Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 15 OKTOBER 2013
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Dorp se water ís skoon Waterbeperkings sal wel bespreek word Jana Bekker
DIE huisvroue se nagmerrie is tonne wasgoed. Dié vroue het Saterdag honderde kledingstukke aan die doringdraad by die Hoërskool Kroonstad se landbouterrein opgehang. Met ’n westewind wat sterk gewaai het, is dié toneel omskep in ’n helderkleurige prent. Inwoners in die suidelike woonbuurte se krane was die na week weens ’n stukkende sëel by die pompstasie droog. Foto: Tharine Geldenhuys
Talle waterloos Jana Bekker en Tharine Geldenhuys TWEE woongebiede was sedert Vrydag langer as ’n dag sonder water nadat ’n seël by ’n pompstasie Saterdagaand onklaar geraak het. Die watertoevoer na Suidrand en Wilgenhof sou teen Sondag herstel wees. Kroonnuus verneem inwoners het toe wel water in hul krane gehad. Mariette Pittaway, DA-koukusleier, het Saterdag op die DA Moqhaka se Facebook-bladsy geskryf dat pompe, motors en elektriese panele by die Van der Lingenstraat-pompstasie onder water is. “Ai, my een af dag om skoon te maak en niks water nie . . . ” het Maryka Honiball Sondag in reaksie op Pittaway se inskrywing geskryf. Hester Sim, bekende clivia-kweker,
het ook haar moedeloosheid op haar muur oor die droë krane te kenne gegee. Chris Dalton, DA-raadslid, het Sondagmiddag gesê pompe, elektriese toerusting en motors moes uitmekaar gehaal word om die skade te bepaal nadat een van die seëls eergistermiddag gebreek het. “Dit moet drooggemaak word. Middels om die vog te verwyder word daarop gespuit.” Sondagmiddag is ’n nuwe motor by die pompstasie geïnstalleer en teen 16:00 was die pomp weer aan die gang. “Die stelsel neem ’n paar uur om vol te raak. Laerliggende gebiede het nog water wat in die stelsel was. “Dit sal ’n paar uur neem vir hoërliggende huise om water te kry,” het Dalton Sondag teen 16:00 per SMS laat weet.
Op Kroonnuus se Facebookblad het Loraine Eksteen gesê: Na die plotte se kant by die AP-kerk is geen waterkarre nie. Gelukkig het ons ’n boorgat, maar ek weet van minstens twee plekke wat op dorpswater moet staatmaak. Izelle Joubert sê: Geen kennisgewings is ontvang nie en geen waterkarre is in sig nie. Dankie tog vir ’n boorgat. Sulandi van Staden skryf: Ek wil ook weet wat aangaan en vir hoe lank ons so gaan sukkel. Pieter Eloff skryf: Ai ai ai, dit is darem derdewêrelds. Swak, regtig. Lisa Venter: Daar is glad nie waterkarre nie en geen kennis is gegee oor hoe lank hulle gaan vat om die pyp (Loubserstraat) te herstel nie. Rynhardt en Chantal Liebenberg: Daar is van Suidrand se watersituasie op die DA se Facebookblad gesê.
KROONSTAD se water is skoon. Daar is ook genoeg water in die damme om die dorp tot einde Januarie van water te voorsien. Toetse is onlangs gedoen om die gehalte van drinkwater te bepaal en daarvolgens voldoen die water se gehalte aan die vereiste standaard. AfriForum het dié uitslae bekend gemaak. Volgens Johan (Spaski) Geldenhuis, voorsitter van die AfriForum-tak op Kroonstad, hou die water geen gesondheidsrisiko in nie, ongeag slegte reuke en kleure. “Die rivier het lanklaas gevloei en as daar ’n bietjie meer vars water verbykom, sal dit ’n groot verskil maak,” sê hy. CW Els, Vrystaatse organiseerder vir AfriForum, sê hulle is baie trots op die gehalte van drinkwater op die dorp. “Ons wil graag die Moqhaka-munisipaliteit gelukwens.” ’n Maand gelede is al die damme in die omgewing ontleed. Chris Dalton, DA-raadslid van die Moqhaka-munisipaliteit en verteenwoordiger in die infrastruktuurkomitee van die raad, sê hulle het gekyk hoe vol die damme is en hoeveel water gebruik word. Op grond hiervan is bepaal dat daar genoeg water tot Januarie 2014 is. Hy sê tydens ’n vergadering
dié week sal besluit word of waterbeperkings ingestel gaan word of nie, afhangend van die watervlakke. “Sodra dit reën, sal die prentjie verander,” sê Dalton. Drie waterpompe, een groot en twee kleiner pompe, voorsien Kroonstad van water, maar op die oomblik werk slegs een kleiner pomp. Dalton sê die ander kleiner pomp word herstel. “Die twee kleiner pompe saam pomp meer as die grote. In ’n munisipaliteit wil jy eerder twee kleiner pompe hê as een groter pomp.” Dít is volgens hom beter, sou een van die pompe onklaar raak. Geldenhuis het gesê hul tak sluit hom aan by AfriForum se blou-en-groendruppel-veldtog, wat fokus op die gehalte van water uit die plaaslike infrastruktuur. Hy sê AfriForum sal aanhou om jaarliks die gehalte van die water te monitor, om te verseker die skaars en kritieke hulpbron word reg bestuur en stel nie verbruikers se gesondheid in gevaar nie. ) Die stadsraad het skole op Kroonstad aan die begin van Februarie 1992 versoek om nie meer hul sportvelde nat te lei nie. Twee weke later is waterbeperkings ingestel. Waterbeperkings vir huishoudelike verbruikers is 40 kl per maand.