Kroonnuus 20131119

Page 1

Kroonnuus TEL (056) 212 3171

DINSDAG 19 NOVEMBER 2013

WWW.KROONNUUS.CO.ZA

GRATIS

Elke bietjie sal help Kom hou saam konsert in amfiteater

“KROONNUUS is ’n koerant met ’n hart wat warm vir sy mense klop. Dit is vir ons ’n voorreg om jaarliks die projek aan te pak om iets in die gemeenskap te kan terugploeg. Dit sou onmoontlik gewees het sonder ’n hartsvennoot soos Imperial Ford & Mazda,” sê Johanna van Eeden, redakteur van die Volksblad-groep. “Die projek is ’n eenvoudige, dog uiters doeltreffende manier om die druk op kwesbare, behoeftige mense te verlig. Elke blikkie of pakkie kos wat geskenk word, maak ’n verskil in iemand se lewe. Ek wil almal wat kán, aanmoedig om iets tot die projek by te dra. Elkeen van ons se klein bietjie maak ’n groot verskil.” Lesers word genooi om op Maandag 25 November om 18:30 in die amfiteater op Kroonpark, Kroonstad, bymekaar te kom. Pak ’n piekniekmandjie, bring nie-bederfbare kos vir die Kroonnuus-koskas saam en kuier onder die sterre saam met van Suid-Afrika se beste kunstenaars, Anna Davel, Brandon October en Matthys Maree. As elke inwoner soos in die ou dae in groot getalle opruk om Kroonpark te benut kan dié oord weer ’n juweel in die dorp se kroon word. Om as ’n instansie of individu vir die koskasbarometer publisiteit te kry bel Tharine Geldenhuys by 083-627-7017 of 056212-3171 of stuur ’n e-pos na tgeldenhuys@volksblad.com.

OP verlede jaar se Kroonnuus­Koskas­Kerskonsert het Anna Davel en Brandon October met Matthys Maree op die klavier inwoners in die skouburg met ’n uitsonderlike konsert vermaak. Vanjaar gaan hulle op Maandag 25 November om 18:30 in die amfiteater op Kroonstad weer ’n Kerskonsert hou. Imperial Ford & Mazda Kroonstad borg dié optrede. Inwoners hoef net nie­bederfbare kos vir die Kroonnuus­Koskas as “toegang” te bring. Foto: Beth Lordan

“Die projek is ’n eenvoudige, dog uiters doeltreffende manier om die druk op kwesbare, behoeftige mense te verlig. Elke blikkie of pakkie kos wat geskenk word, maak ’n verskil in iemand se le­ we. Ek wil almal wat kán, aanmoedig om iets tot die projek by te dra. Elkeen van ons se klein bietjie maak ’n groot verskil.” – Johanna van Eeden

Kroonnuus


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.