Kroonnuus TEL TEL(056) (056)212 2123171 3171
DINSDAGDINSDAG 5 NOVEMBER 5 NOVEMBER 2013 2013
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Jagter stel sy saak oor skorsing Jana Bekker
DRIE gr. 4leerlinge van die Sentrale Volkskool pak hul munte tydens die muntlegging uit om geld vir Huis Edelkroon in te samel. Van links is DW Staal, Ben Jacobs en Johann Fourie.
Hulp aan tehuis uitmuntend Jana Bekker HUIS EDELKROON het verlede week ’n stewige kontanthupstoot gekry ná ’n muntlegging by die Sentrale Volkskool. Altesaam R5 150 is ingesamel. Die muntlegging was die geesteskind van Cheree van der Walt (32) van Kroonheuwel, ’n finalejaarstudent in BA Kriminologie. Sy moes ’n werkstuk oor gemeenskapsielkunde inhandig, waarvoor sy by Huis Edelkroon betrokke geraak het. “Ek het die nood by die mense gesien en besluit om te help,” sê Van der Walt. Sy sê die staat subsidieer R2 400
per bed vir staatspasiënte by die huis, terwyl die koste daarvan R5 070 beloop. “Om daardie geld op te maak moet hulle van iewers af geld kry,” sê sy. Volgens Cheree is die geld wat die tehuis te kort skiet tot soveel as R40 000 per maand. “Ek het die Sentrale Volkskool genader en die kinders was gaaf en opgewonde genoeg om betrokke te raak.” Kinders het met silwermunte en note by die skool opgedaag. Die geld is in die vorm van ’n appelboom, wat op die plaveisel geteken is, gepak. Twee kinders, ’n seun en meisie,
wie se name in ’n trekking gekies sal word, sal vandag die geld aan Huis Edelkroon oorhandig. Mnr. Leonard Welthagen, skoolhoof, is opgewonde oor die projek. “Ons skool hou daarvan om vir die ou mense iets te gee,” sê hy. Sanet Williamson, verpleegdiensbestuurder by Huis Edelkroon, sê hulle is geweldig opgewonde oor die projek. “Dit is vir ons verskriklik lekker.” Sy sê personeel by die ouetehuis het al self projekte aangebied om geld vir die huis in te samel. Die geld word vir hulpbehoewende inwoners in die ouetehuis aangewend.
DIE vuurwapenkundige wat onlangs uit die Suid-Afrikaanse Jagters-enwildbewaringsvereniging (SAJWV) geskors is, het dié week teruggekap dat alle inligting in die onlangse berig in Kroonnuus nie waar is nie. Kroonnuus het op Dinsdag 22 Oktober berig (“Pa, seun geskors”) dat die man en sy seun uit die vereniging geskors is nadat hulle deur ’n tugkomitee van die SAJWV aan onwettige jag en nagskiet skuldig bevind is. In ’n brief aan Kroonnuus sê Johan Klopper nie al die inligting in die berig is waar nie. “Ek het die sogenaamde skietongeluk dieselfde dag as wat dit plaasgevind het, aangemeld. Hulle het dit as ’n fratsongeluk beskou en wou dit nie ondersoek nie.” Hy sê nadat iemand aangehou is, is dit wel ondersoek. Hy brei nie uit oor wie die mens is nie. Klopper sê die uitslag van die ondersoek was dat niemand verantwoordelik gehou kan word nie. Hy sê die staatsaanklaer was onwillig om die saak te vervolg (nolle prosequi). Klopper sê die SAJWV het wel ’n interne verhoor gehou, maar hy is nie die geleentheid gegun om sy getuies te roep nie en sy kant van die saak is dus nooit aangehoor nie. “Die ongeluk het nie op ’n SA Jagters-skietdag plaasgevind nie en het eintlik niks met hulle te doen nie. Wie is hulle dan nou om, ná die hof se beslissing, dit te veto en aansoek te doen dat ek onbevoeg verklaar word?” Hy sê wat sy seun se saak betref,
was hy nie skuldig aan onwettige jag of nagjag soos beweer word nie. “Hy het wel ’n koedoe vervoer wat deur ’n boer op sy eie plaas geskiet is en het dit vir die boer na ons koelkamer op die dorp vervoer, want hulle het nie een op die plaas nie.” Klopper sê sy seun is skuldig bevind vir die vervoer van die bok sonder ’n permit of brief van die plaaseienaar. “Hy het ’n boete van R2 000, opgeskort vir drie jaar, of ses maande tronkstraf gekry vir die vervoer van die bok,” sê hy. Klopper sê sy seun kon nie die dag van die SAJWV se interne verhoor daar wees nie. “Hulle het geweier om die datum te skuif sodat hy teenwoordig kon wees om hom te verdedig.” Volgens Klopper het sy seun nadat die uitstel geweier is skriftelik bedank. “Hulle het hom ná die bedanking steeds verhoor en geskors.” Klopper sê die boer, wat ook lid van die SAJWV is, wat erken het hy het die koedoe geskiet, se lidmaatskap is vir drie maande opgeskort. “Maar my seun wat slegs die bok vervoer het, word geskors.” Nou vra Klopper hoe regverdig die SA Jagters optree deur uitsprake te lewer sonder dat lede hulself kan verdedig. “Is dit hoe ’n billike en regverdige instansie moet optree?” Hy sê sy siening is ’n vereniging moet sy lede beskerm en indien iets sou gebeur, hulle bystaan – “beslis nie om eerste klippe op te tel nie”. Klopper sê eindelik maak dit seer, maar wat mense sê en dink, is nie belangrik nie. “ . . .God weet wat die waarheid is,” sê hy in sy brief.