Kroonnuus 20131008

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 8 OKTOBER 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Betrokkenheid bepleit Doen jou deel en gaan trek jou kruisie Tharine Geldenhuys VERSWAKKENDE munisipale dienslewering is iets waarmee Suid-Afrikaners daagliks gekonfronteer word. Kaders word in hoë poste sonder die nodige kundigheid by munisipaliteite aangestel. Moqhaka se sigbare verval is die duidelike getuienis van dié stelling. Tog, met die uitgangspunt van self die verandering bring wat jy wil sien, kan Moqhaka opgehef word. Só sê Jean Hattingh, ’n wykraadslid wat ’n passie vir haar dorp Kroonstad het. “Die meerderheid inwoners van dorpe en stede gaan geduldig en gedienstig voort om jaarliks nog meer vir verswakkende dienste te betaal. “Die hantering van watervoorsiening, rioolbehandeling en onderhoud van strate op Kroonstad, Viljoenskroon en Steynsrus dreig om in duie te stort,” sê Hattingh. Sy reken dit is slegs in Suid-Afrika waar ongekwalifiseerde en onbevoegde mense dikwels in verantwoordelike en hoogs besoldigde poste, soos munisipale bestuurders en ander topbestuur, aangestel word sonder om aanspreeklik gehou te word vir die onbekwame manier waarop hulle hulle van hul taak kwyt. Om kaderaanstellings en ’n omdraaistrategie in Moqhaka te bewerkstellig moet kiesers hul reg uitoefen om hul kruisie by die stembus te trek. Hiervoor moet kiesers toesien dat hul wel op die kieserslys geregistreer is. Intussen is betrokkenheid by wyksvergaderings uiters belangrik. Hier kan inwoners hul bydraes lewer en dit kan gedokumenteer word. Ellen de Winnaar, ’n Kroonstadter, het die hand van versoening na die Moqhakamunisipaliteit uitgesteek om inwoners aan te moedig om ’n positiewer benadering teenoor die dorp aan te neem. Bewuswordingsplakkate is by ondernemings aangebring wat inwoners aanmoedig om betrokke te raak om die juwele op die dorp se kroon weer te laat skitter. Saam kan inwoners ’n verskil maak.

Swing to the music THE SA Army Band in Kroon­ stad is one of the best ambassa­ dors for the town. The band will be performing on Fri­ day at 17:30 for 18:00 at the Kroonstad High School Hall. Maj Dawie Fourie will be conducting the band. Tickets cost R50 for adults and R30 for learners and pensioners. Here WO Antho­ ny Duffin per­ forms a ballet dance as part of the band’s perfor­ mance at the last Cape Town Tat­ too. Proceeds of this performance will aid the School of Engineers en­ deavours to esta­ blish a crèche at the military base. A canteen will be avail­able and tic­ kets can be pur­ chased at Lilly’s Poetry, Rellings and the School of Engineers (milita­ ry base). More pictures of the band can be vie­ wed by visiting www.kroon­ nuus.co.za.

Foto: B&L Best


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Kroonnuus 20131008 by KroonNuus - Issuu