Kroonnuus 20131022

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 22 OKTOBER 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Plas in ‘oase’ met woestynpote

DIE kamele van die McLaren­sirkus het die welkome reën op die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) se sportterrein terdeë geniet. Vir die eerste keer in die geskiedenis het die sirkus by die skool kom tent opslaan. Kroonnuus verneem van die vertonings was heeltemal uitverkoop. Sedert Woensdag tot druktyd gister het Bennie Neethling van Dykmanstraat, Kroonstad, 19 mm reën aangeteken. Die reën bring beslis hoop vir ’n normale somerseisoen. Die watertoestand van Kroonstad is egter beroerd. Lees meer op bl. 3. Foto: Tinkie Hattingh

Pa, seun geskors

SAJWV duld geen optrede wat beeld benadeel Tharine Geldenhuys ’n VUURWAPENKUNDIGE wat as Mnr. Jagtersvereniging bekend gestaan het, tesame met sy seun, is as lede van die Suid-Afrikaanse Jagters-en-wildbewaringsvereniging (SAJWV) geskors. Dié skorsing van André Klopper (21) van die SAJWV spruit uit die skuldigbevinding aan onwettige jag en nagskiet. Die SAJWV het sy eie tugkomitee aangestel en ’n klag oor die jagbe-

drywighede van Klopper is ondersoek weens betrokkenheid by onwettige jag en nagskiet. Op 4 Mei vanjaar is Klopper deur die Vrystaatse natuurbewaringsdepartement in die distrik Kroonstad met ’n koedoekoei vasgetrek. Hy het die dier sonder ’n permit vervoer. ’n Boete van R2 000 of ses maande tronkstraf is in die Kroonstadse landdroshof opgelê. Chris Niehaus, uitvoerende hoof van die SAJWV, sê Klopper se status as toegewyde jagter is onmiddel-

lik teruggetrek en die Sentrale Vuurwapenregisters is daarvan in kennis gestel. Die SAJWV het ook aanbeveel dat die polisie Klopper onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. Klopper se pa, Johan (“Mnr. Jagtersvereniging”) is ook oneervol uit die vereniging geskors weens ’n skietongeluk op die Elandsrandskietbaan by Kroonstad waar ’n man sy oog verloor het. Die SAJWV het die polisie versoek om ook Johan onbevoeg te ver-

klaar om ’n vuurwapen te besit. Kroonnuus verneem Klopper het glo ’n verkeerde patroon in ’n geweer geplaas. Na bewering is ’n patroon vir ’n 250-geweer in ’n 243-geweer geplaas. Toe die skoot op die skietbaan glo afgevuur is, het die patroon en ’n groot gedeelte van die geweer se slotaksie en kolf ontplof. André en Johan was albei lede van die vereniging se Valschriviertak van die Kroonstad-gemeenskap. Niehaus sê die vereniging onder-

rig sy lede oor verantwoordelike jagpraktyke en hy maak seker almal weet wat die vereniging se kode van beste praktyk is. “Ons verwag van elke lid van die SAJWV om hierdie beginsels na te volg. Ons sal geen optrede duld wat die beeld van die vereniging en mede-jagters benadeel of hul lewe in gevaar stel nie,” sê Niehaus. Die SAJWV is die grootste jagtersvereniging in Suid-Afrika met ongeveer 36 500 lede en 71 takke landwyd.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.