Kroonnuus TEL (056) 212 3171
DINSDAG 12 NOVEMBER 2013
WWW.KROONNUUS.CO.ZA
GRATIS
Hou pretstap vir NFSCG DIE radiografieafdeling van die Boitumelohospitaal het ’n hart vir mense wat met kanker gediagnoseer word. Die personeellede van dié afdeling het die woord by die daad gevoeg en altesaam R9 000 ten bate van die Nor thern Free State Care Givers (NFSCG) met ’n pretstap vir die bewusmaking van borskanker ingesamel. Met die oorhandiging van die geld by die moderne radio grafietoerusting is van links, voor: dr. Sandra Els (hoof: kliniese ondersteunings dienste), Chrisna Malan (so nografis) en Thembi Mnguni (mamografis); agter: Lizan ne Truter (mamografis), sr. Adri van Heerden (NFSCG) en Felicity Combrinck (voor sitter: NFSCG). Afwesig: Lin di Rapuleng (assistentdirek teur: radiologie). Nog foto’s van die pretstap kan by www.kroonnuus.co.za ge sien word. Foto: Tharine Geldenhuys
Koskas verlig nood Tharine Geldenhuys DIE einde van die jaar wink. Vir sommige inwoners is dit alte lekker om ’n welverdiende vakansie te beplan, maar vir ander gaan dit broekskeur om die koskas vir die feestyd aan te vul. Kroonnuus tree die vierde agtereenvolgende jaar as die organiseerder van die jaarlikse Koskas-projek
op. Vir dié projek word nie-bederfbare kos vir die vier welsynsinstansies op Kroonstad – Vrystaat-versorging in Aksie (VVA), Engo (die ou Kerklik Maatskaplike Dienste), Maokeng/Brentpark-kinder-en-gesinsorg en die Presidentia-jeugsorgsentrum – ingesamel. Die Koskas is dolleeg. Verlede jaar is R110 000 se nie-bederfbare
kos in die feestyd aan die geregistreerde gesinne van die welsynsinstansies uitgedeel. Kroonnuus doen ’n beroep op elke inwoner van die dorp om sommer nou in die kruidenierskas te kyk vir kos wat die honger mae van ons eie mense dié feestyd vol kan maak en hou. Enige nie-bederfbare kosprodukte is welkom. Dink byvoorbeeld aan
suiker, tee, koffie, pasta, soppoeier, mielie- en koekmeel, kookolie, sout, koeldrank, ontbytpap, rys en langlewemelk. Die sukses van die vorige Koskasprojekte lê juis daarin dat kontant nie vir die projek aanvaar word nie. Diegene wat ’n groter skenking wil gee, kan dit gerus oorweeg om ’n koopbewys van die groot supermarkte vir dié doel te skenk.
Elke skenking kry ’n geldwaarde en die Koskas-barometer sal tot en met die laaste uitgawe van Kroonnuus vanjaar met die name van die skenkers op die voorblad gepubliseer word. Vir meer inligting en om by die projek betrokke te raak bel Tharine Geldenhuys, redakteur, by 056-2123171 of 083-627-7017 of stuur ’n e-pos na tgeldenhuys@volksblad.com.
Kroonnuus