem hoekdam te pomp is ’n oop vraag.
SÊ jou sê op Kroonnuus se Facebookblad.